Ellies Portable Caravan Sattelite Dish
Nuwe forum onderwerpe
Ons gebruik een. Ons het 'n elektroniese seinvinder wat die seinsterkte met 'n naald op 'n skaal asook 'n geskrou aandui, gekoop, want die toestelletjie wat in jou ore skrou werk nie gaaf nie. Ek het die skottel vasgeskroef aan 'n tuinvurk en maak hom dan iewers staan waar daar nie iets is wat die sein kan belemmer nie en stel om binne 5 minute in. Dit help om na die ander skottels in die omgewing te kyk om die rigting waarin hy moet kyk, naby aan reg te kry. Dan is dit net 'n klein verstelling om hom presies ingestel te kry.
Ek het ook een en het hom gereeld gebruik totdat ek agtergekom het my bure in woonwaparke is nie baie beindruk met die geraas wat saam met 'n televisiestel op 'n kamp plek kom nie.
Tot dan het hy elke keer baie goed gewerk en was dit nie moeilik om hom in te stel nie.
Goeie Môre,
Ek het ook n Ellis Portable Caravan Sattelite Dish asook een van die elektroniese seinvinder. Partykeer is ek gelukkig om die skottel gou in te stel en dan kry ek weer die kere dat ek dit nie in gestel kry nie en veral as daar bome in die omgewing is. Party keer vertrou ek ook nie die kompas wat saam met die stel kom nie.
So ek sal dit ook waardeer as iemand met n maklike manier vorendag kan kom om dit op te stel.
Ek het ook een gekoop en laasjaar by Gourits gebruik! Dit het baie goed gewerk, was maklik om in te stel, het eers voor die tyd gekyk in watse rigting die ander skottels wys en die skottel was gou-gou reg! Die wind kan net bietjie pla as dit hard waai, so anker hom net stewig!
.jpg)
Tjaard, ek gebruik ook een. Het ook 'n elektroniese insteller by Comet gekoop. Veral die tys van die jaar met die rugby, gaan kamp ek nie sonder hom nie. Die moeite werd.
Baie dankie vir die raad wil hom net gebruik as skoon seun ssamgaan want sonder Rugby kan hy nie klaar kom nie en dan glo ek as jy vir 2 of 3 weke staan kan dit dalk handig te pas kom
Prysgewys is Comet Karvans die goedkoopste self goedkoper as Makro en Game Outdoore ware house tussen in en die duurste is Ellies self wat dit versprei jy kan direk by hulle koop
Dankie Tjaart
Tjaart, Ek luister die manne so en hoedat hulle nie sukkel nie, maar ek sukkel! Elke 4 keer wat ek hom uitpak, pak ek hom weer 3 keer terug sonder dat ek hom ingestel kry. Ek het die oorfluitjie, die wyserfluitjie en ek kyk ook af by die reeds staande antennas voor ek begin, maar ek sukkel! Dalk gee ek te gou moed op?
Groete - Nico
Jy maak my bekomerd maar terwille van skoon seun sal ek maar seker maar moet probeer
Hou maar duim vas en hoop vir die beste
Tjaart
Hallo Tjaart,
Ons het ook so 'n skottel en het hom al baie gebruik orals in Limpopo, Gauteng en NW selfs in die Kruger wildtuin (rugby tyd) sonder probleme. Die belangrikste is om seker te maak dat daar nie bome of so iets dergliks in die pad is nie. Andersins neem dit minder as 10 minute om op te slaan en die sein in te stel.
Verseker 'n goeie produk.
Groetnis
Hi Tjaart
Ek self het 'n dish wat ek nie eers uit my wa haal as hy by die huis is nie, ek gebruik my dish elke keer as ek gaan kamp. Ek het nog nooit probleeme gehad nie en die instel is baie maklik. Gaan koop vir jou van die begin af 'n oordentlike kompas en as jy kan een van daardie digatale satfinders.
Die groot geheim is dat dit redelik oop moet wees waar jy hom wil opslaan. Ander punt is dat maak seker dat jou skottel in die rigting van 68 grade oos staan en dan moet jy maar net die ellevasie reg kry, dit is gewoonlik op so 22 graade maar dit verskil van plek tot plek ( Hoeveld en kus) as jy hom op 68 grade oos het dan kan jy maar net bietjie op en af stel dan sal jy redelike sterk sein kry.
Jy sal hoor dat jy sein kry maar daar wys niks op die tv nie, beweeg die skottel dan net bietjie na regs, daar lê twee sateliete baie naby aanmekaar.
Ek hoop die inligting sal jou keuse kan laat maak.
Groete
Allas
OP my bejaarde ouderdom hoor ek nie daai oorfluitjie mooi nie en het toe ook die elektroniese metertjie gekoop maar sukkel ook maar lekker met hom. Die geheim le daarin dat mens baie geduldig moet wees en stadig moet werk, m.a.w. draai die skottel BAIE stadig om die sein te kry.
Een keer probeer. Na 'n uur alles netjies teruggepak in die boks en nou lê die goed in die garage
Baie dankie vir al die raad gaan hom aanskaf en hoop vir die beste
Dankie Tjaart
Tjaart gaan koop sommer Chris se skottel. Die ding le net in sy pad!
Ek sukkel elke keer met ons skotteltjie - dis 'n kolametie om die ding in te stel met of sonder my meterjie - ek kry more 'n tegnikus om die ding by my huis te kom instel en hy moet vir my wys hoe dit gedoen word!
Elke keer as ons die PVR terugsit in die huis, is alles weer uitgestel!!
Ek's raad op maar na more, gaan die storie werk - hoop so!!
Ja, Skippie jy moet ons tog laat weet hoe dit gedoen moet word.Ons is moeg gesukkel, ek wil ook nie die TV en skottel by die huis los nie, want dalk kry ek hom ingestel of is daar dalk iemand wat kan help.
As die basic's reg is stel jy die skottel binne minute in.
Vir die eerste keer - die lnb (daardie wit ding voor die skottel) moet so ongeveer 4 uur wys as jy voor die skottel staan. As dit nie reg is nie gaan niks werk nie. As die gedoente werk, los hom aan die bracket anders gaan jy elke keer sukkel.
Al die drade moet gekoppel wees en die dekodeerder moet aan wees anders werk dit nie!
Kyk eers in watter rigting wys die ander skottels dit maak dit baie makliker om die sein te kry. Ek het die ding in die oor en soms sing alles dieselfde. Druk jou hand tussen die lnb en die skottel in, dis die geluid wat jy moet hoor as jy die sein het.
Ben, my probleem is die fluitjie fluit, ek draai en swaai en die geluidjie klink of dit regkom, DAN, wissel die dekodeerder van golflengte (of iets) en die hele klank verander en als klink dieselfde. Doen ek iets verkeerd?
Nico
Nico,
Was die kontrepsie al ingestel? As die lnb voor nie reg is nie gaan niks werk nie.
Ek sukkel ook nie. Kyk in watter rigting is die ander wat reeds die sein gekry het. Hou jou "stand" so laag moontlik op die grond, diet help as die wind waai. Ek het 'n "decoder" vir die karavaan gekoop en permanent ge installeer, dan volg ek so
- Sit die kaart in as die skottel +- in die rigting is.
- Skakel die TV aan.
- skakel die "decoder" aan.
- Neem plaasing agter die skottel en luister na die gehoorstuk se toon.
- Draai die skottel met klein bewegings to jy hoor die gesuis (hoe höer die noot hoe nader is jy.
- MOET NIE DIE "decoder" STEL OM TE SIEN WAT-IS-WAT NIE
- Iemand kan die TV dophou en sê as die "decoder" iets begin opvang.
- Sodra daar beeld is kan jy die TV stel om die sein sterkte te kan sien en dan as jy wil verder te stel om die sein te verbeter.
- Sodra ek KykNet kry weet ek hy is reg.
Willem
Re: "MOET NIE DIE DECODER STEL OM TE SIEN WAT IS WAT NIE"
My vraag is: maak ek dan 'n fout om na "menu" op die decoder te gaan om te sien wat die "signal quality "is? Die "sigal strengh" kry ek so op 45% maar die "quality" bly op 0%.
Die ander Nico
Ben, ja hy was al ingestel ('n paar keer) maar meestal gee ek moed op. My probleem is die fluitjie wat gedurig wissel afhangende op watter golglengtes die dekodeerder "search".
Volgende keer nooi ek jou en Willem om saam met my te gaan kamp!
Groete - Nico
Daai oorstuk fluitjie van my le iewers op die boden van die Olifantsrivier. Hy het net een toon bly gee en ek het hom in die rivier gesmyt. Vir my die een met die meter gekoop by Comet. Werk soos 'n bom.
Ek het ook die metertjie maar sukkel steeds. Ek het al julle advies geprint en gaan in my agterplaas die naweek julle raad uitprobeer. Willem, ek sien jy nie op die forum nie, sal volgende week graag jou antwoord op my vraag wil hoor want ek dink dit is waar ek die groot fout maak
Lekker naweek almal
Nico en aan almal,
Ons was Junie maand in Shingwedzi en daar het ons langs 'n oompie en tante gekamp wat al vir meer as n jaar daar woon. Die oom stel almal se skottels en TV's reg in die kamp, tot die plaaslike bevolking en hul TV's.
Ek het my stel uitgepak om in gestel te kry vir die groot ronde bal wereld beker stryde. Kyk maar ek sukkel en ek sukkel terwyl die oom na my so met 1 oog kyk en so skelmpies in sy mou lag so asof hy vir homself sê "die arme @#$% kom ek gaan help hom so bietjie".
Tante staan ook nader om na die TV binne die tent te kyk of daar beeld kom en die oom is buite besig om die skottel stadig stadig links en regs te beweeg, hy wag natuurlik vir die STOP STOP DAARS SEIN skel van tante. Man dit het so 10 minute gevat toe het ons sein.
Ek vra toe wat moet die TV wys, moet ek op die menu gaan om na die "signal strenght" en "quality" te kyk of moet ek hom los op die swart skerm met die wit geskryf in die middel. Sy antwoord was los hom op die swart skerm en los die remote, daar sal n beeld verskyn as daar sein is en moenie Multichoice bel om n sekere frekwensie of stasies te kry nie.
Ok mense, ek het daai mannetjie wat homself die tegnikus noem hier gehad en ons het die klein skotteltjie opgestel op 'n vurk, laag op die grond en die PVR uit die huis uit gehaal en die karavaan TV staan gemaak en die lot opgekoppel.
Hy het my toe gewys wat om met my metertjie te maak (Gekoppel tussen die PVR en die LNB - oog van die skottel). Ons het rigting gevat met die huis skottel en probeer sein kry. Hy het my LNB afgehaal en 'n Elsat LNB opgesit - gou het ons die sein gekry. Jy stel jou metertjie op 9 en beweeg jou skottel op en af/links en regs - sodra die naald op beweeg en die seinharder skreeu draai jy hom af na 6 of 5 toe en dan doen jy weer dieselfde todat jy jou beste sein het.
Dit sien jy op jou TV skerm as jy ingestel is op "signal quality "en "sigal strengh" - die kwaliteit moet ongeveer 100% wees en die sein so tussen 45 en 70%. Daar was 'n verskil van 20 % tussen die twee LNB's en in die huis was hy op 77%!
Die ander trick is as jy die RCA kabeltjie (Rooi, Wit en Geel ) gebruik stel jy niks op jou TV nie! As jy die Co-Ex kabel gebruik moet jy die &^%$ verander na ENABEL en nie DISABEL nie!
Ek het die verstellings gemerk met 'n permanente merker op die Skotteltjie en ek gaan nie weer sukkel nie - ek gaan ook een van daai Elsat LNB's koop vir 'n spaar.
RAAI WAT..........TOE ONTHOU EK EK HET MOS 'N SKOTTEL OP DIE FLEEDWOOD WAT MAKLIK KAN INSTEL - WAT WIL JY NOU MEER!!?
HIERDIE IS VIR JULLE ANDER OUENS WAT SUKKEL SOOS KLEIN HONDJIES EN LAND ROVERS!
Dankie almal, sal jul Maandag laat weet hoe ek gevaar het
More almal
Rowwe naweek gehad en kon nie by die proeflopie uitkom nie.
Nico Oberholzer,
Jammer ek kom nou eers terug, ja dit is reg los die TV en die "remote" net soos wat die oom vir Thomas gesê het. "Sy antwoord was los hom op die swart skerm en los die remote, daar sal n beeld verskyn...."
My LNB bly is sy klamp, so ek stel net die op-af en links-regs.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Johan Coetsee
- Gypsey King
- Airbus
- Eddie Rabie
- thysvt
- sakkie mynhardt
- chris dupreez
- Eddie Laing






(2).jpg)











"n Maat van my het een. Hy gebruik een van daai oor toestelletjies wat jy koppel tussen die skottel en die dekodeerder wat 'n skerp toon klank gee as die skottel in die regte rigting gerig word.
Dit het hom 'n tydtjie geneem om die stelsel se werking gewoond te raak, maar kry die klein skottel in minder as 10 min ingestel. Hy het nog geen indikasie gegee dat die klein skottel nie werk nie.
Daar is dalk mense wat meer direkte info kan gee, ek self kyk nie TV as ek gaan kamp nie.
Leon