4H. Wanneer ek sleep.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5697
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Wanneer ek sleep, natpad ry, grondpad, inteendeel, die meeste van die tyd, gebruik ek die 4H skakeling op die oordragratkas. My witperd werk die meeste van die tyd met al vier sy voete. Ek ondervind die volgende simptome wanneer ek dit doen: beter vastrapvermoee, beter kragverdeling tussen vier wiele, agterwiele tol(spin) nie op natpad nie, beter padhouvermoee, beter werkverrigting in stadsverkeer waar ek die meeste van my rytyd spandeer, beter rigtingbeheer(directional control) veral wanneer ek sleep en die brandstofverbruik bly dieselfde, indien dit nie verbeter nie. Ek hou nie so pligsgetrou boek daarvan nie. Indien jy sou oorweeg om dit op die proef te stel, maak net eers seker of jou voertuig se oordragratkas so ontwerp is dat jy 2H sowel as 4H teen enige snelheid kan aanwend. Sommige voertuie kan net tot 'n maksimum/beperkte snelheid in 4H funksioneer. Hierdie inligting verkry jy deur jou voertuig se handleiding te bestudeer. Indien jy nog nie seker is daarna nie, klaar dit eers uit met die vervaardiger van jou voertuig.

Laat die wiele rol.

Groete.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hi Willie,

Ek stem saam vir natpad en grondpad.

Droeë teerpad met of sonder sleep hou ek nie van 4H op 'n "part time 4wd" oordragkas nie. Ek voel dit plaas onnodige stremming op die kas en aandrywing.

Dis maar my mening.

Ander voertuie soos Fortuner en Defender het permanente 4wd en met die middelste difflock oop, laat hy krag toe na al 4 wiele sonder stremming op die aandrywing. Sou mens die middelste difflock sluit, is dit dieselfde effek as op 'n "part time 4wd" in die 4H posisie en hy gaan eweredige krag forseer na die voorste en agterste aste.

 

Groete,

Jacques

 


 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5697
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Hello JaquesR.

Wanneer ek 4H skakel bly die middelste difflock oop. Hy het 'n volgende skakeling waarmee jy die middelste difflock kan sluit, die 4HLc funksie. Ek gebruik hom nie onder bg omstandighede nie. Slegs as ek padtoestande moet trotseer waar ek nie hoef te draai nie en natuurlik teen 'n lae spoed. Anders, soos jy seg plaas dit stremming op die aandryfstelsel en kan jy moontlik skade optel.

Groete daar.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Ah - dan klink dit goed Willie!

Moet bieg - ek het nie baie kennis van die Mitsubishi stelsel nie.  

 

Groete,

Jacques

 

 


 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5697
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

More almal wat die draad lees.


Die rede waarom ek hierdie draad begin het is omdat ek van mening is dat baie van ons Slepers se voertuie baie meer meerdoelig is as wat jy besef. Maak nie saak van die badge op die bonnett nie. Baie keer dink mense die 4WD/4H, of wat jou aanduiding van 4-wielaandrywing ookal is, mag net gebruik word wanneer jy gaan 4x4. Nee dit is nie so nie. Leer jou voertuig ken in hierdie opsig en maak ten volle gebruik van sy versteekte talente. Ons betaal mos 'n klomp geld vir die goed en hoekom nou net die helfte van jou geldwaarde gebruik as jy die volle genot daarvan kan ervaar. Besoek gerus die volgende: http://www.offroaders.com/info/tech-corner/reading/4wd.htm Baie goeie leesstof hier te vinde oor hierdie onderwerp.


Laat die wiele werk.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

ELU 2
Ou hand
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 184
Gebruiker van lyn af.

WilleWillemien,


Ek stem heelhartig met jou saam - ons onderbenut die sleepvoertuie se eienskappe.


Ek skakel altyd my voertuig in 4x4 sodra ek op die grondpad gaan - dis ongelooflik di everskil wat dit maak. Ry gerus dop erge sinkplaatpad met en sonder 4x4 aangesit en voel die verskil.


 

teunsie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 573
Gebruiker van lyn af.
Plek: Doornpoort

Ek gebruik die Prado se 4L as ek in die verkeer moet kruip! Pas my snelheid aan by verkeer-snelheid deur 1, 2, 3e rat te skakel, maar laat die enjin luier. En dis vinnig om terug te skakel na 4H of 2H wanneer die pad begin oop raak!  (Ja ek weet daar is van julle wat nou die koppe sal skud oor die dom ding wat ek doen! Maar ek verseg om my clutch te ry!)

Geseënd van kamp tot kamp,

Teunsie

Wie's aanlyn

Daar is tans 23 gebruikers en 31 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Perdeby
  • Wingnut
  • MarkP
  • Morris
  • RATEL
  • Gustav
  • Hennievr
  • Berno Punt
  • Gyfie
  • Anton le Roux
  • Andre Beyleveld
  • dracoza
  • WilleWillemien
  • Ski
  • Obie
  • JC
  • Stalkersa
  • Christo de Wit
  • Pieter Rheeder
  • WilSur
  • Len Loader
  • Lammie
  • Jakkals 007

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.