GARMIN NUVI 860T----Teleurstelling
Ek was gister by Avnic en wou met alle mag en krag my GARMIN NUVI 860T omruil vir iets wat meer stabiel is en oor die algemeen beter werk.
Na 'n lang gesprek met een van die diens personeel, was ek nou maar oortuig dat die 860T wel die beste is wat tans in die Nuvi reeks is. Die ding het alles wat oop en toemaak, maar ek het nog steeds 'n fout begaan om so duur GPS te koop.
Ek het maar gekoop want daar is mos 'n 1Gig SD Kaart. Ongelukkig is die kaart so " geformat" dat dit net 500mb se data kan vat.
Ek het gekoop want die ding speel MP3's. Dit help my nie, want die ingeboude FM Transmitter kan nie enige stasies opvang nie. Ek dink julle almal weet wat ek bedoel by dat daar geen "oop" frekwensies is nie...net 'n klomp afrika stasies.
Ek het gekoop want die ding kan FM transmit deur die kar radio so en het ook dan 'n Blutooth wireless op die selfoon. ongelukkig werk die FM transmitter mos nie so goed in SA nie.
Ek het gekoop omdat die ding 'n fancy kamera kan vat, amper soos die tru kameras wat die karavann ouens gebruik. Die ding is slim, sodra die kan agtertoe begin beweeg, skakel die kamera aan en die GPS skerm wys jou wat agter jou is. Ongelukkig is die kamera's kabels en converters nie in SA beskikbaar nie.
Ek het gekoop omdat jy 'n fancy knoppie eenkeer druk en dan praat jy met die GPS en se vir hom wat jy wil doen, musiek luister, roete beplan, prenties kyk en enige iets anders, kan jy met jou stem doen. Ongelukkig kan jy nie die basiese address opsoek en navigeer daarna toe met jou stem nie....iets te doen met hoe SA kaarte aanmekaar gesit is.
Die ding is meer gekompliseer as WINDOWS, en glo my hy " CRASH" net so baie.
Daar is nog vele meer goed wat die GPS mee geadverteer word, maar in Afrika....kan baie van die goed nie werk nie.
So dit is dalk die beste op die mark, maar kan minder doen as 'n Garmin wat een derde die prys kos.
Pasop almal...moet nie dat al die tegnologie julle mislei nie.
Ek het maar gekoop want daar is mos 'n 1Gig SD Kaart. Ongelukkig is die kaart so " geformat" dat dit net 500mb se data kan vat.
Dankie Oom gert, sal probeer.
Ek het 'n Garmin nuvi 710, dit het ook 'n FM transmitter en ek stel my karradio op 89.1mh en dit werk uitstekend. Ek het ook 'n 1gig memory kaart vol mp3 musiek wat ook 100% werk .
Ek het die Garmin nuvi 200. Goedkoopste model en nog nooit n dag se probleem gehad nie.Nog altyd by die plek uit gekom waar ek wou wees.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Morris
- HJB
- Len Loader
- dracoza
- Hennievr
- Ski
- WilSur
- JC
- Lammie
- WilleWillemien
- MarkP
- Jakkals 007
- Damduiker
- Rudo Mare
- Pieter Rheeder
- Andre Beyleveld
- Tjailatyd
- Anton le Roux
- HugoWessels
- Berno Punt
- Arabier
- Hancke
- Stalkersa
- Big G







Romeo,

In die ou dae op die myne was daar 'n gesegde dat enige iets wat jy nie met 'n bobbejaanspanner en 4pond hamer kan regmaak nie, liewer uitgelos moet word.