Safari Slipstream opvou karavaan

wynand
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 27
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth

Ek wil graag lede se mening he oor die ou opvou karavaantjie. Ek kan dit kry teen 'n BAIE billike prys, maar sal moet agterstallge lisensie gelde opdok. Die toetand is redelik en alles is redelik heel behalwe 'n knippie hier en 'n ritsluiter daar. Is dit die moeite werd? Ek onthou toe ek jonger was het 'n oom van my so waentjie gehad en al wat ek kan onthou was, as die hele spul eers oopgeslaan was, was dit massief!

Wat my aantrek van die opvou wa is dat dit nie baie swaar is nie en min wind weerstand bied. Wat bietjie sleg is is die opslaan aan die ander kant en die feit dat jy dit nie op pad na jou bestemming kan gebruik nie!

wit plakker
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2010
Inskrywings: 426
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria
Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4

wynand.

gaan kyk na my draad "jurgens slipstream" onder sleepgoed. hierdie is lieflikke waens. ja bietjie pt om op te slaan, maar spasiegewys dit dubbel en dwars die moeite werd.

groete

edward

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Ek se go for it! die projek wat cheetah aangepak het, het my ook skoon lus gemaak vir so 'n waentjie. Lees maar net die draad oor "CI tour away restourasie".

Dalk kan jy nie die wa langs die pad gebruik nie, dit hang natuurlik af hoe lank dit vat om op te slaan. Ek sal ook maar ten minste my rally tent moet opslaan al is dit vir een nag, aangesien daar tog maar los goed op die beddens vervoer word.

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

Rudi en Hendrin...
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 02/01/2010
Inskrywings: 74
Gebruiker van lyn af.
Plek: Potgietersrus

Wynand

Dis 'n ongelooflike lekker projek om aan te pak. Op Cheetah se draad is fotos van my projek ook (van min geweet en voel skuldig oor ek sy draad gebruik het.) Ons is klaar en gaan hom die naweek toets. Baie opgewonde. Ek het baie binne moes doen - nou is dit baie meer soos ek dit wil he. My somme is nog nie finaal gemaak nie, maar glo nie dit was meer as R15 000 nie. Vir my was dit dubbel en dwars die moeite werd. Nuwe waens se pryse is baie hoog, en die manne sukkel baie met die kwaliteid.

Soos jy se die windweerstand is baie minder, ek is bereid om maklikker daar te kom en dan 'n biekie meer tyd te spandeer voor ek kan slaap.

Gaan groot. Vra as jy raad nodig het. Onthou om BAIE fotos te neem - jy vergeet wat partykeer waar pas. Plaas ook fotos dat ons kan sien waarmee jy besig is.

As jy oordeelkundig pak, gaan jy nie te veel sukkel om langs die pad te slaap nie.

Rudi

Jakes du Toit
Nuweling
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kenton on Sea
Ek sleep 'n Jurgens Slipstream Safari met 'n Tata Indigo 1.4 TDi

 Hi daar.

Ek is op soek na 'n Jurgens Slipstream Safari - as enigeen weet van iemand wat een het of wat te koop is, kan julle asb vir my laat weet?

Baie dankie

 

 Normale mense maak my bang!

Wie's aanlyn

Daar is tans 26 gebruikers en 37 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Andre Beyleveld
  • Footloose
  • Anton le Roux
  • Christo de Wit
  • Big G
  • MarkP
  • Morris
  • RATEL
  • Benzan
  • Chrish
  • chrisbeachbum
  • JC
  • Arie
  • Gustav
  • Wingnut
  • Len Loader
  • Pieter Schultz
  • Hendrik Craukamp
  • Gyfie
  • Berno Punt
  • Rinus Lisse
  • Pieter Rheeder
  • Stalkersa
  • WilleWillemien
  • Perdeby
  • Hennievr

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.