WilSur se 2011 Jurgens Exclusive

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Soos julle seker teen die tyd weet / gesien het sleep ons 'n Exclusive en soos Claude en Anje in hulle draad "2010 Jurgens Exclusive" gesê het, het ons ook probleme ondervind.  Ek gaan sonder baie praat / tik probeer vertel en sal soos dinge vorder dit opdateer.

Ons sou die karavaan gekry het voor ons Februarie Hartenbos vakansie, maar die fabriek kon hom nie betyds aflewer nie.  Na ons terugkeer het ons hom gaan haal, al wat ons ekstra laat doen het was om die "mover" wat nie die waarborg laat verval nie te laat installeer want ek kon nie wag nie want ander kon ek nie die karavaan onder die dak inkry nie.  Als het redelik op sy plek gelyk.

Ons het vir 'n vinnege naweek sommer hier by ons by Joosbekker gaan kamp sonder die tent, net om seker te maak ons het die nodige in vir ons Saamtrek af Gariep toe.

So het ons na amper 2 jaar by die Nasionale WegSleep Saamtrek se kamp plek aangekom.  Groet die bekendes en ontmoet die onbekende gesigte, soos julle weet is die gewoonte om die tent so gou moontlik opgeslaan te kry voor iets jou aandag aftrek en die weer nie lekker saamspeel nie.

Soos oudergewoonte doen ek die opslaan self, maar die keer was dit 'n getrek naa die eenkant, dan weer na die ander kant "DIE BLERRIE TENT IS TE KLEIN" almal het kom loer en probeer raad gee maar die tent bly te klein, dit is nou die deel teen die karavaan.  So tussen die gespook sien ek daar is 'n klein gaaitjie in die dak, dit is 'n vout in die vervaardiging, niemand se vout nie.  Toe kom die stoep gedeelte en ek kry nie die dwars pale wat van die hoek pale na die midelste paal in nie, toe maak ek hykke sommer met daai plastiese stroppe vas (cable ties)

Gelukkig het ek geleer jy neem foto's van als en nog wat om jou punt te staaf.

Hier kan julle sien die tent se ritsluier (zip) is do die dwars paal, hy is veronderstel om net onder hom te wees.

Soos julle hier kan sien is die "zip" reg onder teen die dwars paal waar hy hoort.

Hier kan julle weer sien die "zip" is weer te laag want die gat vir die paal is te vêr in gemaak.

Daarom kon ek gladnie die dwars pale van die hoekke na die middel paal in kry nie.

Die voorkant het presies dieselfde gelyk.  Omdat die tent wat teen die karavaan kom te klein was kon die onderste "skirt" wat voor die wielle kom nie aan die tent vas kom nie.  Selfs die sykante was te hoog van die grond af gewees.

Die hele spul het my so omgekrap (seker omdat ons ook met die Classique se tent ook gesukkel het) en daarom kon ek ook seker nie die verdomde din styf gespan kry nie, van die nate het sommer los getrek.  Dit het met die reen veroorsaak dat die dak weer soos met die Classique water bakke gemaak het.

Met ons terug keer die Vrydag aand kon ek nie die karavaan op sy plek kry nie want die een kant van die "mover" werk nie.  Saterdag oggend bel ek vir Comet, ja hulle is oop, ek sê vir Johan ek bring ons karavaan in (na ek verduidelik het die "mover" werk nie en die karavaan staan in die straat), jammer mnr. jy het nie 'n afspraak nie en ons het nie plek nie.  Sal nie hier sê wat verder gesê was nie.  Ons het die meeste uit gepak en hom deur gevat Comet toe vir die nodige herstel.

Ek het die lys gemaak van als wat ons nie mee tevrede was nie.

Tent probleme, dit het ek punt's gewys verduidelik met die foto's en nog soos hierbo, met 'n skets van waar die foto's geneem is.

Ander, Seker die mees belangrikste was die "downlights" wat so warm word (Surette het haar vinger gebrand toe sy die badkamer se lig wou afsit) en dan die krag kas wat onder die bank sit.

Die lys het ek per e-pos saamgestel met die foto's en dit na Comet se Jurgen en ook Jurgens Ci se Keith Laing, Dave Fraser, Clive Cox, Tinus Van Wyk en Kevin Naik gestuur.

Die tent is PMburg toe na die fabriek waar hulle die tente maak gestuur.  Hulle het altwee dakke oor gemaak en terug gestuur.  By Comet het ons die tent opgeslaan en moet sê dit lyk BAIE beter maar kon nie die tent vas slaan nie (sal dit by Bosfontein doen)

Die "mover" was net los en daarom het die een draatjie los gekom, hy is nou vas maar die batery was pap en ek het my dinges af gesukkel om hom onder die dak te kry by die huis.  Hoop die batery laai reg anders is dit weer ek en hulle na Bosfontein.

Ek sal vir Dave Fraser terugvoering gee na die Bosfontein kamp (hy is ook in Ausie land by Jurgens)
Keith Laing het vir my 'n e-pos gestuur en sal kyk wat van dit gaan word, maar ek staan by my punt dat die "downlight" 'n veiligheids risiko is en ook die plasing van die krag kas.  Wat sê die wet waar moet jou hoof skakelaar wees om jou huis in nood te kan beveilig, ook jou geyser ?

vp
Super sleper
Aangesluit: 13/06/2010
Inskrywings: 497
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gauteng

Willem / Surette / Wijan

E I N A !!

Sonder omhaal belowe ek jou my moermeter sou baie, baie hoog in die rooi gewees het. Hierdie waens van ons kos baie geld en ook ek staan by wat ek voorheen kwyt geraak het:

PDC - Pre Delivery CHECK ....... moet na regte impliseer - no check = no cheque.

 

 

 

 

 

 

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Willem, ek stem saam, mens moet nie dit aanvaar nie, dit is jou reg om te kla, en om te verwag dat dit wat verkeerd is, reggestel word. Na soveel klagtes dink ek die manne van Jurgens moet bietjie hand in eie boesem steek en dalk tot die besef kom dat hulle gaan duer sulke werk voornemende klante verloor. Dan adverteer hulle dan nou kastig, local is lekker en goed, sies, hulle behoort hulle te skaam. Sterkte aan joulle en al die ander wat met hierdie probleme sit.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Leeu Kuil 1 Gar...
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 69
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell, Kaap
Ek sleep 'n 2008 Jurgens Palma met 'n VW Tiguan

Hi Ouens

Ek moet se die diens wat Jurgens en sy handelaars gee is rerig nie goed nie.Ek het so twee maande gelede my 1999 Palma ingeruil vir n 2008 Palma en die eerste naweek weg met die opslaan van die tent sien ek dat ek hoef net twee extra sykante te koop om area lekker groot te maak.Wel ek bel twee handelaars en hulle se alles is toe oor lang naweek en hulle sal my kontak sodra die fabriek weer oopmaak.Damn hulle fabriek bly lank toe want tot op hede het nie een en selfs Jurgens die moeite gedoen om terug te kom na my toe.

Dit is n jamerte want ek geniet nogal die Jurgens

Kamp groete

Garth

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4767
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Garth,

As dit nie Jurgens / Sprite / Gypsy is nie wat is dit? Hier is geen ekwevalente karevane teen bekostigbare pryse in SA te koop nie...

So terloops, Almal praat or die Jurgense. wat is die manne wat Sprites en gypsy's koop se menings? Het hulle ook moeilikheid?

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ek is bly jou probleme is op die ou end opgelos WilSur.

Kan jy nie die ligte se gloeilampe met iets vervang wat nie so baie hitte vrystel nie.

Die meeste woonwaens e kragkaste is iewers onder 'n bank versteek. Ek is van mening dat indien jy dit wil verander, dit op jou eie koste sal moet geskied.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Deon Joubert
Diknek
Aangesluit: 26/01/2011
Inskrywings: 1083
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Disco 3 Tdv6 HSE

Willem

Jy weet dit maak n mens baie moerig. Jou wa het n helse klomp geld gekos en dan is dit hulle diens wat n mens kry. Ek wens n mens kan direk by CI koop en as daar n probleem is hulle direk opneuk. Baie van die handelaars is maar so dat as hulle hul geld gekry het is dit neusie verby met kliente diens. Dis hoekom ek altyd die vraag vra as jy n wa 2de haands wil koop of dit beter is om dit privaat te koop of by n handelaar. As dit die diens is wat jy kry met n niewe wa watse diens gaan jy kry op n tweede handse wa waar die wins baie minder is ? Dit is om van naar te word. Ek het by campworld alberton n Jurgens excape se buite stort bestel, ek wag nou al 2 en n half weeke. Dis om van te braak.

 Sien Julle by die boom !

Tjailatyd
Diknek
Aangesluit: 26/11/2010
Inskrywings: 895
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel

Dankie vir die terugvoer Willem.  Hoe lank het dit geneem om jou tent terug te kry.  Ons wil ons Karavaan sou gou as moontlik invat, maar ons gaan die  29ste Junie Nelspruit toe en wil nie sonder 'n tent kamp nie.  Johnny sal vandag 'n afspraak maak sodat ons die karavaan die naweek kan uitpak en terugvat, as die tent nie te lank gaan neem nie.

Dankie

Rachel

 

 

 Groete

Johnny & Rachel

Germiston

Mufasa
Diknek
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 1014
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria-Noord

Ek is in die mark vir 'n Classique maar sulke goed maak dat ek na die invoer karavane gaan kyk PUNT.

Leon    

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Willie,

Dit is maklik om die ligte te vervang ek het 'n LED 12v lig by Comet gekoop en in die badkamer gesit want Surette het haar klaar daar gebrand, teen R265 vir die lig is dit seker nie die einde-van-die-wereld nie.  Maar as ek 'n voertuig koop vervang ek nie sulke goed nie, die dam ding kos 'n plaas se geld.  Dit is deurdat ons als self doen dat die vervaardigers met dit als wegkom want ons aanvaar dit net.

Rachel,

Die tent is die naweek voor die verkiesing af na die fabriek toe en ek het laas Donderdag die nuwe tent by Comet uitgeslaan, laat Jurgen met die fabriek reël.

Deon,

Ek stem saam, dit is hoekom ek nie die handelaar of Jurgens Ci kan prys nie, want dit moes nie so gewees het nie.  Ek kan hulle net bedank dat hulle dit gedoen het, wag nog vir die res om gedoen te word.

Comet het 'n waglys vir die Exclusive's en hoekom is daar net 2 van ons wat kla oor die tent, almal is / word toegerus met die selfde tent ???

Tjailatyd
Diknek
Aangesluit: 26/11/2010
Inskrywings: 895
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel

Dankie Willem.  Sal dadelik bel.

 

 Groete

Johnny & Rachel

Germiston

Leon Verster
Ou hand
Aangesluit: 25/01/2011
Inskrywings: 232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2011 Gypsey Regal met 'n 2007 Isuzu KB300LX DC

Cheetah, glo my..ek het 'n nuwe Sprite, my eerste een het ek teruggegee, en hy is vervang( na 'n moerse bakleiery).My tweede een is nou al van die 6de Mei af teruggestuur fabriek toe, daar is soveel foute dat ek  die server gaan oorlaai as ek begin. Bottom line is, die ding is teruggestuur fabriek toe. Onder andere moet my tent OOK vervang word. Sovêr my kennis strek is my tent al die 28ste Maart by die fabriek bestel, maar ek wag nogsteeds!!

Die persepsie wat by my geskep is, toe die manne van CI die dag deurgekom het om na my wa se foute te kyk, is dat omdat ek 'n Sprite gekoop het, en nie 'n Duurder karavaan nie, moet ek verwag dat daar probleme gaan wees...my bl*&sem, my moermeter het rev limeter geslaan, glo my!!.Kan jy glo dat my Sprite toe sommer vergelyk word met my huis...en is daar gesê dat hy wed my my huis is nie reguit en perfek nie.

Nou ja, kom ons kyk as my goedkoop Sprite terugkom, of als dan reggemaak is, en intussen wag ek NOGSTEEDS vir my tent!!

Claude en Anje
Groentjie
Aangesluit: 16/02/2010
Inskrywings: 32
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vereeniging

Willem

Die vakmanskap van die woonwaens laat veel te wense, daar is n lys van herstel werk na elke kamp wat uitgevoer moet word en ek spaar my siel eerder as om dit na die agente toe te vat.Ons lokale woonwa hersteler hier in Vereeniging het die regter kantste sy vir my vervang en dit lyk baie beter as toe ek dit nuut gekoop het.Die tente word nie reg vervaardig nie want ek het ook my allie af gesukkel om die tent op te slaan wat dit mooi bymekaar kom.Die voerings pas nie mooi in die extrusions in nie en dit is egter te styf of hang soos n vlenter lap.Sterkte vir julle.

Groete C&A

Claude en Anje
Groentjie
Aangesluit: 16/02/2010
Inskrywings: 32
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vereeniging

Willem

Die vakmanskap van die woonwaens laat veel te wense, daar is n lys van herstel werk na elke kamp wat uitgevoer moet word en ek spaar my siel eerder as om dit na die agente toe te vat.Ons lokale woonwa hersteler hier in Vereeniging het die regter kantste sy vir my vervang en dit lyk baie beter as toe ek dit nuut gekoop het.Die tente word nie reg vervaardig nie want ek het ook my allie af gesukkel om die tent op te slaan wat dit mooi bymekaar kom.Die voerings pas nie mooi in die extrusions in nie en dit is egter te styf of hang soos n vlenter lap.Sterkte vir julle.

Groete C&A

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Ek wens net dat die tydskrifte wil die stories vie almal vertel wat dit lees, maar nou-ja hulle moet ook seker kyk waar kom hulle geld vandaan maar so het elkeen ook die reg om te weet van die probleme wat daar is en die slegste is dat dit nie terug gevoer word na die wat die produk self bou / maak nie want dan kan die eind produk mos net verbeter.

Miskien moet mens die karavaan koop sonder die tent en net een laat maak by die wat weet hoe, die vraag is waar is hulle ???

???,   ???,   ???

JCKorf
Ou hand
Aangesluit: 01/09/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker is aanlyn
Plek: Springs
Ek sleep 'n Exclusive Autumn met 'n Ford Ranger 3.2 DC Auto 2x4

HI Willem

Dankie vir die skrywe en die foto's. Ek het ook 'n 2011 Exclusive. Dit is my eerste wa so ek weet nie rerig hoe die goet moet lyk nie.

Verseker gaan ek gou weer my tent opslaan en kyk of hy ook so lyk

Hier moet ek bly, ons leer sooooo baie.

Dankie almal.

Jaques

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1873
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Probleme sal ons he want watter ander wa koop ons, maar die beste  is hulle weet dit want die ingevoerde modelle is duurder. Ek het ook met die tent gesukkel en nog 'n paar ander foute en die beste was toe ek die wa gaan haal het,.Die battery was pap en niks werk nie, net daar se ek wil 'n nuwe battery he, sal die man nie vir my se dan moet ek hom koop nie. Stap ek so onnoselrig kantoor toe en vra om 'n karavaan te koop, die vat my na 'n ander verkoopsman en ek stook hom met vrae oor batterye en ander dinge wat ek gesien het. die se toe hulle maak die dadelik vir die kliente reg voor die wa uitgaan. Nou het ek skietgoed en vat die man na die nuwe wa wat ek gekoop het en se begin met jou beloftes sommer hier en maak reg.

Hulle was nogal moerig vir my maar die goed kos geld en swak vakmanskap en voor aflewrings word nie gedoen nie en hulle hoop jy sal dit regmaak. Ek diens my wa self en de m$%^r  met hul waarborg. Die assuransie het ook nie 'n probleem daarmee nie, want ek is gekwalifiseerd.

Groete

HPJV RENSBURG

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

" Willie,

Dit is maklik om die ligte te vervang ek het 'n LED 12v lig by Comet gekoop en in die badkamer gesit want Surette het haar klaar daar gebrand, teen R265 vir die lig is dit seker nie die einde-van-die-wereld nie.  Maar as ek 'n voertuig koop vervang ek nie sulke goed nie, die dam ding kos 'n plaas se geld.  Dit is deurdat ons als self doen dat die vervaardigers met dit als wegkom want ons aanvaar dit net."

Ware woorde Willem.

Ek het ook  nou die ander dag my 1998 woonwa se regop-kas, asook die yskas wat los was vir die eerste keer vasgesit. Die regop-kas se skroewe was in hul gate, maar nog nooit vasgeskroef nie. Hulle het nie losgekom soos ek gedink het nie, want daar was geen gaatjie met skroefdraad voor die punte waarin hulle ingeskroef was nie. Die yskas het net een skroef onder in gehad van 'n potensieele 4. Daar is net twee gate deur die vloer geboor wat boute kan akkommodeer aan die agterkant van die yskas. Geen gate onder, voor nie. Die aluminium brackets aan die boonste agterkant van die yskas was nog nooit in die sypaneel vasgeskroef  om die bokant van die yskas stabiel te hou nie.

Onthou maar van die Motorindustrie se Ombudsman indien jy nie regkom met 'n vervaardiger/verskaffer nie. Die hele woonwa/sleepwabedryf sorteer ook onder hom.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Nog so bietjie inligting.

Ek het nie al die tent toue terug gekry nie, hulle het dit toe vir my oor-nag gestuur, sien die e-posse wat gevolg het.

From: Willem.Brits
Sent: Tuesday, May 31, 2011 2:34 PM
To: Nereldin Govender; Comets; Kevin Naik; Dave Fraser
Subject: RE: Exclusive Problems (Tent)
Importance: High

Hi Brandon,

 

I have received the parcel you send. 

In the bag is only 11 ropes and a LOT of lastic bands for the side flaps.

Ten (10) is for the sides to tiedown the verendas on the side. 

Should there not be two double ropes for the front corners and then a longer one for the centre pole infront ?

From: Dave Fraser
Sent: 31 May 2011 15:07
To: Brits, Willem (WJ); Nereldin Govender; Comets; Kevin Naik; Brandon Pillay
Subject: RE: Exclusive Problems (Tent)

 

Hello Willem,

Thank you for your e-mail and confirmation that you received your guy ropes.

The quantity of 11 single guy ropes with spigot and dog bone is as per our specification.

The idea of the centre front guy rope is to not use it to pull the tent out, but rather to stop the front verandah lifting in the wind. To this end we recommend that it be dropped vertically and anchoured in place alongside the centre upright pole. It is for this reason we believe that the length of the guy rope is sufficient [ different length guy ropes can be a manace for campers]. 

We do not supply front side wall guy ropes and if they were to be used, again we would recommend that they be used vertically to prevent the tent lifting in a wind.

I can however further advise,  based on your feedback and querying of the number of guy ropes we are re-assessing our specification and the possible need of supplying guy ropes to further enchour the front verandah corners. 

In the spirit of goodwill, we will send off to you three single guy ropes. 2 for the verandah corners plus one spare.

We thank you for your input and trust that you will find satisfaction with your tent when you next camp.

By copy of this e-mail may I ask Kevin to ensure that 3 x single guy ropes are sent to Mr Brits at the same address that the previous ropes were sent.

Kind regards,

Dave Fraser

 

From: Willem.Brits
Sent: Tuesday, May 31, 2011 3:25 PM
To: Dave Fraser; Nereldin Govender; Comets; Kevin Naik; Brandon Pillay
Subject: RE: Exclusive Problems (Tent)

Hi Dave,

 

Thanks again, this was not mentioned to me and there was NO instructions on how to tie down the tent as in the past it was normal practice to use the guy ropes as I mentioned and this will include the ones I made yellow now.

 

From: Dave Fraser
Sent: 31 May 2011 15:36
To: Brits, Willem (WJ)
Cc: Kevin Naik; Comets; Nereldin Govender; Brandon Pillay
Subject: RE: Exclusive Problems (Tent)

 

Hi Willem,

 The Jurgens Modular tent has a different pole structure to the traditional "Cabana S" tents and the previous model Jurgens tents, hence the different anchouring method. I will re-look at our erection manual and see if it covers the anchouring sufficiently.

I really appreciate input from our clients as they get to use our products a lot more than we do and encourage you to feedback any comments or suggestions you might have that will improve the use of our products and enhance the satisfaction of the camper.

Many thanks again for your suggestions, understanding and co-operation in this matter,

Dave.

 

 

From: Brits, Willem (WJ)
Sent: 01 June 2011 14:01
To: Dave Fraser
Cc: Kevin Naik; Comets; Nereldin Govender; Brandon Pillay
Subject: RE: Exclusive Problems (Tent)

 

Hi Dave,

 

Please forward me the erection manual as I did not receive one with my caravan.

Boskamper
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 672
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gordons Baai
Ek sleep 'n Enig-iets wat gehaak kan word en wil saam, See toe, Bos toe, Berge toe, Plaas toe of sommer net kuier. met 'n Colt 2.6 4x4, Colt met Forkie aandrywing

Willem en al die ander,

Dis jammer om van die dilemma en probleme wat dit gee te hoor,

Hier is 'n baie groot gat in die karavaan bedryf, en dis glad nie so baie moeilik om 'n teenfoeter op die mark te bring nie.

Ek wou die plan hier neerpen, maar is bang ek kry moeilikheid, enige iemand wat belangstel pm my, en as ek 100 navrae kry, maak ek my plan bekend,  hoe gouer die navrae inkom, hoe sterker staan my saak en kan die dinge net vinniger gebeur.

Ek ken 'n belegger en hy hou my projekkie fyn dop, en is omtrent elke dag by my, en ons het al gepraat, en hy ken nog so 2 wat ook belang stel.

Mail my maar nicoels55@vodamail.co.za

 

Tjops, doringkole en goeie geselskap innie natuur daai's nou eers lekke

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 222
Gebruiker van lyn af.

Wilsur,

Ek moet sê dat ek nie met jou saamstem oor die voorste dubbele toue op die tent nie. Die middelste stutte (die wat jy met cable ties vasgemaak het) stoot die pale na die kant toe en die kant stutte (die wat aan die woonwa vasklik) stoot die voorste pale vorentoe.

Jy het ook nie nodig gehad om die cable ties uit te pluk nie. Daar is 'n kuns daarin om daardie middelste stutte in te sit. Al lyk dit nie of dit pas nie, pas dit wel as jy dit reg insit.

Die eerste keer toe ek my nuwe Palma se tent opgeslaan het, het ek ook 'n bietjie kopgekrap oor die pale wat lyk of hulle te lank is voor ek agtergekom het hoe om hulle in te sit

 

 

Ski
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mayberrypark Alberton
Ek sleep 'n 2012 Boepens met Tenco Jnr Trailer Tent met 'n 2010 Ssangyong Acton Sport

Ek jeuk ook vir n nuwe Clasic maar sal heel moontlik maar een laat bou as ek so na almal se probleme luister.

Nico & Claudet Prinsloo

Die bande is rond so kamp so gereeld moontlik

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

GrootKoos,

Die punt is nie wat ek sê nie, die punt is dat hulle mens nie verwittig dat daar 'n nuwe manier is hoe die tent geanker word nie.  Ek het toe die instruksie gekry en daar wys die foto dat daar wel twee toue op die hoeke gebruik word.  Ek sal nog steeds by die see die twee anker toue gebruik vir beter ankers.

Wat die "cable ties" betref wel jy was enigetyd welkom om dit te probeer, vra maar die wat saam was Gariep toe. 

Ek kamp darm nie van gister af nie en weet hoe om die tent op te slaan.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

So van die tentseile en toue na die kaste, Wilsur.

Ek kyk gister by Kennis na 'n nuwe Exclusive. Loop en bekyk alles binne baie aandagtig deur. Ek merk op in die een van die linkerkanste regop kaste dat daar twee groot ronde gate in die boonste paneel van die kas is. Die een net onder die dak.

Is daar 'n spesifieke doel hiervoor?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Wonder OOK, hulle het seker plek gemaak vir 'n koolstofie sou hulle dit sonder wiele gestop het ???

Tjailatyd
Diknek
Aangesluit: 26/11/2010
Inskrywings: 895
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel

Jurgens CI het vandag ons tent, pale en al, kom oplaai om Pinetown toe te stuur, en ek is belowe die tent sal terug wees voor ons weer gaan kamp.  Sal nou maar sien hoe lyk dit as ons by Nelspruit gaan kamp aan die einde van Junie. 

Willem, ons het nie ons toue saamgestuur nie.  Ons het nie eers daaraan gedink nie.  Dit het natuurlik eers 'n tweede e-pos gekos om 'n reaksie uit hulle uit te kry.

 

 Groete

Johnny & Rachel

Germiston

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1021
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

Hi Johnny,

 

Waar kamp julle die einde van die maand? Ons gaan Innibos toe en kamp by Tranquil's Nest.

 

Cheers,

 

Eben

 

@ Willem, jammer vir die kaping. Bly jou tent is terug! 

Tjailatyd
Diknek
Aangesluit: 26/11/2010
Inskrywings: 895
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel

Ons kamp by Nature's Gate ook vir die Innibos fees.  Ek stuur vir jou 'n PM.

(Sorry Willem)

 

 Groete

Johnny & Rachel

Germiston

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Dit is nog 'n probleem met die bou van die Exclusive.

Julle ander Exclisive eienaars moet kennis neem van die.  Die stut het los gebreek voor ek die TV in gesit het en ek ry nie met die TV op sy plek nie.  Jurgens het die paal onder gesteun met 'n 3 hoek plankie en 3 skroewe (wat 'n grap)  Ek het die paal op gelig en 'n gat deur die paal geboor en 'n laaaang skroef deur die paak geskroef in die hout. (sal 'n foto neem)  Jammer vir die uit-fokus, gesukkel met een hand met die kamera en die ander met die plankie ens.

Ek het die plankie nie weer terug gesit nie.

Boskamper
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 672
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gordons Baai
Ek sleep 'n Enig-iets wat gehaak kan word en wil saam, See toe, Bos toe, Berge toe, Plaas toe of sommer net kuier. met 'n Colt 2.6 4x4, Colt met Forkie aandrywing

Sterkte, en ek hoop jy kry vorentoe beter Kwaliteit. ek stuur vir jou pm.

Tjops, doringkole en goeie geselskap innie natuur daai's nou eers lekke

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

WilSur

Ek let toevallig op op jou fotos hierbo die pyltjies onder die rakke. Sien die nuwes op die vloer het ook sulke merke op. Is dit plastieklae wat mens kan aftrek? Het nie so mooi opgelet toe ek nou die dag een gaan bekyk het nie.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Wie's aanlyn

Daar is tans 13 gebruikers en 30 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Anton le Roux
  • Hancke
  • geo
  • Big G
  • Lammie
  • EGO
  • Gert Venter
  • Marlo vd Berg
  • Benzan
  • WilSur
  • Berno Punt
  • JCKorf
  • Tjailatyd

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.