"Proof" sal ons moet sien

Benji
Super sleper
Aangesluit: 12/10/2010
Inskrywings: 337
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n 1994 Sprite Sprint met 'n 2009 Nissan X-Trail 2.0 XSE

Ek het so pas die nuwe WegSleep deur gelees en so halfpad met die ingelse tydskrif toe kom ek iets agter....In Wegsleep is daar 'n Volblad advertensie oor hoekom ons "local" moet kies en in die engelse een onder aan elke paar bladsye 'n advertensie wat Imperial vir ons probeer wysmaak "Proof that Local is Lekker" ek dink miskien het hierdie nuwe ingevoerde karavane dalk 'n bietjie kom krap aan die "Status Quo"...

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Ja, dis interessante tye Benji!

Ek sal graag wil sien hoeveel nog op die mark sal wees oor so 10 jaar se tyd.

Die ingevoerdes bied nie eers 'n enkele lae profiel model nie en dit met die rigting wat die brandstofpryse gaan.

Maar as Jurgens bietjie wakker word en die kwaliteit mooi dophou, kan hulle maar min geaffekteer word deur die indringers.

Niks soos 'n bietjie goeie kompetisie nie...

 

Groete,

Jacques

 


 

BEER
Super sleper
Aangesluit: 20/03/2010
Inskrywings: 355
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas

Kompetissie is altyd 'n goeie ding!

 

LWH NEL

"Tommorow is promissed to nobody"

 

Chris M
Super sleper
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 420
Gebruiker van lyn af.
Plek: montana park, pretoria
Ek sleep 'n 2008 Sprite Splash met 'n 2001 Colt dubbelkajuit 4x4

Ons sal maar moet sien hoe groot kompetisie die ingevoerde modelle gaan wees teen die pryse wat ek gesien het. Ek vermoed dit gaan nie 'n groot impak wees soos dit nou staan nie (maar net my opinie)

***********************

Groete

Chris Müller

Langpad
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.

Ek glo nie die ingevoerde modelle sal n impak he om die "gewone"mens maar dat hul n ander mark teiken wat huidiglik nog nie die kamp terein betree het.

Wat n feit is, is dat die bou gehalte ver bo enige van die lokale woonwaens is. Uit my eie ervaring moet ek se dat dit skokkend is om te sien hoe ons lokale waens aanmekaar gesit is. Na elke Naweek/vakansie wat daar op die pad gespandeer is moet daar reperasies gedoen word..............

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Niks soos goeie kompetisie nie. Al verskil die prysklas.

Het by Gariep gesien hoe die twee Exclusives wat daar was se tente daar uitsien. Nie een se dakseile was die regte grootte nie. In een geval kon die dakpype nie eers inmekaar gesteek word nie, so klein was die seil.

Die kantseile was na my mening ten minste tussen 200-300mm te kort.

Dit in ag genome kan ek my indink dat voor 'n ou 'n Exclusive sal koop, jy beslis ook 'n kleiner, maar beter kwaliteit wa sal oorweeg. Al is hy net so duur soos 'n Exclusive.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1873
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Kwaliteit by Jurgens is ;n probleem, vir hulle gaan dit oor hoeveel hulle kan smous. Kompitiesie is goed en ek sou dalk iets anders gekoop het as dit op die mark was.

HPJV RENSBURG

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 23 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • dracoza
  • Andre Beyleveld
  • Jakkals 007
  • MarkP
  • HugoWessels
  • Lammie
  • Pieter Rheeder
  • WilSur
  • Damduiker
  • Berno Punt
  • Anton le Roux
  • Arabier
  • Hennievr
  • Hancke
  • Stalkersa
  • JC
  • Big G
  • Harry Du Randt

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.