automaties vs tiptronic
Nuwe forum onderwerpe
Ek beplan om my sleep voertuig te vervang. Ek kyk na die V6 AWD Hyundai met die tiptronic ratkas. Ek het al my jare, seker nou amper 30, met 'n handrat gesleep. Ek is maar bang vir die automaties om mee te sleep, as julle slim koppe my dalk kan help.
Wat maak 'n tiptronic ratkas anders as 'n gewone automaties?
Hoe werk die tiptronic ratkas sonder en met sleep?
Hoe sleep mens met 'n gewone automatie? Sit jy die ding in D en daar gaan jy?
Hoe gemaak met die tiptronic? Sit jy ook die ding in D en daar trek jy?
Berrie, fantastiese manier van ry en sleep, ek wil niks ander gebruik nie!!! Tiptronic gee jou bietjie meer 'eie wil" maar op outomaties gaan jy as 'n reël egter brandstof verbruik kry, gebruik net tiptronic as ek bv kwaai opdraandes bv van Natal af opkom Jaansberg se kant toe.
Altyd egte kampgroete.
Frans
Berrie, ek sleep in my lewe nie (sommer) weer met 'n handratkas nie! Die ontspanne rit wat outomaties jou bied is die ekstra prys in brandstof die moeite werd. Ek sleep in D en as dit nodig is sal ek met die Disco4 oorgaan na die tipshift funksie. Die vraag is wanneer is dit nodig? In my opinie is dit selde nodig, maar wel wanneer jy 'n bergpas afgaan om te help met die remming of die verbysteek as die gaping klein is. Die verbysteek is dit nie so nodig nie, maar dit kan help om seker te maak dat jy in die regte rat is voor jy begin verby steek en nie hoef te wag totdat die ratkas self 'n laer rat kies nie. Dit gee jou dalk so 1 of 2 sekondes se vinniger reaksie tyd wat net nodig is om 'n ander voertuig veilig verby te steek. Die res van die tyd is die ratkas in D en ek kan rustig agteroor sit, ontspan en op die pad en omgewing konsentreer.
Gooi hom in "D" en gee vet! My Prado het triptronic en ek het dit nog nooit gebruik nie.
Groete
Heinlag, leer hom ken en jy sal met niks anders sleep nie.........meer ekonomies as net met D.
Dit is net soos Willie sê, gebruik die tip soos nodig en jy sal dit geniet. Jy moet dit net aanleer.
Sterkte
dagse berrie
ek gebruik my volvie net in D gooi hom in en gee vet as jy n speed cruser in het nog lekkerder vir daaai lang paai suidkus hier kom ons al raad wat ek jou kan gee is vrae die voertuig handelaar hoeveel nm torq die voertuig het en vergelyk so die voertuie met mekaar hoe meer torq hoemeer krag kw speel nie so groot rol nie volgens my my volvie is maar 136 kw en 350nm torq ek sleep nog n tryler agter my wa en daar is oor genoeg krag om trokke verby te gaan
eenmaal outomaties gesleep sal nooit trug verlang na handrat toe nie
sterkte
kampgroete
ben
Berrie,
Ek het ook altyd met handrat petrol gesleep, maar nou weet ek eers wat ek gemis het. Om met diesel outomaties te sleep is net soveel rustiger, ja ek stem saam ek sleep ook omtrent net in D, maar sal soms die tip gebruik om net in die regte rat te wees of wanneer ek nog self die rat wil kies (seker maar gewoonte van handrat dae) vir die op of afdraend. Die diesel se torque is net wat my wa voor vra, en die enjin werk ook glad nie so hard nie. Ek spot deesdae deur te se, ek sleep vanaf die huis see toe sonder om een keer die clutch te trap. Glo my nooit weer n handrat nie, ek geniet die outo baie meer.
Lekker sleep,
Spesiaal vir BenA.
Hier is 'n draad wat ook oor die onderwerp handel, Ben.
http://www.wegsleep.co.za/se-jou-se/forum/raad-en-wenke/planne-en-patente/transmissions
Definitief nooit weer handrat nie, sit in D sit terug en geniet die rit sodat die kar kan werk.
Altyd vir my interessant hoe populer automaties (in watter vorm ook al) deesdae is. Ek kan myself nie met 'n handrat kar in die verkeer mee verdra nie.
Baie ouens dink steeds auto is lui en goor. Die tegnologie het ook darem met rasse skrede verbeter in die laaste dekade of so.
Heel beste wat ek seker al beleef het was VW se DSG kaste - puik!! Veral in die GTI's!! 
My vrou het altyd vir my gesê ek word nou `n "ou man" toe ek my eerste automaties koop, `n 2002 BMW 320i 2,2 facelift, my daarop volgende kar was `n d/c 4x4 Ford ranger 4.0 handrat en toe `n Ford territory 2x4 Ghia (4 spoed auto) en nou die Ford territory ST (6 spoed auto), nou wil sy niks weet van `n handrat nie (sy word nou seker `n ou vrou
), en wanneer dit by sleep kom is `n auto koning, gooi hom in "D" en laat die box self besluit in watter rat hy wil wees.
'n Voordeel met die auto kas is ook natuurlik dat die enjin nie gemoor kan word nie maw die enjin revs sal nie te laag wees met 'n te groot throttle oop nie. Skuus vir die engels, maar ek dink meeste sal verstaan.
Baie dankie julle. Dankie Willie vir daardie link.
As ek kan opsom is auto dan beter om mee te sleep en 'n ou het nie nodig om so te roei met die ratte nie.
BS
Omdat die ekonomie so bietjie druk is ek genoodsaak om 'n twedehanse motor tekoop. Nou wil ek graag weet naarna moet 'n mens kyk om seker tewees daar is nie probleme met die automatiese ratkas nie en wat is gevaar tekens dat die ratkas moontlik pronleme het.
BS
Berrie.
Kyk maar uit vir iets wat 'n naspoorbare diensrekord het en darem nie te oud is nie met net een vorige eienaar.
Dit is nogal handig indien mens die vorige eienaar kan kontak om vas te stel wat die rede van verkoop was en of daar enige noemenswaardige probleme was waaraan aandag gegee, of nie gegee is nie.
Koop ook eerder by 'n goeie tweedahandse handelaar wat by die RMI of MIO(Motorindustrie Ombudsman) geregestreer is, voordat jy privaat koop, mits jy die mense en voertuig goed ken.
'n Voordeel met die auto kas is ook natuurlik dat die enjin nie gemoor kan word nie maw die enjin revs sal nie te laag wees met 'n te groot throttle oop nie. Skuus vir die engels, maar ek dink meeste sal verstaan.
Ons verstaan heeltemal
Soos die ou wat by die garage stop en se "I want a band, please"
Die manne kon nie verstaan wat hy wou he nie, hy dra toe om na die vrou en vra "Ou vrou, wat is 'n tyre nou weer in Engels?"
Cheers
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JC
- Footloose
- Pieter Schultz
- Stalkersa
- Obie
- Frikadel
- Christo de Wit
- WilleWillemien
- Hennievr
- RATEL
- Andre Beyleveld
- Hendrik Craukamp
- Harry Du Randt
- Hentie7
- Danet
- Benzan
- MarkP
- Anton le Roux
- Morris
- Chrish




.jpg)

.jpg)


.jpg)




Barrie,
In altwee gevalle is die andwoord Ja, maar met die "trip" kan jy ook die ratte self verander soos jy goed dink. Daar is gewoonlik 'n "Sport" sy hoogste rat is gewoonlik een laer as die "D" en daar is die ratkas ook meer agresief, skakel gouer terug en bly langer daar.
Ek sal NOOIT weer met 'n ander voertuig as 'n "Auto" sleep nie, jy is welkom om met my te kom gesels en is net oor die berg van jou.