Kampstoele en dinge

henniev
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2160
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg
Ek sleep 'n 2010 Sprite Sprint met 'n Ford Ranger 2.5 td

En en joey sit nou met ons hande in ons hare.

Sy wil nuwe kampstoele he, maar daar is niks op die mark wat ons tevrede stel nie.

Ek het twee "directors chairs" met ripstop materiaal, en gebruik hulle nou al amper10 jaar. Geen probleem met hulle nie,maar joey se hulle sit te regop vir haar.

Ons het nou al stoele gekoop, maar hulle hou net 'n jaar, dan breek die goed, en jy moet weer ander koop.

Ek le nou agter die "ozztent" produk, "king koda" (of so iets), maar wil nou nie deur my nek betaal, om maar net weer volgende seisoen weer te gaan koop nie.

Wat se stoele gebruik julle, en maak 'n aanbeveeling asb

WALK SOFTLY....CARRY BIG STICK

 

 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Dis 'n teer puntjie daai Tjomma, ek en ma het ook ons fancy stoele en dit is sommer net om terug te sit en te ontspan MAAR wanneer jy wil aansit by 'n kamp tafeltjie, le hulle te ver terug en dis ongemaklik. Dit is hoekom ons twee stelle stoele saam vat - ek hou nie daarvan om op my skoot te sit en eet nie!

Daai name wat jy genoem het is kwaliteit en jy betaal daarvoor - ek loer hulle ook nou al lank!! Sal eers by ma moet verbykom!!

 Goeiewense - Pieter

   

Rodney Vincent
Nuweling
Aangesluit: 06/08/2010
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Die beste belegging wat ek ooit gemaak het was om 'n Safari Lofa vir ek en my vrou te koop.

Nogal duur en swaar om rond te neem, vou nie klein op nie, maar so gemaklik. 

Did you know there  is a Shoprite in Mogwase probably no further than 5 km from Manyane?

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hennie,

Ek het ook na daai Oz modelle gekyk ,maar ook die begroting as problematies gesien.

Ons het die "High back" Campmaster modelle op besluit en dis die perfekte balans tussen lekker kuier sit en werk ook met etenstyd by die tafel.

Die prentjie mag hom dalk nie tot sy volle reg bring nie - jy moet hom gaan toets-sit in die winkel.

http://www.makro.co.za/p/33784/campmaster-camp-high-back-chair/

 

Groete,

Jacques

 


 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Naaah, nie vir my daai nie - ek soek iets spesiaals.

 Goeiewense - Pieter

   

wit plakker
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2010
Inskrywings: 307
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria
Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4

ek het 4 van die oz stoete. 2 met solide arms en 2directors. baie stewig en sit lekker. kamp gaan mos somtyds oor sit en niksdoen.  goeie stoele baie belangrik!

groete

edward

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 745
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Ek kry ook nie die ideale stoel nie. Ons ry gewoonlik twee tipes stoele saam , materiaal om mee agteroor te le en ontspan en gewone plastiese stoele om by die tafel mee te sit en eet.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Ons het van die gewone Campmaster stoele soos Jacques s'n gekoop maar wat nie gepad is nie. Dit is al in 2003 gekoop en hou nog al die tyd, en sit ook vir ons lekker. Ek weeg maar +- 65Kg en Anita +- 50Kg en al wat nog gegaan het was die poprivets by kruising van voosrste pote, wat ek met skroefies vervang het. Verder lyk hulle nog soos nuut.

Ek het al na nuwes gekyk net om te vervang sonder rede, maar kry hulle nie met die twee sakkies, een aan elke kant nie. Die een vir die dop en die ander een om my selfoon in te sit.

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Jacques, die kinders het vir ons ook 2 van daai stoele gegee, sit baie lekker!  Regop genoeg om by 'n tafel te sit en dit het die hoe ruglening wat ook 'n verskil maak.

Boskamper
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 672
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gordons Baai
Ek sleep 'n Enig-iets wat gehaak kan word en wil saam, See toe, Bos toe, Berge toe, Plaas toe of sommer net kuier. met 'n Colt 2.6 4x4, Colt met Forkie aandrywing

Hennie,

jy het istinct se recliner nodig, vir daai le en niksdoen slag by die kamp, kyk en toets hom by outdoor warehouse, jy kan die ander saamvat om net by tafel te sit en eet, en dalk die gaste.

Tjops, doringkole en goeie geselskap innie natuur daai's nou eers lekke

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1281
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

Hennie,

Ek het sommer van daai gewone R269,00 modelle (natural instinct). Die probleem is die plastiek "voetjie" van die hele kontrepsie ... ek het die hele spul afgehaal en met vlekvrye staal "voetjies" vervang.

Die stoele sit maar soos enige ander kampstoel ... is relatief goedkoop ... lekker lig!!!

As ek "platter" wil verkeer soek ek 'n BED!!!

OU Chinese gesegde

ALWAYS SPEAK TRUTH, EASY TO REMEMBER AFTERWARDS!!!

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1281
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

O ja vergaat om te seg ... die king koda kom met aluminium "voetjies" uit so jy behoort nie my probleem te he nie!!!

OU Chinese gesegde

ALWAYS SPEAK TRUTH, EASY TO REMEMBER AFTERWARDS!!!

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ja, hier by ons sit ons met dieselfde probleem en wat dit nog erger maak, is hoe ouer 'n ou word, hoe meer vol fiemies raak jy. Ons neem gewoonlik drie plastiekstoele saam vir die etery om die tafel. Dan het ons drie ander verskillende soorte stoele vir die sit, luiwees en ontspan, volgens elkeen se voorkeur. Die pakplek is altyd 'n probleem en ek en ma het ook nou tot die slotsom gekom dat ons net een stoel vir elk moet saamvat.

I will watch this space.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

RynoV wrote:

Ons het van die gewone Campmaster stoele soos Jacques s'n gekoop maar wat nie gepad is nie. Dit is al in 2003 gekoop en hou nog al die tyd, en sit ook vir ons lekker. 

 

Hi Ryno,

Die wat ek nou het is 'n redelike nuwe ontwerp en mens sit nie so diep soos die 2003 modelle nie. Ek het ook nog 2 van die 2003 modelle, sulke bloues en behalwe vir daai voorste klinknael wou hulle nie verder breek nie. Ek het toe maar in elk geval die nuwe "high back" modelle gaan koop.

 

Groete,

Jacques

 


 

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1667
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Hennie.

Ek het ook 'n stoel gesoek waarin ek kan ontspan en kan gebruik by die tafel om te eet.

Ek het op die stoel by MIAS in Benoni afgekom. Dit word gemaak deur Sensation wat hengel produkte maak. Met bietjie ooredings vermoê het ek die Indiaan afgestry na R380-00 vir die stoel.

Die ruglening kan in verskeie posisies gestel word.

Al die dele wat skarnier, het boutjies en nie klinknaels nie. Die plekke wat wel klinknaels het, is dik swaardiens klinknaels.

Let op die swaardiens klinknaels.

Ek het nie meer die vervaardigers nota nie, maar as ek reg kan onthou is die stoel se draevermoë 135Kg.

Ek is baie gelukkig met die stoel. Ma wil ook nou een hê.

Jy kan hulle by enige goeie hengelwinkel koop.

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

henniev
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2160
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg
Ek sleep 'n 2010 Sprite Sprint met 'n Ford Ranger 2.5 td

Jis Damara,

dis nice, Joey is in Springs, ek sal haar  bel, sodat sy kan gaan kyk !

Hennie

WALK SOFTLY....CARRY BIG STICK

 

 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Flip, ek dink dis hy daai - lyk vir my 100% reg hoor, lekker stewig en ek hou daarvan dat hy kanverstel.

Ek gaan hulle soek!

 Goeiewense - Pieter

   

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1667
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Skippie gaan hoor by daai ou oorkant die McDonalds, wat is die naam?  Tackelbox of iets ?

Ek dink Gani's Fish & Tackle in Witbank behoort ook te hê.

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Abrie
Nuweling
Aangesluit: 22/08/2010
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Potchefstroom

Wat vir my lekker werk is dat die stoel se lening 'n houer moet he vir dit wat jy wil drink!

 

abrie100

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 964
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Flip,

Dit lyk na net die regte stoel. Ek sal maar in gauteng ook probeer om dit te kry

Mufasa
Diknek
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 1014
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria-Noord

Ek het altyd die spinnekop stoele gebruik as ons met die tente gaan kamp, maar toe het 'n maat van my die Campmaster Hi-back chair gekoop. Is dit nou voorwaar 'n gemaklike stoel. Ek het na 'n lang gesukkel die laaste twee op 'n dag by GAME gekry. Gaan kyk op die Campmaster web blad hoe hulle lyk, baie sterk en gemaklik en hulle vou op nes 'n spinnekop stoel.

Saam met die wa is daar net een stoel vir my "The Lofa". Ek het 4 van hulle.

Leon    

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ja Flip, dis 'n nice stoel daai. Seg vir my? As jy by die eettafel aansit met die stoel, skuif die armleunings onder die tafel in of nie? Ek praat nou van die gewone plastiektafels wat 'n ou maar so om jou huis ook gebruik.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Flip....................ek het hulle gekry my tjomma!

Twee van daai sensation stoele, maar dit is nou die model net beter as joune - hy het die verstelbare voete aaan die voorste pote met so groterige ronde voetjie wat nie kan wegsak nie en hy is ook dubbel ge-"pad" vir R540.00.

Ek is nou heel in my knoppies met die stoele  - nou hoef ek net een stel stoele rond te ry en hulle kan maar in die wa bly!

 Goeiewense - Pieter

   

JM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 325
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors
Ek sleep 'n 2011 Jurgens Penta met 'n 2010 VW Touareg V6 Tdi

Sorry Ouens, maar na vele stoele en beproewinge (en 'n paar vloeke) het ek op DIE EEN uitgekom.  Oz Tent se KING KOKODA.  Stunning en nie 'n probleem om my, effense groot struktuur, te hanteer nie.  Ek moes al Laaaaaaaaaankal een gekoop het.

 

Ek weet dis baie geld, maar maggies man, as jy kamp wil jy partykeer net SIT.

 

Johan

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 964
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Skippie,

Waar het jy dit gekry. Ek is ook op soek na daardie spesifieke stoel

Stoffel

Andre Smit
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1429
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kemptonpark, Gauteng

 Hi Hennie en anner maters,

Die stoele situasie is vir my ook 'n teer puntjie gewees want met hierdie petite lyfie van 1,98m en 137kg het ek al menige van hierdie R80 Campmastertjies gesit dat hy lyk soos 'n wyfiehondjie wat besig is om haar blasie te ledig.

Die neukery is om van die grond af op te kom en die pypies en stukke seil van jou lyf af los te kry.

 

Belê gerus in daai duurder OZ stoele of ek het EPI stoele by 4x4Megaworld raakgeloop ongeveer 4 jaar gelede en hulle deurstaan nog die wyfiehond toets.

 

Sterkte - oupa het altyd gesê "goedkoop koop is duurkoop"


Stofdonkie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1842
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Nou lekker gelag Andre. Kan mooi assosieer met daai prentjie van die wyfie hond en die opstanery met die pypies en stukke seil Smile

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1667
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

WilleWillemien wrote:

Ja Flip, dis 'n nice stoel daai. Seg vir my? As jy by die eettafel aansit met die stoel, skuif die armleunings onder die tafel in of nie? Ek praat nou van die gewone plastiektafels wat 'n ou maar so om jou huis ook gebruik.

Hy pas perfek onder die plastiek tafels in.

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1667
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Skippie wrote:

Flip....................ek het hulle gekry my tjomma!

Twee van daai sensation stoele, maar dit is nou die model net beter as joune - hy het die verstelbare voete aaan die voorste pote met so groterige ronde voetjie wat nie kan wegsak nie en hy is ook dubbel ge-"pad" vir R540.00.

Ek is nou heel in my knoppies met die stoele  - nou hoef ek net een stel stoele rond te ry en hulle kan maar in die wa bly!

Skippie, waar het jy hulle toe gekry ? Ek is volgende week, die hele week in jou dorp. Ek sal graag wil gaan kyk na die bedryf.

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Dankie Flip. Ek kyk uit vir hulle.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Adri van Staden
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1173
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Lexus

Julle mag vir my lag, my jammer kry of vir my bid - whatewwer. Maar my gunsteling stoel lyk so:

Nee, ek praat nie van daai pinoorint Campmaster nie (dis ma s'n), maar van daai platte uit die vorige eeu - niks sit so lekker en hou so lank nie. Ek kan al 'n skrepjaard oopmaak van al die stukkende spinnekop- en paddastoele wat nie my reuse massa van 80 kg kan hanteer nie.

Met se^ daai Signature hierbo, lyk baie interessant. Sal betjie gaan soek en kyk. En op die hoek gaanstaan met my blikkie (die Pajero is betaal!).

 Moenie in dieselfde juk trek saam met die ongelowiges nie ...

Wie's aanlyn

Daar is tans 14 gebruikers en 105 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Kobus Snyman
  • Gypsey King
  • sakkie mynhardt
  • Lord Farquart
  • Kobus K
  • Big G
  • NicoPietersen
  • Corné Wagemaker
  • RSS
  • thysvt
  • Eddie Laing
  • Johan K
  • chris dupreez
  • BenA

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.