Die nuwe Toyota Fortuner 2.5 kan hy sleep of nie?
Nuwe forum onderwerpe
ek glo hy sal kan want wringkrag is die ding wat tel en as dit presies dieselle is as die 3.0 Liter kan dit mos nie 'n probleem wees nie.
Nooit! Gaan lees wat die Toyota manne se oor die Amarok. Al sit hy net soveel krag uit as die groter enjin, sal hy baie harder moet werk en daai enjin gaan nie hou nie. Jy gaan ook nie lekker sleep nie, want jy gaan die hele tyd met die ratte moet speel,
Oom Spinnekopman, moet nou die manne weer mok nie.
2.5 foefie. Het nie eers leersitplekke. Laat my dink aan blygemaakte troep. Ga vir 3D4D
Hy sal enige karavaan sleep solank jy besef dat om haastig te wees jou nie gaan help nie en sy vermoë om verby te steek met 'n karavaan agter aan beperk is tot wag tot daar genoeg spasie tussen jou en die aankomende verkeer is.
Toyota bring aspris nie die 2.5 fortuner in4x4 uit nie, want hulle is deeglik bewus van sy beperkinge
Toyota skep met die 2.5 vir kopers die geleentheid om die gewildste SUV te kan besit teen 'n laer premie.Almal wil nie noodwendig 4x4 nie,of karavaan sleep nie, maar soek die gerief en veiligheid van 'n groter voertuig,ek dink dit gaan gewild wees as 2de voertuig soos om kinders skool toe te ry ,alledaagse goed.Dis mos 'n TOYOTA enough said.
sy vermoë om verby te steek met 'n karavaan agter aan beperk is tot wag tot daar genoeg spasie tussen jou en die aankomende verkeer is.
Hier hoor ons nou die waarheid oor hoekom manne die Tumblers so omgevoeter het.
Hulle het GEDINK daar was genoeg spasie en sy Tumbler het genoeg eynies.
Sal ma die draad dophou vir al die Toyota verskonings.
Die nuwe modelle gaan nou uitkom met Ski's op die dak.... sodra hulle omval gly jy net verder...
Ek wil nou nie snaaks wees nie maar ek sal hom koop om my woonwa mee te sleep as ek die geld gehad het...
Andre
Het jy geweet dat 90% van alle landrovers is nog op die pad, die ander 10% het darem al hul bestemmings bereik.
Jy sal maar verskonings op 'n ander plek moet soek, jou bydrae is in elk geval van die punt af,die 2.5 Fortuner is maar 2 maande terug bekend gestel.
Ek sleep my Explorer met my 3D4D en ek hou niemand terug nie,maar hier gaan dit spesifiek oor die 2.5 en net soos jou Landrover beperkinge het,het die 2.5 Fortuner ook en niemand betwis dit nie.
Andre
Het jy geweet dat 90% van alle landrovers is nog op die pad, die ander 10% het darem al hul bestemmings bereik.
Goeie môre vir jou ook Gerhard,
Julle Toyota bende moet nou regtig begin soek na nuwe Landy grappe.
Daai een het ook in '48 saam met die Landies hier aangekom.
Geniet die dag en die Kaap, julle is mos meestal nie so kleinserig oor twak nie of hoe sê ek noe.
Baai
Stoffel
Dis jou besluit, jy kan met enige iets sleep. Die vraag is hoe jy die wil doen ? Met moerse fristrasies of gemak. Wil nie lieg nie, ek dink die Frotuners is nice voertuie. Ek dink izuzu kan nogsteeds hulle gatte skop oor hulle die Fronteirs gestop het. Daai sou nou die regte wa vir die job gewees het. Die besluit le maa in jou gatsak ne ? Sterkte
bedaaaaaar gerhard! op hierdie forum word niks erenstig bedoel nie. ons grap net met mekaar.
bedaaaaaar gerhard! op hierdie forum word niks erenstig bedoel nie. ons grap net met mekaar.
Môre vir jou ook Edward,
Soos jy sê, maar sommige manne deel makliker uit as wat hulle kan vat.
Die toontjies trek op 'n knop as mens terugbyt.
As ek moes grenserig raak oor Landrover kommentaar het ek permanent parratjie pie ogies gehad.
Waar kan mens deesdae anners 'n joke maak as hier tussen die kampmaters.
Tot ou Spinneman ontwikkel deesdae 'n sin vir humor.
Geniet die reën hier in Gauteng en sterkte vir die maters wat vandag moet opslaan. Los maar die sykante oop -- ek het een so trippie Badplaas toe gehad waar ek in my swembroek opgeslaan het en ma en die kleingoed maar in die Kombi gewag het tot die dakke op was.
Cheers
Stoffel,
My 2c,
Die 2.5D Fortuner is 'n 2.5D fortuner, nie 'n 3.0D4D nie en ook nie enige ander voertuig nie. Ek sien jy sleep tans 'n Penta. Wil jy dieselde wa sleep met die Fortuner? Sleep sal hy hom sleep. So gemaklik soos die 3.0D4D? GLAD NIE, want dit is nie 'n 3,0D4D nie.
Ek dink hy sal net die voertuig wees vir jou Fleetline klas woonwaens, asook vergelykende Sprite en Gypsie modelle. Ek dink jy gaan verseker meer tussen jou ratte roer as sy groter boetie, maar dit is 'n Toyota, en as dit dieselfde enjin is wat huidiglik in die 2.5 Hilux is het jy nks om oor te kommer nie. Daar is van daai Hiluxe wat al ver oor die 200 000 harde kilometers gedoen het en nog steeds loop soos die dag dat hy uit die fabriek gekom het.
Dink jy daaraan om jou 2.7 petrol in te ruil op die 2.5 Fortuner?
Ek lees nou al die kommentare en my Undercover Ford 2.5 slkeep die Regal sonder probleme en hy sit minder krag uit as die 2.5 Fortuner.
Ek meen van Krugresdorp terug Pretoria toe val my Trokkie met die wa gehaak nooit onder 90 km/h nie en daar is 'n paar lang opdraendes van daai kant af.
Die gewig op die plaaitjie is 990 Kg en dis leeg... Onthou dis sonder die tent, gas silinders en al die kamp goedtjies wat normaalweg saamry nie.
Ek roei glad nie en gebruik nooit 3de rat nie ( ek dink net 4 de rat is bietjie kort op my trokkie en sleep gereeld in 5de as die pad gelyk is..... die wegtrek is 'n Bliksem maar as die wa loop dan gaan ek.
Wag al lankal vir die een. Soek nie 4-trek nie en hierdie is genoeg krag. My 2 liter petrol sleep goed - hoekom nie die 2.5 diesel nie. Baie bly om te hoor Toyota het ons gehoor!
Onse volkie is darem snaakse goete.
n Hele paar jaar terug sleep ons met die Toyota 3.0TD want hy is sterk en word besin. Toe kom Suzie en bring die KB 280 TD uit, 230 nm en almal is maar skepties oor die turbo wat gaan blaas want vars in die geheue was die Toy wat warm geword het sodra hy die grens van Noord Tranvaal daar anderkant Petoors oorgesteek het.
Toe kom Ford en bring die 2.5 TDI uit, 257 nm en almal besin die bakkie maar wonder oor sy klein enjin met die baie krag. Toe kom Toy met die KZTE, toe is die arme Ford weer pap ens ens.
Miskien kyk julle manne nie TV nie maar daar is dinge soos die COP beraad waar dinge warm raak vir die motor industrie oor die uitlaatgasse ens en carbon tax en boetes vir nie voldoening aan die reels van emmussies nie ens.
Ek dink Toy is besig om stadig maar seker aan te beweeg na nuwer tegnologie soos nou bewys is met die 2.5 Tuner,,,,,en die enjins gaan nog kleiner word.
As enige iemand al agter n Amarok gery het, selfs n Nivara, kyk of daar diesel rook agter by sy gezoz uitkom,,,,,,,en dis waaroor dit gaan en een van die dae gaan die Toy manne nie glo hy het sy Swing gesleep met n rokende 3D4D nie want die 2D4D laat hom soos n ouetehuis op wiele voel, en die diesel rekening die helfte van die prys.
So my oppinie, go Toy en gaan doen julle huiswerk, julle sien reeds die gevaartekens met die 2.5,,,,maar dis darem n begin.
Ek het voor ek my 3.0D4D gekoop het, my Penta gesleep met die vorige model 2.7 Hilux, en alhoewel dit so dan en wan bietjie geduld geverg het, het die bakkie die wa eindlik baie lekker gesleep. Ek het nie na specs ens gaan kyk nie, maar is seker daarvan dat die 2.5diesel jou wa redelik gemaklik gaan sleep wat krag aanbetref. Wat ek wel kan byse is dat die huidige 2.5 Hiluxe maar lui is, en verbysteek ens moet maar wiskundig benader word.
Hi Stoffel,
Ek sien jy wil Penta sleep.
My mening is dat hy dit gemaklik sal doen met sy 343nm wringkrag wat dieselfde as die 3.0 D4D masjien s'n is.
Sy kilowat uitset is nou 106kw teenoor die 3.0 D4D se 120kw en ek dink dit sal nie juis pla in die sleepsituasie nie. Die wringkragsyfer is meer bepalend vir sleepdoeleindes.
Vir 'n R70000 besparing dink ek dis puik waarde vir geld. Selfs die leersitplekke soek ek juis nie.
Sterkte met die besluit,
Jacques
Hi Stoffel,
Ek sien jy wil Penta sleep.
My mening is dat hy dit gemaklik sal doen met sy 343nm wringkrag wat dieselfde as die 3.0 D4D masjien s'n is.
Dink jy nie hy gaan te HARD WERK nie. As jy 3.0l syfers wil hê, moet jy 3.0 capacity hê.
Hi Stoffel,
Ek sien jy wil Penta sleep.
My mening is dat hy dit gemaklik sal doen met sy 343nm wringkrag wat dieselfde as die 3.0 D4D masjien s'n is.
Sy kilowat uitset is nou 106kw teenoor die 3.0 D4D se 120kw en ek dink dit sal nie juis pla in die sleepsituasie nie. Die wringkragsyfer is meer bepalend vir sleepdoeleindes.
Vir 'n R70000 besparing dink ek dis puik waarde vir geld. Selfs die leersitplekke soek ek juis nie.
Sterkte met die besluit,
Jacques
en die meeste manne sit in elk geval daai seil bekleedsels oor die leer om laasgenoemde te beskem.
Jacques, dis ten minste nie 'n Golf enjin nie...
En opgelet dat die kilowatts verskil?
Netso Frikadel - presies my idee!
Jacques, dis ten minste nie 'n Golf enjin nie...
En opgelet dat die kilowatts verskil?
Netso Frikadel - presies my idee!
As ek reg onthou beteken Kilowatts nie veel as dit by sleep kom nie, eerder Nm.
As dit 'n golf enjin was sou ek bekommerd gewees het.
As dit 'n golf enjin was sou ek bekommerd gewees het.
Presies hoekom ek bekommerd is... 

As dit 'n golf enjin was sou ek bekommerd gewees het.
Môre môre,
Smak my djulle twietjies het erens 'n Golfie deur die agterent getrek met daaisery.
Self het 'n tdi Jetta gery en aan 2de oudste bulletjie gegee en hy het hom gery to 279k sonner probleme.
Smaak my soos Oupa gesê het kan jy met geweld jou vinger in jou eie " ho... -- ek bedoel hardloop" afbreek.
Of wat praat ek hê

Andre,
Party mense se tdi Golfies se turbos hou nie 100,000km nie, dus is dit nie 'n goeie voertuig nie.
Dalk lê die geheim in die installering van 'n EGT monitor.
Party mense se tdi Golfies se turbos hou nie 100,000km nie, dus is dit nie 'n goeie voertuig nie.
Dalk lê die geheim in die installering van 'n EGT monitor.
Nou ja toe,
Ek weet van manne wat 'n kruiwa binne 10 km kan deurtrek.
Die geheim lê eintlik daarin dat jy enige ding kan breek as jy hard genoeg probeer.
Hoeveel van die Tumblers het nou presies omgeval, of praat almal nogsteeds van die 3 of 4 wat heel aan die begin omgeval het. Is die inligting nog relavant in dien jy in ag sou neem daar oor die 12000 PLUS per jaar verkoop word.

Kyk of hy ski's op die dak het, as hy het is die ski's daar vir n rede. Weet nie of die 2,5 nogsteeds ski's ophet nie.
Moet ook nie die Tumbler in n dubbel garage parkeer nie, hy m03r om deur die nag.
Kerels,
Ek dink die draad word nou kwaai gekaap. Die aanvanklike vraag het gegaan oor die sleepvermoens van die Fortuner en nie enigiets anders nie. Die draad is weereens besig om te ontaard in 'n klipgooiery tussen modelle. Is dit nodig?

Sorry Cheetah, maar ek het vroer op die draad gese dat die 2.5 lekker sal sleep.
Wou maar net biki draaksteek.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Perdeby
- JC
- Footloose
- Christo de Wit
- WilleWillemien
- Pieter Schultz
- Stalkersa
- Obie
- Frikadel
- Hennievr
- Andre Beyleveld
- Hendrik Craukamp
- Harry Du Randt
- Hentie7
- Danet
- Benzan
- MarkP
- Anton le Roux
- Morris
- Chrish

.jpg)

.jpg)

.jpg)

.jpg)

Ek sleep 'n Gypsey Regal met 'n Mazda Drifter BT 50 2.5 TD
ek glo hy sal kan want wringkrag is die ding wat tel en as dit presies dieselle is as die 3.0 Liter kan dit mos nie 'n probleem wees nie.
Ek sleep 'n Gypsey Regal wat 'n redelike swaar woonwa is met my BT 50 en ek kry hom beweeg sonder probleme.
Theo Versteegh
Centurion
Gautengeleng