Outomatiese ratkas verkoelers?
Nuwe forum onderwerpe
Iemand hier moet my kan help. My sleepvoertuig het 2 ratkas olieverkoelers, een binne in die enjin verkoeler, die ander voor die verkoeler. So die eerste een gebruik die radiator se water vir verkoeling/verhitting, en die ander eein vir lug verkoeling. Nou die probleem is dat daar gedokumenteerde gevalle is waar die een binne in die radiator verweer/roes en dan meng verkoeler water met die ATF. Die rekening vir dit is gewoonlik nie onder R100 000 nie.
Nou gaan ek die verkoeler binne in die radiator bypass sodat ek nie die ratkas kan beskadig nie. Dit word orals in die VSA gedoen met sukses. Wat ek wel wil doen is om nog n olie verkoeler in series met die oorblywende verkoeler te sit, verkieslik een met n termostaat skakelaar en waaier. Is daar n plek in Gauteng wat so n verkoeler sal verskaf en/of insit?
Terloops, die probleem is nie net te vinde op die Pathfinder nie. Isuzu en Land Rover Discovery het ook n olie verkoeler in die radiator en daar het van hulle ook al ratkaste verwoes.
Hier is so paar tips by hierdie skakel.
Hier is so paar tips by hierdie skakel.
Dankie dat jy my terugstuur na my eie pos toe daar.

Iemand daar het voorgestel ek hoor by die karavaan mense waar hulle verkoelre modifikasies laat doen.
Ek het in 1982 'n Ford Cortina 3000 GLS Auto (met aircon) gery, na so 10 000 km het my probleme begin met die voertuig wat warm geword het. As ek 'n bergpas gery het (met of sonder karavaan) het dit gestyg en bly styg. Ek het kom orals gehad vir raad, Ford het vir my gese dit is die Aircon (after market fitment). Ek het later die verkoeler laat opgradeur van 2 core na 4 core. Dit wou ook nie help nie.
Ek besluit to om 'n "aircool oil-cooler" in te sit, haal pype wat in water verkoeler in gaan en sit hulle deur 'n ou Mercedes aircon se unit wat binne in voertuig was (gekoop by skrootwerf) Ewe skielik is my probleem weg, naald het nooit bo half gelig nie. Het hom verkoop met 110 000 km op die klok.
Nou hoekom kon Ford nie vir my se wat was die probleem nie ?
So ek dink die beste ding is, kry die olie pype uit jou waterverkoeler uit. Ons temperature in Suid Afrika is nie so laag dat jy die olie hoef te verhit met die proses nie.
Groete
Harry
Die olieverkoelers binne-in die waterverkoelers is regtig 'n pyn innie "olie".
Dis baie beter om die twee totaal apart te hou.
Lord Foorkwart, het jy al reggekom?
dagse lord
ek sien jy is opsoek na n oliekoeler ek het een in my volvie laat insit sharp investment gewees hy is ok outomaties en vat nou so ekstra 2l olie pm my dan gee ek jou die ou se nr wat dit gedoen het daar is ook n plek in krgd wat die olie verkoelers verskaf kan nou net nie op sy naam kom
hoop jy kom reg
groete
ben
Ben. PM gestuur. Ek moet juis volgende week daar na jou geweste toe ry om n valve amp te laat regmaak. Sal dan sommer daar gaan hoor wat se hulle.
Ek het ook al opgetel, as die buite temperatuur (wat is die afrikaans vie ambient?) bo 30C is en ek vat die optraande op die N1 verby Menlyn, dan wil die temperatuur klim met die karavaan aangehak. Eenkeer het die lugreelaar selfs afgeskakel toe die water temperatuur begin klim het. Miskien het die ratkas verkoeler ook n invloed daar.. 2 Vliee met een klap.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JC
- Danet
- Gustav
- HennieBo
- Dirsa
- ColinFreda
- Christo de Wit
- Villa Wahnsinn
- Romeo
- Perdeby
- Hennievr
- WilleWillemien
- Pieter Schultz
- Benzan
- Footloose
- Stalkersa
- Obie
- Frikadel
- Andre Beyleveld
- Hendrik Craukamp
- Harry Du Randt



.jpg)




.jpg)

.jpg)
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB
Gaan loop so 'n bietjie op hierdie skakel rond, Lord.
Seker jy gaan daar geholpe raak.
http://www.gasgoo.com/country/south-africa/g447.html
Hoeveel plek het jy vir 'n ekstra waaier?
Rondawel Gasteplaas. Karoo.