Error
CI-Tour-A-Way "Restourasie"
Nuwe forum onderwerpe
Die lewe is darem vir jou vol verassings. Vrydagmiddag gaan ek en Christa om uiteindelik ons eerste karevaantjie genaamd Okkie (Dis nou omdat dit okkie 'n karevaan is nie maar okkie 'n tent is nie). Gisteroggend is ons vol brawade oppad na skoonpa hulle toe omdat hier 'n groot genoeg staanplek is om die tente te kan opslaan. Erg in ons noppies slaan ons die tente met ywer op. Soos ons geweet het moet daar 'n paar stukkies werk aan die tent bo op die karevaan gedoen word, die is immers 32 jaar oud. Die sytent is egter so te sê splinternuut. Hy is so 2 jaar terug nuut oorgemaak en ek wonder of hy ooit opgeslaan is.
Die verassing volg toe... Omtrent die hele vloer is pap vrot. by nadere ondersoek kom ek agter dat die vloerbord sommer gewone chipbord is. Ek is regtig verbaas dat dit 32 jaar gehou het. Ek het die storie so begin kyk, en nog voor Okkie geweet het wat hom tref is al wat 'n kassie is uitgehaal en byu skoonpa hulle in 'n stoortjie gepak. Ek het nou vir my werk vir Januarie terwyl die vroumense die trou goete beplan.
Ek gaan nog baie vrae hier vra, want hier bou ek nou sommer die hele binnekant van die karevaan oor. Die stappe dink ek gaan min of meer soos volg wees:
- Strip al die kantpanele in die binnekant uit. Hulle is met klinknaels deen die bakwerk vas.
- Breek die bestaande vrot vloer uit. Ek het ook opgemerk dat die ondersteunings raamwerk vir die vloer ook van hout is, en sal ek dus moet kyk hoe dit lyk en die moontlikheid ondersoek om dalk 'n ligte metaal raamwerk in te sit.
- Ek sal dan 'n nuwe vloerbord moet insit. My gedagte is iets soos Shutterply. Builders Warehouse het nou die 18mm Shutterply borde op spesiale aanbieding wat my 'n Rand of twee kan spaar. Ek sal die bord moet afseel om te voorkom dat ek oor 'n paar jaar dieselfde moeilikheid het. Ek het gedink om Bitchimen Verf te gebruik. Iemand stel toe egter voor dat ek die onderkant eers lekker met kreosoot moet behandel voor ek Bitcimen Verf oorsit. Enige idees??
- Sodra die vloer in is wil ek graag die binnepanele vervang. Ek speel met die idee om hulle met 4 ply plyboard te vervang en met 'n mooi stain vernis af te werk. Nie ek of Christa is mal oor die plakpapier idee nie. Huidiglik is daar maisonite bord in wat geplak is.
- Ek gaan klein bietjie aan die uitleg van die karevaan verander maar hoofsaaklik gaan dit dieselfde bly. D.w.s dat ek die bestaan kas-karkaste weer net so kan terugsite en bloot maar net weer die maisonte met iets mooiers vervang.
- Iewers tussen alles deur wil ek graag voorsiening maak vir 'n kragprop of 2, maar ek sal later besluit, presies wat daar gedoen moet word.
Gisteraand so om die braaier sê ek vir skoonpa dat ek eintlik verlig is na al die gewerskaf en uithaal. Ek weet nou presies wat ek gekoop het en wat vir my voorlê. Ek is baie opgewonde en kan nie wag om volgende jaar aan die die outjie te begin werk nie. Ons het die tent afgehaal en ek vat die alsommer die week in vir kwotasis op die herstwerk daarop.
Ek sal al die fotos wat ons dussendeur geneem het plaas. Ek moet hulle net eers aflaai en kleiner maak.
Wat is die verskil tussen Marine Plywood en Shutterply?
Eerstens,marine ply is baie duurder as shutterboard.
Shutterboard word in konstruksie gebruik vir bekisting en sy samestelling is 2 lae plywood met houtblokkies wat soos 'n legkaart tussen-in le. Hy is tot 'n sekere mate waterbestand, maar moet vir langtermyngebruik verseel word.
Marineply word vir die konstruksie van bote se dekke en strukture gebruik en is effe meer waterbestand. Dit moet egter ook verseel word om kromtrekking en verwering te voorkom.
Sterkte met hierdie projek Jaco. Jou emosionele aanslag klink reg, so ek dink jy gaan baie suksesvol wees. Dis egter so dat in hierdie proses jy 'oppe' en 'affe' gaan kry ; kom gesels gerus hier en deel jou oorwinnings en frustrasies met ons. Ons gaan jou vordering met belangstelling dophou, en wees verseker van ons morele ondersteuning ook. As jy die ding reg doen en nie kortpaaie vat nie, gaan Okkie verseker vir 'n baie lang tyd deel van julle wees, en julle gaan baie goeie tye saam geniet.
Baie voorspoed !
Ek het vir myself 'n doelwit, en dit is om die naweek van 13/14 Feb 2010 met Okkie te gaan kamp. Die 12 Feb is my en Christa se 1ste herdenking en dit sal 'n goeie "maiden voyage" wees dink ek.
Die 12 Feb is my en Christa se 1ste herdenking en dit sal 'n goeie "maiden voyage" wees dink ek.
Jaco,
Jy dink nou weer baie lekkerder as wat ek gese het... 
Ou Kolle,
Vat nou maar 'n tip van die oom, jy sal nie spyt wees nie!
Eerstens sê jy dat jy die bestaande kaste se raamwerk wil gebruik, dis OK. Die goete se hoogte is so dat dit net perfek inpas by die hoogte van die karavaan voordat jy die deksel/dak opsit.
Nou hier is die probleem, as jy shutterboard gebruik gaan dit dikker wees as die bestaande vloer se hout en as jy die deksel/dak wil opsit, gaan die kaste te hoog wees!
Meet die dikte van jou bestaande vloer, dit is of 12 of 16 mm en gaan koop vir jou "Supawood" om die vloer te doen. dit is in 12 en 16mm beskikbaar en is reeds waterdig en BAIE sterker as die ander goed. Seël dit dan net deur Bitumen (teer) aan te smeer of sommer Stone Chip oor te spuit met 'n spraygun.
Op die manier sal jy vir jouself baie trane spaar. Dit is nogal moeilik om alles weer af te breek as jy so te sê klaar is omdat die kaste nou ewe skielik te hoog is!
Groete en sterkte
Piet
NS Jy kan ook by dieselfde mense 3ply kry wat oorgetrek is met 'n Vinyl lagie wat wasbaar is en baie beter lyk as ply wat ge vernis is en die prysverskil is nie so groot nie.
Hi Cheetah
Sterkte met die restourasie van Okkie, mag dit net goed gaan en as jy raad of hulp soek skreeu, sal met graagte help.
Groete
Albert
Piet,
Ek het darem seker gemaak van die speling op die kaste se hoogte. ek het meer as genoeg smasie om mee te speel. Ek het Supawood oorweeg, maar is bekommerd oor die gewigs aspek. Supawood is van nature swaarder as meeste van jou hout. Ek moet darem ook dan nou bysê dat ek nog nie 100% gaan kyk het wat die verskil in gewig is nie.
Wat die Laaghout en die vernis aanbetref, ek en Christa hou van die natuurlike hout afwerking. Ek het oorweeg om dalk te kyk na masonite bord wat 'n "houtgryn" viniel lagie oor het, maar het uitgevind dat jy dit net in wit afwerking kry. Ek het gehoop om dalk een in 'n "Natrural Oak" afwerking te kan kry, maar lyk my dat my luck daar uit is.
Naie dankie vir almal se raad sover. Ek is seker dat ek in die volgende ruk nog baie aan my aanvanklike beplanning gaan verander....
Jaco
Net die volgende na aanleiding van ons geselsie gister:
Kontak jou houthandelaar of vir Romeo. Jy behoort 'n vinielafwerking met houtgrein te kry vir jou wa. Installeer 'n 50 x 50 x 1,6mm vierkantige staalbalk in die middel van die wa oor sy lengte en sit dwarsbalke in so elke 600 tot 800mm met 40 x40 x 3mm hoek yster. Hou die grootte van die marine ply in gedagte. Dit is of 1,2 x 2,4m of 1,8 x 2,75m. Maak net seker van die hout se groot voor jy staal insweis.
Behandel al die staal met NS4 en verf dit dan met ABE Bitumen. Boor alle gate vir die vasmaak van die vloer voor jy dit verf.
Gebruik die vierkantige staalbalk vir die wa se ligte se drade en alle ander drade en toevoerpype.
Indien jy 220v toevoer gaan insit, sal die maklikste wees om 'n klein verdeelbord in te sit. Hou dit in gedagte voordat jy binnepanele insit sodat jy alle drade vir kragpunte binne die mure kan le. (Ek het tydens my Jurgens se regmaak 'n ekstra kragpunt ingesit en 'n draad gele vir toekomstige uitbreiding.)
Wat ek vergeet het om te vra: Wat is die grootte van die wiele? Indien jy dalk daaraan dink om groter wiele op te sit, moet jy die grootte van die bestaande wielboe in gedagte hou en hulle dalk vergroot om groter wiele te huisves.
Ons wag vir die beloofde fotos. Ek het telkens tydens die restourasieproses na my fotos geloer om seker te maak ek sit alles waar dit was.
Vra gerus raad, want hier is genoeg kennis om jou deur die proses te help. Alle voorspoed met die proses.
Ian - jy "worry" my! Bou ou Kolle nou die waentjie heel oor of hoekom nou die lang balk, voor na agter, en sybalke? Dit het my geklink hy sal net seker maak die struktuur het genoeg sybalke en of hy nog moet byvoeg? Of verstaan ek nou sy restorasie heel verkeerd?
Groete - Nico Pietersen
Nico,
Ek moet die vloer heeltemal oordoen omdat die vloerbord vrot is. Die ondersteuningsraam is ook in die geval van hout en ek wil dit sommer als in een slag oor doen.
Ek het onlangs werk verrig op my kravaan. Ek wou kreosote / bitumin gebruik en daarteen besluit as gevold van die stank wat dit agterlaat en alles binnedring. Ek het toe gewone en ordentilkke verf met 'n waterbasis gebruik (PVA). Later toe vind ek uit dat dit basies is wat op baie karavaane gebruikword en dit ok gelees in CO & L tydskrif.
Jaco,
Jy worry mos nou nie meer met gewig met die Nissan nie man! Gebruik Supawood dit hou BAIE langer as die ander goed en is nie so swaar nie, 16mm Supawood het dieselfde gewig as shutterboard.
Daar is 'n WoodCity tak in Pretoria en hulle hou die 3ply met vinyl afwerking aan en jy sal kan kry met oak houtgrein.
Groete
Ek het my Tour-A-Way nou 'n week. Het vandag begin om nuwe ligte agter op te sit en die bedrading oor te doen.
Groete
Stefan
Jaco,
Waar is daai Foto's
Gee my 'n lui dan kom kuier ek vir jou, sal graag wil sien wat jy doen
Jaco,
Ek kom nou eers op die draad af. Sover dit die vloer aangaan en soos Ian verduidelik het kan ek net die volgende advies by gee.
Pasop vir SHUTTERPLY. Die tipe laaghout sal in my opinie NIE goed werk vir die vloer nie. Die SHUTTERPLY se " binneste" gedeeltes is maar baie swak en nie so DIG ( density ) soos gewone PLYwood of dan Marine ply nie. Ek neem aan daar gaan baie ander strukturele houte aan die vloer vasgeheg moet word, en al jou skroewe gaan eenvoudig net nie "vat" of dalk lostrek uit die SHUTTERPLY.
Marine ply in my opinie die beste materiaal vir die werk, ( maar duur) a.g.v. sy waterdigtheidvermoee, maar sal in elk geval ook geseel moet word so dis maar jou keuse. As jou geldsake dit toelaat, gebruik maar eerder die marine Ply.
As jy gewone Ply gebruik, gaan jy in elk geval ekstra geld moet spandeer aan addisionele seelmiddels.
Bel eers die mense wat Plywood vervaardig en vind uit...daar is baie verskillende digtheid en houtsoorte wat gebruik word, almal vir 'n spesifieke doel. "Plywood is nie net plywood nie". Moet nie na 'n verkoopsman by die hardeware winkel luister nie.
Ek sal ook nie Creosehout of enige van daai taai behandelings onderaan gebruik nie, daar is baie beter produkte soos "stonechip" of goeie enamel verf vir die onderkant. Ek dink die probleem met Creosehout of bitumen is dat die goed nooit ordentelik droog word nie en ek glo die verf of stonechip sal nooit goed heg nie. Jy kry wel gewone verf wat bitumen bevat, dit is dalk ook 'n goeie idee, maak net seker die goed sal wel droog word en nie taai bly nie.
Kyk ook maar uit vir die "stonechip', soos alles is daar die Chinese weergawe en dan die beter produk.
Sterkte
Dankie vir jou inset Romeo. Ek begin komende jaar in alle erns aan die karevaan werk. Hy staan in Randburg by skoonpa hulle se huis. daar is bietjie meer spasie om aan hom te kan werk. jy is meer as welkom as jy 'n saterdag 'n oop tydjie het, daar 'n draai te kom maak. Jou insette sal baie waardeer word.
Skoonpa staan en kyk terwyl ek die tent, Pale en deksel stutte uithaal
Eerste Flap oop.
Soos wat jy die tweede flap oopmaak trek hy ook die tent se middelpaal in posisie
Net eers alles losgehaak kry wat met die vorige opvou vasgehaak het ens... Daar kan julle ook die kombuisie gedeelte sien. As die deksel gedeelte oplig is daar 'n gasstofie en 'n wasbak. Onder dit is daar 'n kassie waar daar plek vir Borede. Bekers glase ens is.
Steeds besig om alles reg te trek
Daar begin dit nou na ietsie lyk
Daar is 'n totaal van 6 teledkopiese stutte wat keer dat die dak nie bak hang nie. Hier is ek besig met van hulle
'n Raam aan leke kant gee die karevaan se tent so bietjie houding.
Skoonpa help een kant en ek is binne in, steeds besig om alles uit te figure. Let ook op muf aan die dak gedeelte. Ons vermoed die tent het natgeword terwyl die deksels toe was, en dit was 'n perfekte teelaarde vir die muf geitte gewees.
Van binne af het die tent nou sommer lekker houding
Nou is die rokkie mooi reggetrek
die tent is die grootste bargain van die hele deal. Hy is soos in splinternuut gemaak.
Binne aansig in die tent
Onsmaak venster flappe oop
Ek moet vir my pale kry vir die oorhange aan die kant van die tent.
Hier is ek besig om van die kaste aan die binnekant uit te haal
Nou watse skoef hou die ding terug....
Ek stel bekend... die vrot vloer...
Alles uit, nou kan die ons begin restoureer
Die tent is heeltemal af. Ek het ook die ligte uitgehaal omdat hulle ook vervang moet word.
Hi Cheetah, dit lyk goed man ek wens ek kan so ou wa in die hande kry om ook oor tebou, nou jeuk my hande vir bietjie karavaan werk.
Ek sê gisteraand vir Christa. Ek is baie opgewonde oor ons komende vakansie, maar ek kan nie wag om my tande in daai projek te sink nie.
Ja dit lyk goed ek wag net vir nog 'n paar mense om hulle sin oor te doen dan moet almal vir my kom help ek sal die wyn verskaf
Hi Cheetah,
Dit lyk na 'n lekker projek. Die tent lyk baie mooi.
Julle gaan so lekker kamp as hy klaar is.
Groete,
Jacques
Jacques,
Die lekker hiervan is dat Christa net so opgewonde is soos ek. ek was baie bang dat sy half negatief ingestel sou wees, omdat dit 'n ou wa is ens ens...
Sy sal nou nie so baie hard werk aan die aanvabnklike regmaak nie, maar sy het ander belangrike trou dinge om haar uit die kwaad te hou... lol
Môre jaco,
Daai Okkie lyk sommer spoggerig en as ek dink aan die gemak om so buksie te sleep maak dit mens jaloers.
Jy moet regtig skree volgende jaar met die restourasie. Ek stem 100% saam met Romeo oor die marine ply. wou nie vroeer kommentaar lewer maar dit is net beter vervaardig vir 'n spesifieke doel en daai doel is nader aan jou gebruik as bv gewone plywood of Shutter ply.
Sterkte met die proses en geniet vir ou laas die onvergenoegdheid van Chalet/woonstel vakansie.
Sal nie vergeet van die CD's maar is reeds aan die werfskaf by die huis voor ons trippie Badplaas toe.
Jaco
Ek sal graag wou help om daai wa van jou reg te ruk, maar jy is net te ver. Alle voorspoed met die uitdaging en komende handearbeid. Die bevrediging na afhandeling is iets wat onbeskryflik is. Deurdink alles sorgvuldig en stel 'n plan van aksie saam. Neem baie fotos wat jy as verwysings gaan gebruik tydens die herbou proses - jy gaan dit nodig kry.
Sterkte met die werk! Vra gerus indien jy raad of hulp nodig het.
Ian,
Ek brand om te begin werk aan hom, maar eers moet ek so bietjie by die see gaan uitspan. 
Dis reg, gaan rus uit en herlaai jou battery. Jy gaan dit nodig he om daai wa aan te vat. Dis geen ligte takie nie. Ek rus reeds by die see, en glo my, die dae van niksdoen is goed vir 'n mens se gestel en gees.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Anton le Roux
- Ebenhaeser
- Rocky
- Jacoe Bezuidenhout












Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k
Jaco
Jou beplanning lyk reg. Koop daai shutterply gerus en behandel dit aan die onderkant met kreosoot soos voorgestel en dan met bitumen. Sit ekstra staal stutte in waar jy dink dit nodig is. Hou die plasing van die bed en kaste in gedagte. Plak jou vloerbedekking voor jy begin met die kaste se terugbou. Moenie te dun novilon gebruik nie. Betaal eerder daai ekstra paar rand en koop 'n dik novilon. Sorg dat die modderskerms goed geseel is rondom die vloer. Kyk na die kaste se hout vir swelling wat waterskade sal aandui.
Jy behoort masonite te kry wat 'n ligte afwerking het en goeie afwerking behoort te gee.
Onthou om die kamera byderhand te hou en stapsgewyse fotos te neem tydens die uithaal en inbou. Ek het telkens na die fotos kom kyk terwyl ek met die herbou proses besig was om te kyk waar stutte moes inkom en waar ekstra nodig was.
Sterkte met die komende projek.