Batterylaaier of Inverter

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

Wat is die beste oplossing vir die 12v ligte in 'n karavaan indien mens nie 'n battery wil saamkarring nie?  My tweedehandse wa se Chargemaster het die gees gegee en die vorige ou het 'n baterrylaaier ingesit.  Dit werk egter nie so goed nie aangesien die stroom wat die ligte trek te sterk is en die ligte verdof soos wat jy meer aanskakel.  Tans gebruik ek my ou tent yskas se inverter en dit werk goed.  Dink die verskil is dat die batterylaaier nie konstant meer as 3 Amp uitstoot nie terwyl dit blyk dat die Inverter  6 Amp handhaaf.  Ek wil egter die yskas aan iemand skenk en 'n nuwe Inverter kos in die omgewing van R500 terwyl 'n 6 Amp batterylaaier ongeveer R200 kos.

Wat sal die slim manne aanbeveel?

Dirk

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Dirk, myne het ook opgepak, maar die ou vir wie ek hom gegee het kry hom nie reg nie.

Nou sit ek sonder ligte in my wa - wil ook weet wat sal die beste wees om die probleem op te los?

In elk geval, baie welkom hier op die Forum en ons glo jy gaan baie leker kuier hier!

 Goeiewense - Pieter

   

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 733
Gebruiker is aanlyn
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Dirk, Miskien is ek dom maar ek verstaan nie mooi nie.

'n Batterylaaier (of chargemaster dan) skakel 220V om na 12V en laai dan die battery. 'n Inverter (soos ek verstaan) vat 12V en skakel dit om na 220V. So hoe kry jy jou 12V toerusting met 'n Inverter gewerk? Het jy al uitgevind wat 'n nuwe Chargemaster (of soortgelyk) jou sal kos? Ek sou vir so 'n oplossing gaan wat jou terugvat na hoe die woonwa bedoel was om te werk.

Groete - Nico

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

Nico,

Jammer, jy is heeltaml reg.  My terminologie is nie korrek.  Ek gebruik nie 'n Inverter nie maar 'n Transformator.  Die vraag is daarom:  Wat is die beste, 'n Transformator wat 12v 6Amp lewer, of 'n batterylaaier en wat is die verskil?

Ek het nie pryse vir nuwe Chargemaster uitgevind nie.  Om te herstel gaan ook te duur wees.  Lyk vir my enigste voordeel van Chargemaster is dat jy die yskas vanaf die voertuig kan laai gedurende jou reis, bygesê indien jou bedrading vanaf die vooertuiig korrek is.  Weet egter nie of hierdie voordeel die aankoop van 'n nuwe Chargemaster regverdig nie.

Dankie vir julle manne se vinnige reaksie.

Ek luister en leer graag verder.

Dirk

PJS Viljoen
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 147
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane

My wa se transformater het ook so paar jaar terug opgepak. Het hom uitgehaal na my woonwa plek gevat en hulle het die inhoud van die ding vervang. Het my so R700 gekos. Werk vantoe af weer baie lekker.

Groete

Peet en Lol

Daar doer in die Bosveld, Daar wil ek bly ...&

Rinus Lisse
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/08/2010
Inskrywings: 95
Gebruiker van lyn af.
Plek: Melkplaas tussen Springs en Delmas
Ek sleep 'n Venter of bees sleepwa met 'n Nissan Pathfinder 2.5D auto

Hallo Dirk

Die Transformator het die vermoee om ook die battery te laai maar sal die battery na n tyd seermaak aangesien die battery sal oorlaai. maar net vir ligte sal dit 100% werk.

Die charge master het n paar extra komponente in wat die battery laaier gedeelte reguleer sodat die battery nie oorlaai nie en daarom ook die ekstra koste.

ek sal voorstel dat as jy nie n battery gaan insit nie dat jy kyk na n 10 ampere transformator wat net langer gaan hou en ook nie teen 100% kapasiteit harloop nie

Groete

Rinus

Leef voluit en geniet elke oomblik

maak die beste van al die slegte

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

Dankie vir al die terugvoer en vinnige reaksie.

Sal laat weet hoe dinge uitklaar na suksesvolle soektog na 'n bekostigbare transformator.

Kampgroete

Dirk

Dirk

arrie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3217
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethlehem

Dirk my charge maaster ht ook op gepak en ek het `n batt en `n 14 amp laaier in gesit en werk 100% maak net seker jy werk jou ligte van die battery af en nie direk van die charger af nie.

Luister na wat gesê word en nie na wie dit sê nie

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

Dankie Arrie, maar ek wil juis die battery uitskakel.

Dirk

Phillip Meyer
Ou hand
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 183
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Giggel Geel Boswa met 'n Nissan Pathfinder 2.5

Myne werk ook soos Arrie hierbo gese het. Die battery is moeg maar die  12v ligte en 220v kragproppe werk pragtig wanneer die wa ingeprop is by 220v. Ek weet niks van krag af nie maar hoe ek verstaan dit werk is dat die ligte deur die battery werk. Die battery (alhoewel hy nie 'n lading hou nie) kry sy krag van die charger af wat weer op sy beurt sy krag van buite af kry.

Ek het die nuwe wa nog net op een kamp gebruik en alles werk. Ek hoop net nie die battery raak later so pe dat hy niks meer sal deurgee na die ligte toe nie?

arrie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3217
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethlehem

Die batt dien net as `n tiepe filter om die wissel stroom nog meer gelyk te maak sodat jy 100% gelyk stroom kry dis al daai klein spares in die chargemaster wat dit vir jou doen sodat jy als kan gebruik sonder om `n battery daar in te het. `n Trasformer gaan jou ook nie die stroom gelyk genoeg maak of sy eiei sonder dat jy een of ander tiepe flte daar in gebou het nie . Die baie baie slim elektriese manne mag my hier reg help

Luister na wat gesê word en nie na wie dit sê nie

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

Arrie, ek's maar dom met die goete, maar ek stem saam.  Soos ek verstaan dien die battery juis om die nodige oemf te gee wanneer veral buisligte aangeskakel word, want aanvanklik trek hulle meer as wat 'n batterylaaier normaalweg voorsien.  Lyk uit die praktyk egter dat 'n Tranformator met genoeg amps die gemiddelde lading kan handhaaf.  My wa het slegs drie buisligte op 12v en niks anders nie, so op hierdie stadium werk die transformator van my ou draagbare yskas heeltemal goed.  Só 'n Transformator is egter baie duurder as 'n batterylaaier, daarom het ek reg aan die begin navrae gedoen of 'n laaier van 6amp die ding sal doen.  Ek vermoed 'n laaier gee nie konstant dit wat op die boks staan nie.

 

Dirk

oomgert
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 786
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley Pretoria.
Ek sleep 'n Boswa met 'n Pajero 3.2 DiD

Ek stem saam met Arrie. 'n Battery, selfs in 'n slegte toestand, en 'n laaier is maar nog die beste. Ek werk self op die manier en het nog nooit probleme ondervind nie.

Disclaimer. Ek is g'n expert en ek aanvaar geen verantwoordelikheid indien jou goed gaan opblaas nie!

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Alles in my wa werk darem nog 100%, maar ek vat altyd een van hierdie toestelle saam vir die wis en die onwis en om die buiteligte, wat ook 12v is brand te maak.

My batterylaaier werk net so goed vir hierdie doel met die drade direk op die laaier gekoppel.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

oomgert,

Sal my bes probeer om nie vir Gonubie 'n vuurwerkvertoning te gee nie

Wilmien, jy het 'n grand affêre, maar wat so 'n meneer?  En hoeveel amp stoot jou laaier uit?

Die battery manne, hoe gereeld gebruik julle jul se waens en laai julle tussen gebruik wel die battery?  Gebruik julle standaard motorkar batterye?

Ek het 'n spaar battery wat hier iewers rondlê en julle begin my oortuig.

Nota:  Nooit gedink so 'n ou vragie gaan die gesprek so lank laat duur nie, maar ek geniet dit.  Wys net hierdie forum het lewe!

Dankie almal.

Dirk

Piet
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1095
Gebruiker van lyn af.
Plek: Despatch (Naby Port Elizabeth)
Ek sleep 'n Gypsey 4 met 'n 2004 Ford Ranger 2.5 TDi

Dirk,

Ek het so 'n tyd terug toe dieselfde onderwerp bespreek was, details gegee van 'n plek in die Kaap wat 'n transformator voorsien wat vir jou so 10A gee en wat ek ook in my karavaan ingebou het.  Jy het ook 'n keuse daarmee om 'n interne battery in te sit vir wanneer Eksdom nie meer krag gee nie.  Ek het al so drie ure my ligte laat werk as die krag af is sonder probleme.

Gaan kyk in die argiewe en ek sal ook van my kant af soek en by die huis wie die mense is en jou laat weet.

Piet

N S Jammer Dirk, dit was geplaas in die "ou" forum toe dit nog gewerk het, ek kan dit nou gladnie opspoor nie en sal maar by die huis moet soek.

Ek MOET niks!

 

Mufasa
Diknek
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 1014
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria-Noord

Terwyl ons op die onderwerp is van krag toevoer.

My penta  het aan die binne kant 2 buis ligte aan die voorkant en twee down lighters by die bed aan die agter kant asook 'n buis lig bokant die gesig wasbakkie. Sodra ek enige van die voorste ligte en selfs buite lig aan skakel brand hulle konstand reg, maar die down lighters en buis lig agter in die wa flikker deurgaans donkerder en helder.

Weet enige iemand wat dalk veroorsaak is daarvan? Ek vermoed dis net die drade want die voorste ligte en buite lig maak nie so nie. Hoe gemaak om die fout op te spoor.

Leon    

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Hello Dirk.

Dit is ou toerusting daardie en daar is heelwaarskynlik nuwer en goedkoper weergawes op die mark, ek bedoel nou die "Power Unit". Van die ouens, hierbo genoem, gebruik iets soortgelyks. Hierdie eenheid lewer 'n konstante 8.5A bygeseg as Eskom nie vaal nie. Die batterylaaier is van die 6v/12v, "slow/rapid charge"- soort wat ek by Midas gekoop het. Ek sal gaan kyk hoeveel A hy lewer en terugkom met 'n antwoord.

Ek het lanklaas net op 12v gekamp, maar 'n volgelaaide battery behoort jou ten minste sewe dae te hou as jy net die wa se ligte trek. Ek herlaai my wa se battery elke keer voor ons gaan kamp met die batterylaaier, nie die woonwa s'n nie, en maak seker hy is vol. Soms los ek hom by die huis wanneer ons by 'n plek gaan kamp waar daar 220v is.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1281
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

Jammer om in julle sop te val ... weet bokkerol van die goed af waarvan julle praat ... wil net weet ... is 'n "transformator" en 'n "transformer" dieselfde ding?

Verskoon maar as dit 'n "stupid" vraag is!!!

OU Chinese gesegde

ALWAYS SPEAK TRUTH, EASY TO REMEMBER AFTERWARDS!!!

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

Transformator is die Afrikaans vir transformer.

Dirk

Dirk

PJS Viljoen
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 147
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane

My karavaan se batt het al 'n paar jaar terug opgepak. Vandaar gebruik ek die Transformator sonder die batt. nog nooit probleme gehad nie. Als werk soos toe ek nog die batt gehad het. (natuurlik in geprop by 220v)

Groete

Peet en Lol

Daar doer in die Bosveld, Daar wil ek bly ...&

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Mufasa, ek's besig om te dink oor jou probleem, geduld asseblief, die ouderdom tree in.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

Mufasa,

Bietjie meer inligting:  Doen die agterste ligte dieselfde indien jy net een van hulle aanskakel en die res af hou?

Dirk

Dirk

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Hello julle.

So lyk my batterylaaier...

en so lyk sy kraglewering...

Alhoewel my woonwa net drie ligte het nl. twee binne en een buite, is hierdie laaier voldoende om al drie gelyk te trek.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Mufasa
Diknek
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 1014
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria-Noord

Dirk, laat ek meer info gee. As ek net een downlighter aan het dan is die flikkering meer duidelik sigbaar. Sodra beide aan is minder sigbaar en as ek dan die buisliggie ook aanskakel bly dit bassie soos as net die twee downlighters aan is, maar die buis lig flikker nou saam. Tydens die aansit van die ligte is alle ander ligte af.

Die ander ligte twee buisligte binne en een buite flikker glad nie hetsy of hulle apart aan is of saam met die wat flikker.

Vreeslike dank vir die dink scrum, sal waardeer as ek 'n oplossing kry.

Leon    

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Daar's hy Dirk, vat hom. Ek dink nog.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Rinus Lisse
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/08/2010
Inskrywings: 95
Gebruiker van lyn af.
Plek: Melkplaas tussen Springs en Delmas
Ek sleep 'n Venter of bees sleepwa met 'n Nissan Pathfinder 2.5D auto

Mufasa

verduidelik gou asb, die flikker van die ligte is dit op n konstante basis teen n sekere tempo of wissel dit?

Leef voluit en geniet elke oomblik

maak die beste van al die slegte

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1281
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

Hehehe,

Lekker stupid ..... duh!

OU Chinese gesegde

ALWAYS SPEAK TRUTH, EASY TO REMEMBER AFTERWARDS!!!

Vaalseun
Groentjie
Aangesluit: 22/12/2009
Inskrywings: 15
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ek het dieselfde lastigheid as Mufasa met my Gypsey se ligte. Dit is nie soseer dat hulle flikker nie, hulle pulseer, m.a.w. word helderder en dowwer teen 'n reëlmatige tempo. As 'n paar ligte gelyktydig aan is, geen probleem. Sodra ek in die bed klim en al die ekstra ligte afskakel en die "downlighters" by die bed aanskakel om te lees, dan begin hulle pulseer. Dis so lastig dat ek alles afskakel en maar lees met met my diode koplig.

1999 Jeep Cherokee 4.0 L. 2002 Gypsey Sapphire (Regal)

Mufasa
Diknek
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 1014
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria-Noord

Rinus dit is presies soos wat Vaalseun verduidelik. Ek hou gewoonlik my stilte tyd net voor ek wil gaan slaap. Dit pla dan so dat mens nie lekker kan konsentreer nie.

Leon    

Rinus Lisse
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/08/2010
Inskrywings: 95
Gebruiker van lyn af.
Plek: Melkplaas tussen Springs en Delmas
Ek sleep 'n Venter of bees sleepwa met 'n Nissan Pathfinder 2.5D auto

Hier is wat ek dink is die probleem en manne dit is gebaseer op n baie rowwe "calculation"

n Downlighter wat gewoontlik 50W is trek so tussen 3 en 4 ampere so as jy twee in die wa het dan kyk ons daar klaar na 6 ampere 

my voorstel sou wees dat as julle dalk n voltmeter het meet die spanning "volts" voor jy ligte aan sit en dan weer na jy ligte aan gesit het dit behoort nie te veel te sak nie

met alles af behoort jy so 14 volt te lees en met alles aan so tussen 11.8 tot 12.8

maar onthou die syfers wat ek gee kan dalk verskil maar gebruik dit as n maatstaf

die gedagte wat ek het is dat julle meer stroom trek as wat gegee kan word en dit veroorsaak die ligte wat so flikker

hoop dit help

 

 

Leef voluit en geniet elke oomblik

maak die beste van al die slegte

Wie's aanlyn

Daar is tans 15 gebruikers en 109 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Gypsey King
  • Airbus
  • thysvt
  • Big G
  • sakkie mynhardt
  • RSS
  • Kobus Snyman
  • Lord Farquart
  • Kobus K
  • NicoPietersen
  • Corné Wagemaker
  • Eddie Laing
  • Johan K
  • chris dupreez
  • BenA

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.