Probleme met NUVI 200 - Soek raad/ advies
Hi Almal,
Soek bietjie hulp/ raad.
My Garmin Nuvi 200 is nou so 2 jaar oud. Ek het die nuutste "software" gelaai asook die mees onlangste kaarte. My probleem is dit:
Sodra ek enige punt wil oplaai as 'n "Favorite", kry ek 'n boodskap wat se dat die memory vol is. Ek het al al die ander tale ens gekanselleer en sit slegs met Ingils en Afrikaans op die ding.
Sodra ek my huis wil insit as "home", kry ek 'n boodskap wat se "cannot calculate route to destination"??
Enige raad?
Groete
Johan
Johan, ek weet nie of jy jou Nuvi se handleiding het nie, maar jy kan die nuutste weergawe gratis aflaai by www.garmin.com. Ook aan te bevele is om Avnic by 011-251-9800 te skakel vir info.
Wat egter raadsaam is om op te let is dat alle GPSe 'n beperking het op die aantal "waypoints" / plekpunte / favourite, wat dit kan stoor; EN
BELANGRIK om op te let is dat dit ongelukkig 'n probleem met die 200 is dat jy die gesegde punte nie soos in meer as een op 'n keer kan uitvee nie. (As jy plek wil skep nie)
BELANGRIK is ook om nie jou huis as "home" of "huis" in te sit nie. Gebruik eerder die naaste besigheid, motorhawe, ens. omdat dit 'n ernstige sekuriteisrisiko is indien jou GPS in verkeerde hande beland.
Groete
Jan van Graan
Hallo Johan
Ek het 'n Nuvi 310. Myne maak so wanneer ek vanuit Tracks4Africa die roete-ding wil doen. Ek vermoed dat party modelle soos ons s'n nie regtig bedoel is vir Tracks4Africa nie. Kies dus maar weer by jou maps 'SA streetmaps' en kies dan home of enige ander favourite.
Groete
Jan Fourie
Johan & Jan, dit kan beswaarlik iets met die kaart van jou keuse te doen he.......Die instrument onder bespreking kan nie "auto routing" doen nie. Dit doen wel 'n "go to" met hoogstens een "via point".
Daar is maniere om hierby verby te kom, maar dit is nie die onderwerp van bespreking nie. Johan, ek dink jy moet jou Nuvi glo as hy vir jou se dat hy vol is
Jan, ons moet onthou dat Tracks4Africa nog nooit 'n "stadskaart" was nie en 'n Nuvi nog nooit 'n volbloed navigasie GPS was nie. "n Nuvi steek bv. POI (Points of interest) weg en Tracks4Africa spesialiseer daarin.
Groete
Jan van Graan
Dankie sover. Net een ding. Ek het nou al al die Tolpaaie POI's ook delete. Al wat op hierdie stadium oor is, is die kameras se POI's.
Hoe kan ek seker maak of die ding wel vol is?
Groete
Johan
Johan, ek dink jy vee die verkeerde goed uit. Die POI wat saam met die kaart gekom het, neem nie jou "gebruikers spasie" op nie. Dit is die punte wat jyself geregistreer het (Favourits) wat beperk is tot 'n sekere aantal.
Aan die begin nadat mens 'n GPS aangeskaf het, is mens geneig om geweldig baie punte te slaan (registreer). Ek sal verbaas wees as 'n Nuvi 200 meer as 200 punte kan vat. Ek het die handboekie deurgegaan en ongelukkig meld hul nie daarin nie, maar Avnic sal jou sommer uit die vuis uit kan vertel. Hulle is die invoerders van Garmin en lewer baie goeie diens as jy die nommer skakel wat ek jou gegee het. Probeer die GPS byderhand te hou as jy hul skakel.
Vertel dan asb. vir ons ook wat die tegniekus aanbeveel.
Groete
Jan
Jaco, jy's 'n beter mens as ek!
As iemand anders my goed beskadig en maak of niks gebeur het nie is die ander ou verkeerd en gaan hy vir seker nie verder lekker vakansie hou nie. As die ander persoon ten minste net kom om verskoning vra kan mens dit maar daar laat of een of ander ooreenkoms aangaan.
Ek stem saam Nico. Die yskas & mikrogolf moet binne wees, maar die stoof en wasbak moet buite wees. Ons gebruik glad nie water in die karavaan nie, want op een of ander stadium gaan die water ingaan waar dit nie hoort nie en dan is dit die begin van probleme. Water + hout in karavaan = moeilikheid.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- HJB
- dracoza
- Perdeby
- WilleWillemien
- Damduiker
- Anton le Roux
- RATEL
- Wingnut
- Ski
- Obie
- JC
- Gyfie
- Andre Beyleveld
- Stalkersa
- Christo de Wit
- Pieter Rheeder
- Morris
- WilSur
- Len Loader
- Hennievr
- Lammie
- MarkP
- Jakkals 007
- Rudo Mare





'n Man se karakter word gemeet aan hoe hy mense behandel wat hy nie nodig het nie.
Ek sleep 'n '94 Sprite Super Sport met 'n 2010 voor die "face lift" Toyota Corolla 1.6
Albert,
Earth laughs in flowers