HELP HELP HELP Fransman se outmatiese ratkasolie
Nuwe forum onderwerpe
Maats, ek het dringed raat en raad nodig, en ek WEET sommer die slim mense is hier op die forum.
Ek soek nie slim Franse ooms met dik brille en wit jasse nie - ek sal sommer iets in my boertaal iets vir die Fransman vertel...
Dinge staan so.... Mammie het 'n 2003 Renault Scenic 1.6 16V Automatic. Ek en boeta het die naweek beplan om die enjin olie bietjie af tap en die Franse digetjie net weer bietjie te pamperlang. Ongelukkig het dinge skeefgeloop - want Fransman het dit goedgedink om die moeilike prop op die olie-sump te sit en die maklike op die ratkas - sump. raai watter olie is 'per ongeluk' gedrein?
Is daar iemand hier wat my asseblief van hulp kan wees met:
1
Hoe gooi ek weer ratkasolie in die Franse klein blikskottel? Daar is nie eers 'n 'DIPSTIEK' nie? Ek sien net een proppie so skuins onder die battery wat lyk soos die untouchable onder by die sump, en een ou op die net wat ek vanaand van gelees het het geskryf 'Dont touch that plug!!!!' En dan ook hoeveel olie sal ek weer moet ingooi? toe daai baie olie eers loop - toe loop dit en nou weet ek nie hoeveel moet weer terug nie.
2
Wat se snaakse idee is dit om die sump met daai snaakse bleddie plug toe te rus. Gaan ek sukkel om 'n spanner t ekry wat soos 'n sterretjie lyk? My aanvanklike idee was dat dit dalk 'n nommer 9 Allen-key sou wees - maar toe was dit nie.
Is hier dalk iemad wie iemand ken wat dalk weet van iemand wat my kan help?
Ek sit regtig nou in twakstraat, want daai klein karretjie staan nou letterlik doodstil. Die een ou wat ek vanaand raakgelees het vertel hy het die plug skuins onder die battery losgdraai en daar 'n hoeveelheid olie ingedons [nie aangedui hoeveel nie] en die prop teruggedraai. Toe steek daai Scenic vas in Park. Ongelukkig het hy nie melding gemaak hoe hy sy verknorsing opgelos het nie, al wat ek weet is dat ek nie dieselfde hier tuis wil oorkom nie.
Baie dankie dat julle hier gelees het mede slepers en slim lesers!
Andre'
Andre,
As ek jy was sou ek oë toeknyp, die spaarbussie breek en die kar sleep na die naaste handelaar toe. As jy baie gelukkig is gaan die olie jou in elk geval tussen R800 en R1500 kos. As jy ongelukkig is gaan daai olie heelwat meer kos. Dit is ook nie net 'n kwessie van ingooi nie - daar is 'n paar dinge wat gedoen moet word voor die kar weer gery kan word na 'n outomatiese ratkas se olie vervang is.
Die R300 wat die handelaar jou gaan vra om dit in te gooi is die moeite werd. Ten minste moet die handelaar die werk waarborg vir 3 maande so jy het dan die gemoedsrus dat as daar fout gaan met die ratkas, is dit die handelaar se probleem.
Maak net seker of jy wel die kar in so 'n toestand kan sleep - anders gaan jy hom maar agter op 'n lorrie moet laai...
Sterkte
More mede kampmaat ek is wel 'n opgeleide werktuig kundige maar uit onder vinding kan ek net se daar is nie werklik 'n ander plan nie jy sal die fransman by die agente moet kry.Ek het hiedie pad geloop met 'n Cambelt op so n scenic.Dit is nie een van die maklikste goed om aan te werk nie.
Andre,
Die nuwe voertuie is maar moeilikheid om aan te werk, te veel fieterjasies.
Ek hoop vir jou part dat jy nie 'n probleem opgetel het met die wat hy in "Park" vas gesteek het nie. Dalk nie want daar is dalk 'n veiligheidsklep of iets agv. 'n sensor wat intree voor groter moeilikheid sou intree. Jy sal maar die Renault mense of iemand wat die karre ken moet laat uitkry om die ratkas uit "Park" te haal. My C200 wat se battery gedurig pap is van te min ry, moes die Merc mense maar uitkom. Ek of die tegnikus (kan nie onthou nie) het iets gedoen en die "Park" het ook daar vas gesteek. Die tegnikus het net die dop bo die rathefboom afgehaal en daar iets gedoen (kon nie sien nie) en sommer vinnig die "Park" storie reg gekry.
Grootkoos gee die regte raad dat die Renault mense die kar regkry en olie ingooi, eerder dit voor jy agterna gaan huil met die "backyard mechanics", 'n persoon wat nie weet wat hy doen nie. Daar is wel van hulle wat weet wat hulle doen.
Wat gaan 'n insleepdiens jou kos? Vind eers uit wat hulle vra, en jy mag dalk verbaas wees dat Renault mense se uitroep koste nie so baie sal wees nie. Hulle kom gooi die olie vinniger in as wat ons dink en kry die Renault vinnig uit "Park" uit. Renault het in elk geval die regte gereedskap vir die regte werk. Maar pasop dat die Reault mense dalk gaan uitkom en se' dat die kar in elk geval ingesleep moet word sodat hulle die olie daar ingooi. Dan gaan dit jou uitroep kostes en weer manneure in werkswinkel kos en nog die insleep se kostes. Dan gaan jy defnitief onnodig hoes...geld hoes. Vat dit kalm en vind uit wat kos die gereedskap, jou brandstof wat jy gaan gebruik ens. Dit gaan mooi finansiele uitwerkings wees om op te weeg wat gaan die beste uitwerk. Samestelling....insleepdienste....uitroepkoste....manneure in werkswinkel....of uit te vind hoe kan jy dit doen.
Ongelukkig het die kar in "Park" vas gesteek anders kon jy net na die Renault mense gery het, vir hulle gevra het om jou te wys waar die olie ingegooi word en hoeveel.
Die gereedskap wat jy soek word "Torx" genoem, die wat ek gebruik word met 'n "Rachet" gebruik en 'n stel by Shrew Man gekoop.
Dit is natuurlik maklik om hier te skryf kry die Renault mense uit te kry, doen dit of doen dat. Maar wanneer mens na jou sak kyk is dit nie altyd moontlik nie.
Hoop jy kom reg met die minste uitgawes.
Andre,
Ek het vanmore so lank getik aan die skrywe van te veel onderbrekings tussenin.
Intussen het Jan wat 'n tegnikus is, het die werklike antwoord vir jou gegee.
Jisterday! Julle ouens is dorings! En dit is nou wraggies in goie bedoelings geskryf!
Ek het jul raad gevolg en mammie het gisteroggend begin rondbel hier in Bloemfontein, en ons het uitgekom by 'n persoon wat nou sy eie motorherstelagentskap het. Die naam is foneties net soos mens die Fransman se naam in Afrikaans sou skryf.
Die man was hiper vriendelik en het ons tuis kom besoek, en ek kon sy simpatie aanvoel - 'n blinde sou dit sweer sekerlik ook kon meet! Hy het die ou Renaultjie vir die eerste keer aan die gang gesit [ge-start] en my die verekering gegee dat ons ou karretjie darem nie te min ratkasolie oor het nie.
Ons het vanoggend die ou Franse dingetjie ingery na Julius toe, maar dit was teen 'n prys. Hulle moes die sintetiese olie gaan uitkoop by die handelaar. Ek het op die koop toe maar ook die vonkproppe, lugfilter, oliefilter, olie, agterbrieke en petrolfilter gedoen - alles teen R 1800.
Eind goed - als goed. Ek voel erg beneuk, want ek wou maar net op 'n luilekker middag saam met my seun mammie se motor se olie aftap en filter opgesit het. en daar druk die duiwel sy poot oor alles.....
Baie dankie aan almal se raat en raad. Ek waardeer almal se insette. Dit wys weereens dat kampers mense is in 'n liga van hul eie. 100 % uitstekend!
Andre,
Dit is verblydend dat julle by die regte persoon uitgekom het en sonder enige skade reg gehelp is. Jy moet eintlik nie teleurgesteld of kwaad wees nie, want so was daar weer 'n besturing om iemand te ontmoet vir die toekoms wat puik werk verrig.. Sodoende is dit weer vir die persoon ook 'n positiewe aanvulling van inkomste agv. die ekonomie, want dalk stuur jy nog iemand na hom toe.
Wees nogtans bly oor wat gebeur het dit want by die Renault agente kon jy baie meer as R1800 betaal het, sonder die ekstra diens wat nou ook nou gedoen is.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Gypsey King
- Johan Coetsee
- Airbus
- Eddie Rabie
- thysvt
- sakkie mynhardt
- chris dupreez






.jpg)
Môre anner Andre,
Makker ek weet hoe daai gevoel van mistroostigheid 'n man kan pak as jy iets halfpad gevoer het en dan nie meer vorentoe kan nie.
Is daai sterretjie socket waarvan jy praat nie 'n "multi spline socket" nie. Die Duitsers gebruik dit ook redelik baie. Mens kry hulle enkel te koop by die meeste motor onderdele handelaars.
Ek weet ongelukkig boggerall van daai nuwer Franse af en dink meestal hulle ontwerp so moedswillig dat jy nie self aan hulle produkte KAN werk nie.
Sterkte - ek hoop hier is maters wat kan help