Probleme met Garmin 1410
Nuwe forum onderwerpe
Ek het 'n Garmin 1410 GPS gedurende Des 2009 by Outdoor Warehouse gekoop. Wat 'n teleurstelling!
Die toestel skakel self af terwyl dit op beide battery of krag toevoer vanaf die motor is. Daarna moet jy ongeveer 2 ure wag waarna dit weer aangeskakel kan word. - 'n Probleem as jy op daardie stadium nie weet waar jy is nie of waar heen nou! Dit gebeur selfs ook terwyl die battery vol gelaai is.
Gedurende Jan 2010 het ek dit terug besorg aan Outdoor Warehouse met die versoek om dit te vervang. Hulle kon dit nie doen nie en het die sagteware oorgelaai. Met geen gevolglike sukses, het hulle onderneem om die toestel, nadat hulle dit self weer getoets het, terug te stuur na die verskaffers om te herstel, dit slegs een maand nadat dit gekoop is en na die eerste gebruik. Werklik 'n teleurstelling nadat ek R4,300-00 bestee het en slegs die toestel een keer met vakansie na Natal gebruik het.
Ek is nou in afwagting om te sien wat die verskaffers aan die saak gaan doen.
Is daar enige iemand anders wat dieselfde ervaring met hierdie spesifieke toestel/model het?
Steven.
Steven nog die beste skakel dierek met die verskaffers ,ek het 1710garmin word nie meer gemaak maar die kere wat ek wel van hulle gebruik gemaak het was die diens NET GOED.
Groete
Gert
Steven
Weet nie of jy al reggekom het nie. Ek het ook Garmin1410 in Desember gekoop en myne werk soos 'n bom. Hy maak net my bluetooth foon so bietjie deurmekaar as ek wegloop met die foon voor die GPS afgeskakel het en ek gekoppel was met die handvrye telefoon opsie.
Hy skakel definitief nie sommer net vir niks af nie, joune klink nie reg nie.
CATS
Ek het ook n 1410 gekoop. Ook maar n teleurstelling. hy vries van tyd tot tyd en dan moet daar net gewag word tot hy nou weer lus is om te reageer. Op ander forums is ek aangeraai om die GPS by my rekenaar in te prop dmv die USB kabel en dan te "defrag" Dit het beter geraak maar nog steeds nie reg nie. Ek gebruik nou maar weereens my ou Nuvi 200. dit het nie al die nuwe funksies nie, maar dit bly n staatmaker.
Ek het onlangs die Garmin 1310 gekoop nadat @%$% boosdoeners my baie beproefde Nuvi 200 die Bosfontein naweek te Warmbad gegaps het. Sover nog baie tevrede maar het nota gemaak van kontakpersone sou ek probleme kry.
Ek het geleer, ook maar op die harde manier, hoe meer fancy funksies 'n gadget het, hoe meer probleme. Keep it simple vir my dankie.
Ek hoop van die slim mense kan my help met my 1410 se probleme.
Die GPS het probleemvry gewerk vir die 1ste jaar vandat ek hom gekoop het. Ek neem hom toe Outdoor Warehouse toe om die kaarte op te gradeer. (Let wel, ek het dit nooit self gedoen nie) Ek moes toe 'n SD kaart koop aangesien die kaarte glo toe nie meer op die GPS pas nie.
Daar begin die probleme toe. Eers wys hy bv die tyd waar die onderskrif sê Time to arrival ens. Die touchscreen was ook baie stadig. Neem hom terug. Laai dit oor. Toe begin die routing probleme. Wanneer ek ry op 'n roete, sal alles reg verloop vir 2 of 3 uur. Dan begin die moeilikheid. GPS sê: Turn left in 500 m. Dan weer: Turn left in 100m, and then turn.... Dan reboot die ding, en moet eers weer die kaarte laai ens.
Die GPS is al 5 keer terug gewees na Outdoor Warehouse. Hulle het dit reeds 3 keer terug gestuur na die verspreiders (seker Avnik) Tans is die stel weer terug by die verspreiders. Nou stuur hulle vir my 'n kwotasie vir R1100, dan word die GPS met 'n nuwe vervang.
Nou vertrou ek nie meer die model nie. By die winkel was daar 2 ander ouens ook met probleme op die spesifieke model. Op dit om te ruil vir 'n 2460(?) sal my R1700 kos.
Outdoor Warehouse het my gister weer verseker dat die nuwe kaarte te groot is om direk op die GPS te laai.
Ek het nie tans die geld om enigiets op hom te spandeer nie. Het iemand dalk raad??
Hoekom kontak jy nie vir Garmin self nie ?
'n Vriend het sye stukende ou een ingeruil op 'n nuwe een en 50% afslag gekry.
Dit lyk my ek het die probleem opgelos. Die ouens by Avnic is baie behulpsaam, maar selfs hulle was raadop.
Ek koppel toe die GPS aan my rekenaar, en "defrag" die GPS self asook die SD kaart waarop die kaarte gelaai is. Ek sal die unit nou verder moet toets, maar sover lyk dit of die probleme uitgesorteer is.
Net 'n verdere punt: (verifieer dit net met jou handelaar, en hoor of ek reg is)
Indien jy gereeld die kaarte op die GPS opdateer, blyk dit beter te wees om dit elke jaar aan die begin van die jaar te doen, sodra die 1ste kwartaal se kaarte vrygestel word. Klaarblyklik is die res van die jaar se kaarte gratis sodra jy betaal het vir die opdatering. Dit maak dus sin om dit vroeg in die jaar op te dateer, en dan die res van die jaar se kaarte verniet te kry.
Ek hoop van die slim mense kan my help met my 1410 se probleme.
Die GPS het probleemvry gewerk vir die 1ste jaar vandat ek hom gekoop het. Ek neem hom toe Outdoor Warehouse toe om die kaarte op te gradeer. (Let wel, ek het dit nooit self gedoen nie) Ek moes toe 'n SD kaart koop aangesien die kaarte glo toe nie meer op die GPS pas nie.
Daar begin die probleme toe. Eers wys hy bv die tyd waar die onderskrif sê Time to arrival ens. Die touchscreen was ook baie stadig. Neem hom terug. Laai dit oor. Toe begin die routing probleme. Wanneer ek ry op 'n roete, sal alles reg verloop vir 2 of 3 uur. Dan begin die moeilikheid. GPS sê: Turn left in 500 m. Dan weer: Turn left in 100m, and then turn.... Dan reboot die ding, en moet eers weer die kaarte laai ens.
Die GPS is al 5 keer terug gewees na Outdoor Warehouse. Hulle het dit reeds 3 keer terug gestuur na die verspreiders (seker Avnik) Tans is die stel weer terug by die verspreiders. Nou stuur hulle vir my 'n kwotasie vir R1100, dan word die GPS met 'n nuwe vervang.
Nou vertrou ek nie meer die model nie. By die winkel was daar 2 ander ouens ook met probleme op die spesifieke model. Op dit om te ruil vir 'n 2460(?) sal my R1700 kos.
Outdoor Warehouse het my gister weer verseker dat die nuwe kaarte te groot is om direk op die GPS te laai.
Ek het nie tans die geld om enigiets op hom te spandeer nie. Het iemand dalk raad??
RTFM, jy is korrek, maar dit is net die GARMAP kaarte. Daar kom so 3 per jaar uit. Jy betaal vir die eerste een en daarna is die ander 2 gratis. Net nog iets, jy hoef nie , SD kaart upgrade te koop nie. jy kan net die normale upgradxe doen en dan die kaart op jou SD instaleer. ek sal aanraai dat jy 'n groterige SD kaart koop. Die kaarte raak nou so 'n bietjie groot.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- WilleWillemien
- HJB
- Gyfie
- RATEL
- Morris
- Wingnut
- Damduiker
- WilSur
- Obie
- Ski
- JC
- Pieter Rheeder
- Christo de Wit
- dracoza
- Len Loader
- Hennievr
- Lammie
- MarkP
- Jakkals 007
- Rudo Mare
- Andre Beyleveld
- Tjailatyd
- Anton le Roux

Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6
Steven, Ek ken nie die 1410 nie (het self maar 'n NÜVI 200W), maar die verskaffers is bekend vir uitstekende kliëntediens. Ek sou voorstel dat as jy nie tevredenheid by OW kry nie, jy dit direk na die verskaffers verwys.
Het Avnic se besonderhede op 'n ander draad gekry: Avnic Trading by 011-251-9800
Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!