Die vraag: Isuzu KB 300 tdi LX d/c of Isuzu KB D-Teq LX d/c?

Ben de Klerk
Nuweling
Aangesluit: 30/01/2012
Inskrywings: 5
Gebruiker van lyn af.
Plek: Goodwood, Kaapstad

My kop (nee, eintlik my hart) is nou op die Isuzu 300 d/c.

Watter model sal beter wees

  • 2006/2007 (pre D-Teq)
  • 2007 en jonger (D-Teq)

indien die pot soos volg gemeng word:  

  • prys (bekostigbaarheid - wat 'n droom doder!),
  • betroubaarheid, onderhoud (dienste, parte),
  • my bestuurstyl (ek glo gematig...),
  • terrein (deur die week stad, odd naweek platteland, kamp, see, Klein Karoo),
  • gesin van 4,
  • brandstofverbruik.

Die antwoord?

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 483
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Ben.

Arie het jou goeie raad gegee op jou ander draad.

Groete

 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hi Ben,

My gevoel is dat dit vinkel en koljander is. Persoonlik sou ek auto kas probeer kry.

 

 

Groete,
Jacques


 

Pieter die kamper
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 21/04/2010
Inskrywings: 73
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreletapark
Ek sleep 'n Miskruier met 'n Isuzu KB 3.0 of Prado diesel

Ben

 

Ek ry nog die pre dtek en my broer het laasjaar die nuwe dtek gekoop. Ek is baie happy met my bakkie, sleep heel aanvaarbaar vir my, maar die nuewe dtek is kragtiger en meer ekonom ies,maar ek stem met Jacques, gaan vir die outomaties as jy een kan kry want nuut kry jy hom nie meer nie.  As ek vandag wou opgradeer,sal ek dieselfde doen

Maar soos ek se, ek is heel happy

 

Pieter

Die reuk en knetter van 'n kampvuur, gee betekenis aan die lewe!

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Pieter die kamper wrote:

nuut kry jy hom nie meer nie.

   


 

chartmaster
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 37
Gebruiker van lyn af.

EK het my Penta met albei gesleep. Huidiglik die d-teq auto 4x4. My 300 tdi was ge-chip en handrat en ek moet reken die d-teq (sonder chip) sleep net so goed as die 300 lx met die chip. Die Auto box is 'n fees ! Biekie swaarder op diesel as die handrat, maar die gerief, in die bos en in die verkeer maak dit die moeite werd.

Jy kan nie verkeerd gaan met enige van die twee nie !

Jurgens Penta

Isuzu d-teq 4x4 auto

wit plakker
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2010
Inskrywings: 426
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria
Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4

stem met chartmaster saam.   my tdi is ook getjip  (voor ek weer gestenig word daaroor - dit was my besluit).       sy syfers is volgens sac byna dieselfde met effend hoer torque as d-teq.      dieselverbruik is egter swaarder (voet?????).

groete

edward

Gyfie
Super sleper
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 521
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartebeespoort Dam
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Jeep Cherokee 3.7L 4x4

wit plakker wrote:

stem met chartmaster saam.   my tdi is ook getjip  (voor ek weer gestenig word daaroor - dit was my besluit).       sy syfers is volgens sac byna dieselfde met effend hoer torque as d-teq.      dieselverbruik is egter swaarder (voet?????).

Wit plakker

Vertel my asb meer van die chip van SAC, en watter chip het jy laat doen?. My Oom het dieselfde voertuig as jy en het al baie gepraat oor die chip. Mense het dit beide aangepor en afgeraai. wat se verskil (kraggewys) het dit gemaak, en het dit enige ander verskille gemaak (branstof ens)?

Hy sleep niks, behalwe 'n sleepwa so af en toe, maar het ook al gepraat van 'n karavaan, maar se ook dat hy nie tevrede is met die kar se 'performance" nie.

Groete

Pieter die kamper
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 21/04/2010
Inskrywings: 73
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreletapark
Ek sleep 'n Miskruier met 'n Isuzu KB 3.0 of Prado diesel

Ja asb man, ek wil ook weet van die chip

Soos Gyfie se, ek is bekommerd oor die lewensduur van die engine dan,want wat ek gehoor het is dat met die chip, jy lewensduur inboed, so my vrae is....

Hoeveel km het julle al gedoen met die chip?

Op watse km het julle dit ingesit?

Enige probleme?

Dankie ek sal enige opmerkings waardeer

 

 

Die reuk en knetter van 'n kampvuur, gee betekenis aan die lewe!

PHIL
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 116
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pierre Van Ryneveld, Centurion
Ek sleep 'n 2010 Jurgens Classique met 'n 2011 BMW X3 30 d

@Pieter en Gyfie

Ek het drie Isuzu bakkies gery vanaf die 2004 300TDI auto tot die 2007 300 TDI nuwe shape voor die D-Teq. Ek het my 2007 330TDI auto 4x2 nuwe shape laat chip op ongeveer 600 kilometers wat so te sê nog stink nuut was op daardie stadium met n DASTEK chip. Die Kw het opgegaan na 128 kw tou en die newtons na 346 newtons toe gemeet op die fly-wheel. Sorry kan nie onthou wat die kw/newtons was voor die chip nie.

Diè bakkie het n uitstekende performance gehad en altyd baie goed gesleep van PTA na Kaap met n goeie verbruik. Ek kan nie meer onthou wat die verbruik syfers was nie ....te lank terug maar ek weet ons was vier slepers met verskillende sleepvoertuie wat elke jaar Kaap toe gesleep het en ons het maar elke keer as ons op die pad af volgemaak het vergelykings gedoen oor die verbruik en my isuzu was vir my en die ander ouens altyd goed behalwe een dag toe en n erge kopwind gehad het en nie vinniger as so 70 km/h kon haal nie. Daardie trip was die verbruik nogal sleg maar wat die meeste gepla het was die torque wat toe sleg was teen die wind wat as gevolg van die sterkte seker aanvaarbaar was. Ek het altyd Jurgens Penta karavane gesleep met die Isuzu's.

Ek het nooit enige probleme met die gechipte 300TDI Auto gehad nie en het baie gesleep tot op 76000 kilo's op die afstandmeter toe ek hom verkoop het. Toe ek hom verkoop het het ek eenvoudig net die chip onkoppel deur die plug onder die voorste passasiers sitplek uit te trek en die chip met sy bedrading gebêre. Diè spesifieke chip is nog beskikbaar as iemand sou belangstel om hom oor te neem by my.

Volgens my is die chip n uitstekende toevoeging tot jou sleep vermoë.

HennieBo
Super sleper
Aangesluit: 29/11/2011
Inskrywings: 334
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wilropark

 

Ek het self met ‘n 280DT gesleep, wat ek ‘n “intercooler” opgesit het en die “diff ratio” laat verander het.
Tans sleep ek met ‘n 300D-teq wat ek ook ‘n "chip" ingesit het van Dieseltorque. Kraglewering het opgegaan tot 142 kw en die wringkrag na 415 Nm. Dit is absoluut ‘n fees om met die bakkie te sleep. My pertolverbruik op die rit rekenaar is 13.3 km/l.

Hennie Botha

2009 Isuzu KB 300 DTEQ

2007 Sprite Swing

Gyfie
Super sleper
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 521
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartebeespoort Dam
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Jeep Cherokee 3.7L 4x4

@Phil - wat soek jy vir daai chip? Weet jy wat SAC sal vra om dit te installeer?

@Wit Plakker - ek sal graag van jou ondervindinge ook wil hoor

chris dupreez
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 28/11/2011
Inskrywings: 61
Gebruiker van lyn af.
Plek: PRETORIA FLORAUNA
Ek sleep 'n Gypsey Regal met 'n Isuzu KB 300LX

Ek het ook n Dastek unichip laat insit by Dastek self in Centurion .Hulle ontwikkel en bou die goed self .Hulle doen die instelasie van die chip en n dynotune.Ander instaleerders koop die chip by Dastek.So kry maar pryse by Mauss,SAC,Dastek en vergelyk dit.Ek het my bakkie se chip nou al twee jaar in en nog geen probleme nie ,kan nie sien wat kan probleme veroorsaak nie.Dit is net n groot verbetering.(Nie dat die ISUZU dit eintlik nodig het nie) Tong in die kies.

wit plakker
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2010
Inskrywings: 426
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria
Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4

 gyfie.

die kostre beloop so R6500.     ek het ook die uitlatpyp laat doen.    niks snaaks nie, net groter dia pyp.    al die sensors is nog daar.    myne ingesit op 91000. ek het nou amper 175000 op.    stuur my jou e-mail dan mail ek jou die printouts.    ek sal dit nie op 'n nuwe bakkie doen nie a.g.v. die waarborg.    deesdae kan jou bakkie se computer vir hulle se as iets fout gegaan het en jy het 'n chip ingehad.     die nuwe bakkies het almal oorgenoeg krag (lees ford & navara).

groete

edward

Gyfie
Super sleper
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 521
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartebeespoort Dam
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Jeep Cherokee 3.7L 4x4

@ Wit Plakker - ek het vir jou 'n PB gestuur met my epos adres. Thanks vir jou hulp

@ Chris Du Preez - Is daar n verbertering aan jou brandstof verbruik?

chris dupreez
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 28/11/2011
Inskrywings: 61
Gebruiker van lyn af.
Plek: PRETORIA FLORAUNA
Ek sleep 'n Gypsey Regal met 'n Isuzu KB 300LX

Gyvie , daar is definitief n verbetering met die brandstof verbruik. Ek het ook die uitlaatpyp by Cheeta laat verander na n effens groter pyp asook n vry vloei .Die pyp was R1500 en die Chip en dyno by Dastek was R3200.Gaan kyk op Datek se webwerf .Pieter de Weerdt weet definitief wat hy doen.

Gyfie
Super sleper
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 521
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartebeespoort Dam
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Jeep Cherokee 3.7L 4x4

Dankie Chris

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Hallo Julle,

Ek het my Touran privaat gekoop van HeinzBose, dit was sy vrou se kar en die Touran is ook ge "remap" vermoedelik toe hy nog nuut was, Ek het hom een maal by Trevor Green gehad wat die remapping doen sodat hy kon kyk of die handelaars dalk die oorspronklike "maps" gelaai het

Ek is heel tevrede met die werkverrigting en brandstof verbruik is heel goed as jy nie heeltyd die jong latte met hulle Golfies wil besig hou nie!

My Touran het nou 118000 km op die klok en geen probleme sover nie

Die Touran kom oorsee uit (in 2006) met 'n 103 kw en 125 kw enjin  In SA kry ons net die 103 kw enjin. Ek en die werktuigkundige wat my Touran diens het eendag op VW se manual gekyk en daar is GEEn meganiese verskil tussen die twee enjins nie so ons enigste afleiding is dat die verskil by die sagteware kom. Ek was saam met my seun en sy pelle by 'n "Dyno Day" wat deur die VW Klub van SA gereel is en as ek die krag lewering op die wiele terug werk na enjin syfers toe dan is die kraglewering omtrent selfde as wat die 125 kw enjin oorsee lewer (Ek het terloops 'n 2de Plek verwerf in die Tdi klas vir hoogste perdekrag ontwikkel, Die eerste plek Golf het so een en half perdekrag meer gekry as die Touran! , die ander Tdi ouens was nie baie lief vir my seun oor daai een nie!

Ek was aanvanklik BAIE skepties oor die re map en Heinz het aangebied om weer die standaard "map" te laat laai maar ek het toe dit so gehou en is nie spyt nie, in teendeel het my vrou nou die dag weer gevra ek moet haar 1,4 Polo ook laat "map" maar die geadverteerde krag toename in die Polo se geval is vir my bietjie min in verhouding tot die koste

Michael, as jy met Trevor Green wil gaan gesels kan jy my PM dan gee ek vir jou sy nommer, hy is daar in Centurion

Hier is die geadverteerde syfers, terloops, ek is nie baie gretig vir die PowerBox opsie nie want ek wil nie graag aan die bedrading laat peuter nie maar dis nou maar 'n persoonlike ding van my

Touran 2.0 TDi
100kw / 320nm
120kw / 389nm

 

Op die Dyno het die Touran 147.3 perdekrag en 364 Nm Wringkrag op die wiele ontwikkel

Groete

Groete

 

Danie Pretorius

Wie's aanlyn

Daar is tans 20 gebruikers en 43 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Perdeby
  • Pieter Schultz
  • Villa Wahnsinn
  • JC
  • Footloose
  • Christo de Wit
  • WilleWillemien
  • Stalkersa
  • Obie
  • Frikadel
  • Hennievr
  • Andre Beyleveld
  • Hendrik Craukamp
  • Harry Du Randt
  • Hentie7
  • Danet
  • Benzan
  • MarkP
  • Anton le Roux
  • Morris

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.