Gordonsbaai Hawe Sleephelling Ongeluk
Nuwe forum onderwerpe
Spogvoertuig beland in see
2012-02-08 00:00
STELLENBOSCH. – Besoekers aan Harbour Island in Gordonsbaai kon Sondagmiddag hul oë nie glo nie toe ’n voertuig met boot en al aan die haak in die see beland het.
“Ek het die voertuig tussen die boothengelklub en die Ocean Basket-restaurant parkeer en gou ingehardloop om iets te betaal. Toe ek uitkom, het ek gesien dit is besig om teen die skuinste af te gly,” het die eienaar van die Toyota Prado, wat nie sy naam bekend wou maak nie, laggend gesê.
“Ek het nogal in die voertuig gespring en die rem getrap, maar dit was tevergeefs.”
Hy het ondanks omstanders se gespot volgehou die voertuig se handrem was opgetrek en dat die voertuig in eerste rat was.
Ooggetuies het vertel hoe die Prado se wiele onder die betonblad van die skeepshelling vasgehaak het en ’n paar manne toe maar in die water moes spring om dit los te kry.
’n Insleepdiens het die voertuig hierna uit die water gesleep, maar nie voordat die petalje eers ’n skare toeskouers gelok het nie.
“Die voertuig is natuurlik afgeskryf en dis nou maar een van daardie dinge. Daar was gelukkig niemand binne-in nie en niemand het seergekry nie,” het die eienaar gesê.
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| 48a4620c13b74c7db1a383c180216351.jpg | 119 KB |
Check die badge?
Huil sal nie help nie die manne van die versekering is die manne wat moet huil. Eina
"... het die eienaar van die Toyota Prado, wat nie sy naam bekend wou maak nie, laggend gesê."

Afgeskryf ???
Gee jou 'n brief daai Prado is binnekort in 'n motorhandelaar se vertoonlokaal.
Ek dink kampklong se" diep denker" was agter die wiel gewees!!!Die dat hy so beswaard lyk
Toyotas word maklik droog.
Shit happens
Drank is n lelike ding!
'n Toyota? Ongelooflik!
Wys jou net Toyotas het 'n wil van sy eie. Die toyota wou seker op die see uitgaan, net vergeet om op die boot te klim.
Daai sleephelling het ek al ervaar en ek het al gesien hoe groot en sterk 4x4's sukkel teen daai snotterige sleephelling. Indien jy effe te ver terugstoot is jy binne-in 'n gat en dis net daar waar jy en jou voertuig julle g@tte sien - sonder om in die truspieël te kyk!
Ian, maar ek dog gate en Toyotas is groot pelle?
Die versekering huil nie die premie betalers betaal vir die sogenaamde ongeluk. Eienaar lag en kry weer 'n ander een.
Groete
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Benzan
- Villa Wahnsinn
- JC
- Pieter Schultz
- Perdeby
- Hennievr
- Footloose
- Christo de Wit
- WilleWillemien
- Stalkersa
- Obie
- Frikadel
- Andre Beyleveld
- Hendrik Craukamp
- Harry Du Randt
- Hentie7
- Danet
- MarkP
- Anton le Roux




.jpg)







Ek sleep 'n Gypsey Regal 97 met 'n Hyundai Tucson 2L
Ek huil by dood!!!
'Because outside is the new inside'