Help soek. Toe julle......

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ek kan 'n 2004 Landie Freelander TD4, 5 Door met minder as 150000km innie hanne kry vir R82 000, met FSH.

Ek is opsoek na 'n tweede stel wiele vir onder R90 000 wat in 'n goeie toestand is, betroubaar en goed opgepas met FSH en kontakbesonderhede van die vorige eienaar. Iets soos hierbo, wat lekker lig op sous is en waarmee die Viljoens nog steeds met gemak in die stad rond kan commute.

Pajero'tjie word dan 'n bietjie gespaar vir die vakansie-slepery.

O, ja. Die tweede stel wiele moet darem die wit woonwaantjie met gemak kan sleep.

Wie van julle het/ry steeds so 'n Landie en wat is jou ervaringe met die voertuig?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

WilleWillemien wrote:

2004 Landie Freelander TD4, 5 Door met minder as 150000km innie hanne kry

Hol weg Willie - ver ver weg. Baie baie probleme op daai goed!!   

Ek verstaan dat dit beter gaan met die Freelander2.

 


 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ek wil weet watter soort probleme en hoe erg, Jacques.

My vriend, Terry, ry 'n ouer model al vir vyf jaar. Hy het nog geen probleme met syne gekry nie.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Willie,

Vriende van ons het een gehad. Hy was weke op 'n slag by Land Rover. Dan word parte van oorsee bestel en hulle wag weer. Kry kar terug en die probleem is steeds daar. Dan weer terug Land Rover toe.

Ek sal heel naweek aan die storie skryf. Die detail ontgaan my vir die oomblik.

Dis hoe dit gegaan het. Hulle het op die ou end ingeruil op Toyota RAV4 en net die pakslae gevat op die inruil.

 

Groete,
Jacques

 


 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Jacques, dis seker in die "nuwe" stadium van die kar. Onthou, ek is 'n tegniese ou en werk self aan my goed. Ek sal tog weer met ou Terry gesels, maar hy praat net met lof van sy "omgeboude BMW met die Landie badge op".

Ek is seker as 'n ou so 'n oue, soos die een hierbo genoem, sal evalueer, kan mens dalk tot ander insigte kom. Sy troubles is klaar uitgesorteer.

Of hoe?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Ek hoor jou Willie, maar dis 'n hengse waagstuk.

Moet dit 'n klein-SUV tipe voertuig wees?

Want vir daai begroting behoort jy nie te sukkel om 'n kompakte platkar te kry nie.

 

Groete,
Jacques

 


 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Wat is die waagstuk, Jacques? As al die ding se probleme uitgesorteer is en hy's solid, koop ek hom eerder voor ek 'n kompakte platkar koop.

Gaan kyk bietjie watse kompakte platkar kan jy vir daardie prys kry?

Lorraine sal ook nie maklik in 'n kleinnerige platkarretjie in die verkeer rondry nie. Te bang 'n lorrie ry oor haar.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Willie, die waagstuk is of die probleme uitgesorteer is. Indien nie, kan jy groot geld spandeer om oplossings te kry.

Ons praat van rekenaars, sensors, turbo (nie die sterk punt op daai BMW masjiene gewees nie), inspuiters en sulke goed.

Jy mag dalk net 'n jaar lank sukkel met hom en dan van ontslae wil raak vir so R40k as iemand hom wil vat. Jy mag dalk ook net baie gelukkig wees met hom. Wie sal weet?

Jou keuse. Hierdie is maar net my mening.

 

Groete,
Jacques

 


 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ek hoor jou, Jacques, maar as ek weet wat die probleme gegee het, soos die dingetjies wat jy nou begin noem, dan weet ek mos om op die uitkyk te wees en te vra oor die items. Veral as 'n ou gesprek met die vorige eienaar kan voer.

My ervaring van die meeste karre is dat almal maar hulle fair share van probleempies het wanneer hulle nuut is, maar as die goed netjies uitgesorteer en reggemaak word, so 'n kar daarna 'n heel betroubare voertuig kan wees. Maak nie saak van die badge oppie bonnet nie.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

WilleWillemien wrote:

as die goed netjies uitgesorteer en reggemaak word

Tereg so Willie. Mens kry ouens wat pynlik die goed nagaan en ander wat nie 'n hel omgee nie en die ding net gaan inruil as hulle moed opgee...

 


 

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1876
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Willem nou stry jy met die man en jy is die een wat vra vir inligting. Jy het klaar besluit nou koop die landrover en kry klaar. Weet ook van die turbo en inspuiter probleme sowel elektries wat nogal baie was.

Groete.

HPJV RENSBURG

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

He, he, he.....ou Hennie. Lyk my daar trap jy weer in 'n trappie.

Ek en Jacques stry nie met mekaar nie, of... ek nie met hom nie, hoor. Ek is net 'n mens wat heeltemaal te realisties is oor tegniese dinge en graag wil weet ...wat....en waarom. Ek koop ook nie 'n kar met my hart nie, maar met my verstand, gegrond op wat ek weet, sien, hoor en ervaar wanneer ek hom evaluer.

Ek het nog nie, en wil nie so seur bg Landie koop nie. Ek is oop vir enige iets wat beskikbaar is teen my verwagte prys wat darem vryhoogte het, die wit wa kan sleep en waarmee ek vir 'n naweek kan wegkom as ma die Pajero wil gebruik en wat betroubaar, skoon en netjies is. Die ouderdom maak nie veel saak nie.

Jy sien, Hennie. Met alle respekte teenoor Jacques, maar ek wil weet wat die "probleem"-dinge op 'n voertuig is, man. Ek los nie sommer 'n ding omrede iemand net vir my sê om weg te bly nie. Sonner redes nie, sien.

Ek het darem al geleer om vanselwers vannie Forkies af weg te bly, sonner advies.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Frikadel
Diknek
Aangesluit: 21/02/2011
Inskrywings: 676
Gebruiker is aanlyn
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Glider sleepwa met kamp gerei of sommer alles bo op die Volksie met 'n Ama Volksie

Bly weg Willie,

Ek het een gery vir 32000 kilos en 22 000 daarvan was op n Flatbed.

Ek het gewaarsku!!

 

 

 

Swartetjies
Super sleper
Aangesluit: 05/02/2010
Inskrywings: 301
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom Suid
Ek sleep 'n CI Carevette4, 83 model met 'n GWM Steed 2.8CD

Nee wat Willie vat daai geld koop vir jou n matras by n famielie winkel in pretoria en daarna het jy genoeg geld om n rooifiets te bekostig en dalk nog n papagaai ook.(LOL)

Groete

Johan Swart  (Die Swartetjies)

Louie de Bruin
Nuweling
Aangesluit: 03/12/2011
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: welkom

Ek sleep n CI Jurgens met my 2004 free lander en nog geen probleme ondervind nie

 

Andre Beyleveld
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 29/06/2011
Inskrywings: 134
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kaapstad

Hi WilleWillemien,

Op http://www.lro.com (jy kry die tydskrif by CNA)

Freelander Td4

Latest issue

Freelander Td4

Our top tips on what to consider when buying.

Here are out top tips on things to consider when buying.

For the definitive view get an LRO buying guide. Details below.

Intermediate Reduction Drive (IRD). Listen for noises underneath, and try low-speed manoeuvres on full lock. If it feels as if the brakes are being applied there’s likely to be an expensive problem

Viscous coupling. Its job is to allow the rear wheels to turn at a different speed to the fronts (essential when cornering), but if worn it will lock up and can damage the IRD

Tyres wear extra fast if the IRD or viscous coupling are dodgy

Alloy wheels are expensive, so make sure they haven’t been kerbed

Rear window – this slides down a touch when the rear door is opened. Make sure the mechanism works

Front wings are plastic, so they can’t be repaired with filler. Look for scratches in good light

Off-road damage. Ground clearance is limited, so if it has been off-road there could be some damage

Electrics – lots of them, so make sure everything works and all switches operate

Hill Descent Control – might never have been used in anger off-road, so make sure it operates

Exhaust – look for severe corrosion on the intermediate and tail pipes of early Td4s

Get the full low-down sent direct to you by email in double-quick time.

For details email: landrover.owner@bauerconsumer.co.uk

 

Groete,

 

Ek sleep 'n '82 Gypsey Caravette 5 (Josephine) met 'n '06 Toyota Avanza 1.5 SX

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Dankie Andre.

Sien julle nou hier bo? As jy met jou nuwe ene probleme opgetel het is dit nie te sê ek gaan met 'n oue dieselfde probleme optel nie.

As ou Louie en my vriens Terry nie troubles met hulle oues ondervind nie, beteken dit mos dat die moeilikheid klaar uitgesorteer is.

Enige kar kan enige moeilikheid enige tyd gee. Dis waarom ek eintlik weer opsoek is na 'n Pajero'tjie.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Stofdonkie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1884
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Willie

My 2c.

Vir R82k behoort jy al vir jou 'n mooi A180Cdi Merc te kan uitsoek met min of meer dieselfde kilos as daai Landie. Meer as genoeg krag om jou wa te sleep, lekker hoog vir mammie in die verkeer, goeie veiligheidskenmerke en heel skaflik op brandstof. Op die koop toe kry jy sommer nog 'n hele klompie luukshede ook by.

JCKorf
Ou hand
Aangesluit: 01/09/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs
Ek sleep 'n Exclusive Autumn met 'n Ford Ranger 3.2 DC Auto 2x4

Ek glo jy sal van meer ouens hoor wat slegte ondervindinge beleef het as goed. Die rede vir my stelling is dat mense kla vinniger as wat hulle prys. Ek het ook al 'n paar stories gehoor van die landie, van hulle goed en van hulle is maar rillers. Soos die engils man sal se "the luck of the draw".

Sterkete met die keuse.

Groetnis

Jaques

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 836
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Ek het nou nie 'n Freelander gehad nie, maar daai eerste Freelanders was berug vir baie probleme en baie geld wat die kleinste goedjies jou kos. Veral die petrol modelle. Sommige mense se die latere td4 modelle was die probleme uitgesort. Maar ek kan nie daarop kommentaar lewer nie.

Die probleem waarmee jy sit is dat Freelander 1 'n slegte naam het. baie sleg. Mens soos bv Waynes 4x4 in Centurion wat slegs aan LR's werk. sal vir jou se dat hulle nie aan Freelanders werk nie. Dit weet ek uit eie ondervinding. Ek het daar iets gekoop en terwyl ek daar staan het iemand met 'n Freelander 1 daar aangekom en hy is meegdeel sorry ons werk nie daaraan, want as die een reg is dan breek die volgende.

So hulle twedehandse waardes is baie sleg en jy kan dalk sukkel om hom weer te verkoop. So as jy dink die kar is OK, sal ek aanraai jy stry bietjie op daai prys. Want enige kar is 'n goeie koop teen die regte prys. teen die regte prys het jy dan spaargeld om dinge wat kan fout gaan reg te maak.

kamp 

 

HJB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 612
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Willie, het jy na die Honda CRV diesel gekyk? Sover ek verstaan is dit 'n uitstekende produk met baie min moeilikheid.

Hennie

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

HJB

Gister een onder die oog gehad.

Ek sal weer vandag na 'n opsie of twee kyk, maar nog 'n Pajero bly my eerste keuse. Ek moet net op die regte een afkom.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Dankie julle. Ek het gekry waarna ek gesoek het. 'n Keuse van drie Pajero's. Sal die sakie oorweeg en na hulle gaan kyk.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

japie mare
Ou hand
Aangesluit: 13/04/2011
Inskrywings: 159
Gebruiker van lyn af.
Plek: bronkhorstspruit

WW gister aand gaan kyk 3000 v6 pajero ;3 deur;  1997 model ; 273600 km ; van buite lyk die voertuig goed opgepas. R68400; 

bel 013 932 6400 (ben de meillon)

Meskien kan jy nou uit 4 kies

JAPIE

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Dankie Japie, maar daai ou wil te veel geld hê vir daai Pajero.

Ek sal nie 'n petrol en jin oorweeg nie.

Het gister op nog een afgekom, maar die prys is ook so R10 000 te hoog. Sal kyk of ek die ou se arm kan draai vandag.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Make Mitsubishi
Model Pajero 3800I Swb A/T
Price R199000
Year 2006
Mileage 69000 Kms.
Colour Silver
Region Gauteng
Aircon Yes
Engine Capacity 3828cc
Fuel Type Unleaded
Gearbox Type 5 Speed Automatic
Brake Systems Hydraulic Boosted, Multi-Mode Abs, Ebd
Steering Type Rack And Pinion Power Assist

Ek kom nou-net op hierdie ene af, maar dis petrol. Elkgeval, koop ek eerder so 'n Pajero vir R200 000 voor en 'n nuwe Honda CRV koop. Baie beter waarde vir geld.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Make Mitsubishi
Model Pajero 3.2 Di-Dc Gls A/T
Price R319900
Year 2008
Mileage 69000 Kms.
Colour White
Region Gauteng
Aircon Yes
Engine Capacity 3200cc
Fuel Type Diesel
Gearbox Type 5-Speed Automatic, Invecs Sequential Manual Mode
Brake Systems Abs, Ebd, Engine Brake Assist Control, Astc
Steering Type Rack + Pinion Power Assist

Nog 'n beter roep as jy R320 000 wil spandeer

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Mitsubishi - Pajero 2.8 TDi SWB GLS-Gold
 

R 89,900

2000

182421 km

Gauteng - Centurion

 

 

Power (kW): 92kW
Fuel Type: Diesel
Gearbox: Manual
Engine (cc): 2835
# Driving Wheels: 4

Maar ek dink ek sal na hierdie ene gaan kyk.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 483
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Willie.

Daar is 'n "gesoute" Prado in Gordonsbaai te koop.

 

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 836
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Raak wegsleep forum nou Junkmail? wat is die doen van die copy en paste van die advertensies?

kamp 

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Rou advertensies, Spydie.

Ek oortuig jou dalk om 'n Pajero te koop.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Wie's aanlyn

Daar is tans 19 gebruikers en 37 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • JC
  • ColinFreda
  • Christo de Wit
  • Villa Wahnsinn
  • Romeo
  • Perdeby
  • Hennievr
  • WilleWillemien
  • Pieter Schultz
  • Benzan
  • Footloose
  • Stalkersa
  • Obie
  • Frikadel
  • Andre Beyleveld
  • Hendrik Craukamp
  • Harry Du Randt
  • Hentie7
  • Danet

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.