Haak hom, man!
Haak hom, man!
Dis irriterend om elke nou en dan eenbeentjie te spring wanneer jou voet aan ’n verlengingskoord onder die stoeptent vashaak.
Dit klink na `n goeie plan, dan kan jy nie struikel en van die vrou se kant af hoor jy het te veel gedrink nie. ha ha ha 
Ek dink die storthakie idee is fantasties!!!
groete
willie
Ek le gewoonlik die draad teenaan my tent se kant dan teen die tentpaal tot bo. Nog nooit geval nie maar ek dink ook die hakkies idee is puik.
Ag wat. Die vallery is seker ook maar deel van kamp net soos die wind en die reen.
Nou toe nou, wat n briljante idee! Dis gewoonlik die klein probleemtjies wat n mens kan klaar maak.
Ek gaan sommer vandag vir my stort gordyn hakkies koop, dankie vir die wenk.
Groenies
Dit klink na `n goeie plan, dan kan jy nie struikel en van die vrou se kant af hoor jy het te veel gedrink nie. ha ha ha 
Stem!
My stort hakkies is permanent in die Wa. Dit werk soos `n droom vir binne en buite die tent.
Ek maak alles vas met cable ties en het gewoonlik so drie pakkies van verskillende groottes in die karavaan.
As ek klaar gekamp het, knip ek dit af en gooi in die vuilgoed drom, nie op die site nie.
Piet, dagsê, ek het ook die kabelstroppe wat ek soms gebruik, maar het van hierdie groen plastiek met die draad binne-in op die rolletjie met metaal afknippertjie aan eek kant, man, daai goed werk nou ook lekker, en ek het al vann hulle tot so lank as twee jaar al, word gefreeld gebruik, en is baie goedkoper as die kabelstroppe, omdat jy dit hergebruik. Vernaamlik soos om die kragkabels uit die pad te kry en jy net aan tentpaal wil vasmaak, werk dit uitstekend. Waar jy egter iets stweig wil vasmaak, is die kabelstrop natuurlik "nommer een". Ek glo nie daaraan om kragkabels op die grond te laat lê nie, vernaamlik as dit nat is.
Altyd egte kampgroete.
Frans
Die stort hakkies werk wonderlik en dit lyk netjies en jy kan dit binne en buite gebruik. Myne bly permanent in die wa in 'n ammo kis saam met die ligte en verlengkoorde so niemand kan 'n blink idee kry om hulle elders te gaan gebruik nie.
Groetnis
Coenels
More Almal.
Ek gebruik die Velcro Kabel Straps-Jy kan hulle oor en oor gebruik en ook vir ander gebruike-soos die Kabel bymekaar hou as jy dit op gerol het.
http://www.velcro.com/index.php?page=consumer-products-straps-and-organization-one-wrap
Jy kry ook die Tesa Produk by Builder Warehouse wat goedkoper is, maar net sulke goeie kwaliteit is:
http://www.tesa-velcro.com/eng/products/bundling#
kyk op die links hierbo, daar is baie verskillende soorte.
Ek het ook om elke tent tou een-as jy die tou op gerol het maak ek hom vas met een van hulle.
Groete.
Hugo
Ek het ook die stort hakkie konsep gesien, maar gebruik die golf handoek plastiek hakkies.
Die ouens wat golf speel sal heelwat van hulle he, ek het so 10 wat permanent in die karavaan is vir wanneer ons Des alles opslaan.
Werk baie lekker!
Groete
BOB
Ek gebruik niks nie en tel net my voete op as ek loop, wanneer ek onder die prop is werk dit beter want jy tel die voete dan hoer op. LOL. kyk gewwonlik of ek hom aan 'n boom kan hak en dan aan die wa sodat die nie pla nie , op die grond is dit maar 'n probleem. Probeer gewoonlik die kortste roete en sit vas met penne.
Ek hou van die velcro strips.
Groet
More Almal.
Ek gebruik die Velcro Kabel Straps-Jy kan hulle oor en oor gebruik en ook vir ander gebruike-soos die Kabel bymekaar hou as jy dit op gerol het.
http://www.velcro.com/index.php?page=consumer-products-straps-and-organization-one-wrap
Jy kry ook die Tesa Produk by Builder Warehouse wat goedkoper is, maar net sulke goeie kwaliteit is:
http://www.tesa-velcro.com/eng/products/bundling#
kyk op die links hierbo, daar is baie verskillende soorte.
Ek het ook om elke tent tou een-as jy die tou op gerol het maak ek hom vas met een van hulle.
Groete.
Hugo
@Hugo,
Dankie,
Ek het gekry en het toe sommer twee 5m rolletjies (Velcro) gekoop. Gaan dit toets met die volgende kamp, maar intussen het een van my Tegnici 'n beter gebruik daarvoor gesien.
Hy gebruik dit nou om al die drade by die rekenaars netjies vas te bind en dit maak maklik weer los as jy iets moet vervang.
Groete
Piet
Oom Hennie...vrek jy bly maar 'n NAR!!!!!!
Hennie, LMGA oor die voete hoger optel as man dop in het, maar aan die ander kant is daar dan weer soveel meer "onsigbare gate" waarheen ou terugkeer as jy die voet neersit!!!!!!, Dis hoekom dit beter is om maar altyd half kruppel te loop!!!! dit het geweldig baie voordele!!! behalwe soos jy seg almal wil net altyd help kampopslaan uit jammerte, maar as jy dan so kort-kort "in gat trap" wat onafwendbaar is as man onder die prop is, gaan niemand dit agterkom nie, want jy "is mos dan nou kruppel"!!!!!!!
Lekker kamp julle, los of vas met velcro, cable tie, of waarmee ook al, as jy val dan val jy!!!!!
Altyd egte "struikel vrye" kampgroete.
Frans
Die lewe is 'n lied en as ons saam sing is dit lekker, Die stroppe en vasmaak goete het ook maar nadele as jy die dag haastig raak en vinnig moet oppak. Gooi die goed oral in en dan is dit weer die soek as jy kamp opslaan. nou dink ek so, kan dit nie vasgeplak word nie en dan is dit mos altyd op die plek waar hy nodig is.
Groete
Hennie,
As ek oppak vat dit langer as die afpak!
Elke ding het sy plek, want as ek weer wil gaan kamp wil ek nie soek nie. Ek doen ook alles klaar voor ek ry, ek wil nie by die huis nog sukkel met die uitsort van kampgoed nie, want dan raak ek lus vir teruggaan en verder kamp!
Groete
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Hendrik Craukamp
- Christo de Wit
- MarkP
- Len Loader
- JC
- Berno Punt
- Rinus Lisse
- Gustav
- Gyfie
- Pieter Rheeder
- Morris
- Stalkersa
- WilleWillemien
- Footloose
- Wingnut
- Perdeby
- Hennievr
- RATEL
- Anton le Roux
- Andre Beyleveld
- dracoza
- Ski
- Obie
- WilSur





.jpg)




Dis hoekom ek twee grondseile gebruik. Sit eers een neer dan die verlengkoorde tot waar hulle moet wees en dan die tweede seil bo-oor. Alles bly netjies en die koorde bly ook skoon.