Gee asb raad mbt GPS- funksie

Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Gee tog raad, die wat weet.

Ek het nog nooit 'n GPS besit nie, en wil graag nou een aanskaf. Daar is egter 2 baie belangrike funksies wat die megafter vir my as boer moet bied.

Die eerste funksie is om vir my die oppervlak van 'n stuk grond te kan bereken. Wat ek hierby bedoel is dat as ek bv. om 'n land ry wat nie eweredige en gelyke sye het nie, ek dan wanneer ek weer by die beginpunt uitkom, die GPS vir my moet kan sê hoeveel hektaar die land is. Ek sou ook graag dan wou weet wat die totale lengte is van al die sye vanaf die beginpunt waarom ek sopas gery het.

'n Ander funksie wat ek graag sou wou hê gaan ek probeer verduidelik. Wanneer 'n boer 'n land begin bewerk, is dit tog so dat hy van een kant af sal begin werk. Baie landbouimplemente is so ontwerp dat jy om 'n senterlyn moet werk. Hierdie senterlyn word genoem die aanvoor, en wanneer jy nou die kant van hierdie aanvoor bereik soos bv. 'n grensheining, moet jy weer 'n aanvoor dieper in die land in parallel aan die eerste aanvoor maak.

In die verlede het ons hierdie aanvore fisies afgetree en met vlaggies gemerk, want die idee is dat wanneer die 2de aanvoor by die 1ste een uitkom, daar so min as moontlik oorvleueling moet wees van reeds bewerkte grond om sodoende brandstof te bespaar.

Nou wil ek hê dat as ek met die eerste aanvoor die GPS aanskakel, hy met daardie lyn in sy geheue vir my moet kan wys om bv. 100m verder die land in 'n lyn presies parallel aan die eerste een te kan trek.

Ek weet daar is baie- en duur toerusting reeds op die mark wat al hierdie dinge kan doen en selfs nog die trekker op die spoor hou dmv outomatiese stuurmeg anismes, maar dis nie wat ek wil hê nie. My idee is om 'n gewone GPS te gebruik omdat ek die aanvore nie vir die vlermuis los om te doen nie, want ek glo dis my werk. Ek kan dan nog altyd later dieselfde GPS in my voertuig gebruik met kaarte as ek iewers onbekend na toe wil ry.

Hierdie parallele lyn kan so eenvoudig as moontlik aangedui word. Dalk net met 'n pyltjie in die skerm wat links of regs wys, of af is as mens op koers is.

Kan iemand dalk raad gee asb?

Groete

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 222
Gebruiker van lyn af.

Gideon,

Wat jy nodig het is 'n Geografiese Inligtingstelsel (GIS) eerder as 'n suiwer GPS. Die GIS kan vir jou oppervlaktes meet en paralelle lyne trek en natuurlik nog veel meer doen.

Jy kan doelgeboude stelsels koop teen so R40 000 na R50 000 maar die maklikste manier om aan die gang te kom is om vir jou 'n HP IPAQ handrekenaar (PDA) met 'n ingeboude GPS te koop. Die goed kos so om en by R4000. As jy nie een kan kry met 'n ingeboude GPS nie, kan jy 'n los Bluetooth GPS koop soos die Garmin GPS 18 vir so ongeveer R1500. Die GPS'e het nie 'n skerm of enige vorm van sleutebord nie en stuur net posisies via Bluetooth na die PDA.

Op die PDA laai jy dan 'n GIS soos ESRI se ArcPad. Die sagteware kos so ongeveer R7000 maar dit is moontlik om te reel vir 'n demo weergawe wat vir so 'n maand sal loop. Tydens die maand kan jy al jou werk afhandel en vir jou 'n kaart of twee druk.

'Backdrop' data (of digitale kaarte van jou omgewing) is opsioneel maar as jy dit het kan jy jouself beter orienteer op die grond wanneer jy jou eie data vaslê.

Ek het so PDA met GIS, data en al  wat daar in my kas lê wat ek lankal  nie meer gebruik nie maar daar is nou beter weergawes op die mark teen baie billike pryse..

 

Claas
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 144
Gebruiker van lyn af.
Plek: Doringkloof

 Grootkoos

Jy sê: "Ek het so PDA met GIS, data en al  wat daar in my kas lê wat ek lankal  nie meer gebruik nie..." 

Is dit nou 'n skimp na Gideon vir 'n naweek op die plaas? 

Hoe lyk dit, sal ons gaan kuier dan kan jy sommer vir Gideon wys hoe die vurk in die hef steek?

Groetnis

Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Julle is welkom ouens. Die goete waarvan Koos praat maak ek in elk geval nie kop of gat van uit nie.

Oscar
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 340
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

 Gideon, die GPS wat ons van die rak af koop sal jou nooit hierdie tipe van akuraatheid kan gee nie. Verder swerf die sein ook maar bietjie rond. Dit sal jou miskien akuraatheid van 5 tot 10m gee maar dit klink of jy iets meer akuraat soek.  Dan gaan jy toerusting soek wat GrootKoos hierbo noem.

Loer hier. Is dit dalk so iets wat jy soek?

http://www.leica-geosystems.com/en/Leica-SP-Technology_86470.htm

 www.kampsa.co.za

Machiel
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 577
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bloemfontein
Ek sleep 'n 2005 Gypsey Regal Blue Series met 'n 2010 Isuzu Kb 300 Lx D/K

Gideon

Dit klink vir my eerder of jy 'n landmeter nodig het.

Kan ongelukkig nie saampraat op hierdie een nie. Klink vir my maar grieks.

Groete Machiel

Cheetahs vir altyd

<

Toermoer
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 748
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

 Gideon, ek sien nou jou probleem en weet nie of jy dit alreeds opgelos het nie.  

Eerstens wil ek net se dat meeste of alles wat jy wil doen gedoen kan word.  Dit hang net af van hoeveel detail en akkuraatheid jy in belangstel.  In die verband die volgende:-

1.  Ons algemenne GPS stelsel hier is 'n   USA militere stelsel wat in ons land of kontnent nie so gekalibreer is om ongemaklik akkuraat in die smaak van die VSA weermag te wees nie.  As jy egter al jou meetwerk op dieselfde mooi weersdag met 'n goeie antennae doen, sal die resultaal (met fout en al) nie te sleg lyk nie.  Ek het al 'n man se plaashuis in terme van aansigte, ens uitgemeet.

 

2.  Die GPS instrument en sy ingeboude funksies speel ook 'n rol asook die moontlikheid (belangrik) dat jy die data op jou rekenaar kan oordra en met Mapsource sagteware kan verwerk.

 

3.  Om die oppervlakte en omtrek berekenings te doen is so maklik soos val uit 'n boom uit.  Jy kan dit doen deur "tracking" om die grond te doen (hoef nie reguit lyne te wees nie) en dan op jou rekenaar oor te plaas.  Die begin en eindlyn moet mekaar verkieslik ontmoet.  Die rekenaar doen die berekening as standaard.  Lees dit net van die skerm af.

 

4.  Jy kan ook met plekpunt lesings werk.  (waypoints)  Ek beveel aan diat jy dan die "average" lesings vat.  Gaan plaas dit op jou rekenaar en maak enige berekening daar tussen soos jy wil.

 

5.  Die parrallel (spelling?) kan ook soos bo eers met punte uitgemeet word en dalk dan met racking (spoor trek) doen.

 

NB.  As jy presiese berekinings wil doen, kan jy dit soos die landmeters en geoloe doen, maar hulle gebruik ander soort GPSe en hul teken in op hul eie privaat sateliete wat hul vrek baie geld per jaar kos.

 

Laastens.  Jy kan jou eie plaas sommer met Garmap se "Topt " kaart opmeet (rekenaar skerm) en met Google foto enige iets op jou plaas wat sigbaar is.  Daar is 'n meet fasiliteit.

 

Roep my as jy nadere/verdere besonderhede verlang.  Vandat hierdie forum so vrek stadig is kom ek maar selde hier, maar PM my ook.

 

Dienswillig die uwe

 

Groete vir die wat vra.

 

Jan van Graan.

 

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Gideon,

Toermoer is (oom Jan van Graan) en die GPS'e is een van sy stokperdjies en is 'n boffin in die gebied. Hy is ook goed bevriend met Johannvs, so wat ek probeer se' is met die uitnodiging na jou plaas toe kan Jan jou goed touwys maak.

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Wie's aanlyn

Daar is tans 24 gebruikers en 32 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • WilleWillemien
  • Morris
  • HJB
  • Len Loader
  • dracoza
  • Hennievr
  • Ski
  • WilSur
  • JC
  • Lammie
  • MarkP
  • Jakkals 007
  • Damduiker
  • Rudo Mare
  • Pieter Rheeder
  • Andre Beyleveld
  • Tjailatyd
  • Anton le Roux
  • HugoWessels
  • Berno Punt
  • Arabier
  • Hancke
  • Stalkersa
  • Big G

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.