Modifikasies

Besoeker

Hello Almal!

Ek will graag n nuwe draad begin,

Vertel (en wys) vir ons die modifikasies wat jy aan jou wa gemaak het.

Maak nie saak hoe groot of hoe klein nie.

Byvoorbeeld: Waar het jy jou spaarwiel gemonteer na die lugversorging sy plek op geneem het? ens.

Dankie.

 

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7629
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Hugo, ek het 2 dinge gedoen in my wa. Ek het die klein yskas en koskas uigehaal en 'n KIC dubbeldeur yskas ingebou. Ek het ook die ongebruikte wasbak en stoof kombinasie verwyder en pakplek gemaak vir kombuisgereedskap

hugos

Ian,

Netjiese werk!

Deon vE
Ou hand
Aangesluit: 26/01/2010
Inskrywings: 205
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Hugo,

My 2006 Swing is so bietjie aangepas as volg:

1.   Spaarwiel uitgehaal uit neuskas en onder die wa, agter die as gemonteer.

2.   Mikrogolf en ekstra kragprop ingebou.

3.   Gaslifts onder bed.

4.   Leesliggies bokant bed en eethoek.

5.   Bedkopstuk ingesit wat die skerp rand weghou van jou kop af en jou toelaat om los goed daaragter te bêre.

6.   'n Koper hakie (sodat hy nie roes nie) langs die voorvenster gemonteer waaraan 'n tou inhaak wat die neusdeksel bo hou. Ek wou 'n gaslift insit maar het daarteen besluit.

7.   Die sydeurtjies waar die tentpale inkom, se stoppers verskuif na die wiel se kant toe. Nou skuif die hele sydeurtjie uit die pad van die opening sodat jy die goed gemaklik in en uit kan laai. Aan die binnekant van die deurtjie 'n stuk polistireen geplak wat verhoed dat die slotte teen die kant van die karavaan skuur.

8.   Ons grootste (enigste) kritiek op die wa is sy beperkte pakplek. Ek het rakke ingesit in die twee hangkaste want ons kamp nooit eintlik met klere wat moet hang nie.

9.   Die oorspronklike dun 5m kragkabel vervang met 'n lekker dikke van 10m. (Ek het gevind die kragpunte is soms buite bereik en dan moet jy 'n verlengkoord gebruik wat 'n irritasie kan wees en gevaarlik as die besigheid nat word)

10.   'n Permanente lig in die neuskas geinstalleer.

11.   "Thrust Bearings" (druklaers) op die hoekstutte sodat hulle maklik afdraai.

12.   Alle buite skroefies vervang met "Stainless Steel" skroefies.

Groete

 

evertv
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 123
Gebruiker van lyn af.

Deon


Baie oulik


Ek dink jy moet fotos vir Zigi stuur dat dit in die Wegsleep kan verskyn

Chris M
Super sleper
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 420
Gebruiker van lyn af.
Plek: montana park, pretoria
Ek sleep 'n 2008 Sprite Splash met 'n 2001 Colt dubbelkajuit 4x4

Hugo

Op my splash het ek bitter min verander

1. Ek het lugversorging ingesit, en daarmee een van die binne kassies verloor aan die agterkant.

2. Ek het 3 addisionele kragpunte ingesit, want die Splash het slegs een drie punt sok uitlaat in die kombuis wat na buite oopmaak. Dus as jy nie die kombuis oopmaak nie het jy geen kragpunt in die tent nie.

Verder voldoen hy sovêr in my behoeftes. Ek kyk maar altyd uit vir nuwes idees wanner ons kamp (roofkyker)

***********************

Groete

Chris Müller

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 1084
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Chris,

Ek noem dit nie roofkyker nie, ek noem dit steel met die oog.

My veranderings behels 'n ekstra "multi" prop aan die buite kant en ek het die battery na coor buite geskuif. Dit is nie meer on die agterste bankie nie. Ek het ook 'n palekas onder die wa gemonteer

Groete

Stoffel

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kilnerpark Pretoria

Ek het n hele paar veranderings aan my Gypsey Caravett4 aangebring. Die hele onderstel is vervang met n raamwerk wat op my bakkie se onderstel kan vasbout. Die wielkas onder in die hangkas is verwyder sodat die portapottie daar kan inskuif

Die agterste dubbelbed (wat te klein vir ons twee was) is verklein sodat n 220v yskas daar ingebou kon word. n Opslaan tafel is buite aangebring om binne sekondes op pad gebruik te kan word. Binne en buite ligte vir 220v is aangebring sowel as buite kragproppe.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Johan & Martie,

Julle ryhuis lyk baie interessant!

Kan julle dalk 'n paar fotos met ons deel in 'n nuwe draad?

 

Groete,

Jacques

 


 

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2651
Gebruiker is aanlyn
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Stem sam met Jacques - klink na 'n geoie plan om die wa bo-op die bakkie te sit, sal ook graag fotos wil sien?

Arie

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Piet Venter
Nuweling
Aangesluit: 23/05/2010
Inskrywings: 6
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bothaville

Ek kon nie 'n spaar wiel kry vir my '83 carvette 5, toe verander ek haar na 14" bantam wielle.

Ek het ook die ou yskas uitgehaal, maar daar het my projek skeef geloop.

Kyk maar na die aanhangsels !

AanhegselGrootte
Ou Wiel.JPG 129.74 KB
Nuwe_Wiel.JPG 126.68 KB
Ou_yskas_Gat.JPG 141.73 KB
Wat_Nou.JPG 104.13 KB
Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kilnerpark Pretoria

Jaques en Arie. Ek het so n bietjie skade by my huis wat ek moet uitsorteer. sal later n paar fotos en n kort storie plaas.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Nee dis reg Johan - ons kyk uit daarvoor!

 

Groete,

Jacques

 


 

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Johan (Perdeby). Ek sien jy is op Bladsy 11 van die Julie C & O L. Groete - Nico

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kilnerpark Pretoria

Dankie Nico . Ek het die uitgawe reeds gaan koop, Ek sukkel bietjie om die onderskrif te interpreteer. Kan nie besluit of die skrywer sarkasties of komies probeer wees nie. Dit bly egter lekker om my "kombinasie" in n tydskrif te sien.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

Hi medekampers.

Ek sien julle praat van veanderings wat julle aan julle waens aangebring het, hier is myne soos volg:

1. Grooter yskas ingesit.

2. Nog 3 adisionele kragpunte binne in.

3. n' Spieeikassie vir ma ingesit vir die haardroer en make up.

4.Volgroote kopstuk agter ons bed waar die venster is, die venster sien jy van buite maar nie van binne nie.

5. Split unit aircon.  Laughing

6. 60 liter watertenk met geyser en met 'n water level indicator.

7. Twee addisionele deurtjies buite die wa onder die voorste bed, een aan elke kant.

8. LED agterligte.

9. Wasbak en stoofie vervang met soliede bladens.

10. Water koneksies buite die wa vir die skottelgoed rakkie, warm en koud.

11. Ek het die venster wat in die deur was ook uitgehaal en die deur soos die nuwe waens solied gemaak.

Al die veranderings aan die wa is deur myself gedoen.

Groete

Albert

 

Groete

Albert van Tonder

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Hallo Albert,

Jy is wragtag 'n handige persoon om soveel veranderings aan te bring. Ek sal te bang wees om sulke werke aan te pak want ek het nie die selfvertroue om dit te doen nie. Soos wat ek jou eenkeer ontmoet het vir 'n paar minute, weet ek die werk sal van hoe" gehalte wees.

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7629
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

Nou maar waar is die fotos Albert? 

Piet Venter, jy vra Wat nou? Wat was die beplanning vir die verwydering van die neusgedeelte se sithoekie? Wou jy 'n nuwe bed bou? 

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

Dankie Ryno, Ian ek sal later vandag vir julle fotos plaas.

 

Groete

Albert van Tonder

Mufasa
Diknek
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 1014
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria-Noord

Piet Venter.

Ek het vir jou 'n antwoord wat baie netjies gaan lyk. Indien jy belangstel PM my en ek gee jou die kontak besonderhede van 'n maat van my wat dit reeds gedoen het.

Wat jy moet doen is om die blad van die kassie, soos ons vir hom kyk op die foto, aan die regterkant af te sny. Dan moet jy die ventelasie kassie tussen die boonste ry kassies en die blad wat jy afgesny het ook verwyder. Dit is nie nodig om die plank wat regopstaan aan die bedkant te verwyder nie. Boor 'n gat in die plak om die yskas se krag draad deur te druk. Jy sal krag moet aanlê na die onderkant van die bunk om die yskas daar in te prop, as daar nie alreeds 220V is nie.

Gaan koop nou 'n KIC 223 liter vries en yskas. Die yskas gaan deur die karavaan se deur en pas presies in die plek wat jy nou in die karavaan gemaak het. Die yskas het 'n Vries kompantement bo en Gewone Yskas onder elk met eie deur.

Skroef nou die verstel pote van die yskas uit. Plaas die yskas op sy plek agter-grit effens weg van karavaan muur vir ventelasie 3-4 cm is voldoende. Merk die voorkant en kante van yskas op die vloer dit is vir riglyne om die volgende te doen. Deur verder te meet en te pas merk die gate van die yskas se verstel pote op die vloer en boor die gate so 1mm groter deur die vloer.  Bepaal ook gepaste plekke nader aan die agterkant van die yskas om hom te kan vassit want daar is net verstel pote aan die voorkant, merk en boor hier slegs 2mm gaatjies, hulle is net daar om van onder af(buite) aan te dui waar jy groot dik self tapper skroewe gaan in draai.

Koop boute en groot wassers wat dieselfde groote skroef draad het as die yskas pote, sit die yskas op sy plek, druk die 220v koord van yskas deur die gat na die bunk/bed en gebruik die boute en wassers en bout hom van onder/buite deur die vloer vas. Boor nou gepaste gaatjies deur die vloer in die yskas se onderkant in, op die plekke waar die 2mm gaatjies is. Dit behoort nou naasten by op die plek te wees wat jy aan die onderkant van die yskas ge-ID het, skroef nou die agterkant van die yskas aan die vloer vas met stewige self tapper skroewe, jy kan meer skroewe gebruik na gelang van die gate wat jy geboor het. Prop die yskas in "Voala" jy is klaar.

Baie belangrik is as die yskas nie kan sluit nie, moet jy iets prakseer om seker te maak die yskas deure gaan nie oop terwyl jy ry nie. Die maat van my wat dit reeds geinstalleer het gebruik sommer twee klein "cargo straps" want hy wil nie gate in die nuwe yskas boor nie. Ek sou sommer die hakies wat die ou sifdeur van die plaaskombuise oop gehou het, gebruik.

Hoop jy kom reg.

Leon    

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

Hier is die fotos soos belowe:

 

AanhegselGrootte
IMG_3099.JPG 97.38 KB

 

Groete

Albert van Tonder

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Albert,

Ek sien net een fototjie, is daar nog wat kom? Moet se' ek hou van die volt meter idee, want dit gee vir jou indikasie as daar 'n probleem insluip.

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

Hier is die ander fotos soos belowe. Dit alles is deur my eie handewerk gedoen. Baie laat aande in die wa deurgebring.

 

 

AanhegselGrootte
Deurtjies_om_van_buite_toegang_te_kry.jpg 116.23 KB
Flatscreen_tv.jpg 96.28 KB
Groot_yskas_ingebou.jpg 83.16 KB
Indoor_unit_onder_kassie..jpg 108.96 KB
Outdoor_unit_in_neuskas.jpg 126.54 KB
LED_agterligte.jpg 121 KB
Soliede_kopstuk_voor_venster.jpg 101.94 KB
Spieel_kassie_vir_ma.jpg 126.64 KB
Venster_uit_deur_gehaal..jpg 115.55 KB
Wasbak_en_stoof_vervang_met_soliede_blad.jpg 92.33 KB
Voltmeter_en_water_level_indicator.jpg 98.9 KB
Warm_en_koue_water_buite.jpg 122.58 KB

 

Groete

Albert van Tonder

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Albert,

Ek het nie woorde om vrae te vra nie, dit is alles netjies gedoen.

Ek glo jy is trots daarop en vroutjie trots op jou en die werk wat jy verrig het. Ek dink indien jy eendag besluit om die wa te verkoop, sal jy baie verskonings moet uitdink om by haar verby te kom.

Hoe lank het dit jou geneem om alles klaar te maak? Wel, dit moes 'n lang proses gewees het, veral met die afwerkings wat baie tyd vat.

Nou kan jy lekker gaan kamp, en die somer is hoeka om die draai. Net so paar weke koue in Juliemaand, met hier en daar koue fronte in Augustus. Net jammer jy gaan nie meer saam na De Voetpadkloof in Septembermaand nie.

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Baie baie netjies Albert!!

 

Groete,

Jacques

 


 

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

Dankie Ryno en Jacques.

Ek het dit maar so stuk stuk gedoen, as ek van die werk afkom het ek maar bietjie gewerk.

 

Groete

Albert van Tonder

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1351
Gebruiker is aanlyn
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

Allas,

Ken jou nie, maar ek "laaik" jou!

Nederig!!!!

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

Dankie FootlooseWink

 

Groete

Albert van Tonder

Piet Venter
Nuweling
Aangesluit: 23/05/2010
Inskrywings: 6
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bothaville

Mufasa

Dankie vir daai inligting, Ek Sal so maak as ek daar kom, Het gewonder watter yskas mooi sal pas.

My probleem nou is dat die ou sleg vrot is en hy le nou boude en blaaie, Hoe se my vrou, ek het 'n duur projek gekoop !

Ek sal die wa maar KAT doop vir kat in die sak

Wie's aanlyn

Daar is tans 26 gebruikers en 37 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • MarkP
  • Footloose
  • Christo de Wit
  • Big G
  • Gustav
  • Arie
  • JC
  • Wingnut
  • Len Loader
  • Pieter Schultz
  • Hendrik Craukamp
  • Andre Beyleveld
  • Gyfie
  • Morris
  • Berno Punt
  • Rinus Lisse
  • Pieter Rheeder
  • Stalkersa
  • WilleWillemien
  • Perdeby
  • Hennievr
  • RATEL
  • Anton le Roux
  • dracoza
  • Ski
  • Obie

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.