Geocaching die skattejag vir die hele gesin
Nuwe forum onderwerpe
Hi Almal ,
Weet julle van Geocaching met jou GPS dit is n skattejag vir die hele gesin , en dit is gratis , en jy doen dit op jou eie tyd op jou eie stoom . vir meer inligting gaan na www.geocaching.com .
Jy registreer op die webwerf , dan word jy op die stelsel gelaai en dan kan jy gaan skatte jag . die co ords is op die site en jy laai dit af en jy gaan soek die skatte . Daar is nie waardevolle goed in die houers nie , die beloning kom in die tyd wat jy saam met jou gesin kan spandeer en die feit dat jy jou GPS kan gebruik vir meer as net om jou te help verdwaal .
Al die nodige inligting is op die webwerf .
hoop julle gaan kyk dit is groot pret
Dankie Taeros
Hi Deric,
Wat is julle Geocaching naam ek is die een helfte van Team Taeros van Sabie en ons het nou al amper 200 findes, dit is groot pret en n mens ontmoet baie interesante mense in die proses en soos jy se, gaan plekke waar n mens nie gewoonlik gaan nie .
So as julle ooit in die Sabie omgewing is laat ons weet dan gaan drink ons koffie , dit is altyd lekker om ander mense te ontmoet .
Happy hunting
Hi Taeros,
Sal so maak.
Ons naam is "The Travelling van Berries" maar is nog ver kort van 200 
Derick
Hi, ons is nou al amper 4 jaar besig en doen dit net as dit ons pas so moenie stres nie , my swaar is GPS Storm , hulle is al by die 300 en my skoonpa is Fish Eagle hulle is al oor n 1500 hy was ook die cache reviewer vir africa gewees so ja ons speel almal lekker saam.
Desember kom nou gou nader en ons sal dan weer bietjie gaan "jag" .
Hoop julle het n lekker naweek
happy hunting
Ons is ook Geocachers (TJOKS) en doen dit al die laate jaar en 'n half. Ook maar net vakansietye. Lekker manier om die kinders aan die stap te kry. Dis vir hulle lekker om 'n skat te gaan soek. Ek gebruik 'n Garmin Edge 705 vir my geocaching (as ek nie met hom fietsry nie!)
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- dracoza
- HJB
- Christo de Wit
- JC
- Ski
- Damduiker
- Morris
- WilleWillemien
- Len Loader
- Hennievr
- WilSur
- Lammie
- MarkP
- Jakkals 007
- Rudo Mare
- Pieter Rheeder
- Andre Beyleveld
- Tjailatyd
- Anton le Roux
- HugoWessels
- Berno Punt
- Arabier
- Hancke





Ek geniet die Geocaching ding.
Daar is letterlik orals van hierdie skatte.
Ook 'n goeie manier om jou GPS beter te leer ken.
En plekke te sien waar jy nie normaalweg by sal uitkom nie.
Derick
Derick van der Merwe