Ford Territory Bande
Nuwe forum onderwerpe
Wessel JS,
............ Wilsur ek het toe besluit op Hankook Ventus 235/55/18 bande, dit het my R5000 gekos vir twee by Tiger Wheel & Tyre. Hankook is blykbaar std equip op baie nuwe karre?
Greg,
Sou jy nie na die 235/65/18 bande toe gegaan het nie ?
Was die Hankoock die beste in koste of "Performance"
(Ek begin eerder 'n nuwe draad)
Die draad kan intresant raak. Ek moet nou 2 bande op die Territory sit en het pryse gekry, R3 400 per band vir Good Year Forturre (spelling) 235/55/18, die waarmee hy uit gekom het.
Ek weet Ford is nie mal daaroor as jy die proeviel verander op hulle nie, en kan selfs jou waarborg laat kanseleer. Om van die 55 na 65 te gaan is 'n groot sprong, +/- 15%.
Groetnis
Jaqies
Jaques,
Dit is die doel van die draad.
Die web is nogal handig want jy kan sien wat die verskil is sou jy die bande verander, soos die 235/55/18 se omtrek is 2248mm en die 225/60/18 is 2284mm sou jy bly by 235/60/18 is dit egter 2322mm
http://www.miata.net/garage/tirecalc.html
http://www.kouki.co.uk/utilities/visual-tyre-size-calculator
Die een gee ook die spoed verskil.
Dan het ek op die een die inligting in gesleutel en wag nou om te sien wat hulle my gaan gee.
http://www.thetyresite.co.za/?gclid=CKvo-tDJsa4CFYsntAodmQoORg
My bestaande bande is:
Goodyear Fortera
235/55 R18
Vrag 104 = 900kg
Spoed V=240km/u
Treadwear 540
Tractuion "A"
Temp. "A"
Beste Territory-ryers
Dit hang seker af watter model julle het. Ek het die 2006 AWD en sy bandgrootte is 235/60/R17 102H.
Ek het die kar gekoop met KUMHo bande en sovêr nie probleme gehad nie. Die bande het nou so 13000 km geloop.
Volgens my bande guru moet ons maar oppas vir die verre Ooste se bande, kan nie ons warm paaie hanteer nie. Die Koreaanse produkte is weer beter, maar kos bietjie meer. Dan teen 'n stewige prys kom kwaliteit soos GoodYear, ensovoorts.
Dit is ook nie net jou spoedlesing wat geraak word nie, 'n groter of kleiner diameter (of omtrek) gaan ook jou wringkrag uitset op padoppervlak beinvloed.
Groete
Wessel
Wessel,
Ja dit is reg die ST het die 18" lae profiel bande op. As jy kyk na die skakels wat ek geplaas het kan jy sien wat die impak is as jy die band grote verander en ek glo nie 3-4% sal jy voel op die ST se krag nie.
Hi Wilsur en ander lede,
ek het nou net `n hele storie geskryf rondom die bande, toe hang my rekenaar toe ek die bande prentjie wou bysit. Bottom line, jy kan dalk probleme met jou versekering optel indien jy met jou band grotes lol, die rede daarvoor is blykbaar word elke voertuig se Stability Control, ge-programeer om optimaal saam `n spesefieke band grote te werk, so dit het my afgeskrik van die 60 profiel. Ek dink nogsteeds det 60 profiel sou beter gewees het, dit sou beter vertoon het, sagter gery het (nie dat die Territory hard ry nie) en dit sou beter beskerming gegee het teen ons potholes, en sou ook beter gewees het vir ligte 4x4 applikasies
Op die ou einde van die dag speel geld in baie van ons se lewens `n groot role, so ek het toe maar gekoop, wat ek gedink het is die beste "bang for my buck" soos hulle sê en Hankook Ventus ST bande opgesit (235/55/R18). Ek sal maar kyk hoe hulle, hulle gedra, baie tevrede sover.
Hankook is OEM bande op Hyundai, Kia, Dodge, VW, Ford, Saturn,Lincoln, en GM karre, so hulle kan seker nie te sleg wees nie. Die Hyundai Sante Fe, gebruik presies dieselfde grote band as die Territory, net `n ander model met `n laer spoed en load rating.
235/55/R18 Speed rating "V" , load index (100), Treadwear 420, traction A,
Ventus ST
Designed specifically for the high performance, luxury SUV market. Controlled footprint shape ensures maximum contact.
Remarkable performance and road handling in all weather conditions. Outstanding performance, minimal treadwear, long tread life and a quiet and comfortable ride.
Hi Greg.
Daardie Hankook bande is glad nie sleg nie, veral nie as jy die prys in berekening bring nie. Ek het van hulle op my Focus ST gesit en was baie tevrede. Teen R1 200 'n band vs. R3 000 vir die oorspronklike band was dit 'n bargain (soos die engels man se) en die hanterring was puik.
Groetnis
Jaques
Ek het ook gaan rond krap op Hankook se web en hou ook van die Ventus ST bande se loop, ek hou net nie van die 235/55R18 100 V nie dan sal ek eerder na dioe 255/55R18 109 V toe gaan, die sykant is 11mm hoër en dit gee jou 3.1% groter verskil.
Of dan kan jy ook kyk na die Dynapro HP se 235/60R18 107 V want die 235/55R18 109 H se spoed is weer te laag. Die verskil is nou 3.3% en die sykant is 11.7mm
Soos ek gesê het het ek my versoek op die "thetyresite" web geplaas en van die ouens het reeds terug gekom met bande en pryse.
Hierdie was van Autoquip gewees
|
TYRE MAKE |
TREAD DESIGN |
SIZE |
PRICE |
|
Goodyear |
Eagle RSA |
235/55R18 |
R3126.00 |
|
Bridgestone |
Dueler HP Sport |
235/55R18 |
R2500.00 |
|
Achilles |
Desert Hawk |
235/55R18 |
R2035.00 |
|
Falken |
ZE912 |
235/55R18 |
R2050.00 |
|
Kumho |
KH16 |
235/55R18 |
R2295.00 |
|
Pirelli |
Scorpion Verde |
235/55R18 |
R2605.00 |
|
Maxtrek |
Sierra S6 |
235/55R18 |
R1850.00 |
|
Sonar |
S-990 |
235/55R18 |
R1850.00 |
|
TYRE MAKE |
TREAD DESIGN |
SIZE |
PRICE |
|
Bridgestone |
Dueler HP Sport |
235/60R18 |
R2500.00 |
|
Continental |
Cross Contact UHP |
235/60R18 |
R3395.00 |
|
Falken |
ZE912 |
235/60R18 |
R1995.00 |
|
Goodyear |
Wrangler ATR |
235/60R18 |
R3170.00 |
|
Kumho |
KL21 |
235/60R18 |
R2550.00 |
|
Silverstone |
Estiva X5 |
235/60R18 |
R1790.00 |
|
Sonar |
SX-9 |
235/60R18 |
R2050.00 |
|
Maxtrek |
Ingens |
235/60R18 |
R1650.00 |
|
Yokohama |
Geolander G051 H/T |
235/60R18 |
R3035.00 |
TWT het op die "Hankook 235/55R18 100 V Ventus ST RH06 4ply" 'n prys van R9,002.40 vir my gegee.
Ek wag nog vir die ander.
moenie die Falken 912 opsit nie, ek het op my X3 gehad en 26000 was bulle klaar, hou verby, julle kan ook kyk na Federal. Het hulle nou op X5 en sover goed na 10000, en n fraksie van die prys
Probeer die Tyre Hub in Valhalla by die lugmag basis se ingang, sy pryse is goed. Die Federals 285/45/19 was R 2130 per band
Dankie Francois, ek het vir hulle 'n e-pos gestuur.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Perdeby
- Villa Wahnsinn
- Hennievr
- Pieter Schultz
- JC
- Footloose
- Christo de Wit
- WilleWillemien
- Stalkersa
- Obie
- Frikadel
- Andre Beyleveld
- Hendrik Craukamp
- Harry Du Randt
- Hentie7
- Danet
- Benzan
- MarkP
- Anton le Roux
- Morris






Ek sleep 'n Jurgens Penta met 'n Mazda BT-50 3.0 CRDI Double Cab SLE
Hi Willie
Toe ek nog my Territory gehad het, het Bridgestone bande opgesit. Ek daardie tyd nog so onder die R2000 rand per band betaal. As ek reg onthou was dit so R1800. Ek het ook die 65 opgesit wat veroorsaak het dat my Speedo baie meer akkuraat was.
Dit is my 2sent
Jurie