Dankie Loftus Karavane
Nuwe forum onderwerpe
Na ongeveer 12 jaar se tent kamp het ons besluit om 'n karavaan te koop. Ek was in die buiteland en het die kenners se kommentaar op hierdie webblad ongelooflik van waarde gevind. Ek het die beste en vinnigste terugvoer via e-pos van Francois by Loftus karavane gekry. Francois het die woonwa voorberei en met my aankoms in SA het ek net aangehak en gery. Dit was uitstekende en vriendelike diens, voorwaar 'n rare in die ou landjie van ons!
Hou dit so Loftus!
Ek deel ook so nou en dan met die manne van Loftus...en ek stem 100% saam Abie, daar is geen handelaar wat se diens enigsins naby Louftus karavane kom nie.
Dagsê Manne en Manninne,
Ek het so 'n rukkie terug beskuit om ons huidige wa, Blue Series Raven, op te gradeer. Nou kyk, ma het baie van die Blue Series model gehou omdat alles mooi blou en bruin is. Met die opgradeer was daar net een vereiste, ek kan enige wa koop, solank dit 'n Blue Series Regal is.
Amper soos oorle oom Henry Ford met sy swart Model T's.
Dit is toe nou net hier waar al die sports begin. Ek het een gekry by die handelaar in Alberton wat baie mooi was. Ek het hule gevra om die tent vir my op te slaan, en daar het ek die skok van my lewe gekry. Die ding was so vuil dat ek nie dink daar genoeg seep op aarde is om hom skoon te kry nie. met nadere ondersoek het ek ook 'n 100mm sny in die bakwerk gesien, en 'n paar ander dingetjies. Dit was net genoeg om my onrustig te laat voel. Hulle wou my ook slegs R58,000.00 vir inruil op my huiidige wa, en het my toe 'n helse guns gedoen en my later R62,000.00 aangebied..
Ek is toe op die foon, bel Loftus en hulle sê hulle het 2 wat daar staan. In die kar en 30min later is ek daar. Gaan kyk na die wa en manne, was hy nou vir jou in 'n wonderlike kondisie. Gaan praat toe met Gwen, en hulle bied my net daar en dan R70,000.00 op inruil aan, en hulle is bereid om die wa by my huis te kom inspekteer. Ek val amper op my rug van verbasing.
Hulle gaan my voorste bed ombou, R2000,00 teenoor ander handelaar se R3,000.00, Registrasie, ens vir R1,200.00 teenoor R2,000.00 en ekstra add-aroom vir R3,200.00 teenoor R3,800.00. Ek spaar myself toe sommer 'n aardige bedraggie deur net na Loftus toe te ry.
Hulle sal my nuwe wa by die huis kom aflewer sodra al die ombouings klaar is, en sommer dan ook die Raven saam terug vat.
Dit is nou diens uit die boonste rakke !! Hierdie mense wil graag besigheid doen, ondersteun hulle gerus.
Loftus, julle kook!!!!
Dis ook nie die eerste keer wat ons sulke mooi dinge van Loftus hoor nie.
Mooi so ouens - doen so voort!
Groete,
Jacques
Man om met Loftus karavane te deel is seker die puikste ervaring. So vier, vyf weke terug moes ons skielik die wa gebruik. Die voorste demper skokbreker was egter foutief en moes dringend vervang word. Ek het Loftus geskakel terwyl ek uit Pretoria gery het en die ontvangsdame het baie vriendelik gese ek moet net aanhou sy vra gou die werkswinkel. Dit was ongeveer drie uur die middag. Sy het my verseker dat ek welkom is om te stop en hulle sal gou na die probleem kyk. Ek het ongeveer 3.45 gearriveer en die werkswinkel bestuurder het dadelik nader gestaan. Die kort en die lank is dat 4.10 was ek terug op pad huistoe met n nuwe skokbreker. Dit het vir my geoel soos n renjaer wat n "pitstop" gedoen het. Loftus is verbruikers vriendelik!!!!!!
Dit is lekker maar ook vreemd om deesdae te hoor van plekke wat nog omgee en moeite doen vir hul kliente.
Seker een van die moeilikste dinge deesdae om goeie diens te kry!
Jip ons kan ook getuig van puik diens wat ons van Loftus Karavane ontvang het Neil en sy span. Ons het in
2008 'n Jurgens Explorer van Comet Sprite in Boksburg gekoop en nou ja die aflewerings diens was swak, hulle was nie bereid om op 'n Saterdagoggend nadat ons die Explorer kontant gekoop het om 'n demonstrasie aan ons te lewer nie sou iemand in die week uitstuur wat nooit gebeur het nie. 2weke nadat ons die karavaan gaan haal het , het ons op 'n Sondag oggend probeer om alles uit te "figure" het ek in 'n karavaantydskrif op
Loftus tel no afgekom geskakel en met Neil gepraat en Woodie het gedurende die week gekom en alles gedemonstreer en nou ja daar was pyne en foute wat uitgesorteer is , hopenlik nadat ons vir 2 jaar weens
gesondheidsprobleme nie die Explorer gebruik het nie sal ons nou weer voluit gaan kamp en ek wag juis vir terugvoer op inligting oor Olifants Lodge se geriewe en standaarde. Is daar dalk iemand wat vir ons meer inligting kan pm of epos stuur
Lekker aand
Loftus is beslis die plek om jou karavaan te koop soveel dat ons drie van ons karavane by Loftus gekoop het. Gwen het ons elke keer gehelp, sy doen wat n mens verlang van n verkoops dame. Selfs met die karavaan se dienste doen hulle net die beste, Neil en almal by Loftus, dankie vir julle goeie diens.![]()
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Johan Coetsee
- Gypsey King
- Airbus
- Eddie Rabie
- thysvt
- sakkie mynhardt
- chris dupreez









Ja-nee kyk, beter diens rakende karavane kry jy nerens anders soos by Loftus Caravan City nie !! Ek het eenmaal 'n probleem gehad en die "Chief in charge" het self op sy motorfiets geklim en my probleem by my huis in Pretoria kom uitsorteer.
Ek kyk nie eens na 'n ander handelaar nie !!