A-Raam

PBK
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.

Ek is op soek na 'n baie goeie opvou tipe A-Raam wat ek agter my motorkaravaan kan gebruik om my klein 4x4 mee te sleep. Enige hulp sal waardeur word. Enige kontakte in Pretoria omgewing ook welkom.

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1876
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Probeer die 4x4 plekke, as hulle nie kan nie is ek seker hier gaan iemand wees wat kan help.

 

Groete

HPJV RENSBURG

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 215
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

PBK,

Skakel vir Romeo Pretorius by All Outdoors. Hy het baie kennis en kontakte. Sy nommer: 083-287-2688

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

PBK, maak net seker jou 4x4 weeg nie meer as 750kg nie, anders vereis die wette remme op die gesleepte voertuig.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4767
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

WilleWillemien wrote:

PBK, maak net seker jou 4x4 weeg nie meer as 750kg nie, anders vereis die wette remme op die gesleepte voertuig.

Sou 'n mens inloopremme op so A-Raam kon gebruik? Hoe sou dit op jou voertuig werk?

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Harry Du Randt
Diknek
Aangesluit: 13/01/2012
Inskrywings: 793
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Venter met 'n Mercedes Sprinter of Hi-Lux D4D d/c 3L

Soos ek verstaan is die 750 kg (on-gerem) die GVM van die gesleepte voertuig, nie sy eie massa nie. Soos ek dit verstaan (kan verkeerd wees). Ek glo nie daar is 'n voertuig in RSA met GVM van minder as 750 kg nie.

Sien foto van 'n Atos op 'n A-raam met "over-run" remme. Dit werk met 'n kabel wat rem pedaal trek as jy rem. Dit het ook 'n handrem wat op die remme werk. Dit is in Europa (of UK)

Groete

Harry 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Dis die ding, Harry. Anders as die GVM meer is as 750kg, is jou enigste ander opsie 'n sleepwa met inloopremme en jou kar bo-op.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Ryk van Renen
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 48
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell Wes Kaap
met 'n Avalon Motorhuis

Ek vind hierdie gesprek baie interessant, want ek is besig met dieselfde probleem.

Ek gaan 'n Bantampie sleep, want soos reeds gesê, is daar niks met 750kg GVM nie.

My probleem in die Kaap is om 'n plek te kry wat die A-raam kan bou.

Gaan môre weer na nog 'n ou toe om te sien wat hy kan voorstel.

As daar iemand in y area is wat kan help laat maar weet asseblief.

Of op 0833062386 of rykca374@gmail.com.

Tot weer

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0


 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Die soort wat Harry hierbo wys, is wat jy nodig het, Jacques......met die inloopremstelsel.

Die ander twee is nie toestelle waarmee jy wettiglik die joppie gedoen gaan kry nie. Nou ja. As jy 'n Jimny met 'n ses ton bus sleep, soos Chrisbeachbum en jy ry by 'n speedkop verby, sal hy niks doen nie, maar as jy daai Hi-Lux agter jou Hi-Lux sleep, kan ek jou verseker, jy gaan baie aandag trek.

Soos genoem; mens kry nie maklik 'n klein karretjie wat 750kg en minder weeg nie, so, jou enigste opsie is maar 'n sleepwa met inloopremme, soos jou woonwa s'n met die dinkytoy bo-op.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Ek het maar net die skakels gedeel Willie!

Self sal ek nie 'n behoefte hê om nog 'n hilux te sleep nie - myne neem my waar ek wil gaan en weer terug... 


 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0


 

Willem vWyk
Super sleper
Aangesluit: 09/01/2010
Inskrywings: 350
Gebruiker van lyn af.
Plek: phalaborwa

Opvou a frame gemaak ver Susuki jeep agter motorhome

 Altyd reg vir kamp

 

Willem vWyk
Super sleper
Aangesluit: 09/01/2010
Inskrywings: 350
Gebruiker van lyn af.
Plek: phalaborwa

A frame fotos

AanhegselGrootte
a_frame_002.jpg 136.02 KB
a_frame_003.jpg 132.62 KB

 Altyd reg vir kamp

 

Ryk van Renen
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 48
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell Wes Kaap
met 'n Avalon Motorhuis

Manne baie dankie vir die ywerige hulp, maar ek sal maar my kontakte hier in die Kaap moet gebruik.

Ek het kontak gemaak met al julle voorstelle, maar dit sal ongelukkig nie werk nie.

Ek het wel 'n bestelling met 'n ou in Montaque Gardens wat aan 4x4s werk en glo dat hy die job kan doen.

Kom ons kyk wat die toekoms oplewer.

Ek sal julle op hoogte van sake hou.

Nogmaals baie dankie vir die hulp en idess.

Lekker sleep en kamp

Harry Du Randt
Diknek
Aangesluit: 13/01/2012
Inskrywings: 793
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Venter met 'n Mercedes Sprinter of Hi-Lux D4D d/c 3L

Ryk

Neem foto's en plaas dit op die draad as die man hom vir jou gebou het.

Groete

Harry

Wie's aanlyn

Daar is tans 21 gebruikers en 38 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • dracoza
  • Romeo
  • Dirsa
  • HennieBo
  • JC
  • Danet
  • Gustav
  • ColinFreda
  • Christo de Wit
  • Villa Wahnsinn
  • Perdeby
  • Hennievr
  • WilleWillemien
  • Pieter Schultz
  • Benzan
  • Footloose
  • Stalkersa
  • Obie
  • Frikadel
  • Andre Beyleveld
  • Hendrik Craukamp

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.