Nuwe Ford Ranger stel teleur.

Cobus
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg MP

Ford het reeds my begin teleurstel met die "nuwe" Ford Ranger. Dit blyk nou net 'n "rumour" te wees.

Waar is die goed dan, 'n man wil darem nou sien, waarvan hulle so praat. Dit sou al met die 2011 Johannesburg motorskou bekend gestel gewees/gewas het. En dan direk daarna by die handelaars. So lyk my ons moet maar nog so entjie verder Tuners en Rokkies koop.

Groetnis.

 

wit plakker
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2010
Inskrywings: 426
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria
Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4

moeg vir jou Fortuner?????

groete

edward

JLC

Cobus, dink die pers het berig dat die vrystelling tot Maart 2012 uitgestel is of so iets. Het te doen met die onlangse oorstromings in Thailand, Die ouens maak glo 'n klomp onderdele vir baie vervaardigers en die fabrieke het omtrent almal onder water gestaan. Toyota en ander het glo genoeg onderdele gehad maar het ook nou die dag laat blyk dat hulle moontlik vertragings kan sien in vervaardiging. Ja dis 'n teleurstelling maar dis maar een van daai dinge.

 

Cobus
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg MP

"Wit plakker" my Tuner het nou eers so 5000km op, en hy is amper 'n jaar oud.

'n Mens lees net orals die motor resensies op die bakkie, maar al wat gebeur is dat die vloere weer begin vol staan van die nuwe ou Ford bakkies.

 

RoyV
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2010
Inskrywings: 448
Gebruiker van lyn af.
Plek: Robertson
Ek sleep 'n 1999 Sprite Scenic met 'n 2010 Ford 3,0 Supercab

Hallo weer eens, JLC,

Jy is heeltemal reg. Ek het vroeër die week nog foto's gesien van Thai mense wat heupdiep in die water voortsloeg. Volgens my handelaar se informasie word voorsuspensie onderdele in Thailand vervaardig wat tans nie na SA en Argentinië uitgevoer kan word nie, derhalwe word produksie oraloor vertraag.

Ek gaan nietemin met groot verwagting uitsien na die 2.2 liter Supercab toetsrit, want ek het oorgenoeg om te laai en te haak en 'n stywe bult op die koop toe!

Perdegroete!

Roy

You can't please everyone, so you gotta please yourself

Jaco Zaayman
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1391
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kraaifontein
Ek sleep 'n '04 Jurgens Palma met 'n '05 Ford Ranger 2.5XLT DC 4x2

Good things come to those who wait.....

 

Tussen hakies, daai vloede in Thailand word nou vir alles blameer, amper soos apartheid....

Ek kan by my verskaffer nie meer hardeskywe op hulle eie koop nie, dit moet nou in 'n rekenaar wees, agv die vloede in Thailand.  3 van die grootste hardeskyf fabrieke het verspoel.

Die lewe gaan nie net om kamp nie, mens moet soms slaap ook!

Frikadel
Diknek
Aangesluit: 21/02/2011
Inskrywings: 676
Gebruiker is aanlyn
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Glider sleepwa met kamp gerei of sommer alles bo op die Volksie met 'n Ama Volksie

Ek is amper 100% seker dat ek laasweek een op die N17 gesien het. Hoekom ek my nie verbeel het nie wat die size van die bakkiese bakwerk, amper waardige kompetisie vir die Rok!!

 

 

 

PHIL
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 116
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pierre Van Ryneveld, Centurion
Ek sleep 'n 2010 Jurgens Classique met 'n 2011 BMW X3 30 d

Ek het al seker 10 van die nuwe bakkies hier in die Pretoria omgewing gesien ry nogal met nuwe nommerplate ook op....dan vra ek myself maar net telkemale hoe werk dit dan deesdae??? Nog nie "gelaunch" nie maar tog op die pad met nommerplate en al.....miskien is daar n forum lid wat weet hoe dit werk?

Riet Rot
Super sleper
Aangesluit: 08/03/2011
Inskrywings: 403
Gebruiker van lyn af.
Plek: Luanda
met 'n Soek nog

Sien die aanhegsel. Moeder natuur steur haar nie veel aan "launch" datums nie. So elke nou en dan, wys sy vir ons wie's baas. Dis bietjie onredelik om vir Ford die skuld te gee daarvoor sou ek dink........

 

AanhegselGrootte
Ranger_update1.pdf 385.53 KB

Groete uit Angola

Wynand

JLC

So pas gesien dat Thailand al 3 maande onder vloede deurloop. Toyota het ook gister aangekondig dat hy produksie vertraag in sy fabrieke ingesluit Suid Afrika omdat hy probleme het met die verkryging van ioets soos 30 onderdele. Daar is reeds byna 700 mense dood in hierdie vloede, so dis vir seker geen grap nie.

Die Rangers wat tans in Pta te sien is is heel waarskynlik vroee produksie eenhede en word deur hulle eie mense gery

ThomasK
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 236
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1995 Jurgens Fleetline XL met 'n 2009 Grand Voyager 2.8 CRD

Ek het Burger Genis ge-epos en gevra oor die launch van die Ranger hy se die volgende in sy epos, Burger is die Brand Manager van Ford

 

 

Hy is eintlik al gelaunch aan die media en ons handelaars, maar weens die Thailand vloede het ons nie genoeg parte om 'n goeie "launch stock" op te bou nie en het besluit om die "public introduction date" aan te skuif na Februarie 2012....die vloede het op die slegste moontlike tyd gebeur....

Yesterday Is History, Tomorow is a Mystery, but Today is a Gift. That is why it is called The Present

JLC

Sien vanoggend daar staan so 'n mooi blou een in Lzarus in Centurion se venster, verdomp mooi. Net jammer hulle wil nie die nuwe Territory van Oz af inbring nie.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Stem JLC

JCKorf
Ou hand
Aangesluit: 01/09/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs
Ek sleep 'n Exclusive Autumn met 'n Ford Ranger 3.2 DC Auto 2x4

Ek stem ook saam met JLC, maar kan julle dink wat die prys sou wees as hulle weer hier beskikbaar gestel sou word. Die Kuga kos dan vanaf R375k, dit is amper R75k meer as wat ek vir my TX in 2006 betaal ket.

Groetnes

Jaques

dracoza
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3150
Gebruiker van lyn af.
Plek: Elarduspark, Pretoria
Ek sleep 'n 1998 Gypsey Rapier met 'n 2006 Dodge Caliber 2.0 CRD SXT

PHIL wrote:

Ek het al seker 10 van die nuwe bakkies hier in die Pretoria omgewing gesien ry nogal met nuwe nommerplate ook op....dan vra ek myself maar net telkemale hoe werk dit dan deesdae??? Nog nie "gelaunch" nie maar tog op die pad met nommerplate en al.....miskien is daar n forum lid wat weet hoe dit werk?

Onthou, die Ford fabriek is op Simon Vermooten (ek dink) oppad Mamelodi toe. EK beweeg gereeld daar verby op die snelweg en het hulle self al gesien, selfs met linkerhand stuur een keer. EK vermoed hulle behoort aan die fabriek, want die ouens wat hulle gery het, het Ford klere aangehad

WillemJVR

HennieBo
Super sleper
Aangesluit: 29/11/2011
Inskrywings: 334
Gebruiker is aanlyn
Plek: Wilropark

Ek sal ook graag wil weet wat die nuwe Territory sal kos indien dit SA toe kom. Ek dink die huidige een is seker een van die mees onderskatte sleepvoertuie. Het self 'n 2007 TX gehad en nooit probleme ondervind nie.

Die bakkie mark raak nou verskriklik kompeterend.

 

Hennie Botha

2009 Isuzu KB 300 DTEQ

2007 Sprite Swing

JLC

Dink self dat Ford die pot heel misgesit het met die Everest toe hulle die Terri onttrek het en die Everest hier uitgebring het. Maar blykbaar is die nuwe Everest op daai nuwe Ranger gebaseer en aansienlik mooier en beter, sal maar moet wag om te sien of hulle wel die nuwe Everest sal beskikbaar stel. Die Kuga is mooi maar is te lig in die broek vir mense soos ek wat ook perde sleep, en nie eintlik veel van 'n bakkie ou is nie. So ou Terri sal maar moet hou, gelukkig het ek haar nuut gekoop en sy het nou eers 80k kilo's op, so ek sal maar (lank) wag en kyk wat beskikbaar kom en wanneer. (Maar elke keer as ek lees hoe baie die Oz-ianers van die nuwe Terri hou wil ek net emigreer, net die spul skape wat my afsit)

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Miskien moet pelle maak met iemand wat terg kom om vir ons elk een saam te bring.

Cobus
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg MP

 

Die probleem wat ek met Ford het, is dat hulle bring voertuie in (plaaslike mark) en het dan nie 'n volhoubare plan met betrekking tot verkope en vestiging van die mark nie.

Die het geen "flink brein" gekos om te kon gesien het die everest sou nie werk nie. Ons Suid Afrikaners koop nie voertuie vir praktiese doeleindes nie. - Kyk net na die aantal 4 wiel voertuie in die jou eie straat se garages.

Maak nie saak hoe nice die everest is nie, die ding is nie mooi nie, en ek sal hom nie met my eie geld koop nie.  Die Territory se doodsteek was die feit dat die 4L, baie mense afgesit het. Sodra jy net 4L noem dat is almal op hol oor die petrol verbruik. En dis inteendeel nie waar met die spesifieke Territory nie. Ek het self van die laaste Ford Fairmont's gery. En onderdele was 'n probleem elke keer. Moes altyd 'n dag of week wag vir die of daai shipment (nadat hulle ontrek is) Moet se ek het baie kar vir min geld gekoop.

Hoop die nuwe Ranger blaas weer lewe in die eentonige Toyota Hulix sindroom. Want almal ry een, of soek een.

 

Groete

 

 

JLC

Cobus, stem saam daai Everest lyk "nie reg nie", weet nie of dit is omdat hy so lank en maer lyk nie, of daai horribale spaarwiel agterop. Dan eerder 'n Fortuner, lyk baie beter. Wat die Terri aanbetref is daar tot dusver geen probleme met onderdele nie, meeste goed is onmiddelik beskikbaar, anders binne die volgende dag. Wat ook duidelik is is dat Ford tans "on a roll" is en 'n baie goeie produk reeks het, hulle verkope wys dit ook. Terug na die Everest, as hulle beter huiswerk doen met die nuwe een (dink ek het al erens 'n foto gesien) sal hy baie beter verkoop. My Terri se 4 l enjin is ook nie regtig swaar op petrol nie, nie vir so'n groot enjin wat 'n 2+ ton voertuig aandryf nie.

Cobus
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg MP

JLC, dit is so dat die Everest nie die "looks" het nie. Maar die mense wat hom wel besit, praat net goed van hom. Alhoewel ek reken die mark in die bakkie en SUV kant dalk nie so kompeterend is soos wat ons dink dit is nie. Kyk net hoe vinnig is daar van die nuwe Hulix en Fortuners op ons paaie. Niks teen Toyota nie, ek het 3 van die goed. MAAAR die feit bly staan hulle is gewild. Almal wat nou alreeds 'n nuwe facelift Toyota bakkie of tuner gekoop het, moet sekerlik ook maar eers rond gekyk het.

RIP - Everest.

Wel enige voertuig is vir my goed, solank dit 'n toyota is.

 

Wegbreker
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2011
Inskrywings: 392
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ek het nou al 'n paar van die nuwe Ford Rangers op die pad gesien, ALMAL die Supercabs.

Ek het goeie kontakte by Ford se Vlootafdeling en hulle het dit bevestig. (Jy dink maklik die supercab is die dubbelkajuit as jy nie mooi kyk nie omdat hulle redelik dieselfde is en die deure ook vanmekaar af oopmaak. Het self eers daai fout gemaak)

Hulle bel my toe laasweek en se dat 'n dubbelkajuit Woensdag by Menlyn sou wees vir die dag en ek moet gaan kyk. Dit was ook een van die fabrieksmense se voertuig.

Ek het gekyk, gery, weer gekyk en sommer een bestel. 3.2L vyfsilinder diesel 4x4

Die enigste probleem is dat Smartcover nog nie hulle harde bakdop reg het nie. Ek wil dit juis opsit met monterings om vier bergfietse bo-op die bak te kan rondry. Hopelik is dit binnekort beskikbaar (die verkoopsmanne se dat dit enige tyd nou sal reg wees, maar ek daardie ene ook al gehoor)

Daar kom glo 'n paar Desember beskikbaar, dan weer Januarie met die eintlike vrystelling van groot voorraad teen einde Januarie.

As jy 'n dubbelkajuit sien ry is dit 'n fabrieksvoertuig of een vir joernaliste sodat hulle intussen kan rondry en hulle stories skryf.

Wanneer die lewe jou 'n suurlemoen gee, kry die Tequila en sout.

dracoza
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3150
Gebruiker van lyn af.
Plek: Elarduspark, Pretoria
Ek sleep 'n 1998 Gypsey Rapier met 'n 2006 Dodge Caliber 2.0 CRD SXT

Ek het nou die afgelope 2 dae 2 gesien ry (dubbelkajuit) met regte nommerplate en 'n tannie het een gery

WillemJVR

Wegbreker
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2011
Inskrywings: 392
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Al die fabrieksvoertuie het regte nommerplate want hulle word normaal geregistreer en dan later verkoop as deel van 'vloot' voertuie, gewoonlik na so 10-15000 km. Die meeste word deur personeel self gery as maatskappymotor.

Daar is wel 'n paar beskikbaar gestel aan maatskappye met groot vlote, vir evaluasie doeleindes. Dan ry 'n paar personeellede gewoonlik die karre vir 'n rukkie. Ek kry self gereeld van die nuwe modelle so vir 'n paar dae, dis nogal lekker om so met hulle kennis te maak en self te voel hoe dit ry. Dit bly steeds 'n geleende kar van die fabriek. Gewoonlik voor 'n vrystelling trek die karre dan ook baie aandag.

Hulle doen dit met elke nuwe model voordat dit aan die algemene mark beskikbaar raak.

Wanneer die lewe jou 'n suurlemoen gee, kry die Tequila en sout.

Cobus
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg MP

 

Vandag die nuwe Ford Ranger self onder oë gekry. En al wat ek kan sê is : Dis nou 'n perd van 'n ander kleur. Hier kom 'n ding. Ek is seker as die aantal mense wat vandag die bakkie gesien en gery het, almal dit koop. Is die voorraad nog later as Februarie.

Ek self moet erken: My naam staan ook op die lys.

Groete

 

Riet Rot
Super sleper
Aangesluit: 08/03/2011
Inskrywings: 403
Gebruiker van lyn af.
Plek: Luanda
met 'n Soek nog

Ja, ek wonder hoeveel manne gaan van hulle ambeie (Toyotas) ontslae raak

Groete uit Angola

Wynand

RoyV
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2010
Inskrywings: 448
Gebruiker van lyn af.
Plek: Robertson
Ek sleep 'n 1999 Sprite Scenic met 'n 2010 Ford 3,0 Supercab

Cobus,

Ook gistermiddag die eerste maal by ons plaaslike agentskap die 2.2 liter D/K 4x4 gesien. Nog nie gereed vir die pad nie. Baie indrukwekkend veral t.o.v. afwerking en ruimte. Die bak is ook lekkker diep en byna so groot soos die huidige Supercab s'n.

Soos jou draad se naam sê, is daar tog 'n  teleurstelling op hierdie model; hulle rond die bak af met 'n goedkoop "plaasreling" by die agterruit i.p.v. die normale rolstaaf waaraan ons gewoond is. Nietemin ek het 'n toetsrit bespreek op voorwaarde dat ek 1450 kg aanhaak en sal terugvoer gee oor die uitstappie.

You can't please everyone, so you gotta please yourself

Cobus
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg MP

Asb gee terugvoering. Dit sal great wees. Die een wat ons tesien gekry het was die wildtrack. Die is net so oor die r430k. Die verkoopsman het ook genoem dat daar nie 'n prysverhoging nou binnekort gaan wees nie. Omrede daar reeds 'n sekere aantal "deals" al moes plaasvind, maar agv geen voorraad kon dit natuurlik nie realiseer nie.

Gelukkig is vroulief baie meer opgewonde, so die een het nie veel konstruksie nodig nie.

Cobus
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg MP

Wynand

Ek glo nie almal is net pro Toyota nie. Ek sal natuurlik enige iets koop, solank dit 'n Toyota is.

Groete

 

Wegbreker
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2011
Inskrywings: 392
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Gister weer daar by Lazarus Ford gewees

Hulle kry hulle demos nou enige dag maar ons sal maar moet wag tot einde Januarie vir die ou 4x4 Fordjie. My naam is darem hoog op die lys na een kyk en 'n vinnige rit die anderdag. Baie lekker enjin, daai 3.2

Ek wil ook die Smartcover veselglas deksel opsit om 'n fietsrak vir 4x bergfietse bo-op te monteer. Die Smartcover is nog nie gereed nie en het ook nog nie 'n prys nie.

Die slim ouens kan dalk meer raad gee oor fietse bo-op rondry?

Wanneer die lewe jou 'n suurlemoen gee, kry die Tequila en sout.

JLC

En toe erken Toyota hulle produkte is effe vervelig....pas die volgende in 'n industrie publikasie gekry:

We also learned last week that Toyota and BMW are getting 
closer together. That is perhaps a sign of the pressures
that Toyota has been under in recent years. Cast your mind
back to when the company was looking invincible,
relentlessly adding capacity and sales all over the world
and hitting new revenue and profit records every year. It's
a very different ball game for Toyota now.

 

Sien veral die laaste sin Smile

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 22 gebruikers en 40 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • HennieBo
  • Leon Botha
  • Danet
  • JC
  • Dirsa
  • ColinFreda
  • Christo de Wit
  • Villa Wahnsinn
  • Romeo
  • Perdeby
  • Hennievr
  • WilleWillemien
  • Pieter Schultz
  • Benzan
  • Footloose
  • Stalkersa
  • Obie
  • Frikadel
  • Andre Beyleveld
  • Hendrik Craukamp
  • Harry Du Randt
  • Hentie7

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.