CAMPMASTER PRODUKTE (Naverkope diens)

Mufasa
Diknek
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 1014
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria-Noord

 

Campmaster is seker een van die mees bekende name wat verband gehou  word met kamp. Dit wissel van Stoele, Beddens, en Tente tot seker tent penne. Nou my storie handel oor die “Campmaster Air bed”. Ja ek weet dis nie opblaas matrasse nie maar moet eintlik afblaas matrasse genoem word.
My opinie is dat as jy die ding gebruik soos wat hulle aandui jy moet dan behoort jy nie problem te hê nie. Ek het drie van die goed gekoop ongeveer ‘n jaar terug. 1 x bubbel bed en 2 x enkel bed. Die Twee van die beddens werk 100% en moet elke tweede dag net opgetop word maar een verloor stadig sy lug so deur die nag.
Ek het hom getoets met seepwater en agtergekom dat die seel by die grootprop wat jy uitdraai om die bed aft e blaas nie reg seel nie.
Wel dis mos nie ‘n problem nie daar is mos baie seëls op die mark en Campmaster sal my seker kan sê wie hulle onder dele aan die publiek verskaf.
Wat ‘n groot ontnugtering. Eerstens moet die seëls wat te kry is gemodiviseer word om te pas. Nie een het gewerk nie. Dit het gewissel van selfgemaakte goed tot seëls wat gebruik word in Loodgieters werke. Hulle is of te groot of te Klein of te dun, sny moet ek aan hom sny om dit te maak pas.
Toe E-pos ek Campmaster Customer Care. Hulle het vinnig gereageer maar al wat hulle doen is verwys my na builders warehose in Centurion. Die wys my toe 2 seëls wat ek toe koop maar ook nie werk nie. Ek vra toe vir Campmaster om vir my ‘n seël te stuur dan kan die gesoek na ‘n rubbertjie ophou, EN DIS NOU DIE DING, hulle hou glad nie enige spares aan nie. Nie by hulle nie, ook nie by Makro of Game.
Die Custome care klerk se laaste woorde is “I really do apologize for the inconvenience.”
Dus as jy enige produk van Campmaster koop moenie dink jy is verseker van naverkope diens of beskikbaarheid van onderdele nie, want hulle hou dit nie aan nie. Die produkte word as ‘n eenheid ingebring en so verkoop.
 
So!  As jou tent se opvou paaltjie breek agv die wind gaan jy ‘n ander produk se paaljies moet koop om dit te vervang. Dan sit jy met die volgende; dan is hy te lank, dan is hy te kort, dan is hy te dik, dan is hy te dun, EN SO VVVOOOORRRRRTTTTSSS.
 
Jammer dat een van die groot name in kamp uitrusting so ‘n houding het.

Leon    

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

 Hi Leon,

Al die Campmaster goed word in Sjina vervaardig en met houervragte ingevoer. Ek het nie 'n probleem met Sjinese produkte nie, maar dis Massmart (Game, Makro & BW groep) se fout dat hulle nie ook genoegsame onderdele vir hulle produkte aanhou nie.

Miskien die moeite werd om hulle bietjie te druk op die waarborg belofte. As hulle nou nie die regte prop of seel kan vervang nie, moet hulle maar die hele bed vervang?

 

Groete,

Jacques

 


 

Mufasa
Diknek
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 1014
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria-Noord

Probleem is die goed is nou net oor 'n jaar oud. Ek dink dit gaan baie moeilik wees om hulle oortuig te kry. Iets soos P**P teen donderweer.

Leon    

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7629
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Ek het op 'n stadium self pale gesoek vir 'n Campmaster tent. Na verskeie e-posse na hulle toe moes ek toe ook uitvind, Jammer meneer, ons hou geen onderdele aan nie"  

Pateties. Nes die ingevoerde Chinese bakkies, alles lyk goed, maar bid dat niks breek nie, want dit kos jou 'n nuwe produk as plaasvervanger. 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Mufasa wrote:

Probleem is die goed is nou net oor 'n jaar oud. Ek dink dit gaan baie moeilik wees om hulle oortuig te kry. Iets soos P**P teen donderweer.

 

Dalk die moeite werd om te probeer Leon - jy't niks om te verloor nie...

 

Groete,

Jacques

 


 

Mufasa
Diknek
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 1014
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria-Noord

Ek gaan kyk of ek regkom die Saterdag. Maak mens die duiwel in as sulke dinge gebeur.

Leon    

KampKoos
Nuweling
Aangesluit: 04/05/2010
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ek dink nie Campmaster maak enige ding nie. Hulle koop goed by ander vervaardigers en sit net hulle naam daarop. BV. Hulle trailers word deur Challenger gemaak. kan maar gaan kyk dit is tot elke skroefie en afmeting dieselfde. Net die stickers verskil. Op jou registrasiepapiere staan daar challenger.

So as jy trailer koop is dit seker nie probleem vir parte nie, as jy weet wie maak EINTLIK die trailer, die probleem is die ander ingevoerde goed waarvoor jy nooit iets kan ky nie. Ek het self inligting oor een van hulle trailers gesoek(spesifikasies ens.) Het hulle ge email en kon niks uit hulle kry behalwe om vir Makro te kontak. Na makro ook onbeholpe was het ek Magnum PI gespeel en toe eindelik by challenger uitgekom wat my gehelp het met Campmaster se "produk"

Mens moet maar die woord versprei oor hulle naverkope dien. Dalk as hulle verkope daal sal hulle dalk daaraan dink om hulle kleinte nie soos poepolle te behandel nie

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Manne, julle sal verbaas wees wat se vinnige diens /optrede jy kry as jy hierdie ouens dreig met Beeld of Star se verbruikers forum!!!!

Vra my, ek het hulle(ander produk) al mooi aan die kort hare beet gehad oor 'n klagte wat ek geplaas het en SPOEDIGE reaksie en diens gekry!!

Probeer dit gerus.

 Goeiewense - Pieter

   

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4767
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

www.hellopeter.com is ook 'n goeie opsie...

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Romeo
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 893
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pierre Van Ryneveld, Centurion

Ek dink die probleem is dalk tweevoudig.

Eerstens is die die publiek se skuld dat daar soveel goedkoop gemors op die mark is. Mense wil eenvoudig vandag net nie meer betaal vir kwaliteit nie.

Hier is 'n voorbeeld: Gaan jy R89.00 betaal vir 'n kampstoel by Makro ( wat net 6 maande gaan hou) of sal jy R700.00 betaal vir 'n ordentelike OZtent stoel wat jou 'n leeftyd gaan hou.

As die makro special net 6 maande hou, help dit nie om te kla nie, want die parte is dalk meer werd as die produk.

Tweedens , Dit alles in ag geneem, daar is baie verspreiders van goedkoop ingevoerde produkte wat deals doen met die oorsese vervaardigers BV. hulle  voer "goedkoop bekostigbare" kamp matrasse in, maar sonder " backup" diens of parte kan hulle dit teen 'n baie beter prys aan ons mark verskaf. Dieselfde produk kan hulle dan ook invoer teen 40% duurder as jy die parte ook inbring. Wat dink julle gaan die leek op die straat koop ???????.

Nee wat ek se dis ons eie skuld as ons aanhou om die " goedkoop" macro / game /tipe winkels te ondersteun.

 

---------------------------------------------------------

Groete

Romeo Pretorius   

WWW.ALLOUTDOORS.CO.ZA

 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

My Makro Campmaster R89 spinnekopstoel hou al vir 8 jaar en hy wil nognie breek nie...   

 

Groete,

Jacques

 


 

ZS5EFP
Ou hand
Aangesluit: 25/01/2011
Inskrywings: 148
Gebruiker van lyn af.
Plek: Beyerspark
Ek sleep 'n Campmaster met 'n Nissan 3.2D

Ek stem saam dat jy kry wat jy voor betaal, dit bygese, meeste van my kamp goeters is CAMPMASTER (of CAMPDISASTER) maar ek sien dit weer so.

 

Tent R1200 vs R 6000 vir n soortgelyke maar beter gehalte produk, afblaas matras R 139 vs R 700 ens ens.

 

So my punt is as die matras lek na 'n jaar gooi hom in die asblik en vergeet van hom, jy kan omtrent 5 koop vir die prys van die suurder een.  Want glo my die R700 kan ook n gaatjie kry.  Ek vervang my gewone matrasse wat 20 keer meer kos elke 5 jaar so ek kan nie sien hoekom mens dit nie as 'n disposable item kan sien nie, of nog beter koop twee en strip een vir onderdele?

Stofdonkie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1884
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ek koop uit beginsel nie sommer 'n Campmaster produk nie. Daar is beter produkte op die mark teen soortgelyke of effens duurder pryse.

Wie's aanlyn

Daar is tans 22 gebruikers en 34 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Andre Beyleveld
  • Hennievr
  • Christo de Wit
  • WilleWillemien
  • Arie
  • Benzan
  • MarkP
  • RATEL
  • Footloose
  • Anton le Roux
  • Morris
  • Chrish
  • chrisbeachbum
  • JC
  • Gustav
  • Wingnut
  • Len Loader
  • Pieter Schultz
  • Hendrik Craukamp
  • Gyfie
  • Berno Punt
  • Rinus Lisse

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.