Potjiebesproeiing

Besoeker

Potjiebesproeiing
Dié patent het 15 jaar terug ontstaan toe my kinders ’n ou koffiekan-perkoleerder se voetstuk as ’n speelding gebruik het.

deonh
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 269
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n 2007 Jurgens Classique met 'n KIA Sedona, 2009

Waar kan mens só dink koop. Ek het dit in die wegsleep gesien en toe al gewonder waar ek een kan koop. Ek weet Oudoor Warehouse verkoop sulke perkuleerders; sal seker een moet koop vir die besproeiingspypie?

Deon

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Deon - Ek is oortuig daarvan ek het die goed al geadverteer gesien. Wat van Campworld, Makro en Outdoor warehouse?

Groete - Nico

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Hallo daar

Ek het die patent ook so 15 jaar terug begin gebruik. Myne het ek van vlekvrye staal gemaak. Die voordeel van die patent is dat terwyl die sous die heeltyd oor die potjie geproei word die kans dat die kos aanbrand ook dan nou baie klein is.

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Nog n foto

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7629
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Jan, het jy die bokant permanent toegemaak? Ek het myne (waaroor die artikel gaan) met 'n kort boutjie toegemaak sodat hy verwyder kan word vir die skoonmaak proses. 

Die modelle wat verkoop word, het nie die bout en horisontale gaatjies in nie. 

DanieG
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 64
Gebruiker van lyn af.
Plek: Stilbaai

Myne wil nie werk nie, dalk gebruik ek te min vloeistof in my pot?

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Hallo Ian

Ja die punt bo is permanent toe, as ek dit skoonmaak laat ek warm water van die onderkant deurloop, dit maak die pyppie mooi skoon.

DanieG

Ek hetook gevind as daar te min sous in die pot is wil dit nie so lekker werk nie, my pot is gewoonlik so half vol sous en het ook gevind as die deksel op is dat dit beter werk, kan hoor hoe spuit die sous oor die kos.

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Nou waaa kan ek ook een koop?

 Goeiewense - Pieter

   

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Skippie

Weet nie waar gaan jy dit te koop kry nie. Watter nr pot het jy, die wat ek gemaak het is vir n nr 3 pot. Kan dalk nplan maak om een by jou te kry, my dogter woon in Middelburg.

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7629
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Danie, indien die vloeistof te min is gaan die patent nie werk nie. Ek sorg dat my No2 of 3 pot ten minste 300ml vog, gewoonlik 'n bier om mee te begin, in die pot het. Dan kan ek en die pot ten minste saamgesels. Die bier help sommer lekker met die vleis se sagmaak. Die geheim van die hele patent is die 4 gaatjies wat die sous horisontaal oor die kos spoeg. 

DanieG
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 64
Gebruiker van lyn af.
Plek: Stilbaai

Nou weet ek waar het ek verkeerd gegaan, ek het al die tyd die bier gedrink ipv om dit in die pot te gooi!

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Jan.........skuus ek antwoord nou eers!!

Dit sal baie gaaf wees van jou as ek een kan kry - wat kos hy?

Ek het 'n #2 #3 pot - dit sal wonnerlik wees my maat

Ek sal jou 'n PM stuur met my adres en kontak besonderhede.

 Goeiewense - Pieter

   

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7629
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Danie, jy moet mededeelsaam wees ou maat. Jy moenie daai pot wat so lekker met jou saamgesels se keel laat droog ly nie. 

Moet net nie die kok indoen met die voggies nie! 

Ek gebruik my potjiespitter in beide my #2 en #3 pot. 

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Skippie

Het jou PM gekry , sal jou kontak sodra ons weer in Middelburg kom.

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Net n paar fotos hoe die potjiebesproeing werk

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

 

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

 

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

 

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Jan..........dit lyk baie aangenaam en mens kan sien hoe lekker die groente 'bespuit is van al die Lekkerrrr soussss!!

Kan nie wag om een te kry nie?

 Goeiewense - Pieter

   

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Forumiete...........Jan is 'n man van sy woord!!

Jan het so-pas vir my 'n potjiekos besproeier kom aflewer!!

Jan ek's baie dankbaar vir die geskenkie en baie dankie vir jou en Christa se moeite om dit vir my te bring! Hoop julle eet lekker aan die Blou Bul Biltong!

Baie sterkte vir julle met die nuus wat jy met my gedeel het - ons vertrou op die Liewe Heer dat daar betterskap sal wees.

En mense, so lyk hy in my pot!

So baai the way, wat gebruik julle ouens vir 'n handvatsel op jou pot se deksel op te tel as hy warm is? Ek het 'n sleutelhouer gekoop by Mac-Mac Falls lank terug wat lyk soos 'n stukkie hout en dit aangewend as 'n potjie-deksel-megafter!

 

 

 

 

 Goeiewense - Pieter

   

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Skippie

Dit is n plesier, hoop ons kan eendag saam kamp en saam n potjie maak.

Jan

groblerd
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 107
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vryburg

Daai pot fotos maak my nou lus vir n lekker kalahari dorper skenkel POT!!!!!! Wat doen julle aan my???

Gaan groot of gaan huistoe!!!

Navara 2.5dci DC 2x4

Gypsey Royale

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Dit was juis n skenkel pot en was hy lekker!

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Môre Forumiete,

Jan, ek moet sê daai sproeiertjie werk 'n hond uit 'n bos uit!

Ek het hom eers gou gister getoets met so lekker skaapskenkel potjie!! Ek moes net eers leer op watter tydstip jy hom moet insit en toe weer leer om bont te staan as jy deksel oplig, want hy zirts jou kort-kort van alle rigtings met die sous!!

So nou en dan het dit gelyk of hy bietjie blok met van die spices in die sous, dan tik ek hom net so liggies van bo af met die hout lepel, dan gaan die gaatjies weer oop!

Neewat, hy werk spiekeries, dankie my ou maat- ons gaan hom nog eendag saam beproef!

Binne in die pot - kyk hoe lekker spuit hy!!!!

 Goeiewense - Pieter

   

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

LYK MY DIE FOTO'S WIL NIE VANDAG STICK NIE??? WAT SAL NOU WEER FOUT WEES??

 

 Goeiewense - Pieter

   

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Hallo Skippie

Ja man dit lyk nou mooi, ek braai gewoonlik eers my vleis dan sit ek die pypie in en ja die gaatjies kan so nou en dan blok dan vat ek n tandestokkie en maak dit weer oop.Ek sien jy het die nr 2 pot gebruik , die pypie sal minder mors in die nr 3.

mooi bly

Jan

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Hallo Jan.

Nee kyk is baie 'Chauft' met daai gadget en het hom getoets in die #3 en die platboom #2 potjie - hy pas ooral in.

VERSEKER 'n moet as jy 'n lekker potjie wil maak!

 Goeiewense - Pieter

   

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Skippie

Geniet hom net, ou - dis al vereiste!

Baie dankie vir die biltong en chilli-bites, dis baie lekker (net jammer dis Blou Bul biltong!).

 

 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Jan, ek dink nie Cheetah, Leeu of Shark biltong kan lekker smaak nie?

 Goeiewense - Pieter

   

Wie's aanlyn

Daar is tans 26 gebruikers en 35 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • MarkP
  • Big G
  • Morris
  • Andre Beyleveld
  • RATEL
  • Benzan
  • Chrish
  • Anton le Roux
  • Christo de Wit
  • chrisbeachbum
  • JC
  • Arie
  • Gustav
  • Footloose
  • Wingnut
  • Len Loader
  • Pieter Schultz
  • Hendrik Craukamp
  • Gyfie
  • Berno Punt
  • Rinus Lisse
  • Pieter Rheeder
  • Stalkersa
  • WilleWillemien
  • Perdeby
  • Hennievr

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.