GPS-punte

Gesels saam op die WegSleep forum.
Besoeker

Hallo julle

Dis duidelik dat GPS'e al hoe meer van 'n rol in die buitelugleefstyl speel. Toenemend meer kampeerders gebruik dit en dit help uiteraard om 'n mens se rigting makliker te kry.

Ek het 'n groot versoek. Kan elkeen van julle wat wel 'n GPS besit voortaan dit gebruik om die land se karavaanparke te plot? Ons sal die inligting graag wil versamel en aan ons lesers en webgebruikers beskikbaar stel.

As jy reeds 'n punt of drie het wat jy wil deel, stuur dit asseblief vir ons na wegsleep@weg.co.za Maak die onderwerp GPS-punte en gee dan die naam van die karavaanpark en jou gps-lesing daarvoor.

Ek vra groot asseblief, dit kan 'n hengse spanpoging word met baie waarde.

Baie dankie

Zigi

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Hallo Zigi

Baie dankie vir jou vinnige reaksie rakende die ekstra draad wat ons aangevra het, dit word opreg waardeer.

Groete

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

visvangmal
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 765
Gebruiker van lyn af.
Plek: Westonaria

Dit is waar Plakker ,my 11 jarige dogter kan vinniger n sin skryf op die selfoon as wat ek n nommer kan daail.en van giffie en kennetjie ken hulle niks

kan nie wag vir die volgende kamp nie

oomgert
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 786
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley Pretoria.
Ek sleep 'n Boswa met 'n Pajero 3.2 DiD

Zigi

Ek het vir jou 'n e-pos gestuur met 'n klomp GPS punte

Zigi
Admin
Aangesluit: 29/10/2009
Inskrywings: 579
Gebruiker van lyn af.

Dankie Oomgert.

Groete

Zigi

Toermoer
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 746
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Arrie, ek was die hele dag uitstedig (Het vir my daardie braaihout gaan koop) en die manne van T4A het my daar by Warmbad geskakel. Ek was reg oor die sagteware probleem by Tom Tom. Daar bestaan nie so 'n sagteware opsie soos Mapsource by hul produkte nie. Die kaart info is presies dieselfde as Garmap, maar jy vat wat jy kry en jy kan niks daarmee doen soos bv. op jou rekenaar bou, beplan, ens. nie.

Desnieteenstaande is ek namens ons hier dankbaar vir die "Omgee" houding van T4A want hul korier vannag vir my 'n paar GPSe (Tom Tom ook) sodat ek julle vrae eerstehands kan ondersoek.

Groete

Jan

Toermoer
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 746
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Zigi, in watter formaat wil jy dit hê?

Al lyk dit stil op hierdie "punt" moet jy net geduldig wees.......Daar word daaraan gewerk Smile

Groete

Jan van Graan

Oscar
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 321
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Zigi, het vir jou 'n lys gestuur.
Ek stel voor ons gebruik die desimale formaat : S123.4567° E123.4567°
Tracks4Africa gebruik hierdie formaat.

 www.kampsa.co.za

Zigi
Admin
Aangesluit: 29/10/2009
Inskrywings: 579
Gebruiker van lyn af.

Hallo julle,

Baie dankie vir almal se bydraes tot dusver, laat daai punte kom, dit maak nie nou saak in watter formaat nie, ons kan dit aan hierdie kant eenvormig maak. Hoe meer punte hoe beter.

Jan, ek het voorlopig die punte nodig om die karavaanparke op 'n kaart te plot, maar as dit eers 'n bietjie bewerk is, is die opsies legio.

Ek hor graag voorstelle van hoe, wat en waar die behoeftes is.

Groete

Zigi

Arno Roux
Nuweling
Aangesluit: 21/01/2010
Inskrywings: 10
Gebruiker van lyn af.
Plek: Viljoenskroon

Waar kan ons die punte kry as ons dit wil wil he

 

Groete

 

Arno

Oscar
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 321
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

 Die meeste van die kampplekke se GPS koordinate is gelys op www.kampsa.co.za

 www.kampsa.co.za

Phillip Meyer
Ou hand
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 183
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Giggel Geel Boswa met 'n Nissan Pathfinder 2.5

Oscar, Ek was laas naweek op Algeria in die Cederberge. Ek het via my Mapsource sagteware(Maart 2009) na die kampplek gesoek. Gelukkig ken ek die Cederberge redelik goed en sien toe dat die punt wat hulle wys nie reg kan wees nie. Die punt wat hulle wys was tussen Driehoek en Sanddrift. Soos jy weet is Algeria so 25km voor Driehoek. As a double check gaan ek toe na die kampsa.co.za website en lees daardie ruitverwysing in. Dit wys toe 'n plek regs van Citrusdal aan?

Hier is die verskillende verwysings soos hierbo genoem.

Mapsource - S32 29.193 E19 16.491

kampsa -GPS: Kampplek S 32.37456 E 19.06135

Soos per my gps geneem by die kamp se hek - S32 22.461 E19 03.587.

Het ek die kat aan die stert beet of wat?

 

Oscar
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 321
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

 

 

Phillip, ek het die punte nagegaan en die GPS punt op KampSA is reg.  As 'n toets trek ek alle punte in Google Earth in om seker te maak ons is reg.  Ek het jou en my GPS punt ingetrek en die foto uit GE wys waar ons punte lê.  Wat vir my vreemd is, is dat Mapsourse se punt so ver uit is.

Wat ek dink jy dalk kon fout gemaak het is om die koördinate van KampSA, wat desimale koördinate is, in te voer as grade en desimale minute. En ek dink jou GPS was dalk nie ingestel op die regte formaat nie.  Nie seker hoe Garmin dit hanteer nie.

Ageria in desimale koördinate: S 32.37456 E 19.06135

Ek dink jy het dit ingevoer as: S 32 37.456 E 19 06.135 (wat grade en desimale minute is) (kyk waar die punt sit)

As jy hierdie fout gemaak het, sou jy iewers duskant Clanwillaim geëindig het!!

Onthou, daar is drie maniere om koördinate uit te druk

1    Desimale grade: S 32.37456 E 19.06135

2     Grade en desimale minute: S32 22.474' E19 3.681'

3.    Grade, minute en sekondes:     S32 22'28.42"  E19 3'40.86"

Al hierdie koördinate neem jou na presies dieselfde punt.

 

 

 www.kampsa.co.za

Phillip Meyer
Ou hand
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 183
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Giggel Geel Boswa met 'n Nissan Pathfinder 2.5

Dis presies wat gebeur het, die punt het net regs van Clanwilliam af uitgekom. Ek het net die syfers ingetik op mapsourse se soekkenjin  wat vir my die posisie gegee. Ek het nie punte  of grade ingetik nie. Die sagteware het dit self ingesit. Ek sien nou die verskil in formate soos jy dit verduidelik het.

Wat is die mees algemene formaat om te gebruik? Seker die desimale grade?

Ek sal kyk of ek my gps se formaat kan verstel. Ek sal liewer die formaat gebruik wat die meeste in gebruik is. Dankie vir die verduideliking,

Die koordinate van mapsource pla egter nog.Dis tog in die selfde formaat as my gps?  Die punte in mapsourse se databasis is tog opgebou uit bydraes vanaf gebruikers. Op sy beurt word dit weer terugversprei aan die gebruikers wanneer jy jou sagteware opdateer in garmin. So iemand het waarskynlik daardie koordinate vasgele as die posisie vir Algeria(presies soos ek gemaak het toe ek daar gestop het) Ek vertrou dat die sagteware tog die verskille in formate sal oorkom met 'n basiese "conversion table" wat ingebou is. Hy sal tog die punt moes vasle in die formaat wat die persoon se gps gestel was. Daar kan dus nie fout wees hiermee nie?

 

Oscar
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 321
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

 Ek het ongelukkig geen kennis van hoe Mapsourse aan hulle inligting kom nie.

Grade en desimale minute (S32 22.474' E19 3.681') dink ek word die mees algemeenste gebuik.

T4A gebruik desimale grade en hulle het my verseker dat dit die toekoms is en die regte manier is om te gebruik.  Ons sal maar moet sien.

Ons sal bietjie kyk na die probleem op die KampSA webblad om eerder die mense die opsie te gee op te kan kies in watter formaat hulle die koördinate sal wil sien.

 

 www.kampsa.co.za

Fred
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 537
Gebruiker van lyn af.

Phillip,

Sonder om te tegnies te raak kan ek vir jou sê dat kaarte in verskillende 'projeksies' vasgelê word.  Onthou dat die aarde rond is en 'n kaart plat is. Om daardie ronde aarde plat te kry, moet jy die kaart projekteer. Afhangende van die projeksie kan dieselfde koordinaatpunt op verskillende plekke op die aarde lê. 

Daar is honderde verkillende projeksies en in Suid-Afrika word daar hoofsaaklik drie verskillende projeksies gebruik. Een daarvan word net deur die Landmeter-Generaal gebruik en is nie vir ons van belang nie. Dit laat die ander twee waarvan een so ongeveer 10 jaar gelede uitgefasseer is. As jy met jou Garmin speel sal jy sien jy kan jou projeksie verander. Ek vermoed dat die verkillende punte die gevolg is van 'n projeksieverskil.

Phillip Meyer
Ou hand
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 183
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Giggel Geel Boswa met 'n Nissan Pathfinder 2.5

Dankie Fred

hannesvn
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 171
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2000 Palma met 'n 1999 Hilux 4x4 enkelkajuit

 Vir die manne wat meer wil weet, soek op Google na "GPS datums", daar is BAIE informasie. Onthou, hierdie "datum" het niks te make met 'n kalender nie, dis engels vir "verwysing".

As daar navraag is, kan ek hier bietjie uitbrei en probeer om dit in leketaal e verduidelik. Dis egter 'n omvattende onderwerp.

Ek drink gladnie in die week nie. Net naweke....en saans. http://www.freewebs.com/johanneshendrikus/

Toermoer
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 746
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Vriende, vir doeleindes van ons GPS gebruikers hier in Suid-Afrika gebruik ons net een DATUM en dit WGS 84.  Vergeet van die res.

 

Jan van Graan

 

Fred
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 537
Gebruiker van lyn af.

Jan,

Eintlik is dit die WGS 84 "spheriod" en nie "datum' nie. Wees ook versigtig, WGS 84 spheroids word gebruik op meer as een projeksie - so al sê dit WGS 84, is dit nie noodwendig reg nie.

Toermoer
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 746
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Fred, sonder om afbreuk te doen aan jou uiteensetting.........wat anders moet die Gebruikers van GP
S'se hier by ons gebruik?  Watter keuse behalwe WGS 84 beveel jy aan?  Watter kaart voorsieners hier in ons geweste gebruik enige iets anders as WGS 84?  Wat is verkeerd daarmee om te aanvaar dat jy WGS84 gebruik en baste met die res?

 

Groete

 

Jan van Graan.

 

Fred
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 537
Gebruiker van lyn af.

Jan, jy kry WGS 84 op die World Geodetic System 1984 DATUM  en jy kry WGS 84 op die UTM DATUM.  Ons hier in Suid-Afrika gebruik die World Geodetic System 1984 DATUM. In die ou dae het ons die Clarke 1880 datum gebruik en jou GPS maak nog steeds daarvoor voorsiening  

Toermoer
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 746
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Fred, ek sien jy is 'n man wat hou van eksperimentele navigasienastiek.....ek ook.

 

So het ek nou die dag agter gekom  ek my poenders met mielies onder die kombuis tafel as verwysingspunt leer vreet, dan hoep hulle ook daar en die hele jaard bly skoon.

 

Probeer dit.   (Dan is ons jaard ook skoon:-)

 

Jan

 

Fred
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 537
Gebruiker van lyn af.

Jan,

Ek maak kaarte en Geografiese Inligtingstelsels vir 'n lewe... en jy?

Toermoer
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 746
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Fred,

 

 

Ek, met my Brakpan GPS  (1980 model) het al geleer dat mens maar ook bietjie wyd moet kyk....dan sien jy meer raak.  Jy mis ook nie so maklik 'n punt nie.

 

Neem nou vir ons twee hier....ons is al besig met jou befaamde outobiografie op 'n "GPS punt" draad???

 

Sekerlik die verkeerde DATUM.Smile

 

Jan

 

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7446
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Hoop net jul kalender het die regte datum en dat geeneen die punt mis nie. 

Het al gehoor van manne wat volgens GPS verwysings na 'n oord gesoek het en in 'n dam beland het!

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2427
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Net so lank my ou Garmin'tjie werk en my op die regte DATUM en tyd op die regte plek bring gee ek nou nie 'n bloue duit om oor die tegniese agter dit nie.

Voormalig johannvs

Wie's aanlyn

Daar is tans 12 gebruikers en 96 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Eddie Laing
  • thysvt
  • Johan K
  • BenA
  • Gypsey King
  • RSS
  • Kobus Snyman
  • Andries
  • Theo Red
  • BB
  • chris dupreez
  • HennieBo

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.