Paklys

Pieter Elise
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/01/2010
Inskrywings: 55
Gebruiker van lyn af.
Plek: Randfontein
Ek sleep 'n Classique met 'n Izuzu

Paklys
Hier is 'n slim plan vir 'n paklys wat lank sal hou.

Kamp Groete Pieter

Pieter Elise
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/01/2010
Inskrywings: 55
Gebruiker van lyn af.
Plek: Randfontein
Ek sleep 'n Classique met 'n Izuzu

Sal graag julle paklyste wil sien

Kamp Groete Pieter

Pieter Elise
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/01/2010
Inskrywings: 55
Gebruiker van lyn af.
Plek: Randfontein
Ek sleep 'n Classique met 'n Izuzu

Sal graag julle paklyste wil sien

Kamp Groete Pieter

Johan van Zyl
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 208
Gebruiker van lyn af.
Plek: Irene

Elise ek het vir 'n privaat boodskap gestuur

Groete

Johan

Riekie Slabbert
Nuweling
Aangesluit: 26/01/2010
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane

Ek sal regtig 'n voorbeeld van jou lys wil sien. Ons is redelike nuwe kampers en daar is altyd iets wat 'n mens maar vergeet. Ek het nogal daaraan gedink as ek my powere lys kan vergelyk met gesoute kampers kan dit dalk dinge baie makliker maak. Ons het ons eie tent op 'n treiler ontwerp en gebou en geniet die konkoksie regtig baie.

Johan van Zyl
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 208
Gebruiker van lyn af.
Plek: Irene

Riekie
Stuur jou email vir my dan sal ek hom aanstuur. Kyk vir privaat mail op forum wat ek vir jou gestuur het by Lees jou boodskappe.

Groete

Johan

Johan van Zyl
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 208
Gebruiker van lyn af.
Plek: Irene

Hallo Pieter

Ek het vir jou privaat mail gestuur

Groete

Johan

PJS Viljoen
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 147
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane

Kan ons 'n afskrif van hierdie paklys kry. Weg het 'n hele rits paklyste vir tent kamp, maar ons het 'n karavaan ook en daarom soek ons 'n standaard lys.

 

Groete

Groete

Peet en Lol

Daar doer in die Bosveld, Daar wil ek bly ...&

Beylie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 403
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark Sasolburg

Hi Pieter Elise

Met daardie paklys lyk dit eerder of jy kruideniers gaan koop en nie kamp nie!!!

Kamp groete Beylie

Luister na die natuur, dis God se stem.

Scharl Muller
Nuweling
Aangesluit: 05/06/2010
Inskrywings: 5
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg

Ek sal ook graag so 'n standaard paklys wil sien en 'copy' in die verlede was ek nie veel gepla oor wat om te pak nie, maar soos die lewe, verander die dinge ook

Nikky
Diknek
Aangesluit: 08/02/2010
Inskrywings: 762
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Tent met 'n '72 VW Beetle
Christo Retief
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 118
Gebruiker van lyn af.
Plek: Klapmuts

Pieter

My vriend ek sien dan nerens n ou vleisie en worsie om te braai nie.

Net skoonmaak goed

 

Kamp groete

Ghatto

Nonna
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 122
Gebruiker van lyn af.
Plek: krugersdorp
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Ford Ranger

Hi daar,

Nee ek sien ook nie die vleisies nie , maar ek sien ook nie die pap & smoor nie------miskien kan al die souse help met die smoor gedeelte maar die pap.

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1351
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

Pieter,

Vrind, ek sien jy het genoeg skoonmaakgoed ... maar ek sal voorstel jy vat 'n rolletjie toiletpapier ook ... net vir ingeval al die skoonmaakgoed nie werk nie ... met al daai souse van  jou gaan jy dalk toiletpapier EN die skoonmaakgoed nodig he!!!!

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

Pieter Elise
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/01/2010
Inskrywings: 55
Gebruiker van lyn af.
Plek: Randfontein
Ek sleep 'n Classique met 'n Izuzu

More  mede Kampers

Net gou die paklys verander hoop dit lyk beter

Karavaan-Paklys  
Braaigoed Waspoeier Aromat Sampioene
Braaibak Ekstra Kombers Asyn Sousboontjies
Braai Antiseptiese salf Bakpoeier Tamaties
Braaihout Antiseptiese sproei Bisto Uie
Braairooster Bysteekmiddel Blatjang Vis
Braaitang Celestamine-pille Braaispeserye Vleis
Braaivurk Detol/saflon Gemengde speserye Vrugte
Sigaretaansteker Gaas Kaneel Weense worsies
Swartpot Hoofpynpille Kerrie Wors
Dubbele kragprop Noodhulptassie Kitssoppe Ideal-melk
Extra Gloeilampe  Pleisters Kitssouse Ingelegde vrugte
Karavaanverlengskoord Spiersalf Knoffelvlokkies Kondensmelk
Staanlig Vaselien Koeksoda Aartappelskyfies
Tweepuntprop Vicks Kookolie Biltong
Verlengskoorde Watte Maizena Drank
Gasbottel en sleutel Haakspelde Mayonnaise Droëwors
Gaslamp Handdoeke - Bad & Swem Mosterd Ingelegde uitjies
Gasskottelbraai Handewasseep Olyfolie Koekies
Brandblusser Insekweerder Soppoeier Koeldranke
Grondnet Kam en borsel Souspoeier Lekkers
Levelling block Naaldwerkstel Sout en pepper Ys
Waterbottelkanne Naelborsel Speserye Cling wrap
Flits Naelknipper Suurlemoensap Foelie
Flitsbatterye & ekstra Oorstokkies Tamatiesous Spray & Cook
Kerse Sjampoe Worcestersous Tandestokkies
Kershouers Sneesdoekies Beskuit Vriessakkies
Lantern Tandepasta Brood  
Lantern citronella Toiletpapier Eiers  
Na Sonbrandmiddel Cable ties Graankos  
Sonbrandolie Duct tape Joghurt  
Kampstoele Graaf Kaas  
Tafeldoek knippe Langbektange Kaassmeer  
Tafeldoeke Saag Koffie  
Tafels Silikon Konfyt  
Servette Skroewedraaiers Margarien  
Badproppe Snoeisker Marmite  
Doom Standaardtang Melk  
Handy Andy Superglue Mieliemeel  
Jik Toue Ontbytgraan  
Lugverfrisser Waterpomptang Spek  
Swartsakke Kamera Stroop  
Vlieëslaner (vlieë en kinders) Kamera batterye Suiker  
Afdroogdoeke Musiek (CD'S) Tee  
Opwasmiddel Selfoonlaaier Aartappels  
Sponsie Speelkaarte Beet  
Staalwol Tydskrifte Groente  
Waslappe Verkyker Macaroni  
Wasgoedsak Voël- en wildboeke Meel  
Waskom Aftrekselblokkies Rys  
       
       

Kamp Groete Pieter

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

Ek het by Pieter en Elise se paklys bygevoeg in Engels

Klaas Hobbie
Nuweling
Aangesluit: 04/09/2010
Inskrywings: 7
Gebruiker van lyn af.
Plek: Malmesbury

Hallo Almal

Ek is 'n "lysie-mens". Tog so bly om te sien daar is nog mense wat lyste gebruik vir kontrole. 

Ek het die afgelope tyd op die internet gesnuffel en op 'n hele paar verskillende lyste afgekom. 2 op hierdie draad, Wegry se paklys en dan een by SA4x4Magazine. Ek's tans besig om my bestaande paklys met hierdie ander lyste te kombineer en uit te brei. Ek glo nie als op die voltooide lys sal elke keer nodig wees nie. Wat jy nie benodig nie, los jy eenvoudig by die huis.

Dis nogal 'n tydsame proses aangesien ek vertaal en probeer om duplikasie te vermy. Sommige benaminge in afrikaans klink heel vreemd op die oor. Bang ek sal nie weet wat om in te pak nie!

Vrae

1. Hoekom stel mense paklyste alfabeties op en nie volgens "groepe items wat saamhoort" nie? 

2. Kan mens net 'n Word.doc (en nie Excel.xls) op die forum aanheg?

 

Klaas & Hobbie Stoffberg

Leef en laat leef

BEER
Super sleper
Aangesluit: 20/03/2010
Inskrywings: 355
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas

Hallo maats, ek is bly om van julle paklyste te lees maar, waar is die noodhulptasse? Vra net

 

LWH NEL

"Tommorow is promissed to nobody"

 

Pieter Elise
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/01/2010
Inskrywings: 55
Gebruiker van lyn af.
Plek: Randfontein
Ek sleep 'n Classique met 'n Izuzu

More al die kamp maats

Hi Deon

Noodhulp tassie bly altyd in die karavaan en word nagegaan voor elke kamp. Ons haal net die bederfbare items uit as ons terug kom van 'n kamp,  daarom die paklys net om na te gaan dat niks agterbly  met die volgende kamp.

 

Kamp Groete Pieter

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

Deon, opmy lys is dit 'n "Medical Aid Kit"

Die ding van so 'n lys is, nou sien ek eers al .......................... wat ek saamdra.

BEER
Super sleper
Aangesluit: 20/03/2010
Inskrywings: 355
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas

Wees gegroet, Pieter en Garth, julle. Ek is baie bly oor julle paklyste, ek was reeds opsoek na die lyste. Ek is ook een van die kampers wat inpak met 'n lysie. Ek wil dit so volledig as moontlik he om te gebruik, nou kan ek van julle ander kampers se lyste voorbeelde kry en nog items bysit of afhaal volgens persoonlike voorkeure. Dankie.

Wat die noodhulp tassie betref is ek bly daar is mense wat dit ook belangrik ag om dit saam te piekel. Daar is in my bakkie permanent so 'n tassie en as ons sleep vat ek ook my tassie saam wat ons in die huis gebruik. 'n Mens weet nooit wanneer die tassie nodig gaan wees nie, hetsy in die kamp of langs die grootpad. Dit kan 'n mede kamper se lewe red, wie weet.

Ek het so 'n paar maande gelede aangesluit, was ook lank van die draad af weens password moeilikheid, ek kon glad nie weer op kom nie, gelukkig ken ek mense soos Damara en het hy my  kom help toe hy my geskree gehoor het. Dankie daarvoor Damara!

Miskien kan ons die noodhulp tassie op die draad sit en hoor wat ons ander mede slepers daarvan dink, wat se julle?

Lekker Sleep, laat daai wiele rol.

O ja SKIPPIE as daar nog plek is op jou plakkaat sal ek kyk of ek paar fotos van ek en ma opsit!

 

LWH NEL

"Tommorow is promissed to nobody"

 

BEER
Super sleper
Aangesluit: 20/03/2010
Inskrywings: 355
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas

SORRY vir die dubbels, dit is sodat almal dit kan lees. My vingers is vinniger as die knoppies!

 

LWH NEL

"Tommorow is promissed to nobody"

 

Apie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2888
Gebruiker van lyn af.
Plek: Melmoth

Waarvoor die saag en snoei sker. En ek los die CDs en musiek by die huis.

My opinie

 

 

Groete

Ek sleep 2001 Sprite Swing met n 2008 Ford 4l S/Cab

diesteyns
Nuweling
Aangesluit: 07/11/2010
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Grootvlei

Ons is beginners in die karavaan vakansie ding. Is daar enige iemand wat my 'n lys van noodsaaklike dinge wat in die karavaan moet wees kan gee . Ek sal dit baie waardeer. Dankie Claudie

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1351
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

 Diesteyns,

Welkom op die forum ... hoop julle gaan sommer baie goeie idees hierkry!!

Die volgende "items" is krities noodsaaklik in jou woonwa-

  1. Liefde
  2. Geduld
  3. Verdraagsaamheid
  4. Vriendelikheid
  5. Respek
  6. "Ubuntu"

EN ... TOILETPAPIER!!!

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

Fransvn1
Nuweling
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 11
Gebruiker van lyn af.

Dankie baie vir die lyste.

Ek het vaste voornemens om dit te gebruik.(Famous last words)

Ek het al baie lysies opgestel maar eindig gewoonlik met heeltemal te veel van alles op.

Mazda is sterk genoeg maar deesdae moet mens maar rondkyk en seker maak jy bly binne die gewig.

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

'n Pak lys is lekker, maar om al daaardie items elke keer te "check" is eintlik pynlik. Ons probeer om alles wat in die karavaan hoort daar te hou, en dit sluit klere en sekere van die kosse wat nie sal verot of afgaan nie. As ons gaan kamp is dit basies net water, ys, yskas kos, ander vars kosse, verkykers en kamera's wat moet ingepak word.

Dit maak kamp soveel lekkerder as die moeite uitgeskakel word. Die rally tent is veruil vir 'n leisure awn wat letterlik 3 minuute vat om optesit en .Oz RV tent wat ok minder as 'n minuut vat om staan te maak.

 

diesteyns
Nuweling
Aangesluit: 07/11/2010
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Grootvlei

baie dankie Super sleper ek sal die tioletpapier onthou. Smile

Linda Venter
Groentjie
Aangesluit: 27/03/2010
Inskrywings: 22
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg

Ek het ook so 'n lys saamgestel en bere dit op die rekenaar en elke keer wanneer ons gaan kamp druk ek een uit, maar ek hou van die idee om dit te lamineer dan spaar mens ink en papier.

Linda Venter
Groentjie
Aangesluit: 27/03/2010
Inskrywings: 22
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg

Stuur vir my jou e-mail adres dan stuur ek myne vir jou.

Groete Linda

Linda Venter
Groentjie
Aangesluit: 27/03/2010
Inskrywings: 22
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg

Stuur vir my jou e-mail adres dan stuur ek vir jou my lys.

Groete Linda

Wie's aanlyn

Daar is tans 25 gebruikers en 37 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Christo de Wit
  • Morris
  • chrisbeachbum
  • MarkP
  • JC
  • Anton le Roux
  • Arie
  • Gustav
  • Footloose
  • Big G
  • Wingnut
  • Len Loader
  • Pieter Schultz
  • Hendrik Craukamp
  • Andre Beyleveld
  • Gyfie
  • Berno Punt
  • Rinus Lisse
  • Pieter Rheeder
  • Stalkersa
  • WilleWillemien
  • Perdeby
  • Hennievr
  • RATEL
  • dracoza

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.