CONQUEROR KONVENSIONELE KARAVAAN

Gypsey King
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 616
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n Rascal met 'n Mitsubishi Triton

Ek sien in die nuwe Wegsleep dat CONQUEROR beplan om nog voor die einde van die jaar 'n padkaravaan in die mark te stoot. Hulle beplan 3 modelle vir 2,3 of 4 mense. Dit sal nogal verwelkom word, veral om vir die verbruiker meer opsies te bied asook om die mark meer kompeterend te maak.

Groete

Aubrey

<

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4767
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Aubrey,

Daii is voorwaar goeie nuus. Ek is egter oor een ding bekommerd. Conqueror bou tans waens vir die offroad mark. Dis waens wat van nature baie sterk moet wees en daarom ook baie swaar is. In my opinie kort ons karevaan mark 'n reeks karevane wat heelwat ligter is. Met ander woorde, ek moet 'n "groter" karevaan kan hê wat ligter weeg sodat ek hom met 'n kleiner voertuig kan sleep. Waar is die dae wat Sprite hulle Super Sport karevaan gehad het wat ongelaai onder 800kg ingeweeg het. Dis mos wat 'n karevaan moet weeg. Nou kan ek daai karevaan met bv 'n 1.9TDi voertuig sleep en ek is veilig binne die wet... Hoop hulle spreek dit aan.

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Dit gaan baie interessant wees om te sien waarmee hulle uitkom.

Ek trek solank die popcorn nader!!

 

Groete,

Jacques

 


 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ons wag vir iets soos die Classique vir 3

Romeo
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 893
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pierre Van Ryneveld, Centurion

Ek was nou die dag by hulle in Heidelberg en het so skelm geloer na 'n prototipe wat daar gestaan het en lyk na meeste veselglas tipe pad karavaan.

Gaan interesant wees.

---------------------------------------------------------

Groete

Romeo Pretorius   

WWW.ALLOUTDOORS.CO.ZA

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Romeo,

Wat sê hulle wanneer kan ons die prototipe te siene kry ???

Romeo
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 893
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pierre Van Ryneveld, Centurion

Willem, lyk my daai is 'n staats geheim.......

Moet se dit was nogal snaaks......ek stap so lekker deur die produksielyn en net toe my oog daai wel bekende vorm van 'n gewone pad karavaan sien tussen al daai boswaens, toe kyk die ou van conquerer so in my oe vas......ek dink ons het altwee dieselfde ding gedink en toe ek begin oorstap en voel en vat aan die ding......toe word daar net ge-briek en baie gepraat oor ander dinge...ewe skierlik was almal doof stom en ek kon niks verder uit hulle kry nie.

Maar nou ja almal probeer seker maar hulle geheime projekte geheim hou.

Ons sal maar moet wag en sien.

---------------------------------------------------------

Groete

Romeo Pretorius   

WWW.ALLOUTDOORS.CO.ZA

 

Francois Hattingh
Groentjie
Aangesluit: 25/07/2010
Inskrywings: 44
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bloemfontein

Ek is 'n nuweling soos julle in my profiel kan sien.

Ek het die volgende vraag aangaande banddruk.

 

Ek sleep 'n Conqueror Commander met 'n Toyota Prado VX.

a.Wat moet die banddruk wees van die wa?

b.Wat moet die banddruk wees van die Prado se bande voor en agter?

Groete

 

Francois

 

 

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Francois,

Welkom hier. Jou vraag is so effe op die verkeerde plek geplaas. Begin 'n nuwe draad (Bv "Banddruk hulp aub") onder die "Raad en Wenke" forum en plaas jou vraag daar. Hierdie onderwerp is oor die vooruitsig van 'n nuwe konvensionele woonwa vanaf die Conquerer-stal.

Geniet dit op die forum.

Groete - Nico

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Oulike berig in WegSleep #36 van die nuwe waens.  

Julle, hier kom 'n bekostigbare ware alternatief vir J-Ci. Die ingevoerde goed gaan nie vir ons behoeftes in SA werk nie.

Net jammer dat die kombuise binne gaan wees...  

 

Groete,

Jacques

 


 

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2651
Gebruiker is aanlyn
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Gisteraand net so vinnig in die wegsleep geloer na die nuweling, en ek is heel opgewonde!!

Sien hulle wil ook 'n dubbel as uitbring, die een wat in die Wegsleep is lyk my is maar kompetiesie vir die Clasique, en dit teen R180,000!

Sien hulle kom ook almal standaard met 15dm wiele, ek dink dit is absoluut noodsaaklik in SA met die toestand van ons paaie!

Ons beplan om 'n Eksklusief te koop oor so 18 maande as ek finaal aftree, nie heeltemaal my eerste keuse maar beste beskikbaar, het al na die Sahara gaan kyk maar is vir my net so effens te duur vir wat jy kry, amper R600,000!

Die nuweling se dubbel as kan dalk net die een wees wat my behoeftes soos 'n handskoen sal pas - soos ek daar lees gaan dit ook nie 'n houtraam he nie?

Die binne kombuis pla nie veel nie, as ons hom nie gebruik is hy maar in elk geval daar vir nood. buite kombuis teen die wa ook nie lekker vir my nie, spat teen die wa en so aan. Verkies 'n heel losstaande kombuis wat jy buite of as dit reen net so onder die tent kan sit.

Yskas binne ook maar oraait, het nou op die boswa ook twee ys/vrieskaste, een ingebou en een los onder tent vir die drinkgoed en so.

Manne ek is heel opgewonde oor die nuweling, hoop nie hy gaan teleurstel nie? 

 

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Arie wrote:

Sien hulle kom ook almal standaard met 15dm wiele, ek dink dit is absoluut noodsaaklik in SA met die toestand van ons paaie!

...

soos ek daar lees gaan dit ook nie 'n houtraam he nie?

 

Netso Arie - 2 baie baie nice voordele wat jy hier noem!!  

 

Groete,

Jacques

 


 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5699
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Nou raak ek darem vrek nuuskierig. Hoog tyd. Ek hoop net die pryse gaan die produk en kwaliteit regverdig en nie die dam onder die eend uitpluk nie. Ek het nog nie my nuutste WegSleep ontvang nie, man.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2651
Gebruiker is aanlyn
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

WilleWillemien wrote:

Nou raak ek darem vrek nuuskierig. Hoog tyd. Ek hoop net die pryse gaan die produk en kwaliteit regverdig en nie die dam onder die eend uitpluk nie. Ek het nog nie my nuutste WegSleep ontvang nie, man.

Willem, hulle praat van die een wat so effens groter as Clasique is teen R180,000 - dit klink vir my baie billik!!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1875
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Sal beslis na so iets kyk, is daar iets oor gewig, het my wegsleep vir my vriend geleen sal seker maar moet gaan terug leen.

Groete.

HPJV RENSBURG

Wie's aanlyn

Daar is tans 22 gebruikers en 40 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Pieter Schultz
  • Harry Du Randt
  • Footloose
  • Andre Beyleveld
  • JC
  • Hentie7
  • Danet
  • Christo de Wit
  • WilleWillemien
  • Arie
  • Hennievr
  • Benzan
  • MarkP
  • RATEL
  • Anton le Roux
  • Morris
  • Chrish
  • chrisbeachbum
  • Gustav
  • Wingnut
  • Len Loader
  • Hendrik Craukamp

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.