Sleepvoertuig vir Exclusive

APJ du Plessis
Nuweling
Aangesluit: 08/02/2012
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Drie Riviere

Ek sleep huidiglik my 2006 Exclusive met 'n Discovery 3 V8. Die kombinasie werk fantasties. Ek wil egter 'n gesinsvoertuig aanskaf wat permanent meer sitplekke bied.

Ek kyk tans na die 2012 Mercedes Viano 3.0l diesel. Is daar iemand wat wel 'n Exclusive sleep met die 3.0l Viano. Indien wel julle insette asb.

By voorbaat dank

Jaco du Plessis

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Jaco, vreeslik welkom hier op die forum, mag jy menigte insette lewer en lekker kuier!!!

Daai amaBensie kan werk, glo ek, as die tarra reg is, is jy voor in die koor!!!! Ek wil nou nie veel meer spreek nie, want netnou segdie Ford en Toyota manne ek's bevooroordeeld!!!

Ek laaik my ou Bensie, en ruil hom vir niks anders.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

JM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 360
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors
Ek sleep 'n Jurgens met 'n Volkswagen

Jaco,

 

Ek het vroeg in Januarie 'n draad geskep oor 'n javel (ek dink ek het die woord aap gebruik) wat teen +-140km/h gesleep het met sy Vivano/ Viano en Excusive.  Dus, ja, hy kan hom sleep.

 

Groete

Johan

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 39 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • JC
  • Hennievr
  • dracoza
  • Romeo
  • Dirsa
  • HennieBo
  • Gustav
  • Danet
  • ColinFreda
  • Christo de Wit
  • Villa Wahnsinn
  • Perdeby
  • WilleWillemien
  • Pieter Schultz
  • Benzan
  • Footloose
  • Stalkersa
  • Obie

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.