Wat werklik by die Jurgens fabriek aangaan

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 222
Gebruiker van lyn af.

Ek het vandag my wa by die fabriek gaan haal waar hulle hom herstel het na die handelaar vreeslik drooggemaak het.

Die bestuur van die fabriek het my genooi om 'n toer deur die fabriek mee te maak en het lekker met my gesels oor wat hulle bekommerd maak, wat hulle planne is en ook hoe trots hulle op hul fabriek en produk is.

Na my besoek, waar elke detail van die vervaardigingsproses aan my gewys en verduidelik is, is dit vir my duidelik dat ons as gebruikers van die woonwa heeltemal te vinnig is om te kritiseer.

Ek sleep al so by die 20 jaar en het darem ook al 'n wa of drie/vier (nuut) gekoop. Ek is dus nie heeltemal 'n leek waneer dit by 'n woonwa kom nie.

Van die dinge wat ek gesien het:

  • Elke stukkie van jou wa is met die hand aanmekaar gesit en die enigste werk wat deur robotte gedoen word, is die sny van die kant panele
  • Hulle is fanaties oor kwaliteitsbeheer en duur kaste en panele word weggegooi as daar die kleinste krappie of merkie daarop is.
  • As hulle 'n fout kry op 'n wa wat klaar gebou is, skroom hulle nie om die ding uitmaak te haal en die fout reg te maak nie.
  • Die vervaardigingsproses word konstant vernuwe ten einde kwaliteit, waterdigting en algemene duursaamheid te verhoog. So is die wa wat jy laasjaar in Augustus gekoop het, reeds verouderd wat betref waterdigtingstegnieke en elektriese toebehore.

Ek het in die forum gelees waaroor die meeste van julle kla en ek kan vir julle die volgende sê:

  • Ja, die waens word volgens erkende internasionale standaarde vervaardig en die fabriek word gereeld geinspekteer deur mense uit  Duitsland om te verseker dat kwaliteit gehandhaaf word
  • Hout in die konstruksie word nie behandel nie bloot omdat dit nie sal help nie. Waterlekke moet in die eerste plek verhoed word en die eienaar het 'n plig om die fabriek se waterdigtingstandaarde te handhaaf op dieselfde manier wat jy jou huis se dak se waterdigting gereeld moet nagaan.
  • Hulle weet van die agterste stutte op die nuwe Jurgens waens wat te laag is en hulle is besig om te werk aan 'n oplossing sodat nuwe waens nie die probleem sal hê nie
  • Hulle weet baie van ons gebruik nie ons stowe binne die waens nie
  • Die bestuur word aangemoedig om self gereeld te gaan kamp en ook om hulle aan hule mede kampeerders te identifiseer sodat hulle kan hoor waarvan mense hou en nie hou nie.
  • As daardie wa die fabriek verlaat is hy in 'n baie goeie toestand (hy is selfs blinkskoon gewas) en die handelaar word deur die fabriek 'n stewige fooi betaal om weer deur die wa te gaan en enige foute wat ontstaan het in die afleweringsproses of elders te herstel voor dit aan die gebruiker gelewer word
  • Hulle lees ook hierdie forum

O ja, en die gemors wat die handelaar op my wa aangevang het is pragtig herstel.

Leon V
Super sleper
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 427
Gebruiker van lyn af.
Plek: Adelaide
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Toyota Hilux SRX

GrootKoos

 

"Hulle is fanaties oor kwaliteitsbeheer en duur kaste en panele word weggegooi as daar die kleinste krappie of merkie daarop is."

As hulle dan so fanaties oor kwaliteitsbeheer is, hoekom lees ons van so baie probleme met nuwe karavane wat met stukkende/skewe deure en kaste uit die fabriek kom?

Was die herstelwerk aan jou karavaan ook die gevolg van swak vakmanskap?

groete

Leon

 

Geniet elke kamp asof dit die laaste kamp is.

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 222
Gebruiker van lyn af.

Leon,

Lugdienste is fanaties oor vliegveiligheid maar tog val daar elke nou en dan 'n vliegtuig. So elke nou en dan faal die Nokia selfoon wat jy gekoop het en selfs jou geliefde Toyota gaan in vir sy eerste diens met 'n foutlysie.

Ek is seker daar kom wel foute uit daardie fabriek maar dit is nie naastenby so erg as wat party ouens dit maak nie. Jy sal ook sien dat die oorgrote meerderheid klaers ouens is met ses tot tien jaar oue karavane wat iewers by 'n neef van hom se kennis se ma se tannie gehoor het van 'n probleem op 'n nuwe woonwa. Jy self erken dat jy nie eerstehandse kennis daarvan het nie maar dat jy iewers gelees het van 'n ou met skewe kaste.

My woonwa was in vir 'n krakie wat ontwikkel het in die  kleur laag van die veselglas agter. Die krakie was nie by aflewering daar nie en het ontwikkel weens die beweging van die wa tydens die sleepproses.

Claas
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 144
Gebruiker van lyn af.
Plek: Doringkloof

GrootKoos

Ek is bly jy't jou wa terug en in 'n beter toestand as waarin hy was.

Ek't laasjaar probleme met my tentdakke gehad - die materiaal was van 'n swak gehalte en die dakke het almal gelek. Ek het maande lank probeer om deur die handelaar hierdie dakke te laat herstel/vervang en het ten einde laaste direk met die fabriek in verbinding getree. Die resultaat was dat ek binne 'n paar weke splinternuwe tentdakke ontvang het - direk uit die seilfabriek in Pinetown, by my huis afgelewer.

Wat ek eintlik wil sê is dat, indien enigeen 'n probleem met 'n nuwe wa (of die bybehore) sou hê, hulle direk met die ouens by die fabriek moet praat om dit op te los. Handelaars blyk te besig te wees om persoonlike aandag aan jou probleem te gee...

Kampgroete

Claas

Boats
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2155
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2010 Jurgens Classique met 'n 2010 Toyota Fortuner

GrootKoos Ditto, ek stem 100% met jou inste.

 Sleep groete my Vriende - Pieter en Erika Botha

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Soos ek die motorwereld, waarby woonwaens en alle ander soorte waens ingesluit is, leer ken het, is die produk maar net so goed soos die diensverskaffer/agent se toewyding en diens.

Die fabriek probeer die produk so na as moontlik aan foutloos verskaf, maar sluip wel hier en daar foute in wat dan gedurende die voorverkoopsdiens deur die handelaar uitgesorteer moet word, Waarvoor hy deur die vervaardiger vergoed word.

Hoe beter en meer toegewyd die agent is hoe beter is die produk waarmee jy daar wegry/sleep.

In baie gevalle word die fabriekswaarborg deur 'n agent " uitgery" sodat die probleme op die ou end in jou skoot beland.

Die beste manier om jou kwaliteit te verseker is om die artikel voor aglewering, maar na die voorafleweringsdiens sorgvuldig na te gaan/te laat nagaan, 'n lys te maak van foute/gebreke waarmee jy nie tevrede is nie en toe te sien dat die foute, soos die lys met die tyd ook groei, gedurende die waarborgdienste uitgesorteer word.

Maak vrede met die idee dat daar foute sal wees. Baie van hulle ontstaan nadat die produk die monteerlyn verlaat het. Die handelaar/agent is die ou wat vir jou klantetevredenheid verantwoordelik is, mits jy die foute/jou ontevredenheid natuurlik onder sy aandag bring.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1021
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 Aangesien daar verskillende drade is wat vir en teen die fabriek is, miskien moet daar gefokus word om die probleem handelaars te identifiseer.

 

Die gene wat nuwe Jurgens wa's aangeskaf het, waar het julle die wa's gekoop, miskien kan n patroon geidentifiseer word.

 

Wat WilleWillemien hierbo se maak sin, Fabriek lewer n produk wat miskien 98% reg is, en handelaar sorg dat die ander 2% miskien uitgesorteer moet word wat hulle dan weer kan terug kry van die fabriek aangesien hulle die fabriek se werk moet klaar maak tot en met 100%.

 

Dink maar net by myself dat daar dalk seker handelaars is wat nie verantwoordelikheid neem met die PDI nie, en dus is die klant ontevrede want sy nuwe wa is nie 100% soos hoe hy dit voorgestel het nie.

 

D.w.s, Jurgens Fabriek verskaf Karavane aan Handelaars, A, B en C etc. etc. maar dit is Handelaar B wat telkemale klante ontevrede stel in Jurgens Fabriek is produk.

 

Net my 2c

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2651
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Ebenhaeser wrote:

D.w.s, Jurgens Fabriek verskaf Karavane aan Handelaars, A, B en C etc. etc. maar dit is Handelaar B wat telkemale klante ontevrede stel in Jurgens Fabriek is produk.

 Net my 2c

Nogal 'n goeie 2c daai!!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

JanO
Nuweling
Aangesluit: 01/01/2011
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nigel

 My ondervinding van die Jurgens fabriek is baie negatief - ek wil nie eers begin om te vertel van die patetiese diens wat ek ontvang het nie. Ek het my karavaan gister gaan haal nadat hulle 'n kraak op die dak moes herstel (dis 'n splinternuwe wa wat aan "kwaliteitsbeheer" onderwerp was). Ek hou die karavaan altyd pynlik netjies en skoon en toe ek dit gister deurgaan is daar 2 diep krappe aan die agterkant ('n 3de krap is by die handelaar uitgehaal) en die voetplaatjie is gebuig en beskadig. Die aflewering is meer as 'n week later as waaroor ons ooreengekom het en die sleutels was weg en die handelaar moes inderhaas 'n plan maak. Die fabriek en die handelaar het nie eens probeer om die karavaan bietjie skoon te maak nie en stof van die glasvesel is nog oral. Na 8 maande se baklei oor patetiese diens en swak kwaliteit  gaan ek nou maar self die skade wat hulle veroorsaak het regmaak. Ek is dus nie oonodig krities nie - ek wil net waarde he vir die R180k wat ek betaal het. Ek kan nie wag dat Jurgens ernstige oposisie kry nie sodat die karavaan mafia in die land gebreek kan word. Jurgens se kliente diens bestuurder gooi die foon in my oor neer en ou Kieth bel nie terug as ek boodskappe laat nie. Sunseeker Alberton weet watter kant hulle brood gebotter is en wil nie eens probeer om hulle kliente te ondersteun nie - hulle van onvoorwaardelik die kant van hulle fabriek. 

Ek sal in die toekoms nooit weer 'n nuwe wa koop nie. Ek sal soek vir 'n skoon gebruikte karavaan en so oneindige frustrasie uitskakel. Ek sal dit ook privaat koop en nie by handelaars betrokke raak nie. 

Lekker kamp!!

JanO

 

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 222
Gebruiker van lyn af.

Jan,

As beide die fabriek en die handelaar nie instaat is om die wa behoorlik reg te maak nie en beide weier om die saak verder te voer,  is my raad aan jou om 'n prokureur te gaan sien ten einde skadevergoeding te eis.

Ek sou darem ook graag die anderkant van die verhaal wou hoor. Die klantebestuurder het nog nooit die foon in my ore neergegooi nie en ek was ook maar redelik moeilik (natuurlik sonder om onbeskof te wees )

 

Jacques PE
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 221
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth

MBT tot die lae hoekstutte....wat my verbaas is dat Jurgens nog nie eers gepoog het om die huidige eienaars wat die nuwe reeks waens het, enigsins te probeer help nie. 

Is hulle nie veronderstel om tenminste aan hulle huidige kliente 'n call-back te offer nie?

Nee wat ek is nie impressed met hulle diens nie Sad

 

 

2010 Jurgens Penta met Ford 3.0 XLT

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

So wat sê jou vriendelike handelaar oor die saak Jacques?

 

Groete,
Jacques

 


 

Jacques PE
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 221
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth

Dit is n manufacturing issue en nie 'n verkoop issue nie, en dat ek dit met die vervaardiger moet opvat. 

Hierdie siening kan ek verstaan en dit maak sin.  Maar dat die vervaardiger bewus is van die ontwerp "fout", en niks daaraan doen nie, gaan my verstand te bowe.

Ek is versot op motorfietse, en veral BMW's wat n baie goeie voorbeeld is van continuous design improvements.  Sodra die kliente iets onder hulle aandag bring wat nie reg of ongemaklik is doen hulle iets daaraan, nie net op die daaropvolgende modelle nie, maar ook op dieselfde modelle huidiglik in die mark - deur middel van n call backs.

So Jacques, dit lyk my ek moet maar met my eie modification saamleef, om op die vervaardiger se na-aankoop diens te steun, is 'n sinnelose aksie.

2010 Jurgens Penta met Ford 3.0 XLT

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

100% Jacques, ek respekteer jou siening.

Ons het so laasjaar die fabriek in persoon besoek en mens verstaan van die dingetjies biki beter.

Jou eerste kontak bly die handelaar. Hy het die persoonlike kontak met jou. Ons handelaars is nie almal 300% skerp soos mens graag wil hê nie. Die fabriek is bewus hiervan en werk hieraan.

Sou die opneem van die probleem nie na wense uitgevoer word nie, kan mens in kontak kom met die fabriek. In alle redelikheid het ek nognie gehoor van 'n geval wat die fabriek nie hulle kant gebring het nie.

As mens vergelyk met 'n motor maatskappy: Volkswagen het byvoorbeeld 'n magdom handelaars oor die land wat na hulle kliente omsien. Sou daar 'n probleem wees, is ek seker hulle kan nie 'n vloed van motors en kliente by hulle fabriek in Uitenhage hanteer nie. Dit maak net meer sin dat die handelaar sy kant bring.

Ek stem dat dit 'n eerste prys sou wees as die fabriek 'n databasis van kliente kon gehad het en dit kon gebruik het vir kommunikasie. Maar dalk is dit beter dat hulle al hulle tyd en hulpbronne eerder aan 'n kwaliteit produksie spandeer?

 

Sommer my 2 sente,
Jacques

 


 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Is die handelaar waarmee JacquesPE hier te doen het nie maar soos vele ander motorhandelaars nie? Verkoop die produk en as die probleme kom is dit die vervaardiger se skuld, maar bied nie hulp aan, wat hy veronderstel is om te doen, om namens jou die vervaardiger te kontak om die probleem uit te sorteer nie.

JacquesPE, tree die handelaar soos in, sterk aan. Hy versuim sy pligte.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JCKorf
Ou hand
Aangesluit: 01/09/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs
Ek sleep 'n Exclusive Autumn met 'n Ford Ranger 3.2 DC Auto 2x4

Ek dink hier moet 'n duidelike lyn getrek word tussen probleme en modifikasie. In die geval is daar geen probleem met die wa nie, als werk soos dit moet en is waar dit hoort. Jurgens het 'n verandering gemaak op die nuwe waens wat verkoop word, die engels man se "running changes". so die handelaar het geen verpligting om die verandering te doen aan waens wat voor die veranderings verkoop is nie. Net so glo ek het Jurgens geen verpligting om die verandering aan te bring nie. Dit is soos om 'n motor te koop net voor die "facelift" een uit kom, niemand gaan hom vir jou verander nie.

Wel die is my sienning en julle is welkom om daarvan te verskil.

Groetnis

Jaques

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Miskien mis ek die hele punt, sleep self 'n 2011 Exclusive, en het nog nie die hoekstukke gesleep in of uit 'n plek nie, is maar net versigtig.

Daar is so klein verandering op die hoekstukke waat die penne in gaan is nou net 'n 10mm pypie, ek haal elke keer die "Vastrap" voetstukke af as ek sleep en sit dit op as ek staan om die hoekstutte te sak.

Of is dit nie die probleem nie ?

Jacques PE
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 221
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth

Hi WilSur,  soos ek al vantevore op n ander draar verduidelik het, het ek my steadies, removable gemaak.

Daar is geen boute of moere nie. sodra dit lig is it los en hak net uit.  MAAR, behalwe dat dit 'n onnodige shlep is, is my vraag hoekom moet EK die 4 steadies modifiseer as dit duidelik verkeerd uit die fabkriek gekom het,

Net so terloops die steadies van die Penta, ongelaai, is 200mm van die grond af minder as twee bakstene plat op mekaar .  Die geringste helling laat  die steadies skuur om nie eers te praat van die gesukkel om die wa in te tru by party kampterreine sonder om die grasperk op te foeter nie.

Die probleem met die steadies wat skuur is dat dit net n goeie hou vat om die modulere onderstel op sy swakste plek te buig, naamlik die hoek.  Miskien moet en 'n voorstel vir n modifiseering aan die vervaardiger stuur..........

2010 Jurgens Penta met Ford 3.0 XLT

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Lyk my die mense wat die goed ontwerp dink ons kamp op teerpaaie en parking lots?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Ek wonder hoekom is daar karavane wat gebou word vir die "off-road" doel ?

Jacques,

Dit sal goed wees as jy dit vir hulle stuur, as jy 'n e-pos adres soek stuur vir my 'n "PM" dan gee ek dit vir jou.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Nou hoe bedoel die oom nou?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Ryk van Renen
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 48
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell Wes Kaap
met 'n Avalon Motorhuis

Manne hierdie gesprekke vind ek baie interessant en dit veral nadat ek vir 32jaar dieselfde soort kar/bakkie verkoop het.

Julle probleem is dieselfde as wat ek vir 32 jaar gehad het.

Die probleem is egter tweevoudig.

Die fabriek verkoop nie die wa aan my nie, maar wel die Handelaar.

So wie dra jou probleme of is veronderstel om na jou probleme te om te sien.??

Dis die Handelaar se verantwoordelikheid om te sien dat jou 100% reg is.

Ek weet ongelukkig nie wat die verhouding tussen Handelaar en Fabriek is nie.

In die motorbedryf was ek geregtig om dinge onder waarborg terug te eis vanaf die Fabriek en dan was daar ook soos 'n "policy claim" waar ons soms die skade gedeel het.

Soos almal weet is daar altyd dinge wat kan verbeter op die wa of kar.

Hierdie Vervaadiger is baie daarop gestel dat die kliënte terugvoering moet gee oor hulle produkte en dan waar hulle dan baie van een spesifike probleem gekry het, maak hulle dan veranderinge aan die produk.

Hier kan jy soms onderdele vervang wat al lank buite waarborg is.

Ek glo dat jy die swakste produk kan verkoop (en ek het) maar as jou Handelaar en Vervaardiger hulle produk 100% ondersteun, die produk baljaar.

Groete

Ryk

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Nou wanneer sien ons 'n nuwe dubbel-as Topaz?........meneer die handelaar?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Al die modelle wat uitgesterf het glo ek is asgevolg van "daar was te min aanvraag" vir die model.  Dan is daar ook ontwikkeling wat sekere modelle uitskakel as ek kyk na die nuwe onderstel hier by ons, volgens my is dit iets wat hulle gesien het by die oorsee se vervaardigers.

Ek soek een van daai ou Corola bakkies met die skuins neus (nuut) of een van daai Kombies wat die dubbel deur gehad het want my pa sin het hy die sitplekke uit gehaal en 'n 3/4 bed se katel in gepas, onder die katel kon jy 'n bakkie vrag pak.

Miskien moet ek vir die fabriek vra om weer van daai Gypsey's met die "^" staan dakke te bou, hulle het ook maklikker gewas.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Die enigste rede waarom daardie Topaz sou "uitgetrerf" het, volgens my mening, is omrede die prys hopeloos te hoog was en die kwaliteit, soos reeds verneem, problimaties was, maar met die design was daar niks fout nie. Hy was sy tyd vêr vooruit.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Ryk van Renen
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 48
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell Wes Kaap
met 'n Avalon Motorhuis

Jammer Willie, maar ek was nie die karavaan bedryf nie, so ek kan nie sê nie.

Groete

Ryk

 

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2651
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

WilleWillemien wrote:

Die enigste rede waarom daardie Topaz sou "uitgetrerf" het, volgens my mening, is omrede die prys hopeloos te hoog was en die kwaliteit, soos reeds verneem, problimaties was, maar met die design was daar niks fout nie. Hy was sy tyd vêr vooruit.

Willie, hoe ver is die wegsleep karavaan? Ek glo dit gaan 'n wenner wees'behalwe nou vir die enkelbedjies - ek is te lief om agter ma se boude in te kruip!

Net vir intersantgeid, ek neem aan die Wa kom saam met 'n voorraad Prolong?

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Hello Arie.

Sal hom volgende week weer aan die gang kry, wag net dat Benji bykom.

Die binne-uitleg kan jy kies soos jy wil. Eilandbed vir jou, verseker. Prolong ghries as troosprys ingesluit in die deal.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2651
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Willie, kan nie wag om die finale ontwerp te sien nie, en veral die eindproduk!

Hey, ek kaap al weer die draad - netnou word ek "Ge-fire

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Wie's aanlyn

Daar is tans 25 gebruikers en 25 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Ski
  • Len Loader
  • WilSur
  • MarkP
  • Rudo Mare
  • Morris
  • JC
  • Pieter Rheeder
  • dracoza
  • HJB
  • WilleWillemien
  • Andre Beyleveld
  • Tjailatyd
  • Anton le Roux
  • Jakkals 007
  • HugoWessels
  • Lammie
  • Damduiker
  • Berno Punt
  • Arabier
  • Hennievr
  • Hancke
  • Stalkersa
  • Big G
  • Harry Du Randt

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.