Van Porta tot 12V ligte raad asb.

Kampmater
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 02/03/2010
Inskrywings: 59
Gebruiker van lyn af.
Plek: Napier

Hi


Ek wil net weet, wat kan mens in jou porta potty gooi om daardie aaklige "toilet" reuk uit te kry.  Ons het die karavaan so gekoop, en ek weet nie wat ek daaraan kan doen nie, het dit al met jik en handyandy probeer skoonmaak, maar dit het nie geslaag nie.


Dan wil ek ook weet, ons het aan ons karavaan laat werk, en hul het 12v ligte ingesit, wat werk vanaf die transformer, daar is oop 'n battery laaier in wat die battery laai, maar elke dan en wan, dan raak die ligte net flouer en gaan heeltemal dood.  Dan na 'n hele ruk gaan dit weer aan, en werk dan weer vir 'n ruk, wat kan die fout hiervan wees.


Dankie eers

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5699
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Hello kampmater. Met jou Porta Potty se probleem kan ek nie help nie, maar dit klink vir my of jou woonwa se battery net te pap is, of besig is om te groet. Gaan die watervlakke binne-in die battery na, top op indien nodig, maak seker die 220v is ingeprop en los hom vir ten minste 24 uur sonder om die 12v te gebruik. Indien die woonwa se batterylaaier werk sal hy die battery gedurende die tydperk goed laai. Lig met 'n flitslig, so na 12 ure, binne-in die battery se watergate en kyk of die water effens borrel. Indien wel, is die battery besig om te laai. Indien nie, werk jou laaier glad nie of nie soos hy behoort te werk nie, of jou battery is klaar. Ek dink as jy so ver gekom het, is jy in 'n posisie om 'n meer akkurate diagnose te maak. Meet egter die krag by die batteryklampe, terwyl hulle ontkoppel is, los is van die battery, met 'n Multimeter en bepaal of jou batterylaaier werk. Jy moet daar 'n 12v lesing kry. Indien jy kry, neem jou battery na 'n handelaar om hom te toets. Dan is hy heelwaarskynlik kapoet. Sterkte daar.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Ek weet nie hoe om bestaande reuke in die porta weg te kry nie. Ons porta word na elke kamp uitgespoel en dan oop (met alle proppe en deksels oop) in n buitekamer waarvan die venster permanent oop staan gebere.Daar is geen reuke in die porta nie en ook nie in my karavaan nie.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Ventertjie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 09/05/2010
Inskrywings: 63
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nigel

Sny 'n spanspek in skywe en gooi dit in die porta vir so paar dae. Weet nie of dit sal werk nie, maar ten minste gaan die res van die karavaan soos Fruit & Veg City ruik.


Onthou om terugvoer te gee. Ek soek een van my wenke in die Wegsleep.

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Vervang die battery.

Voormalig johannvs

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

My vrou glo in asyn om reuke weg te kry. Maak hom vol asynwater vir n paar uur .....Miskien werk dit.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Mufasa
Diknek
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 1014
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria-Noord

Kampmater, hier is 'n oplossing vir jou Porta Potty.


Spoel die afvalwater gedeelte deeglik uit, gooi skoon water in tot omtrent so half. Gooi 'n kwart tot half koppie swembad chloor in maak toe en skud hom. Maak effens oop(want die chloor maak gas) en laat staan hom op 'n plek wat jy gereeld verby loop. Skud en laatstaan met die chloor water vir ongeveer 2 tot drie dae. Spoel dan uit en siedaar 'n nuwe porta potty. Silver skoon aan die binne kant en die reuk is weg. Nou baie belangrik smeer so bietjie Vaselien aan die rubberseel tussen die bo en onderkant net om seker te maak die sterk chloorwater droog hom nie uit of beskadig hom nie.


Ek het al 2 Porta potties so "revive" en dit werk elke keer.

Leon    

Carel Erasmus
Ou hand
Aangesluit: 06/01/2010
Inskrywings: 158
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith

Hi Kampmater


MufasaHet daar n wenner. En Johannvs is reg onthou Die chargertjie wat ingebou is sal nie die batt as hy pap is weer op sy volle krag kan charge nie maar hy kan n vol batt daar hou  laat die batt toets by jou naaste Supa Quike dis gratis as hy nog reg is vra hulle om hom op n slow charge sit en dit neem tot n dag of meer. Tot n alternator kan nie n pap batt vol maak nie  hy sal hom wel so vol maak dat hy die voertuig kan start maar nooit heel vol nie. n Pap batt kan ook n starter sleg beskadig dat dit jou n hele paar honderd rand uit die sak kan jaag moet ook nooit n starter meer as 7 sek lank laat draai nie dit maak hom ook warm en hy sal lood gooi. Gaan praat met n goeie auto-elektrisien hy sal ditv staaf wat ek jou se en n batt hou ook nie daarvan om langer as 7 dae nie gebruik te word nie dit beskadig ook n batt. En n batt hou nie van hitte nie daarom het BMW en die ou Beatels se batt nie onder die enjinekap gesit nie as die batt reg is hou dit langer as die van onder die kap batt.

Kampmater
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 02/03/2010
Inskrywings: 59
Gebruiker van lyn af.
Plek: Napier

Baie dankie vir al die raad, en Mufasa, ek gaan vanaand nog daardie chloor probeer, ek het nooit daaraan gedink nie, dis 'n wenk wat 'n boek behoort te haal daardie...


Nou wil ek net die volgende weet, is die ligte nie veronderstel om te werk sonder die battery nie?


Daar is dan 'n transformer ook in.  Ek het die battery klampe afgehaal, en dan het dit ook gewerk, maar nogsteeds by tye gedood. 


Dankie vir jul raad tot dusver.  Die battery is definitief gedaan, maar moet dit deur die battery werk, hoekom dan die transformer van 220v na 12v ook?


Skuus, dis seker simpel vrae, maar ek weet nie veel hiervan nie.

Piet
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1162
Gebruiker van lyn af.
Plek: Despatch (Naby Port Elizabeth)
Ek sleep 'n Gypsey 4 met 'n Ford Ranger 2.5 TDi

Kampmater,

Die transformer behoort die ligte te laat brand sonder die battery.  Ek het 'n transformer in my karavaan en gebruik gladnie 'n battery nie.

Ek vermoed daar is dalk fout met jou transformer en nie die battery nie.  Laat dit nagaan en onthou die klein rooi battery chargers wat Midas verkoop is nie 'n transformer nie, dit kan slegs die battery laai en sal nie die ligte sonder 'n battery laat werk nie.

Wanneer jy die battery laai, moet die voltage op die battery meer as 13 volt wees en nie 12v nie, dit sal dan nooit laai nie.  Meet dit met die klampe aan die battery gekoppel.

Groete

 

'n Hele week se kamp in slegte weer is nog steeds beter as een dag op kantoor!

ELU 2
Ou hand
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 184
Gebruiker van lyn af.

My ervaring is dat, afhangende van die tipe 12V ligte en die laaier se kapasiteit, dat die laaier se stroom wat hy verskaf te min is om 'n paar gewone 12V liggies te laat brand. Die laaier kan dalk 'n "trickle charger" wees wat te min krag lewer (wel genoeg om die battery teen lae tempo oor lang tyd te laai).
Die fluorescent (of natuurlik LED) liggies trek nie soveel stroom nie en sal dalk beter brand op 220V.


Beste is om 'n ammeter in lyn te plaas as die ligte aan is en bepaal hoeveel stroom getrek word en dit dan te vergelyk met die lewering van die laaaiertjie. Die battery dien gewoonlik as 'n 'buffer' en dis hoekom, soos vorige skrywers aangedui het, die battery in alle waarskynlikheid kapoet is??

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5699
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ware woorde Carel. Ek haal ook maar my woonwa se battery van tyd tot tyd uit en laat hom eenkant op die batterylaaier in die motorhius staan en laai tot hy vol is. Veral as ek weet ek gaan op 'n plek kamp waar daar nie 220v is nie.


Kampmater, die 12v ligte sal werk sonder die battery indien die 220v ingeprop en aangeskakel is. Sorg net dat die twee drade van die battery nie aan mekaar raak nie. Dan short hulle. Jy het die 12v battery nodig as jy, soos ek genoem het op plekke gaan kamp waar daar nie 220v beskikbaar is nie. Lekker kamp.


Het vergeet om te noem hier. Indien ek gaan kamp waar 220v beskikbaar is los ek die battery by die huis en pak ek die Renosters vir die oggendkoffie in die batterykas.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Kampmater
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 02/03/2010
Inskrywings: 59
Gebruiker van lyn af.
Plek: Napier

Baie dankie vir die raad.

Ja nee, dan weet ek nie, want die liggies wil nie die heletyd brand op die krag nie, en ek kan nie dink dat die transformer so swak is nie, want ons het self net een van die buisliggies aangesit, en dit net begin dowwer raak en dan dood gegaan.

En die ergste van alles, dit kom van iemand af wat dit sopas ingesit het......weet nie hoeveel "badluck" mens met een karavaan kan beleef nie.....

Ben
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 170
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Penta met 'n Mitsubishi Pajero 3500

Kampmater,

Skakel die laai funksie af op die db bord. My Penta het dieselfde gedoen en die probleem is opgelos nadat ek die  stroombreker afgeskakel het. Al die ander moet aan wees.

Hoop dit werk.

Kampmater
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 02/03/2010
Inskrywings: 59
Gebruiker van lyn af.
Plek: Napier

Dankie bloubloed.

Kampmater
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 02/03/2010
Inskrywings: 59
Gebruiker van lyn af.
Plek: Napier

Dankie bloubloed.

Deon vE
Ou hand
Aangesluit: 26/01/2010
Inskrywings: 205
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Vat hom terug na die werkswinkel toe wat die job gedoen het en dring aan dat hulle alles regmaak waarmee jy nie tevrede is nie. Daar was mos niks fout met jou geld nie !!

Anders vat hulle maar net die volgende ou ook vir 'n "ride"

Wie's aanlyn

Daar is tans 24 gebruikers en 37 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Christo de Wit
  • MarkP
  • Big G
  • RATEL
  • Footloose
  • Andre Beyleveld
  • Anton le Roux
  • Morris
  • Benzan
  • Chrish
  • chrisbeachbum
  • JC
  • Arie
  • Gustav
  • Wingnut
  • Len Loader
  • Pieter Schultz
  • Hendrik Craukamp
  • Gyfie
  • Berno Punt
  • Rinus Lisse
  • Pieter Rheeder
  • Stalkersa
  • WilleWillemien

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.