Draai oop die koelte! | Lugreëling vir jou karavaan

Piet Pompies
Groentjie
Aangesluit: 30/05/2010
Inskrywings: 50
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Draai oop die koelte! | Lugreëling vir jou karavaan
Hoe maak jy wanneer ’n kampplek nie ’n swembad vir die warm dae het nie? Wel, het jy al ooit lugreëling oorweeg?

Tokkie

Laat daar vrede in julle harte wees en mag die ds. jou met benyding vermaan!

Piet Pompies
Groentjie
Aangesluit: 30/05/2010
Inskrywings: 50
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ek saam met daai ander ou in die vorige Wegsleep i.v.m mobile lugreelaar.

Ek gebruik myne selfs in die tent en het goed gewerk in ST lucia. Die tent was heel koel elke dag, ape het dit ook geniet en selfs as toilet gebruik.

Die enigste probleem is om dit tydens vervoer regop en stil te hou(het wieletjies)

Bind myne maar met tou vas.

PP (kort vir Piet Pompies)

 

Tokkie

Laat daar vrede in julle harte wees en mag die ds. jou met benyding vermaan!

Piet Pompies
Groentjie
Aangesluit: 30/05/2010
Inskrywings: 50
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ek saam met daai ander ou in die vorige Wegsleep i.v.m mobile lugreelaar.

Ek gebruik myne selfs in die tent en het goed gewerk in ST lucia. Die tent was heel koel elke dag, ape het dit ook geniet en selfs as toilet gebruik.

Die enigste probleem is om dit tydens vervoer regop en stil te hou(het wieletjies)

Bind myne maar met tou vas.

PP (kort vir Piet Pompies)

 

Tokkie

Laat daar vrede in julle harte wees en mag die ds. jou met benyding vermaan!

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

Ek het so amper 'n maand terug klaar gemaak om my split unit intebou in my wa in, manne hy werk puik ons het hom deur die dag gebruik as ons warm kry, en in die aand as dit bietjie koel raak het ons hom ook aan gesit om die wa warm te maak.

Ek het ook so mobile unit wat ek nou uit gehaal het, hy was nie vir my so effektief soos die split unit nie, as dit werklik warm is sukkel hy maar om die wa aftekoel, hy het ook die warm maak funksie in. Hy staan nou huidiglik in die pak kammer by die huis.

 

Groete

Albert van Tonder

Francois Hattingh
Groentjie
Aangesluit: 25/07/2010
Inskrywings: 44
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bloemfontein

Ek het sopas 'n Conquerer Commander gekoop.Ek gaan die September vakansie Kruger Wildtuin toe,en ek dink dit gaan so bietjie warm wees in die wa.

Kan enige iemand my miskien raad gee,of ek wel 'n lugreelaar in die wa sal kan installeer,indien nie wat ander opsies is daar?

Bloemfontein groete

Francois

 

Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Hallo al julle lugverkoeldes

Ek wil self ook graag vir my die geriefie inbou, maar wil nie graag die neuskas se pakplek opoffer nie.

My idee is om 'n towbar aan die wa te installeer om dit dan as 'n bracket te gebruik waaraan die buitenste deel van die splitunit vasgeheg kan word. Het iemand dit dalk al gedoen?

Help my dink aan nadele wat so 'n installasie teweeg kan bring. 

Groetnis 

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Hallo Gideon.

Ek wil ook graag een laat insit, maar wil ook nie die neusspasie inboet nie.

In Europa het hulle die oplossing.

Gelukkig raak dit in Suid Afrika nie so warm soos in Europa nie, so CI het nog nie die nodigheid ingesien om die goed standaard te laat installeer nie.

http://www.trumauk.com/products-airconditioning-sapphirevario.asp?jid=38&jStart=0&jsearch=&jorder=&jprod=&jseries=&jname=

The Sapphire Vario is the only air conditioning unit in the world that can be installed in the false floor of a variety of motorhomes thanks to its installation height of only 20cm.

Also operated by remote control (pictured) the easy use will make your holiday, more comfortable and enjoyable than ever before.

Part Number:

44060-01 - Sapphire Vario, including standard installation kit

Key Features:

• Suitable for false floored motorhomes (low installation height)
• Low energy consumption
• Lightweight
• Can be used overnight with built in sleep mode and whilst driving with TG 1000 sinus power inverter.
• Compactly fitted and installed out of the way in storage unit. Meaning no unnecessary cutting in the roof of your vehicle

Technical Information:

Power Settings                                                      1                   2                     3
Cooling Power                                                    600 W          1500 W           2000 W
Power Consumption (230 V)                              1.7 A            3.0 A               4.4 A
Power consumption (12 V)                                 34 A             60 A                  -

 

Power supply:                230 V – 240 V, 50Hz
                                       12 V with TG 1000 sinus
Start-up current:             20 A (150 ms)
Weight:                           27KG 

Installing your Sapphire air conditioning unit

Installation of your Sapphire air conditioning unit is very important to ensure that it meets your needs!

STEP 1: Your Requirement  

You should base your choice of air conditioning unit on the following considerations:

• The size of the internal volume of your vehicle
• The warmer and more humid the outside climate
• The less shade there is on the vehicle.
• The higher the cooling performance that you will require to ensure a pleasant climate inside your vehicle.

STEP 2: Product Selection

You can select between three systems, depending on your vehicle and individual air conditioning requirement:

• Sapphire Compact
• Sapphire Comfort
• Sapphire Vario

STEP 3: Deciding on Installation and matching our product with your requirement

By creating a custom air distribution installation, you will be able to enjoy your ideal personal climate inside your vehicle. It is simple at point of installation to ensure that the outlets of your cool air are placed where you want and used when you want!  Please see some installation suggestions below.

Eco Solution.  For an all round cooling and pleasant indoor climate.

This solution is ideal for pre-cooling your vehicle so that you can be sure of a good nights sleep even on a warm summer night.

  Comfort Solution. Refreshing coolness wherever you are.

The air is emitted upwards and then sinks naturally to the floor.  This means that it is able to cool the vehicle interior without any draughts.  Furthermore, the air is distributed in three different directions, ensuring you can feel fresh all over the interior of your vehicle.

 

Luxury Solution. For maximum comfort during the day and night.

This system allows you to individually supply cool air to the living and sleeping areas.  By using adjustable outlets, you are free to decide how much cool, clean air you wish to have within each area of your vehicle.

  

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Mona
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2419
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ermelo
Ek sleep 'n '94 Sprite Super Sport met 'n 2010 voor die "face lift" Toyota Corolla 1.6

Ja Flip Europa is vrek warmer as wat dit ooit hier sal wees.

Dit lyk nogal na 'n baie oulike iedee, skryf in vir die wegsleep kompitisie met so idee dalk wen jy.

Morné

Earth laughs in flowers

Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Sal baie gaaf wees as CI dit vir ons kan doen, MAAR:

soos wat hulle werk lyk sal ek bang wees die ding rattle los. Hulle ou skroefies is mos maar nie so helemal up-to-date nie. Dan lê die ding dalk iewers in die middel van die hiway as ek oppad Scottburgh toe sleep , iemand foeter oor die ding met sy platkar dan moet ek nog die ok pitaal.

Gan ma liewerster self plan sien, ou Flip.

Dit sou wel gaaf gewees het om die stelsel wat jy ons wys as DIY kit te kon koop. Wonner wat is die moontlikheid om dit in te voer?

Groetnis

Francois Hattingh
Groentjie
Aangesluit: 25/07/2010
Inskrywings: 44
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bloemfontein

Ek het raad nodig asb.

Ek het 'n Conqueror Commander en gaan die somer kamp in die Kruger Wildtuin.

Ek kyk daarna om 'n "portable" Vegas 12000 BTU warm en koud lugversorger te koop.

 

Is dit die moeite werd of moet ek maar los?

 

Raad asb.

 

Groete

 

Francois

 

woodyman
Nuweling
Aangesluit: 19/09/2010
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bloemfontein

Ek sit nog tussen die boom en die bas oor waar ek die lugreeling moet insit...agter of voor in die neuskas. Die een ou sê so en die ander sê so. Ek wil dit graag in die neuskas sit, nou wil ek net by die uitvind wat dit in die neuskas het of die ventelasie goed genoeg is al is die neuskas oop.Ek sleep 'n 2006 Penta.

bertusb
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 533
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg

My 2007 Penta se aircon is in die neuskas ingebou en daar is meer as genoeg ventilasie wanneer die klap oop is

Sleep niks met 'n 2004 Toyota Hilux 2700i d/k

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Ons het ook 'n 2007 Classique emt 'n "Air-Con" in die neus, die "Air-Con" se waaier (almal doen dit) waai baie plat m.a.w. die waaier waai die lug plat na die kante toe en ek het gevind dan surkileur die warm lug.  Ek het eendag by ander gesien hulle het so spiraal blink pyp wat die lug weg help, ek het vir my die kous gemaak en nou werk hy baie beter.

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Daardie is baie goeie plan Willem. Ek gaan verseker kyk vir so n tipe kous, aangesien dit al gebeur het dat my a/c afsit a.g.v. te min ventilasie in die neus kas op n baie warm dag.

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

PlaasJapie
Groentjie
Aangesluit: 28/05/2010
Inskrywings: 19
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Eish, daai Sapphire Vario Aircon is duur.  Ek het hom op 'special' gesien in die Britse kolonies vir "Sale Price: £1,540.94£1,463.89"
 

Eben

1996 Penta Heartbeat gesleep deur 'n 2006 Chrysler Voyager 3.3L

 

PlaasJapie
Groentjie
Aangesluit: 28/05/2010
Inskrywings: 19
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Eben

1996 Penta Heartbeat gesleep deur 'n 2006 Chrysler Voyager 3.3L

 

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

Hi daar

Ek sien daar is van julle manne wat wonder waar om die outdoor unit te sit, hoekom oorweeg julle nie die opsie om hom los te laat staan nie, met ander woorde hy staan op sy eie bracket heeltemal buite die neuskas of agter die wa net waar jy wil.

Jy het nou die opsie om hom met quick couplers te doen, so jy ry die unit agter in jou bakkie of wat jy ook al mee sleep saam, kom by die kamp plek haal hom uit en koppel jou quick coupler pype op. So die keuse is joune waar jy hom wil sit, hy kan langs jou a-frame stann op die grond as dit moet. 

As ek nou installasies doen vir die manne is dit een van die opsies wat ek gee.

Groete

Allas

 

Groete

Albert van Tonder

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Ek het die naweek die tipe instellasie raakgeloop, en dink dat dit n briljante plan is. Daar is verseker voor en nadele, maar tog is hierdie n opsie om te oorweeg. Mens kry vandag nog van die "window rattelers" selfs nuut te koop, en die vasmaak en sny van die bord kan nie te veel moeite wees nie. Hierdie instellasie was in n feitlik nuwe Penta, en langs hom het dieselfde Palma gestaan met presies dieselfde a/c.

 

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

Antonvk
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 11
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg

Hallo almal

Man, ek het al alles probeer, die boks tipe onder die bed, die split unit in die neuskas, als.  Nie alles werk so maklik nie en ek het al baie geleer.  Die volgende is 'n paar punte wat oorweeg moet word:

1.  Daar moet genoeg ventilasie vir die eenheid wees om koel lug in te suig en die warm lug uit te blaas.  Indien hierdie "opening" dieselfde opening is, soos in 'n neuskas of 'n gat in die vloer,  word die lug gemeng en werk die eenheid nie effektief nie.  Om dan die lug te "stuur" in sekere rigtings met foelie kouse lyk nie net sleg nie maar help nie baie nie.  Die eenheid buite se insuig areas is langs en agter die eenheid en uitblaas area is voor.

2.  Ek het 'n "split unit" in die neuskas gehad maar ongelukkig is die gedreun van die eenheid teenaan my kopenend van die bed, wat soms irriterend kan wees.  'n Mens verloor ook baie pakspasie in die neuskas.  Die neuskas moet heeltyd oop wees as die lugversorger aangesit word.  As dit reen, reen dit in.  As dit aangesit moet word en die neuskas was deur die nag toe, dan moet jy met jou PT broekie uitglip en die kas gaan oopmaak.

3.  Om 'n los eenheid te installeer is moeilik, want voordat die pype gekoppel of ontkoppel word, moet die gas teruggepomp word in die kompressor in.  Hierdie is 'n stadige, noukeurige werk wat tyd en kennis benodig, wat nie elke ou het nie.

4.  Wat betref die krag van die aircon.  Dit het baie stroom nodig om te begin en die kompressor aan te skakel.  Maak seker dat die eenheid behoorlik af- en aangeskakel word en sit dit eerste aan.  Sodra dit werk, skakel dan die ander elektroniese toerusting aan.  Wees slim en moenie bv. die aircon, ketel en toaster gelyk aanskakel nie, die krag gaan trip.

Ek het my eenheid uit die neuskas gehaal en agter laat installeer.  Dit is stewig, uit die pad, het genoeg ventilasie, raas aan die ander kant, maak my neuskas leeg en werk steeds. Neem in ag as jy te min amps het soos by party kampeerplekke, gaan jy sukkel.  As dit die geval is, skakel ek die yskas na gas toe en kook water op die stoof, etc.  Maak maar 'n plan gebasseer op die behoefte.  Hier is 'n paar fotos.

VOOR: In die neuskas

TYDENS : Met foelie tonnel

NA:  Buite

Groete

Anton

PlaasJapie
Groentjie
Aangesluit: 28/05/2010
Inskrywings: 19
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hier is 'n nuwe oplossing.  Weet nog nie wat die pryse is nie maar dit lyk belowend:

http://www.telair.co.za/ac%20silent%207300H.htm

 

Eben

1996 Penta Heartbeat gesleep deur 'n 2006 Chrysler Voyager 3.3L

 

PlaasJapie
Groentjie
Aangesluit: 28/05/2010
Inskrywings: 19
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Yes no well fine....

Ek het die pryslys gekry - nog iemand wat nie lekker voel nie.

2010 price list

This price list is valid from 01 January 2010 to 31 December 2010, or until otherwise notified,

Code Description Colour Retail excl VAT Retail incl VAT

AUTOMATIC SILENT AIR CONDITIONERS WITH

HEAT PUMP,

For roof mounting

R0002308 TELAIR SILENT 5300H A/Cwith heat pump, 5.300 BTU White R 16,475.00 R 18,781.50

R0002291 TELAIR SILENT 7300H A/Cwith heat pump, 7.200 BTU White R 17,950.00 R 20,463.00

R0002253 TELAIR SILENT12000H A/Cwith heat pump , 10.950BTU White R 20,954.00 R 23,887.56

Eben

1996 Penta Heartbeat gesleep deur 'n 2006 Chrysler Voyager 3.3L

 

Boats
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2155
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2010 Jurgens Classique met 'n 2010 Toyota Fortuner

Jojojo Willem en Anton. Ek het my karavaan nou eers 'n maand en nog net twee keer gebruik. Ek het dieselfde setup soos julle maar het nog nie ondervind dat daar 'n hitte probleem is nie. Anton, ek het dieselfde unit as jy in. Is julle regtig ernstig oor die snorkel of slurpie hier voor in die neus?

Die enigste aanpassing wat ek nou het is dat die spaarwiel apart vervoer moet word. Die Tuner het genoeg plak daarvoor.

 Sleep groete my Vriende - Pieter en Erika Botha

 

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 222
Gebruiker van lyn af.

My lugversorger sit ook in die neuskas. Dit werk baie goed veral aangesien die installeerder gate aan die onderkant van die neuskas gemaak het om te verseker dat die ding genoeg ventilasie het. Die gate het natuurlik 'n siffie oor om seker te maak goed val nie uit  deur die gate nie

Die bed van my Palma is ook agter met die gevolg dat die aan en afskakel van die eenheid nie pla nie.

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Boats ek moet se dat ek een jaar in limpopo gesukkel het met nie genoeg ventilasie nie. My buite eenheid sit ook in die neuskas. Wat gebeur is die temp in die neuskas raak oor 40grade, en dan skakel die a/c af.

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Anton

Kan jy dalk vir my sê wie die raam agter op jou wa gebou het?

Ek wil in die volgende week of twee vir my wa 'n a/c laat installeer, en die idee van die buite deel agterop die wa lyk nog altyd vir my na die beste opsie.

Groete 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Dit lyk nou alles bakgat julle!

Maar ek stoei nogsteeds met die volgende:

Ons was by Klein Paradys en dit was so 36 grade in Februarie. Selfs onder die boom is dit vrek warm. Gaan sit mens nou binne in die wa met die vensters en deure toe vir die koeligheid van die a/c?

Die mobiele eenhede kan mens seker in die tent ook gebruik.

 

Wonder maar net groete,

Jacques


 

Antonvk
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 11
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg

Hallo almal

Gideon, ek het na my plaaslike Ingeneurs Stainless Steel sweiswerke gegaan, en saam het ons maar gemeet en gepas.  Enige ou wat sy sout werd is en kan sweis sal dit kan doen.  My spaarwiel pas mooi onder die bed in en word minder gebruik as die lugversorger en ander items in die neuskas.  Dis ook uit die pad uit.

Jacques, ek gebruik hoofsaaklik die lugversorger om lekkerder te kan slaap in die nag as ander mense, want dan is die karavaan heerlik koel sonder enige oop en toemaak van vensters en ventilasie gate.  Dit help natuurlik as jy in die wildtuin terugkom van 'n uitstappie, iets te ete wil maak en 'n koel middagslapie wil vang.  Dis nogal bevange!

Groete en Vrede!!

Anton

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Mmmm, ok in daai geval beslis gaaf Anton!!  

 

Groete,

Jacques

 


 

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Ek het ook gister probeer antwoord, maar het na verskye kere moed opgegee.

Jacques, met nuwe baba wat amper daar is, en gereeld deur die dag moet slaap, is die ac n droom. Toe my seuntjie bietjie kleiner was, moes ek met hom in die kar gaan rondry, met die ac aan, sodat hy nie te ongelukkig met die wereld raak nie. Die ander ding is dat die ac tog ook die tent tot n mate verkoel, maar nou nie soos jy gewoond sal wees aan jou slaapkamer by die huis nie, hy maak net so heerlike koel briesie.

Natuurlik soos Anton se, geniet ma ook maar die koeler wa in die middag, as ek rustig op die stoep sit en n koue goue geniet.

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

 


 

Willem Cronje
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 70
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rayton

Anton

Ek het ook 'n A/C in die neus kas en tans nog nie probleme ondervind nie... wou eerder dit agter laat opsit, maar dit het geblyk uit navrae wat ek gedoen het dat die volgende probleme ondevind word:

1. Ekstra gewig agter - nou moet jy mooi pak om die ewewig reg te hou anders swaai die wa erg.

2. Die sweetslag effek op die onderstel en raam van die A/C  oor hobbels en deur gate, driwwe ens- het aanleiding gegee tot 'n sterker raam wat weer meer gewig meebring.

Het jy enige probleme ondervind wat toe te skryf is aan die boonste probleme?

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 21 gebruikers en 33 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Gyfie
  • JC
  • Pieter Rheeder
  • Morris
  • Stalkersa
  • Gustav
  • Footloose
  • MarkP
  • Berno Punt
  • Wingnut
  • Perdeby
  • Hennievr
  • RATEL
  • Anton le Roux
  • Andre Beyleveld
  • dracoza
  • WilleWillemien
  • Ski
  • Obie
  • Christo de Wit
  • WilSur

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.