Kampeerders eet nie van die vloer af nie

Besoeker

Kampeerders eet nie van die vloer af nie
Waarom word woonwa-yskaste nie gebou met iets wat kan keer dat kos nie van die rakkies afgly terwyl jy ry nie?

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 266
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

 Fridge 1.jpg  27 KB
 Fridge 2.jpg  21 KB

 

Dis wat ek gedoen het in my yskasie

Ek het dit in een van die karavaan tydskrifte gesien, en is maklik om te maak

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 266
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

Die patent werk perfek. Dit uit C & OL tydskrif gekry

Stephanus
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 36
Gebruiker van lyn af.
Plek: Worcester

Garth,

Ek kan nie jou foto's sien nie. Doen ek iets verkeerd of is my PC nog met vakansie?

2004 Mazda 2.5 TD D/Cab

2000 Sprite Splash

FerdiB
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1816
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Ek kan ook nie die fotos sien nie?  Kan iemand help?

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 706
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

Garth

Laai asseblief jou fotos volgens die WegSleep standaard. Hier is die instruksies soos opgestel deur Ian Laing.  Dis maklik en werk baie goed.

Len

Goed maters, dit het oefening gekos, maar ek dink ek het dit nou onder die knie gekry. Onthou alle fotos moet kleiner as 100kb wees anders is die uit fo kus. 

 Hier volg die prosedure:

1) Verklein fotos na kleiner as 100kb

2) Tik jou kommentaar in die boodskap boks

3) Kliek op die foto ikon regs bo op die toolbar. As jy met die muis op die ikon staan wys dit ("Insert / Edit image")

4) Image properties maak nou oop. 

5) Kliek op "Browse server" regs bo

6) FCKeditor maak nou oop

7) Kliek nou op "Create new folder" links onder en skep jou persoonlike foto legger

Cool Kliek nou op jou  foto legger

9) Kliek op "Choose file" onder en gaan kies die fotos wat jy wil laai vanaf jou rekenaar. 

10) Kliek op "Upload"

11) Herhaal no 9 en 10 tot jy alle fotos gelaai het wat jy wil oplaai

12) Kliek nou op die foto wat jy op die forum wil plaas

13) 'n Venster genaamd "Image Properties" maak oop met die gekose foto

14) Kliek OK

15) Om nog fotos te laai kliek op die foto ikon en herhaal no's 4, 5, 6,8, 12, 13, 14

16) Nadat jy alle fotos gelaai het, kliek "Stuur"

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 266
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

Hier is hulle weer, ek hooop

Van hierdie kant lyk dit goed

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4221
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Garth,

 

dis nou 'n baie bakgat idee

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Jaco Zaayman
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1391
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kraaifontein
Ek sleep 'n '04 Jurgens Palma met 'n '05 Ford Ranger 2.5XLT DC 4x2

Baie slim plan.  Nou kan ons die vloer etery vir die spesialiste daarin los (blou bulle natuurlik.... Smile )

Die lewe gaan nie net om kamp nie, mens moet soms slaap ook!

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1539
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Jaco, jy toon n gebrek aan insig. BLOU BULLE eet nie van die grond af nie en BLOU BULLE word altyd met hoofletters geskryf.

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Mona
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2419
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ermelo
Ek sleep 'n '94 Sprite Super Sport met 'n 2010 voor die "face lift" Toyota Corolla 1.6

Garth, hierdie is weer een van daardie dinge wat 'n ou laat sê: " hoekom het ek nie lankal aan so iets gedink nie. Ek dink ook dit is 'n baie slim plan, dankie dat jy dit met ons deel, en sal ook nie jou bank bestuurder laat onrustig slaap nie.

Morné.

N. S. Nee Dries Botha kom ons hou nou maar by die draad en aanvaar maar dat hierdie jaar gaan die blou osse dit nie weer dit regkry om met 'n vloekskoot 'n beker te kry nie

Earth laughs in flowers

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 266
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

Nou wie is die bloubulle nou weer? hehe

Ben Ras
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 14/01/2010
Inskrywings: 50
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg

Baie goeie idee , wat ook werk is die deksels van die karton waarin jy fotostaat papier koop, hulle pas mooi twee langs mekaar in die yskas, sny net gate so 30 mm in deursnee in die bodem sodat koue lug kan sirkuleer dan rol niks in die yskas rond nie

oomgert
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 786
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley Pretoria.
Ek sleep 'n Boswa met 'n Pajero 3.2 DiD

Nog iets wat werk is hierdie rubber matjies met die gaatjies in wat mens gebruik om onder goed te sit wat jy wil hê nie moet rondskuif nie, op die rakke te sit.

  Party mense gebruik dit ook in die bagasiebak van 'n kar om te keer dat die goed rondskuif.

Gustav
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 36
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n Jurgens Penta met 'n Ford Teritory

Hello Daar

"n goeie plan!! Ek het in my yskas deur 'n dun stukkie "plywood" wat met twee klein hakkies langs die rakke van die deur afhang. Sodoende as die deur toemaak dan druk die hout ook teen die rakke van die binnekant. Dus kan niks ofrol van die rakke nie en niks kan uit die deur se rakke spring nie. By kamplek sit ek net die plankie bo op die yskas.

Lekker kamp

ColinFreda
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 29/07/2010
Inskrywings: 65
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Pajero 3.5 GLS A/T

Dankie, ek het die wenk nou in September 2010 toegepas, reeds ge-installeer in my yskas.  Het ook altyd kartonne gebruik.  Groete

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 212
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Die standaard yskas in ons Sprite Swing se rakkies het `n redelike hoe rand aan die agterkant. Hoekom dit aan die agterkant is sal ek nie kan se nie. Het dit eenvoudig net omgedraai. Werk soos `n bom.

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

Wie's aanlyn

Daar is tans 8 gebruikers en 122 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Gypsey King
  • Johan Coetsee
  • Airbus
  • Eddie Rabie
  • thysvt
  • sakkie mynhardt
  • chris dupreez
  • Eddie Laing

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.