Nuvi 200W kaart opdatering.

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Ek het 'n Garmin Nuvi 200W wat 'n paar jaar oud is. Met aankoop het ek 'n SD kaart gekry wat die kaarte bevat. (Die SD kaart is permanent in die GPS.)

Die kaarte raak nou effe lank in die tand veral tov nuwe op-/afritte rondom Pretoria. Ek het pas vanaf Garmin 'n (hopelik) opgedateerde weergawe afgelaai (Lêernaam is "Garmap_SA Streetmaps_2010.3_NON-NT"). Ek het nie 'n USB kabel nie, maar sal dit maklik kan leen. Nou is my vraag - kan ek die Nuvi 200W hiermee opdateer of moet ek 'n nuwe SD kaart kry?

Jammer as die vraag dom is - dit pas by my!

Groete - Nico

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

HugoWessels
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 123
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenhurst Alberton
Ek sleep 'n Niks op die stadium met 'n Discovery3 V8

 Hi Nico

Jy kan die ou kaart gebruik vir dit, delete net al die ou goed of maak  'back-up' van dit op jou PC, die veiligste is om maar 'n ander kaartjie aan te skaf die goed kos nou omtrent niks nie, so 1Gb behoort genoeg te wees om al die kaarte te hanteer

 

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Hugo, met ander woorde die opdatering is op die SD kaart en nie op die GPS nie? Die applikasie (kaarte) wat ek afgelaai het is 286Mb - is dit dus die volledige stel kaarte en als wat daarmee saamgaan?

Nico

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

HugoWessels
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 123
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenhurst Alberton
Ek sleep 'n Niks op die stadium met 'n Discovery3 V8

 Hi Nico 

As die GPS genoeg interne geheue het kan jy direk na die GPS oplaai anders is die SD kaart die veiliger opsie, as jy 2 SD kaarte het dan lees die GPS direk van die SD kaart af, so afhangende van watter SD kaart ingesit is, is daai kaarte op die GPS. Onthou ook net dat jy die kaarte moet "unlock" vir die spesifieke GPS eenheid

 

 

Derick van der Merwe
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Hi Nico,

Is jou GPS gerigistreer by www.garmap.co.za.

Jy sal dit eers moet doen voor jy met die opgradering begin.

As jy nie voor die tyd registreer nie kan jy dalk gevra word on R999 te betaal vir die opgradering. Dis omdat Garmap nie weet jy het kaarte op jou GPS nie.

Het jy al Mapsource op jou rekenaar?

Sien jy is ook in Centurion. Kan jou help as jy wil.

Derick

Derick van der Merwe

 

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Derick,

GPS is geregistreer.

 Het Mapsource op rekenaar.

Ek verstaan egter dat ek 'n "unlock code" gaan nodig hê vir die opgradering - iets wat jy voor moet betaal.

Of is die inligting foutief?

Nico

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

Derick van der Merwe
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Hi Nico,

Ja jy sal R350 moet betaal. Jy kan dit aanlyn koop of 'n "Upgrade Coupon DVD" koop ook vir R350 wat jy dan gebruik om die Unlock mee te doen.

Derick

Derick van der Merwe

 

Coetzee Swanepoel
Groentjie
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 19
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Jammer dat ek ook oppie wa spring, ma my kaarte is self al bietjie lank innie tand! Wanneer kom die nuwe kaarte uit? Wil nie nou opgradeer en dan kom daar nuwe kaarte in Januarie nie.

Solank ons kan braai ....

Derick van der Merwe
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Die nuutste kaarte het in Oktober uitgekom en die volgende is te wagte in April.

Derick van der Merwe

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 23 gebruikers en 33 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Damduiker
  • Wingnut
  • RATEL
  • WilSur
  • WilleWillemien
  • Obie
  • Ski
  • JC
  • Pieter Rheeder
  • Christo de Wit
  • dracoza
  • HJB
  • Morris
  • Len Loader
  • Hennievr
  • Lammie
  • MarkP
  • Jakkals 007
  • Rudo Mare
  • Andre Beyleveld
  • Tjailatyd
  • Anton le Roux
  • HugoWessels

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.