SleepVoertuig Nuus: Nuwe Land Rover Defender dwaal af?
Nuwe forum onderwerpe
Dit is net nie meer 'n Defender nie. Hulle moes 'n ander naam gekies het. ek vermoed die regte Defenders gaan nou soos "Collector items" word.
Nee wat 
Kobus
Dis nou 'n jammerte. As dit waar is, het Defender sy unieke karakter totaal verloor ; tata Defender...
Identiteitlose baster-poging...
Hi julle,
Los die ouens -- my Varkie gaan nog vir my pensioen inkomste sorg.
Nou kan julle gaat bars -- ek verkoop hom vir niks.
Daai Defender is amper so lelik soos daai Audi Q7 bakkie van nou die dag.
Cheers
Mark,
Daai is 'n Minie op steriods.
tata Defender...
Lekker een Johan!
Ek sou amper sê dit moes die nuwe Freelander gewees het ... beslis nie 'n goeie plaas vervanger vir die huidige Defender nie
Steroid Overdose Stoffel, en die ontwerper was ten tye van die ontwerp op een of ander middel ge-overdose.
Lyk my die manne het selfmoord gedagtes, want hoe anders skiet jy 'n legendariese voertuig se karakter en robuustheid so in sy peetjie met daai gedoente?
Lyk net so afskuwelik soos die FJ Cruiser.
Mark,
Daai is 'n Minie op steriods.
Dit lyk vir my ook so al na 'n Mini.
Of moet ek Julle weer vertel van die Land Rover en die Koei...
LMGA
Of 'n Kia Soul... 
Iets tussen 'n Kia Soul met 'n effense invloed van die SWB Pajero
Wie gaan met die ou in die bos ry of nog meer 4 X 4 die eienaar van so voertuig gan mos te jammer wees om dit te wil doen.
Of moet ek Julle weer vertel van die Land Rover en die Koei...
LMGA
Mirrag Theo,
Jy "fors jou wors" makker.
Net sodra ek amper vergeet het -- dat ek jou wou vergewe ---
dan krap jy weer met 'n baaaaie kort stokkie hier by groot leeu se familie jewels. Hehehe
Eendag loop ons mekaar raak ---Centurion is nie so groot as wat jy dink nie.
Vir die van julle wat nie weet waaroor die storie gaan nie -- los uit -- dis my en Theo se ge garra met mekaar.
Cheers makker -- sal so ding nie koop nie en kry ek hom verniet verkoop ek hom vir Diesel vir ou Varkie.
Andre,
Jy behoort darem 'n drom of twee te kry!
Andre, Kom vat 'n Bier saam met ons Vrydag middag... Dan kan ons mekaar darem in persoon sien...
Ek wil darem weet wie ek so baie moeilikheid gee..
Baie mooi om nie te koop nie, het meer van die oues gehou. Sal maar sukkel met die Jeep
Groete.
Gelukkig is dit net 'n konsep. En ek dink nie dit gaan die ware jakob wees nie. As dit is, lyk dit of hy net soveel plastiek as die Toyotas en ander tupperware gaan he.
Kry jy hom ook standaard met 'n oliekol? Ons sal eers kan se of hy mooi lyk, sodra hy agter 'n towtruck staan.
My Buurman Agter my het elke keer as hy gaan kamp het sy Discovery agter op die bak van 'n insleep voertuig terug gebring.
Weet nooit wat daar fout was nie maar dit het seker 3 keer gebeur... Toe koop die man maar weer Isuzu
Nuus is dat die nuwe Defender in Indië gebou gaan word.
Bron: http://www.iol.co.za/motoring/4-x-4/india-build-for-next-landy-defender-1.1220666
Dalk nie 'n slegte ding nie? Maar die meeste Tata's en Mahindras loop mooi - hoor nie van te veel probleme nie...
Groete,
Jacques
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- dracoza
- Romeo
- Dirsa
- HennieBo
- JC
- Gustav
- Danet
- ColinFreda
- Christo de Wit
- Villa Wahnsinn
- Perdeby
- Hennievr
- WilleWillemien
- Pieter Schultz
- Benzan
- Footloose
- Stalkersa
- Obie
- Frikadel

















Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD
Kan nou nie eintlik sê dis vir my mooi nie. Gaan baie tyd vat om aan gewoond te raak. Wragtag cross breed hulle nou karre ook. Lyk asof 'n Mini met 'n Land Rover geteel het.
Ag nee sies man!!
Groete.
Mark.