Perspex ruite
Nuwe forum onderwerpe
Ek het toe maar weer 'n woonwa gekoop. Dis 'n '89 Fleetline L. Nou, die probleem is dat AL die ruite vervang moet word op die wa. So val ek toe amper op my rug toe ek die prys hoor: R1 900.00 stuk vir die kantruite en R2 700 vir die voorste ruit. Is daar alternatiewe of is dit maar wet van Transvaal. BTW. ek weet nie of die onderwerp alreeds êrens behandel is nie. Ek weet nie waar om te gaan soek nie. HELP!!!
Hi David,
Myne het `n krakie gekry, op die forum die raad gekry dat chloroform die kraak kan herstel. Het gaan koop maar dit werk nie vir my nie. miskien weet ek net nie hoe om dit te gebruik nie. Is ook `n gevaarlike produk, wees maar versigtig. Ander opsie is natuurlik om veiligheidsglas te laat sny en dit dan te pasmaak. Dit vertoon egter nie so mooi soos die perspex nie. Probeer kyk vir `n tweedehandse ou wa waar jy miskien nog goeie vensters kan kry.
Groete
Willie
David,
Kontak die volgende mense: DURATTRACT PLASTICS, Tel:(011) 248-8000
Hulle sal jou kan help met enige shape, size, ens. Die plek se naam sê nou wel "Plastics", maar dit is perspex. Hulle is een van die die groot verskaffers van vensters en perspex produkte aan karavaan vervaardigers.
Groete daar
Pieter Kuyper
Karbols, ek het Durattract plastics gekontak en hulle verskaf net aan die vervaardigers.My vriend soek n agter ruit vir sy 1998 Strata.Die groot ruit. Kan enige iemand dalk help.
Chris,
Sorry om te hoor hulle wil jou nie help nie. Deesdae verander hulle(Vervaardigers en suppliers) so vinnig hulle reels en wil glad nie meer ons as publiek help nie. Dit maak dit moeilik vir ons.
Pieter Kuyper
Ons het toe reg gekom met die agter ruit vir die strata, by Loftus karavane.hulle het tweede handse ruite. David miskien moet jy daar probeer
Sit gly vensters in Probeer ook general hinges and fastners in Alberton hulle is spotgoedkoop en maak enige size op aanvraag
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JC
- Romeo
- HennieBo
- Danet
- Gustav
- Dirsa
- ColinFreda
- Christo de Wit
- Villa Wahnsinn
- Perdeby
- Hennievr
- WilleWillemien
- Pieter Schultz
- Benzan
- Footloose
- Stalkersa
- Obie
- Frikadel
- Andre Beyleveld
- Hendrik Craukamp
- Harry Du Randt







Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0
Hi David,
Ek dink die ruite is 'n Polycarb - ek praat onder korreksie.
Nog 'n idee - hoekom kry jy nie iets soos die nie:
Dalk werk hulle duurder uit - geen idee nie. Kan baie nice lyk. Hulle maak dit in alle groottes. Ek het die ouens raak gegoogle - http://www.panoramic.co.za/ dalk kan hulle jou help of verwys?
Groete,
Jacques