SLEEPSTANG AFGEBREEK

deonhitchcock
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/04/2010
Inskrywings: 96
Gebruiker van lyn af.
Plek: Saldanha

 

Deur Genade en wonderwerk het ons die gebeure oorleef.
 
Teen ongeveer 100km/u op ‘n reguit en besige pad, was ek in ‘n padblokkade gestop. Toe ons daarna weer wou wegtrek, was daar ‘n klapgeluid en my karavaan het op die grond gesleep.
 
Ek het vantevore op ‘n ander draad melding hiervan gemaak, maar wil dit onder die aandag van forumlede bring wat waarskynlik dieselfde trekstang produk, of motor het of ‘n trapezium gebruik.  
 
Ek weet nie wat die probleem veroorsaak het nie, en die ontstellendste is dat Bosal ook nie angstig is om die oorsaak vas te stel nie. Hulle was baie gaaf, maar het verwag dat ek die trekstang by hul moet besorg om toetse te doen. Ek sal vervolgens weer met hul in verbinding tree.
 
Op ingeslote foto word aangetoon waar die klamp gebreek het. Die stang self is met 4/ 12mm boute aan die klamp geheg. In my opinie het die klamp ‘n swak plek waar die 8mm staal net 35mm breed is. Die trapezium laat laterale beweging toe, en die klamp maak nie daarvoor voorsiening nie. Kon dit “metal fatique” veroorsaak het?
 
Die ergste is dat hul net die klampe met identiese klampe vervang het! Hoe veilig moet ek nou voel?!
 
Weskusgroete,
 
Deon.
AanhegselGrootte
Trekstang.JPG105.06 KB

Aanhegsels

AanhegselGrootte
Trekstang.JPG105.06 KB
Bos Toe
Diknek
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 774
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Ek Probeer n Bos Karavaan bou om te sleep met 'n Pajero DiD

Hi Deon

As ek my 50c kan gee. Dit is n swak ontwerp daai as ek na die foto kyk en ek sal nie gelukig voel om met dieselfde weer te sleep nie.

Daai spesifieke inkeep.........is daar iets op jou voertuig wat daar in pas?

4x4 Groete

Thinus

"Live Life To The Limits, Explore The Scenic Route"

<img alt="" src="http://www.wegsleep.co.za/sites/all/modules/fckeditor/

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7629
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Deon, op watter voertuig pas die betrokke sleepstang? Daai keep waar hy gebreek het is seker om voorsiening te maak vir die bakwerk se onderkant? Dit is definitief 'n swakplek en ek sal baie veiliger voel met 'n versterking wat daaraan vasgesweis is. 

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 483
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Hi Deon.

Bly jy het nie GROOT skade nie. Wat se motor is dit?

Groete

 

deonhitchcock
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/04/2010
Inskrywings: 96
Gebruiker van lyn af.
Plek: Saldanha

Hallo daar,

Dis 'n Nizzan X-trail wat ek ongeveer 6 jaar gelede gekoop het. My karavaan is 'n Strata D wat minder as 800kg weeg- die offisieele plaatjie op die trekstang toon aan maksimum gewig van 2000kg.

Ian, ek kon geen rede sien vir die keep nie. Ek is nie 'n masjienman nie, maar as dit nie verband hou met die masjien wat die pattroon gesny het nie, dan weet ek nie. Verbasend het die trekstang 'n SABS nommer, en die klamp is tog deel van die ontwerp.  

Terloops, my karavaan se toelaatbare gewig is net 200kg meer as die netto gewig. Ek sien nou die dag op die forum van karavaan met groter yskas, lugreeling, ens. Hier aan die weskus het verkeersmanne 'n nuwe manier gevind om jou vakansie te bederf. Hulle trek jou op 'n weegbrug en die boete is astronomies. Wakker wees!

 

 

 

 

 

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Bos Toe wrote:

Hi Deon

As ek my 50c kan gee. Dit is n swak ontwerp daai as ek na die foto kyk en ek sal nie gelukig voel om met dieselfde weer te sleep nie.

Daai spesifieke inkeep.........is daar iets op jou voertuig wat daar in pas?

Hallo Thinus,

Ek glo nie daar pas iets in die keep nie, voor die plaat se een deel 90 grade gebuig word moet daai keep ingesny word, die onderkant radius van die keep moet ook nie te naby aan die buiglyn sit nie (my opinie is dat daai radius onder die keep waar die kraak begin het dalk groter gemaak moet word? Al gaan jy die plaat breer maak oor die gedeelte waar die kraak is - rooi lyn- gaan die kraak net bietjie langer vat om ten volle te ontwikkel en dan af te breek, so daar moet aandag gegee word aan die stres area-die radius by A op skets om te voorkom dat die kraak in die eerste plek ontstaan)

Ek vermoed die plate word of ge "laser cut" of "water cut" en dit laar 'n mooi afwerking maar daar is fyn gleufies in die gesnyde oppervlak wat op die klein radius by A dan 'n klomp stres punte laat wat wag vir 'n kraak om te begin!

 

Deon, bly dat julle darem veilig is , probeer om die plaat by BOSAL te kry en en laat weet ons wat is hulle komentaar

Groete

 

 

Danie Pretorius

deonhitchcock
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/04/2010
Inskrywings: 96
Gebruiker van lyn af.
Plek: Saldanha

Hallo Danie,

Man, as 'n man die bryns het, dan maak jy jou ore oop en jou bek toe.

Ek gaan jou verduideliking net so aan Bosal oordra vir kommentaar.

Dankie vir die pragtige tekening. 

Weskusgroete

 

Deon.

 

 

 

 

 

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Deon,

Dit is maar net my opinie gebaseer op my onderving maar ek sal bly wees om te hoor wt is Bosal se bevinding. Dankie vir die kompliment oor die skets

Groete

 

Danie Pretorius

Wie's aanlyn

Daar is tans 20 gebruikers en 37 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • dracoza
  • Romeo
  • Dirsa
  • HennieBo
  • JC
  • Danet
  • Gustav
  • ColinFreda
  • Christo de Wit
  • Villa Wahnsinn
  • Perdeby
  • Hennievr
  • WilleWillemien
  • Pieter Schultz
  • Benzan
  • Footloose
  • Stalkersa
  • Obie
  • Frikadel
  • Andre Beyleveld

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.