Multiplug om buite op wa te monteer?
Nuwe forum onderwerpe
Ek is nog nuut met die karavaan storie en oorweeg n multiplug aan die buitekant van my wa. Ek het egter so paar vrae oor die goed.
Eerstens, waar kry mens die goed en het iemand dalk n foto van hoe hy lyk VOOR hy geinstalleer word?
Dan wil ek weet of daar probleme is met die installasie en of julle dit sal aanbeveel? Ek het nou al n paar ouens gehoor wat nie daarvan hou nie?
En dan wil ek weet hoe moeilik of maklik dit is om te installeer? Is dit iets wat ek self kan doen of moet mens iemad kry om dit te doen? Weet darem so iesie van krag af en het al self gebou en so aan, so ek is nie heeltemaal onhandig nie...
Thanks
Henk
Henk. Jy kan dit by Pretoria Karavane koop. Ek is nie heeltemaal seker van die prys nie, maar dit is sowat R 150. Dit het 3 x kragpunte en het 'n flap wat dit waterdig hou. Meeste nuwe karavane kom standaard met dit uit. Dit is net ons ouens met die ouer waens wat dit insit en vir my is dit net 'n wenner - jy het altryd krag buite nodig. Om dit in te sit is nie te moeilik nie - jy het basies net 'n merkpen, waterpas en "jigsaw" nodig en dan moet jy weet waar jy dit binne die karavaan aan krag kan koppel.
Ek het vir my Exclusive 'n ekstra een opgesit. Dit vat so 20minute as jy weet wat jy doen. Wees maar vesigtig met die bedrading, want hy moet deur 'n aardlek gaan om veilig te wees.
Dit maak die uitleg in die voortent aansienlik makliker sonder bedrading wat die wereld vol lê.
Jy score nogal 'n paar browny punte by vroulief
Raadpleeg jou WegSleep #5 op bl 46. Tydens die restourasie van Spiekeries is dit breedvoerig verduidelik, met fotos
Henk, die enigste uitdaging wat ek daarmee het is dat is die kragpunt nou net op een plek is. Ek hou van verandering en pas die uitleg van die tent aan by die kamp omstandighede. Ek weet nie wat jy sleep nie maar ek het die volgende gedoen.
Die yskas in my Penta is aan die tentkant van die karavaan. Onder die yskas is 'n krag prop waar laasgenoemde ingeprop word. Ek het 'n dubbel prop hierin gedruk en 'n verlengkoord van ongeveer 3m aan 'n "multiplug" gesit en dit ook daar in geprop. Die "multiplug" het 'n montasie op wat ek gebruik om hom mee aan die kant van die karavaan haak. Die draad gaan deur die "Vent" aan die agterkant van die yskas.
Nou kan ek die krag punt enige plek langs die karavaan aan die aliminium strip haak soos die behoefte mag wees. En dit is nie van kabel uit rol en inprop en so nie. Ek maak die "Vent" oop haal die "Multiplug" uit, verwyder die Checkers sak (Verhoed natigheid), trek die draad uit tot waar ek hom nodig het.
Hier het ek 'n verskuifbare kragpunt wat drie en twee punt proppe kan vat sonder om enigsins gate in die karavaan te maak. En nog 'n ding die "multiplug" is tafel hoogte wat wisseling van proppe vergemaklik ens.
Dalk iets om aan te dink.
Henk, Ek het ook 'n ekstra een in gebou. Ek het nou 'n keuse van watter een ek wil gebruik, die voorste een of die agterste een. Dit is nogal handig. Die eenheid het my R120.00 gekos so drie jaar gelede. Dit is nie moelik nie, jy moet net uitvind waar die ribbe agter die metaal plaat is.
Henk,
Ek dink Pretoria Karavane sal so 'n bietjie vêr wees vir jou! Probeer Vrystaat Karavane in Bloemfontein by jou om die draai en kry sommer 'n kwotasie vir die insit. Hulle sal waarskynlik so R100 vra om dit te doen.
Groete
Henk
Piet is reg, jy kan die plug by Vrystaat Karavane koop en of laat installer. Jy kan ook vir Stanley by Caravan Conversions skakel. Hy sal ook die plug aan jou verkoop en sy werk is bietjie goedkoper en jy sal beter diens by hom kry as by Vrystaat Karavane. Kyk maar in die telefoongids vir sy nommer, sy besigheids perseel is in die nuwe deel van Ooseinde daar naby Parmalat.
Ek sit met dieselfde "dilemma" as Henk. Ek het reeds die multiplug gekoop en gaan die naweek poog dit te installeer maar ook baie benoud vir die onverwagte. Stoffel praat van ribbe agter die metaalplaat en Frikkels praat van aardlek goeters!!! Nou is ek eers benoud. Julle kampers wat in die stede woon is soms bevoorreg. Die naaste karevaan diensplek is van my af seker so 200 km. Is daar nog iets waarvoor ek bedag moet wees? Terloops, ek het reeds vanaf my transformer(?) krag aangele na waar ek die multiplug wil aansit, nl by die wiel aan die voorkant
groete
Nico
Die ribbe waarvan gepraat word is die hout balke wat van bo na onder toe loop. Met bietjie beplaning sal jy hulle mis. Deur die prop iewers onder die vensters of onder die lug gate agter die yskas te sit sal jy hulle mis.
Nico,
Ek het myne in die middel van die paneel af gemerk, vier gate geboor en 'n figuur saag (jigsaw) gebruik en dit uit gesaag. Die ribbe is gewoonlik naby die kante van die pannel. Ek het nie 'n karavaan plek of iemand genader om inligting the kry nie. Ek het wel vir jou 'n voorstel. Merk eers die posisie met 'n potlood buite af. Boor 'n gaatjie op die een hoek en gebruik dan 'n els of iets soort gelyk, druk dit by die gaatjie in en beweeg dit na die ander kant van die afgemerkte deel. As daar 'n rib is sal jy dit kan voel. Daar is net polistireen tussen die plaat en die laaghout.
Ek het silikoon gebruik om dit af te seel om seker te maak dit is waterdig.
Baie dankie vir al die advies, ek nou weer baie moed om die taak aan te pak. Ek is nou maar een week betrokke by die forum en het alreeds geweldig baie geleer oor wenke ens
Groete
Nico
Ek het al die operasie gedoen op al 3 karavane wat ek al gehad het. Soos meeste ouens se, merk maar ek gebruik 'n Jigsaw om die reghoek uit te sny. Dit is soos 'n warm mes deur botter, glad nie moeilike proses nie.
Maak net seker dat jy die klein monteer skroefies nie vergeet nie. Hulle is baie skelm agter die swart spons seel strepe weg gesteek. Gebruik hulle om die hele multiplug vas te trek. Smeer ook eers goeie produk soos SIKAFLEX of DEN BRAVEN BOND / SEAL aan voordat jy dit monteer.
As daar enige ouens in Centurion area is wat wil kom kyk hier by my is julle welkom.
sterkte
Romeo
Romeo
Ek het daai skroefies waarvan jy praat nie raakgesien nie. Ek aanvaar dis aan die multiplug wat ek reeds gekoop het. Sal vanaand loer. Soos die geluk wil he is ek die naweek in Johannesburg en sal ek graag wil kom kyk as ek al my draaie kry. Ek sal jou tel nr benodig as ek jou wil kontak
Baie dankie en groete
Nico
Ek het so paar jaar terug gaan kyk na die multiplugs by Pretoria karavane toe het hulle nog die swart seel ingehad maar toe ek so maand terug daar was, was dit net die multiplug alleen en is meegedeel dat die seel los by gekoop moet word wat toe nie in voorraad was nie. Ek het ook nie die skroefies of gaaitjie vir skroefies gesien nie, weet nie of dit dalk nou 'n nuwe goedkoper namaaksel is nie.
Stephen
Ek meot om verskoning vra. Ek is die een wat die thread begin het en het toe verdwyn en nooit weer opgevolg nie.
Ek het egter vandag eers daarby uitgekom om die plug te gaan koop en het nou die volgende vrae:
Nico - het jy toe reg gekom met die installasie?
Romeop - jy praat van klein monteer skroefies onder die swart rubber stroke. Hulle is nie meer daar nie, daar is ook nie mer gaatjies daarvoor nie. Ek neem aan die skroefies is om die plug van voor (buitekant) af vas te skroef aan die gedeelte van die karavaan wat onder die rand van die plug is? Daar is so 10mm rondom die gat wat jy moet sny wat deur die rand van die multiplug toegemaak word?
Ek hoop ek is op die regte pad?
Siende dat ek so lank gevat het om te reageer op my eie post sal ek myself straf. Ek het gedink ek sal fotos neem soos ek aangaan en AS DIT n SUKSES is, die fotos in n dokumentjie saamsit vir ander mense om te gebruik.
So as daar nog raad is wat iemand wil bysit, of selfs n foto of twee van n bestaande installasie, stuur asb aan.
Thanks
Henk
Nee Henk, my moed het my begewe om 'n gat te sny en dan vas te brand met een of ander probleem. Ek wonder ook oor die vassit van die plug want die een wat ek reeds gekoop het, het ook nie skroefies nie. Soos ek die ding beskou gaan slegs die silicone die plug moet vashou en dit klink nie vir my reg nie. Ek gaan maar wag en jou fotos met groot aandag bestudeer. Die bal is dus aan jou kant!!!.
Ian het ons verwys na Wegsleep no 5 bl 46 maar het ek nie die uitgawe nie. Ek het ook onsuksesvol gepoog om op die web daardie artikel af te trek. Miskien is daar iemand wat die artikel kan fotostateer en vir ons stuur???
Groete
Nico,
By my vorige firma het ons van die voertuig se panele met silicon af geseël. Wanneer die panele verwyder moes word, het ons 'n hyskraan gebruik om dit af te lig. Dit het die hele eenkant van die voertuig op gelig. Terloops die voertuig se gewig was 'n paar ton en die paneel was ongeveer 1x0.8 meter. Ek het myne met silicon vas geplak en dit hou nog steeds.
Onthou net om die plug hoog genoeg in te sit sodat die hoër as jou tafelblad is anders gaan jy sukkel om ide plugs in en uit te kry. My Swing s'n is sommer voor in gedeelte waar die kas is ingesny en daar gekoppel, so die agterkant is uit die oog.
Op die stadium (met die plug in die hand) het ek gedink om in die gleufies waarin die plugs se drade onder die dekseltjie le drie klein gaatjies te boor. Verder het ek gedink om die swart sponsie uit die gleufie te lig en bolangs nog 2 of 3 klein gaatjies in die gleufie te boor.
Nadat ek die plug in die wa geinstalleer het is die plan dan om klein self-tapping skroefies deur die gaatjies in te sit om saam met die silicone die ding vas te hou. Maar ek stem ook saam met Stoffel dat die silicone alleen al die ding behoort te doen, veral as jy n goeie produk gebruik.
Ek sal ook bly wees as iemand dalk kan help met die artikel wat in uitgawe 5 was. Ek het ook nie die uitgawe nie en sal dit graag wil sien vir verwysing.
O ja, en voor ek te veel droogmaak het ek gedink om die hele storie eers op n stukkie gladde sink te toets, wil nie graag my wa vir eksperimente gebruik nie.
Cheers
Henk
Henk, ek sal nog steeds die plug met skroefies vassit en nie net met silikoon nie, party drie-puntplugs kan nogal redelik vassit en mens moet dit amper met geweld uittrek, die silikoon gaan oor tyd losgaan!
Nico, lees my kommentaar aan Mufasu ek het myne onder die karavaan gesit dit skakel baie probleme uit. As jy in Pretoria en omgewing bly sal ek jou kom help. Geen snyery vir hout vrot nie
Die enjigste nadeel is dat as jy koppel moet jy le en dan jou krag aansit. Maar dit is mos lekker en geen moontlikke houtvrot
0761839 548
Mafusa,
ek het al vir jare die kragpunte aangesit . Net voor Jan van Riebeek geland het. Daai tyd was die wettigse, industriele proppe met 2 waterdigte klappe oor die skakelaar en die vroulike gedeelte. Ek het een op my Romany gesit. Die wettige gedeelte het ook bepaal dat die drade in 'n om hulsel Pyp moet wees as dit onder die karavaan loop. Ek sit dit onder aan die Chassis (sal dalk more onthou wat die afrikaanse woord is) vas een voor en een aan die agterkant van die karavaan dus het ek voor en agter kragpunte. Dit maak die sny van die karavaan vir die proppe onnodig en dit verhoed houtvrot geen moontlikke lekplekke.
Die heel belangrikste is egter om die punte aan die krag uitskopskakelaar te verbind vir veiligheid.
Wat ek ook doen is om 'n tweede hoofkragpunt voor aan die karavaan te sit , laat my toe om karg vanaf die oord voor of agter te koppel. watnt baie keer sit die oord se kragpunt aan die voorkant van die karavaan en maak dit dus moontlik om 'n korter verleng koord te gebruik.
Dit grootste en ook die gevaarlikste aksies wat sommige boffins doen is dat hulle die dunste verleng koord gebruik om van die oord te tap. Gaan voel hou warm word daai draad as jy jou exclusive se volle eliktrisiteit Kapasiteit gebruik. Dink net as die drade smelt en my klein dogter word doodgeskok as sy daarop trap.
Piet
Wil jy nie dalk n foto neem en plaas nie? Dit klink na n beter opsie.
Thanks
Henk
Hi almal,
wat my die kwaadste gemaak het is daai ou wat die Wegsleep se sleepwa gepimp het met sy opmerking toe een van ons eie boffins gese het dat die drade vir die gelykstroom gedeelte maar dun is. Sy antwoord was dat dit moet dun wees sodat deur almal gedoen kan word. Wat is die verskil om dun - of dikdraad te le.??? Dit is nou tipies 'n ou wat houtwerk gedoen het en nou maak hy of hy weet van elektriek.
Gelykstroom het die dikste geleier(draad) nodig, anders gaan al die krag in die draad verlore en kom nie by die plek (lig) wat dit moet gebruik nie. Dit is my OOM (Ohm) se wet en dit is al deur die' eeu elke keer bewys. Dit kan jou batery ook gouer papmaak.
Dink aan daai ou 6v Volksies wat 'n kers nodig gehad het om te sien of die ligte brand.
daai ou wat die Wegsleep se sleepwa gepimp het met sy opmerking toe een van ons eie boffins gese het dat die drade vir die gelykstroom gedeelte maar dun is. Sy antwoord was dat dit moet dun wees sodat deur almal gedoen kan word.
Ek kon self nie daai opmerking kleinkry nie... 
Groete,
Jacques
Ek sal ook bly wees as iemand dalk kan help met die artikel wat in uitgawe 5 was. Ek het ook nie die uitgawe nie en sal dit graag wil sien vir verwysing.
Hi julle,
Ek het die 2 bladsye "gescan" en kan dit vir julle aanstuur as "PDF file" . PM my net julle e-pos adresse.
Groetnis
Gerrit
Gerrit, ek kom nou eers agter hoe werk die PM funksie maar hierbo is my e-mail addres in elk geval.
ek leer vinnig
Tokkie, jou voorstel trek ook my aandag en verstaan ek min of meer wat jy gedoen het maar wil ek baie seker wees. As jy dalk een of ander tyd wel kan foto's kan neem en vir by stuur sal ek baie bly wees. Ek het 'n ruk gelede 'n baie dik kragdraad onderdeur die karavaan vanaf die transformer na die voorkant van die wa aangele en tydelik 'n gewone dubbel prop aangeheg. Die prop is ongelukkig reg agter die linkerwiel en tel maklik modder en stof op wat dan 'n gesukkel afgee om 'n prop in te druk. En of my draad aan die krag uitskopskakelaar gekoppel is weet ek nie so mooi van nie. Ek sal seker maar ,ten duurste, die een en enigste elektrisien op die dorp se hulp moet inroep om te kom kyk watse nonsens ek alles aangevang het.
Groete aan almal
Ek het gister 'n Swift gesien waar daar ook 'n driepunt boksie buite net links onder naby die deur van die wa geinstalleer is. Wat my pla is dat dit sommer een van die boksies is wat mens in die muur binne in jou huis kry ; sonder enige beskerming en heeltemal oop. Ek is nie 'n kundige nie maar dit het nie vir my reg en veilig gelyk nie.
















Welkom hier Henk. Ek het sommer 2 sulke plugs op my Penta, by die agente (Brits Woonwaens) gekoop en laat installeer. Hulle vra gewoonlik so 'n belaglike bedrag om hom in te sit dis die moeite werd om hulle te kry om dit te doen. Hulle weet waar die raamwerke is en al so aan.
2007 Penta met 2003 Toyota 3.0KZ-TE d/k