TomTom vs Garmin

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Dagsê mede kampeerders,

Ek wil graag vir ma 'n GPS koop en weet nie so mooi watter een om te koop nie.  Sy hoef nou nie om die wêreld te kan navigeer nie, mar ek wil ook nie hê su moet verdwaal garage toe nie.

Het enige iemand al met die beide toestelle te doen gehad?  Enige raad sal waardeer word.

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hi Jacques,

Ek't nou nognie met albei te doen gehad nie, maar een ding om te weet is dat Tracks4Africa net op Garmin sou werk, as jy die dag die boendoes wou invaar.

 

Groete,

Jacques

 


 

Vetseun
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 539
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria (Waverley)

Hallo Jaques,

Daar is net een min en dit is 'n Garmin.....

Die Garmin Nuvi 1300 is 'n baie bakgat GPS teen 'n baie goeie prys (R2,199 by Outdoor Warehouse).

 'n Man se karakter word gemeet aan hoe hy mense behandel wat hy nie nodig het nie.

arrie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethlehem

Jacques ek het die tomtom one xl en ek is baie tevrede met dit. vir stads gebruik is dit goed genoeg en myne het my nog nie laat verdwaal of in die steek gelaat as ek kom varkies aflaai nie. Een ding wat ek nie weet ie is hoe geod die ouens se naverkope diens is ne want my TomTOm het nog nie gebreek nie. My garmin het wel maar Avnic het hom sonder enige vrae vervang toe ulle dit nie kon herstel nie. As jy en ma in die boendoe`s wil in moet jy maar gaan vir garmin. TOM TOM se afrikaans is ook uisteknd teenoor die van die garmin se engelse afrikaans.  

Luister na wat gesê word en nie na wie dit sê nie

Karoo-Jogi
Ou hand
Aangesluit: 07/12/2009
Inskrywings: 218
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mosselbaai

Jacques >> Albei is ewe doeltrefend >> Dit gaan oor die Fabrikaat/model wat aan jou behoefte voldoen>>Dit is belangrik om seker te maak oor>>

 alreeds geinstaleerde   kaart sagteware >>beste naverkope diens>> soos& koste van opgradering van die sagteware. 

CGSuper Remote

 

 

Deewee
Super sleper
Aangesluit: 11/02/2010
Inskrywings: 314
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank

Jacques, ek het een ding geleer...

Koop die beste GPS wat jy kan bekostig. Ek het oorspronklik een gekoop want ek kon... het later 'n Quest gekoop, en is tans op my 3de Garmin.

Garmin doen als, en doen dit goed. Soos hulle advertensie 'n paar jaar terug.. elke Tom-Tom, Dick-Dick en Harry-Harry kan 'n GPS namaak...

As jy die "veiligheid" van die stad verlaat, wil jy 'n Garmin hê. Ek kan bv. die koordinate en sg. brood krummels "track logs" bewaar op my rekenaar, en ook vir jou stuur as jy ook 'n besondere besienswaardigheid in die boendoes wil gaan besoek. Tans het ek Tracks 4 Africa, die gewone straat kaart en die "topo and recreational" kaart. elkeen het wat ek soek...as ek bos toe gaan, T4A, as ek kamp die topo en in die stad die gewone kaart.

Ek vertrou my Garmin.

 

Is die glas half leeg, of net twee keer groter as wat hy moet wees?

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Jacques.

As jy 'n Landrover ry, beveel ek 'n Garmin aan. Dit gee die betroubaarste inligting van waar hulle jou moet insleep.

(Koes solank)

  

 

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Deewee
Super sleper
Aangesluit: 11/02/2010
Inskrywings: 314
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank

Ek weet waar kamp jy die naweek...

 

LMGA

Is die glas half leeg, of net twee keer groter as wat hy moet wees?

BEER
Super sleper
Aangesluit: 20/03/2010
Inskrywings: 355
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas

Ouens moenie 'n TomTom weggooi nie. Elke ding het sy beperkinge. Ek het beide'n TomTom en Garmin. Ek kom heel goed met TT klaar, alhoewel ek nog nie heeltemal gemaklik is met G nie. Ek het die G nog nie lank nie. Soos daar alreeds gese is, TT se boere afrikaans is vir my persoonlik beter as G s'n.

My swaer-hulle het ook in Desember, hulle was redelik diep in Mos. met die TT koers gekies sonder enige probleme en sleg met die standaard kaarte .

Ek stem wel saam, as jy nou Moerlandspan toe sou gaan soos die Voetspore manne, dan glo ek nie daar is iets beter as G met die Tracks4Africa kaarte nie. Ek glo ou Bartlomias Dias sou dit ook geniet het, so ook Livingstone!

Jou keuse bly nogsteeds jou eie!

Lekke ry!

 

LWH NEL

"Tommorow is promissed to nobody"

 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Vra maar vir OJ - Toermoer................hy sal jou gou op die regte pad sit. Dit is sy kos daai!  

 

 Goeiewense - Pieter

   

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2651
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Jaques, ek self het die Garmin en is baie gelukig met hom, geen ondervinding van die Tom Tom nie!

Ek het vir my vrou 'n nuwe selfoon [Nokia Navigator] gekry en was so beindruk met dit dat ek vir myself ook een gekry het!

Vir normale stad ry is dit fantasties, maklik om te gebruik en kry vinnig wat jy soek.

Ek los die Garmin nou permanent in die Pajero, en gebruik my foon in die kar as ek in die stad rondry!

O-ja nokia stuur ook gereeld "updates" met die nuutste kaarte alles verniet.

Dalk net iets heel anders om aan te dink?

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 222
Gebruiker van lyn af.

'n GPS is net so goed soos die kaarte wat beskikbaar is vir hom. Ek besit drie GPS'e  (dis as jy die GPS op my Blackberry buite rekening laat) en in die stad is dit gewoonlik die Garmins  wat my in die steek laat met swak en verouderde kaarte. Garmin laat jou ook elke keer weer betaal vir opgegradeerde kaarte.

Moet ook nie outomaties aanvaar dat Tracks4Africa die beste ding sedert gesnyde brood is nie. Ek het my lelik vasgeloop in Mozambiek met Tracks4Africa.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5697
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ek oorweeg ook om 'n GPS aan te skaf vir die "buite-die-stad-boendoe" navigasiekere. In die stad kom ek goed reg sonder enigiets omrede ek die plek beter ken as die plaaslike rotbevolking en het al 'n paar keer gesien hoe swaer en ander vriende se GPS roetekaarte hulle op die moeilike paaie laat ry om by plekke uit te kom. In elkeen van die gevalle sou ek 'n ander pad gekies het en vinniger my bestemming bereik het. As 'n ou vreemd is in 'n plek is dit natuurlik 'n ander saak. Op die oomblik help Google Earth my om vooraf roetes te beplan.

My beperkte kennis oor die goed het my ook op Garmin laat besluit, maar, GrootKoos, waarom nie Tracks4Africa nie?

 

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 222
Gebruiker van lyn af.

WW,

As jy van die pad af wil gaan, is daar nie regtig 'n alternatief vir Track4Africa nie. Moet net nie aanvaar dat dit altyd reg gaan wees nie.

As jy in die beskawing  wil rond ry, kan jy heelwat beter vaar as die standaard Nuvi's wat die ouens so koop.

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Dagsê Alaml,

Baie dankie vir al die inligting.  Ek het my oog op die TomTom Go 750 Live.  Sal maaar nog so bietjie wag tot hy 'n rapsie goedkoper is.

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Oscar
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 340
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

 Ek het al met biede Tom-Tom (XL One) en Garmin (Nuvi) gewerk en ek vind die Tom-Tom 'n baie vriendeliker GPS om mee te werk.  Maar beide gaan jou kry waar ky wil wees. As ek egter moet kies tussen die 2 sal ek die Garmin neem, net omdat ek T4A op hom kan laai EN omdat ek kan sien waar ek gery het ("breadcrumps") met die duurder modelle. As T4A nie vir jou belangrik is nie, koop die TT.  Jy sal in biede van die produkte moet betaal as jy jou kaarte na 'n tyd wil opgradeer.  Met TT kan jy een maal gratis opdateer.  Weet nie van Garmin nie.

 www.kampsa.co.za

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Ek het 'n Mio en hy "track" ook soos ek ry.

Stoffel
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1045
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kleinmond

Ek het 'n Garmin Nuvi 710 'n rukkie meer as 'n jaar gelede gekoop.  Sowat 'n maand gelede ontvang ek 'n e-pos van Garmin waarin gemeld word dat my GPS oor 'n foutiewe battery beskik.  Gedurende die meer as 'n jaar waarin ek die toestel gebruik het, het ek nooit enige probleme ervaar nie.  Garmin het d.m.v. 'n koerierdiens 'n nuwe toestel by my kom aflewer en die oue laat haal.  Gou-gou het ek egter agtergekom dat die nuwe toestel bepaalde probleme gee wat ek nooit voorheen met die vorige een beleef het nie.  'n Enkele e-pos van my kant af - en die toestel is weereens vervang.  Ek het puik diens van Garmin ontvang.  Die jongste kaarte is ook kosteloos gelaai op die nuwe toestel.

 vir Garmin.

Derick van der Merwe
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Net een ding wat ek op 'n ander forum gelees het. Daar was 'n gebruiker wat 'n TT het en 'n spesifieke probleem ondervind. Hy wou weet waarheen om te gaan om sy probleem op te los. Sy TT was reeds uit die waarborg termyn. Hy het die agente van TT in SA gebel en is meegedeel dat daar geen dienssentrum is vir TT nie. Die voorstel is gemaak dat hulle so goedkoop is dat hy maar net 'n nuwe moet koop.

My ondervinding van Garmin is dat hulle jou sal help selfs al is jou GPS nie meer in die waarborg tydperk nie. Indien jou Garmin nie herstel kan word nie bied hulle jou 'n nuwe Garmin teen 'n verlaagde prys aan. Dus kry jy 'n nuwe GPS met nuwe kaarte vir 'n baie goeie prys.

Ek dink dit is goeie naverkoop diens.

Derick van der Merwe

 

Stefan Labuschagne.
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 81
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kuruman
Ek sleep 'n Tour-A-Way met 'n Opel Astra Estate 160i

My vriend in Europa beweer TT is groter en meer populer daar as die G.

Stefan

Derick van der Merwe
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Dit beteken hopenlik hulle diens daar is ook beter

Derick van der Merwe

 

JLC

Stem saam met die swak of geen diens van TT, myne laat val en wat eintlik 'n klein herstel behoort te wees kan nou nie gedoen word nie. Het dus maar 'n nuwe een gekoop (met sg. "Live" opdatering). Maar moet ook byvoeg dat die goed nes selfone vinnig verouderd raak, die nuwe een kry heeltyd bv. verkeers inligting en neem altyd 'n roete rondom bv verkeersknope, het dit die afgelope Kersfees gereeld ervaar en is altyd rondom probleme gelei met verkeer (gee selfs 'n geskatte vertragingstyd as daar geen ander uitweg is nie). Ek sal egter steeds by TT bly, veral as mens dit net op normale paaie gebruik, die eenheid is BAIE meer gebruikersvriendelik as Garmin (kan met die nuwe een selfs terugpraat en vir ou "Doreentjie" vertel waarna ek wil gaan, en sy luister wraggies!

 

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Hi Jorg,

Ek het ook vir my die nuwe TomTom Go 1000 Live gekoop en kan net met lof praat oor hom.  Ek bly in Alberton en werk in Sandton en hy het my al baie tyd op die pad bespaar.

Ek praat onder koreksie maar ek dink die nuwe Garmins het ook nou 'n tiepe "Live" funksie.

Ek voel net dat hulle bietjie meer funksies kon bygesit het soos bv. om 'n roete wat jy nou net gery het te kan stoor.  'n Altitude meter sou ook baie nice gewees het.

My vorige TomTom, Go 740, het my toegelaat om verkeerskameras te kon merk, maar die nuwe een doen dit nie.  Ek kan dit net aftrek van die net af met die nuwe onvriendelik "MyTomTom" sagteware.  Die TomTom Home was baie beter en makliker gewees om mee te werk.

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

fransr
Nuweling
Aangesluit: 12/01/2011
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: The Reeds, Centurion

Ek het mmer as 3 jaar terug die TOMTOM One XL gekoop. Baie goeie diens gekry! Maar toe eendag het die TT net ophou werk! Ek skakel toe die die mense van TT en verduidelik die hele storie. Hulle se to ek moet na die lokale verskaffer gaan en hulle sal dit uitsorteer. Ek kry toe die nodige verwysing nommers en email van TT en is na die verskaffer. Hulle het toe vir TT geskakel en my toe die hele bedrag van 3 jaar terug, as 'n "shop voucher" terug gegee! Baie nice van hulle vir 3 jaar se diens. Toe koop en weer die nuwe TT 750 GO live en die werk regtig baie nice en nog ook die verkeer inligting is nog lekkerder!

Toermoer
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 748
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

 Wel ek het 4 Garmins en een Tomtom.   Die Tomtom hou nie kers vas by die Garmins nie.  Die Garmin is baie vriendeliker, baie goeie rugsteuning, kan T4A vat, "spoor" merk, ...........Op rekenaar afgelaai en weer gelaai word..........Tomtom is 'n "Nice to have".

 

Groete vir die wat vra.

 

Jan

 

Wessel Engelbrecht
Ou hand
Aangesluit: 15/03/2010
Inskrywings: 227
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Omgeboude Buzzard boswa met 'n 2.5 TD DC

Hello almal

Ek het 'n TomTom XL2 vir my verjaardag gekry.  Dit werk baie lekker.  Een vraag?  Waar sit ek 'n bestemming se GPS koordinate in?   Op die stadium gaan maak en 'n favourite op die kaart en "map" soontoe.  Maar wat van as jou bestemming af is van die pad af.  Ek het Vrydagmiddag nog steeds gesoek om Tamboti Vreugde as afdraai te kry, TomTom en al.

 

 

Voldoende lugspoed, voldoende hoogte bo die grond en breins.  Wanneer mens vlieg het jy altyd ten minste twee van die drie nodig....

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Wessel,

Ek het die Go 1000 Live en ek weet nie of sy "menus" dieselfde werk as jou XL2 nie, maar hier is dit in elkgeval.

Jy gaan na "Navigate" toe.  Sodra die menu oopmaak, gan een skerm na regs en dan sal jy die opsie sien waar jy die koordinate kan insit. 

'n Vriend van my het die XL2 en ek sal by hom ook hoor war dit is.

Op die Go 1000, se Antie Poppie vir jou die  plek waarheen jy gaan is op 'n grondpad.  Sy kry dit my die "settings" wat jy opstel.

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Wie's aanlyn

Daar is tans 24 gebruikers en 32 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • HJB
  • Wingnut
  • RATEL
  • Damduiker
  • Anton le Roux
  • Perdeby
  • dracoza
  • WilleWillemien
  • Ski
  • Obie
  • JC
  • Gyfie
  • Andre Beyleveld
  • Stalkersa
  • Christo de Wit
  • Pieter Rheeder
  • Morris
  • WilSur
  • Len Loader
  • Hennievr
  • Lammie
  • MarkP
  • Jakkals 007
  • Rudo Mare

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.