’n ‘Sprinter’-nuwe kampwa
’n ‘Sprinter’-nuwe kampwa
Wat maak jy as jy gek is na die kamplewe, pas jou eie sakeonderneming afgeskaal het en ’n Mercedes Sprinter-bussie besit waarvan die toekoms onseker is?
Ek het in jul 2009 n sleepwa gebou en probeer inrig volgens ons behoeftes.Na elke kamp maak ek nog steeds veranderings.jpg)
Louis
Dit lyk baie netjies. Ek het self een van die bussies omgebou. Die 412 net die dubbel agter wiele. Ek dink joune is enkel wiel. Myne het so bietjie meer lengte. Dit is die beste ding wat ek nog gedoen het. Het so 14 maande geneem en na elke kamp is daar nod steeds iets nuuts wat by kom.
Lekker kamp
Harry
Harry, jy kan mos nie net hier so lugtig die Kampbus noem en nie wys hoe hy toegerus is nie! Wys die fotos man. Die ouens (en Vrouens) hier vrek oor kiekieskyk.
@Harry ja man jy is soos daai ou op skool wat ge"bragg" het jy het 'n mooi sussie maar dan nie wil he ons moet by jou huis kom kuier nie...Sit op die foto's en wys ons sommer stap vir stap wat het jy gedoen...
Groete
Benji
So paar foto's van my "sussie" ek bedoel bussie (Froggy) . Groete Harry






.jpg)




Blikemmer maar daai is baie goed gedoen...ek vat liewers so iets ver voor ek een van daai ry huise vat wat op 'n Sprinter gebou is maar wat orals oorsteek en afhang en oorhang en die Bussie sommer laat lomp lyk.....al probleem wat ek sien is dat jy by elke padblokade afgetrek gaan word om dat hulle gaan dink jy is 'n taxi...hehehe
Goeie werk Harry
Groete
Benji
Benji
Daar is nogaals soms 'n probleem. mense langs die pad dink dit is 'n Taxi as ek aankom. Met hulle vinger gebare wat wys waar heen hulle wil gaan. Ek kyk my snaak aan as ek nie stop nie. Gewoonlik kyk ek maar in die lig op, dalk wys hulle vir my 'n Boeing wil in die pad land.
Die ander probleem is, ek het hom laat registreer as 'n Sprinter woonwa. Net vir 2 sittende persone. So doende hoef ek nie PDP lisensie skyfie op te he nie (gereelde padvaardigheids toets is ook nie meer nodig nie). Die spoed beperking van 100 km/h geld dan nie meer nie (so ver ek weet, vervoer mos nie mense nie) Ek hou maar die spoed 100/110 km/h want verkeers manne gaan nie verstaan nie.
Is al gestop oor geen PDP skyfies getoon is nie. Het die WET vir hulle gewys op papier maar dit het nie gehelp nie. Het dit toe later by verkeerskantoor gaan uitsorteer. Al mense wat die verkeers wette redelik ken is KZN.
Groete
Harry
Harry,
Dit lyk great man!
dagse harry
ou froggie lyk pragtig dit is darem lekker as mens so handig met die hande geniet hom verder as ek mag vrae wat het so storie gekos
Harry - wragtag pragtag!!!!
Jy mag maar hoor, puik vakmanskap en beplanning!
Baie Dankie
BenA
Die werk aan die bussie het my so net onder 30K gekos. Dit is nou as jy alles self doen. Dit sluit nie die bussie se prys in nie, asook nie die arbeid (selfgedoen) as ook nie die bier gebruik tydens die projek nie. Mens kan 'n bussie (paneelwa sonder ruite) koop vanaf 50K, hang alles af van sy toestand en km's.
Daar is twee grootes, die enkelwiel en dubbelwiel, die een is langer as die ander een, met minder spasie natuurlik. Met dubbelwiel het jy die ou kode 10 en meer nodig. Die tolhekke vra ook jou a.g.v. dit meer geld. Hy bestuur maklik soos 'n motor (my Hi-Lux is maar so meter langer) Ek hou die spoed so tussen 100 en 110 want verkeer dink dit is 'n taxi. As jy 120 ry wys GPS 119. Hy hardloop gou teen 140 as mens nie oplet nie.
Die een wat ek het, is van die eerstes wat uitgekom het. Hulle het 2.9 L (5 silinder) masjien met Turbo en Intercooler. Die nuwer model het commen-rail masjien in (4 silinder 2.2 L of 5 silinder 2.7L) met "fancy" electronics. As ek nou korrek is.
Ek heg lys (PDF) aan van alles wat ek gedoen het aan die bussie vir die prys soos gegee.
Groete
Harry
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| Lys_Binne_Gedoen.pdf | 6.68 KB |
LIKE![]()
dagse harry
baie dankie hoe se hul baie werkies en baie geld maar nou is hy daar darrem goedkoper as die wat jy kan koop en dan is dit nie eers soos jy dit wil he nie baie nice as ek groot is soek ek so wa sal jou dan kom opsoek vir raad baie dankie
kampgroete
ben
Sommer spoggerig!!!!!
Ek is alweer besig om bussie te opgradeer. Ek wil die spaarwiel wat aan agterkant onder die bussie sit uithaal en op 'n spaarwiel raam by linker agter deur sit. Dit is makliker om sy druk na tegaan as om elke keer onder in te kruip met my vet pens.
Ek dink ook daar aan om 'n 220V Aircon se buite eenheid dan daar te sit (na so paar modifikasies natuurlik).
Ek het 'n 3D tekening op die rekenaar gemaak en hom toe op my drukker uit gedruk en agter op die bus geplak. Gelukkig kan my laser drukker max 1200mm x 6000mm druk en ek kon 'n 1:1 'template" uitdruk maak.
Sover lyk alles nog reg. Sal nou staal sny en sweis (sal laat sweis want SQ. tubing is nie so maklik om mooi te sweis as jy nie regte toerusting het nie. My sweiswerk met die tubing sal soos voel bollie lyk en dit is iets wat buite sit wat almal gaan raak sien.
Sal weer foto's neem as hy klaar is en opgesit is. Wonder of wegsleeps "wheel covers" maak. Ek weet campwork het howlingmoon covers gehad. Sou graag een wil opsit wat "Wegsleep" lees.
Groete
Harry


Dit lyk na n goeie plan !!!
Dit is nou rerig baie nice ! Ek weet ons mag nie begeer nie, maar hierdie is 'n ander saak of hoe ?
Harry, hoe gaan die skarniere van die kontrepsie vasgeheg word aan die Sprinter? Volgens jou ontwerp lyk dit of jy dieselfde hegtingspunte as die van die deur gaan gebruik. Gaan dit nie eenvoudiger wees om net 'n bracket aan die deur vas te heg met 'n stutplaat aan die binnekant nie?
Harry, hoe gaan die skarniere van die kontrepsie vasgeheg word aan die Sprinter? Volgens jou ontwerp lyk dit of jy dieselfde hegtingspunte as die van die deur gaan gebruik. Gaan dit nie eenvoudiger wees om net 'n bracket aan die deur vas te heg met 'n stutplaat aan die binnekant nie?
Sal die deur se skarniere die ekstra gewig kan hanteer?
Cheetah, dit mag dalk 'n probleem wees. Die ander opsie is om 'n stut aan die buffer of sleepstang te sit waarop die wiel se draraam kan skarnier.
Ons het darem 'n paar handige en geleerde forumiete man. 
Waar is Froggie se spaarwiel op die oomblik vas, Harry?
" Ek wil die spaarwiel wat aan agterkant onder die bussie sit uithaal "
Hier sit hy WW!
Dankie almal vir die raad
Ek het in Duitsland gesien die raam word so vasgemaak. Dit word by Mercedes verkoop as 'n ekstra toevoeging. So ek het aangeneem as hulle dit so verkoop sal die skarniere die ekstra gewig kan hanteer. Ek voeg foto's by van hulle raam. Heelwat minder staal as myne. Maar is mal prys om in te voer.
Die raam bout vas op die twee skarniere aan die eenkant (sien foto) en aan die ander kant bout hy deur die deur vas met 'n plaat aan die binne kant (so na as moonlik aan die "edge") Dit help sodat die deur nie induik as jy hom toemaak nie. Die spaarwiel deur maak jy eerste toe, hy "wedge" in en dan het hy 'n hefboom wat hom in plek sluit, daarna maak jy regter deur toe wat weer aan hom sluit. So ek dink die meeste gewig gaan deur die vloer gedra word en ook deur die skarniere. Ek dink omdat die vloer help van die gewig dra is dit nie te erg op die skarnier nie. Net as jy die deur oopmaak is al die las op die skarniere.
Die spaarwiel en die hele deur is 'n eenheid. Alles beweeg saam as jy die deur oopmaak. Jy moet hom net nie te hard toemaak met die eksta gewig nie. Daar is klaar gate in die deur skarniere vir die raam se bout (soos per Duitsland een, sien foto)
Dankie Groete
Harry


Skitterend Harry !!
Ryk
Sê jou wat: verkoop nou die ou bussie waarmee jy al so baie gesukkel het aan my en bou vir jou 'n sprinternuwe een met al jou nuwe idees sommer van die begin af ingebou! Ag toe man.
dagse harry
hier is n idee wat dalk n goedkoop oplosing is jou planne lyk baie nice maar as dit vir jou gaan oor die bandruk nagaan van die bussie het ek vir jou so bietjie raad
1) wat jy kan doen kry n valve extension wat jy op die wiel sit en dan sit jy die ander punt op n plek waar jy maklik kan bykom ek het een aangesit vir die pomp van die wiel onder my wa werk baie lekker
2) n ander opsie is kry vir jou n tyre gaurd monitor met n ekstra sensor skroef hom op en as hy papgaan waarsku hy jou dmv n alarm pie en nog n voordeel van die tyre gaurd jy sit die sensor op froggie as jou band pap raak terwyl jy ry waarsku hy jou ook hy monitor tot die hitte van die band en is maar so groot soos n selfoon of vuurhoutjie boks jy kan op die web kyk onder tyregaurd
kampgroete
ben
Hi BenA
Dankie man. Die hoof doel was ek ondersoek die moontliheid van 'n "split-aircon" en wil die buite eenheid op spaarwiel se plek sit (natuurlik met 'n modifikasie sodat die kompressor self regop is).
Die Guard monitor is 'n goeie idee. Ek dink ek moet dit op my beplande voertuig sit wat ek wil saam sleep. Gewoonlik sien jy nie die voertuig as jy hom sleep nie (wil nog tru-kamera opsit) So as jy 'n pap wiel het gaan jy eers die band vernietig het, of meer, voor ry kon reageer. Hoe goed werk hulle. Het iemand ondervinding met hulle ? Ek sal op net gaan loer, dankie.
Groete
Harry
Dagse harry
Wat van die aircons bo op die dak soos wat party bussies bo op hul dak het
Ivbm die tyre gaurd ek het een en hy werk fantasties hy kan to 21 bande monitor ek gebruik myne met 9 sensors 4op my sleepvoertuig en 2 op my wa en 2 op my tryler en 1 op my kar se spaarwiel ek weet wilsur het ok eene en ek dink oom obie ok myne werk 100 persent en ek is baie tevrede
Hoop jy kom reg met die aircon
Kampgroete
Ben
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- RATEL
- MarkP
- Perdeby
- Morris
- Damduiker
- Wingnut
- Gyfie
- Gustav
- Anton le Roux
- Andre Beyleveld
- dracoza
- WilleWillemien
- Ski
- Obie
- JC
- Stalkersa
- Christo de Wit
- Pieter Rheeder
- WilSur
- Len Loader
- Hennievr
- Lammie
- Jakkals 007









.jpg)

.jpg)







.jpg)


Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4
Hi daar, as jy my daardie gap gee gaan ek beslis daardie bussie in rig vir `n campher, dit is die idee wat ek het as ek een vir `n goeie prys kry dan wil ek hom omskep in `n kamper.
Groete
Albert van Tonder