Territory Balljoints

Besoeker

Eerder as om die gesprek verder op die Jurgens Knakke draad te voer het ek die een geskep vir die Terri eienaars.

Sien aangeheg hoe die ou en nuwe ontwerpe van mekaar verskil, die oue het altyd spanning op die gewrig geplaas en probbeer om dit uit te druk, die nuwe doen die teenoorgestelde maw die gewrig word die heel tyd ingedruk. Lazarus hier in Centurion het aan my genoem dat hulle weet van tweegevalle waar die gewrig totaal gefaal het, beide by maks stuur hoek en uiteaard terwyl die voertuig stadig beweeg het. Ek het voorheen 'n fout gemaak, die recall nommer is nie R11011 nie maar wel R1101.

AanhegselGrootte
territorynewballjoint.pdf233.77 KB

Aanhegsels

AanhegselGrootte
territorynewballjoint.pdf233.77 KB
JCKorf
Ou hand
Aangesluit: 01/09/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs
Ek sleep 'n Exclusive Autumn met 'n Ford Ranger 3.2 DC Auto 2x4

ht my 2009 ST sin 2 weke terug gedoen na ek by die handelaar was vir iets anders. Ek ken heelwat Territory eienaars en die baljoints was nog maar altyd 'n probleem. Die beter handelaars het gewoonlik hulle vervang onder waarborg net voor die einde van die waarborg. Moet se daar is min daar buite wat kan kompeteer met die ouens teen die prys.

Groetnes

Jaques

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Tjailatyd het 'n brief gekry oor die "recall" en dit vir my gestuur want hulle het nie meer 'n Territory nie, maar hulle weet ek het die ST.  Ek het dit aan Ford SA gestuur en hulle het my laat weet dit raak nie my voertuig nie ?

Ek is al lank met Ford SA en die Ombudsman besig want ek wil hê Ford SA moet die voertuig se "suspension" tenvolle na gaan want hy is nog onder waarbord.

Ek het my ST by Lazarus gekoop maar hulle wil ook nie die volle inspeksie doen nie, hulle vervang net as ek 'n vout uitwys en hulle stem saam dat dit wel 'n probleem is. 

Ek het vir alby gesê ek sal die vortuig "AA" toe vat en hulle koste dra as daar niks vout is nie maar as daar vout is moet hulle die koste dra en reg maak wat op die lys is, maar hulle andwoord my nie.

Ek wag nou vir die 2de ronde uitslag van die Ombudsman.

JLC,

Dankie vir die inligting.  Hier is die "recall" brief.

 

AanhegselGrootte
190943731-1.JPG 107.49 KB

JLC

Willem, het jy ander probleme ook? Ek weet net van twee recalls op die Terri, een was voorste rempype wat te kort was en in party gevalle probleme gegee het, ander was die onderste balljoints voor. Die Ford Forum in Oz het 'n Terri deel wat nogal goed is, maar meeste van die probleme wat daar oor gekla word is klein goed wat ek dink jy by enige voertuig sal kry, die grote wat uitgestaan het is die balljoints. My Cherokee destyds het ook balljoint probleme gehad (selfde probleem as die Terri) maar dis uiteindelik deur die agente met 'n recall herstel. Ek dink nie Ford sal 'n volledige suspensie inspeksie doen nie tensy daar ander fout is, dink ook nie enige ander vervaardiger sal dit doen nie. Terloops, ek wonder hoekom joune nie geraak word deur die recall nie, JCKorf lyk my het ook 'n 2009 ST en syne was geraak? Maklikste is om Ford in Oz te kontak met jou VIN nommer, elke eenheid het 'n gerekenariseerde bougeskiedenis teen die VIN no waarteen hulle kan sien of joune nie dalk reeds die nuwe ontwerp balljoints in het nie.

(Ek praat altyd met Hannes by :Lazarus, hy is gewoonlik baie behulpsaam en is 'n ou Dakota mechanic so hy weet bietjie meer as die gewone diensagent).

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Het al 'n paarkeer met die ouens in OZ gepraat, sal hulle 'n e-pos stuur oor die "joints".

Wie is die Hannes ou, wat is hy want ek praat gewoonlik direk met die w/w bestuurder Tony da Silva of party keer met Schalk Kotze.

Hier is my eerste e-pos wat ek vir hulle gestuur het "Mon 22 Aug 2011 15:33"

Hi Karel,

I’m sending this e-mail to you as you were the sales person I bought the vehicle from and you are the one that I contacted every time in the pass.
 
I took possession of the Territory on the 21st January 2011 with the understanding that the car was  NEVER in any form of accident.
During the sorting of the tow bar I mentioned that there is a knocking sound from the front suspension, suspecting worn ball joints, Schalk asked what was the arrangement and I confirmed that it can be done on the next service. (On 40,000km ???)
 
I was scheduled for an operation and arranged for the vehicle to be serviced and the front suspension checked and corrected which was still under warranty, I booked the car in on the 29th June 2011. (No time constrain as I was in hospital)
My wife was contacted and she collected the vehicle from you.  After my discharge I requested my daughter to take me with the Territory to TWT (Tiger Wheel and Tyre) to have the wheels balanced and the wheel alignment checked and corrected as this was after my 1st service and I have had the vehicle for 13,000km.  I was informed that one of the rims was slightly bent, I suggested that we check the spare which was 100% and they swapped the tyres and fitted the bent rim to the spare. 
 
It was only after this that I was able to drive my car and found some knocking sound still coming from the front suspension, I thought it best to take the car back to TWT and ask to check if they have not forgot to tighten all the necessary bolts.  After an inspection they informed me that the “Control arm bushes” are worn.  I then contacted Chantelle as the car was booked in by her the 1st time, she made an appointment for the 17th August 2011.  Later she contacted me informed me that I can collect the vehicle and that the was only loose points on some of the arms.
 
I then took the car back to TWT on the 19th August 2011 to re-check the alignment and balancing.   The Technician STHEMBILE informed me that the RF wheel is in front of the LF wheel, this will make the car to pull slightly to the left but it will not make the tyres to wear uneven.  However the LR wheel is bent to the outside (Camber) and the technician said he can’t fix it, it’s not adjustable and THIS will have the tyre to wear on the outside and I need to have the tyres rotated every 8,000km’s, see attached print’s from TWT.
 
In the morning when I take the car out the garage and take-off to the front I still hear a slight “clack” noise.
 
Now my BIG question( s )
 
·         Why is it that some ball joints are worn on only 40,000km ???
·         Why does the vehicle have a slight bent rim ???
·         Why does the RF wheel run in front of the LF wheel ???
·         Why is the Camber on the LR wheel so far out ???
 
If this is the state that Lazarus Ford received the vehicle from Ford SA then I suggest you sort this with them.
If needed I will take the vehicle to “AA” for a full investigation on the under carriage and suspension of the vehicle.

JLC

Willem, klink vir my soos 'n ongeluk? Kontak jou versekerings Mpy en vra hulle om uit te vind (as daar 'n eis ingestel was teen die voertuig sal hulle dmv die VIN no dit kan opspoor). Probeer ook uitvind wie die vorige eienaar was en kontak hom. Ek praat uit beginsel gewoonlik nooit met 'n verkoopsman na die koop deur is nie, hulle is meestal net jou groot vriend totdat hy sy kommissie in die sak het, het jy al met Hannes gepraat? Dis ook so dat party voertuie maar 'n uit posisie wiel het, of 'n camber wat nie heeltemal reg is nie. Dis gewoonlik nie te veel van 'n probleem nie en jy moet in elk geval wiele ruil binne elke 10 000km.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

JLC,

Dit was 'n vloot voertuig by die fabriek, m.a.w. een van die grootkoppe by die fabriek het vir 27,000km met hom gery, so ek het hom as 'n demo gekoop.

Ek weet nie wie is die Hannes nie, wat doen hy daar ?

Ek het vir die OZ's 'n epos gestuur en wag nou vir hulle "reply"

Wessel JS
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/05/2011
Inskrywings: 126
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Beste Willem

Volgens my internet soektog, die volgende info oor ons karre se ball joints. Die volgende stelling word gemaak;

" Every Territory built from early 2004 untill the introduction of a revised model at the start of 2009, which has a different ball joint design, is covered"

Duidelik is dit 'n kwessie van watter jaar model mens het.

Myne se rempype is nagegaan met sy laaste waarborgdiens, outomaties deur agent nagegaan. Ek het nie 'n terugroep-brief gekry nie. Die handelaars word blykbaar ingelig met 'n "bulletin", en soos die voertuie inkom gee hulle aandag aan die fabrieksfoute.

Iemand wat ek ken se Territory het ok effens geklop. Dit was die skutplaat voor wat geraak het aan uitlaatstelsel of iets. Dit was werklik iets klein.

Groete

Wessel

 

 

JLC

Hannes is een van die diensagente, Laan 3, hy leef naby aan die werkswinkel vloer so hy weet effe meer wat regtig aangaan. Sal graag wil weet wat die mense in Oz antwoord. Hoekom laat jy nie maar in elk geval die AA kyk nie, minstens bevestig dit wat jy dink of andersins gee dit jou gemoedsrus.

JLC

Wessel, het vergeet van daai een. aan die begin toe ek die Terri nuut gekry het was daar so 'n mannetjie wat met 'n hamer aan die onderkant voorlangs geklop het, maar net as ek hard versnel en iets sleep, andersins was hy stil. Agente het hulle dinges afgesukkel, ratkas mounts, diff mounts vervang maar mannetjie was steeds daar. Het toe maar die "common sense" ding gedoen en besluit as iets klop moet daar sekerlik iewers blink merkies wees. Na so 'n uur onder die Terri met 'n skerp flits mannetjie gekry. Die katalisator is net bokant daai lang skermplaat wat tot in die middel van die voertuig loop. Onder harde versnelling beweeg die enjin effe kloksgewys (van agter gekyk) wat die katalisator afdruk tot dit net die plaat raak en dan klop mannetjie. 'n Spacer of twee later trussen die plaat en die bakwerk om die afstand net effe meer te maak en mannetjie het nie meer 'n hamer gehad nie. Dis een van daai probleme wat enige mens rasend maak en uiteindelik is dit 'n simpel ou ding wat in 3 sekondes opgelos kan word, dis nou as as jy die probleem kry. Lang storie maar dalk ook een van die moontlikhede Willem?

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Ek was by die "AA" ouens vir 'n vinnige inspeksie sonder koste en hulle het bevestig wat TWT die eerste keer gesê het, dat die "R/F control arm bush" gedaan is.  Ford stry daarteen en die handelaar het gesê dat TWT se spesifikasies nie reg is nie, my vraag was hoe kan dit die hele toets verkeert maak, hulle het / kan my nie adnwoord nie.  Toe het ek die inspectsie by die "AA" ouens gedoen en hulle het my na die ouens om die hoek gestuur wat al hulle wielsporings doen en in byde gevalle het hulle dit ook gestaaf dat die "R/F control arm bush" gedaan is, maar die agent het dit nog steed nie aanvaar nie (sien dokumente)

Dit is die rede hoekom ek my tot Ford SA gewend het met die probleem en hulle het my terug geandwoord waar hulle sê toe ek die vortuig 21 Jan. 2011 gekoop het was als reg was en dat die voertuig nie in 'n ongeluk was nie. (en ek het soos in my eerste e-pos net 'n paar vra gevra)
Maar sou ek nie tevrede is nie moet ek na die Ombudsman toe gaan, wat ek toe wel gedoen het, hulle het Ford SA 14 dae gegee om te reageer.  Ek het toe weer al my e-posse deur gestuur en hulle andwoord weer was die brief wat hulle toe vir my gestuur het, ek het hulle en die Ombudsman geandwoord.
Hier is die e-posse

 
From: Jenny Johnson
Sent: 11 November 2011 01:55 PM
To: Marais, Monique (M.M.)
Cc: willem.brits

Subject: MIO REF: 315495.FORD.BIRTS
 
The Adjudicator dealing with this case is Mr. Darren Smith and will be the only person knowledgeable thereof. Should you respond to any other address stated than the address of the adjudicator or mi.ombudsman@netactive.co.za this matter will not be handled. 
 
Dear Mrs. Marais,
Please find attached your customer's complaint which is self-explanatory.
 
Your customer has been informed that someone from your customer care department will be in contact with him/her or with us within 14 working days as from tomorrow to help resolve this matter.
Your customers has been requested to contact this office in writing in the event that he/she has neither heard from you or us within the allotted time to enable the MIO to explore further appropriate avenues in which to resolve this matter.
From: Marais, Monique (M.M.)
Sent: 16 November 2011 12:38
To: Jenny Johnson
Cc: Brits, Willem (WJ)
Subject: RE: MIO REF: 315495.FORD.BIRTS
 
Good Afternoon Jenny,
 
Please be advised that the vehicle has been delivered to the customer in January 2011 with no damage to the rims.
 
After eight months the customer raised a complaint regarding the buckled rims.  Ford Motor Company can not comment on the concern as the vehicle has been in the possession of the customer. 
 
Please refer to our letter dated 14 September 2011. 
Regards
Monique Marais 
From: Brits, Willem (WJ)
Sent: 16 November 2011 13:16
To: Marais, Monique (M.M.); Jenny Johnson
Cc: WilSur
Subject: RE: MIO REF: 315495.FORD.BIRTS

Importance:
High

Afternoon All,
I can’t understand your feedback as this was only one comment I made during the whole debacle around my vehicle’s issues.  Have you not read the e-mails that I have send you?  They were all copied to the Ombudsman.
 
See the screen dump of my reply to the same.
Therefore I can NOT accept your response to my complaint.  Read the full document that was send by MIO that contain most of the e-mail correspondents prior to me logging the call with MIO.
Regards,
Willem Brits

Pieter Rautenbach
Groentjie
Aangesluit: 07/03/2010
Inskrywings: 37
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Penta met 'n 2007 Ford Territory Ghia

Middag Willem, Sterkte met al die dinge. Kan maar net se dat Nov 2010 het ek 'n Territory wat ook 'n "fabrieks voertuig " was by die betrokke handelaar gekoop. (Later uitgevind dit was 'n "lease voertuig" aan die Titans , Was in groot ongeluk ens ....)  Af suidkus toe en terug en toe reeks van dinge ontdek. Gevolg is , voertuig is teruggegee aan die handelaar en geld is terugbetaal want ek het dit baie warm gemaak vir hulle. Later toe Territory by ander handelaar gekoop wat ongelooflike diens gegee het en bereid was om alle toetse op voertuig te doen. Ek is baie gelukkig met die Territory.

Groete

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria

Pieter,

Dit is presies hoekom ek wil hê Ford SA moet die voertuig se hele suspensie deurgaan.

Hoe kan mens uitvind wie het die voertuig gehad ?  Want die eerste dien stempel in die boek was nie by die fabriek gewees nie.

Verder is ek baie tevrede.

Pieter Rautenbach
Groentjie
Aangesluit: 07/03/2010
Inskrywings: 37
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Penta met 'n 2007 Ford Territory Ghia

Willem, sal met graagte probeer help - niks belowe nie - pm my net die registrasie nommer en Vin nommer as jy wil.

Groetnis

Wie's aanlyn

Daar is tans 19 gebruikers en 24 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Tjailatyd
  • dracoza
  • Pieter Rheeder
  • Andre Beyleveld
  • Jakkals 007
  • MarkP
  • HugoWessels
  • Lammie
  • WilSur
  • Damduiker
  • Berno Punt
  • Anton le Roux
  • Arabier
  • Hennievr
  • Hancke
  • Stalkersa
  • JC
  • Big G
  • Harry Du Randt

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.