Ons besoek aan die Jurgens Ci Fabriek 10/02/2011

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Hallo Julle Almal

Ek wil tog net begin deur my lewensfilosfie met julle te deel: "Daar is nie so iets soos ‘n onmoontlike taak nie. Sommige probleme se oplossing vat net langer om te vind as ander."

Hierdie is ‘n kort (sorry lang) opsomming van hoe ons besoek aan Jurgens Ci se fabriek verloop het vandag. Ons het baie gesels, ek het nie aantekeninge gemaak nie en ek gaan nie in al die detail ingaan nie, maar ek gaan my opinie gee van hoe ons die dag beleef het (ek is ‘n dapper ou, ek het my vrou saam gevat vir “Backup”  ! Eintlik wou sy graag saamgaan want sy stel baie belang in die tipe van bedrywe
Ons was so halftien by die fabriek en het toe gesit en wag vir Keith want ons afspraak was vir tien uur. Hy het ingekom gegroet en ons toe oorhandig aan Deon Harmse die S.H.E.Q. manager (dis nou selfde as Boats se S.H.E manager pos met net die Quality been by) Ek wou nog met Keith gesels toe sê hy ons moet saammet Deon stap sodat hy vir ons kan wys wat hulle doen ens. Ek was nogal afgehaal want die man weet nie eers mooi wie ek is en wat die oogmerk van my besoek is nie, toe ek vra sê hy dat hy genoeg gesien het in my aanvanklike e-mail
Saam met Deon is on toe na die begin van die fabriek waar die rolle plaat afgerol word, gesny en gevorm word sodat hulle die onderstelle vir die karavane kan bou, die boswaentjies en bagasie waentjies By hierdie afdeling het Deon vir Naas Ferreira aan die woord gestel en hy het omtrent die proses in detail aan ek en Susan verduidelik.
Hierna is ons na die hoof fabriek waar die klaar geboude onderstel in die aanleg ingaan en stelsel matig in ‘n karafaan ontwikkel. Deon het ons deur die stoor area gevat die aankope afdeling en toe is ons af na die “monteerbaan” en daar het Deon vir Pieter Botha gevra om ons deur die stelsel te vat
Hier wil ek ‘n oomblik stop en iets vertel wat ek en Susan baie opgeval het deur ons hele besoek, Van ons by ontvangs aangekom het tot ons vier ure later by die hek uitgery het. Terwyl ons by ontvans gewag het al die mense wat daar verby geloop het ons vriendelik gegroet. Die entoesiasme waarmee Naas ons deur die staal werk afdeling gevat het detail inligting wat hulle met ons gedeel het. Pieter in die monteer aanleg, die tyd wat hy spandeer het, al die stappe wat hy so breedvoerig beskryf het. Orals waar ons tussen die mense beweeg het waar hulle werk en dalk so hier daar iemand opgehou het was almal vriendelik. Ons het op geen stadium soos ‘n indringer gevoel wat nou maar verdra moet word. Die mense met wie ons in kontak was het ek en Susan die gevoel gekry dat hulle gelukkig is en trots is op hulle werk. (en onthou daar was nog geen geleentheid om my te oorreed om “nice” dinge hier te skryf nie)
Alhoewel ek die Wegsleep artikel weer gelees het oor die vervaardiging van die karavane was dit voor waar ‘n belewenis om dit in lewende lywe te aanskou.
Na die aanleg besoek het ek , Susan, Keith en Deon gaan sit en toe nou ons harte uitgestort teen oor mekaar. Ek het in die aanleg pertinent probeer kyk na dinge wat as klagtes hier op die forum uitgekom het maar kon nie regtig iets kry om te sê “ja maar kyk wat gaan hier aan ens”
Ek het ook genoem dat EK  dink hierdie “customer aande” is ‘n nice manier om gunstige komentaar te kry –lees maar wat ek vir Boats gesê het van nooi die gelukige ouens, gee hulle kos en iets kouds en jy kry ‘n goeie rating! Keith het my oortuig dat dit nie hulle motief is nie, eerder ‘n meganisme om terugvoer te kry van wat werk en wat werk nie. Die voorbeeld wat hy gebruik het is byvoorbeeld hulle het gedink daaraan om die buite kombuis ook op die Jurgens modelle in te bring, Met so aand het omtrent dertig Jurgens eienaars gesê as hulle ‘n buite kombuis wil hê dan koop hulle ‘n Sprite.- so hulle gaan dit dan nie verder oorweeg op die stadium om die kombuis ook uit te skuif nie.
Ons het dan ook die Forum en sy voor en nadele bespreek, op hierdie stadium is hulle nie bereid (of gretig) om op Forums te begin verdedig of terugvoer te gee nie. Ek aan vaar hulle denkwyse en redes en ek dink dit is tog dalk ‘n goeie idee dat hulle nie hier regtig betrokke gaan raak nie. Ek sal op ‘n later stadium my stelling en standpunt verduidelik as julle voel dis nodig
Ek het ook gepraat oor die feit dat as die klante met probleme sit dan bly die “fabriek “ op die agtergrond. Die antwoord hierop kom daar op neer dat die klant doen al sy onderhandelings met die handelaar maar as daar probleme opduik dan moet “fabriek” nou die probleme kom oplos en die handelaar se werk doen
Op my vraag wat van as die handelaar nie bereid willig is om sy kant te bring nie het hulle dan saamgestem dat die fabriek dan gekontak kan word
‘n Afleiding wat ek gemaak het hier op die forum is dat daar goeie handelaars is, daar is uitstekende handelaars en dan is daar die een wat nie veel meer in sy klant belangstel nadat die tjek gebank is nie. Hulle het nie ontken dat daar sulke probleme kan wees nie.
Baie interressant is die feit dat hulle op geen stadium ons probeer oortuig het dat elke wa wat daar uitgaan na die handelaar toe perfek is nie, en ek is oortuig as ek met ‘n grondige klag na hulle gaan hulle die wa sal omruil indien dit nie ‘n probleem is wat herstel kan word nie
As ek moet opsom wat my opinie van die verloop van vandag was dan kan ek met ‘n skoon gewete die volgende sê: Onthou dat ek maar net as forum lid julle klagtes en dreigemente ens gelees het. Omdat dit vir my lyk na so kringloop wat elke slag so stille dood sterf en nie opgelos word nie, het ek dit vir my as uitdaging gestel om te kyk of daar nie ‘n oplossing vir die probleme is nie. Hierdeur impliseer ek nie dat daar nie probleme is nie. Inteendeel dink ek daar is van julle wat met groot probleme sit en daarom het ons vandag Pretoria toe gery, twee keer spitsverkeer gery en nou sit ek hier probeer tikster speel. Gelukkig het ek nog agt ander vingers as die twee dalk stomp raak!
My gesprek voering met Keith en Deon voel ek hulle was baie eerlik en openlik met my was , niks is vir ons weg gesteek nie, geen een van my vrae is ontwyk nie. Ek is tevrede met al die antwoorde wat ek gekry het al stem ek persoonlik nie 100% met van die antwoorde saam nie
Ek wil dan hier vir Keith en Deon baie dankie sê vir hulle gasvryheid, vriendelikheid en openlikheid waarmee ons behandel is (ja Susan het ook vrae gevra) En ek wil ook dankie sê vir daai lekker koppie koffie nadat ons uit die aanleg uitgekom het , dit was lekker!
Aan die forum lede wil ek graag vra vir terugvoer oor wat ek hierbo geskryf het. Ek sal alle opregte komentaar waardeer en as julle voel ek mors spasie hier op die server is julle ook welkom om dit vir my te vertel (maar dan gaan ek darem so bietjie sleg voel)
Ek het’n paar idees wat ek nog bietjie wil deurdink voor ek dit hier bespreek en dan gaan ek julle hulp baie nodig kry. Ek dink Keith hulle sal my weer ‘n kans gee om met hulle te gesels en ek dink met al die breinkrag en kamp ervaring wat ons hier op die forum bymekaar het dink ek ons kan met baie waardevolle voorstelle na die fabriek gaan wat hulle kan implimenteer as hulle wil. Ek is bereid om tydelik as data collector te “werk” en met die fabriek te komunikeer en ek dink tog ons kan iets bereik.
Soos ek die saak sien sit ons hier met ‘n drie ledige probleem of oplossing en dit hang van ons af waar ons in die prentjie wil inpas. 1 Iewers daar in die bundus annerkant Pretoria is ‘n fabriek wat karavane bou, 2 Hierdie fabriek het Handelaars nodig om die karavane te verkoop en 3 Die handelaar het tevrede klante nodige wat elke jaar as hy daai bonusie kry dan kom koop hy ‘n beter wa want ons wil mos vorentoe boer?
Kom ons maak die fabriek toe, dan is daar ‘n klomp mense wat sonder kos sit en ons kan nie meer nuwe karavane by die handelaar koop nie, so nou moet ons maar met die ou goed sukkel wat juis uimekaarval, gaan nie werk nie Julle manne wat so lekker potjies maak, watter been van daai “cast iron “ pot kan ons afsaag sonder om die pot te beinvloed?
Kom ons werk saam aan die probleme en ek dink die drie bene kan lekker saam werk om daai pot aan die kook te hou maar ons sal almal moet saamtrek
Eish, dis twintig oor middernag en my keel is droog gepraat. Boats ek wed jou jy het nie geweet die ou oom kan meer as jy praat nie? -1739 woorde!
Dankie aan almal wat tot hier gelees het, nou is julle dag darem heelwat korter
(Ek het aanvanklik onderneem om niks hier te plaas voordat ek dit eers vir Keith gestuur het om hom ‘n fair chance te gee om homself te verdeig maar hy het gevra dat ek skryf wat ek wil, hy het genoeg vertroue in my , ek moet net vir hom die link stuur dan sal hy dit lees. Dankie Keith so hier is my ongeredigeerde weergawe van die dag se besoek en weereens baie dankie aan almal) een van die lede het my gevra om sy probleem saam te vat, hulle het jou probleem reeds gekry en hulle sal terugkom na jou, wees geduldig en bel my maar jy het my nommer (net nie te vroeg nie ek is op verlof en gaan more bietjie laat lê)

Groete en lekker werk

 

Danie Pretorius

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 1084
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Danie,

Dankie vir die terugvoer. Dit word opreg waardeer. Ek kan sien dat jy baie moeite gedoen het.

Stoffel

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

Danie

Dankie vir die terugvoer, ek dink so besoek kan net van waarde wees, ek dink ons is dalk te geneig om verkeerde mense aan te vat oor wa probleeme.

 

Groete

Albert van Tonder

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2651
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Danie, Dankie jou moeite word opreg waardeer!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 222
Gebruiker van lyn af.

En - wat het ons nou gewen deur hierdie besoek? Of moet ek liewer vra wat het ons gedink ons sou wen met die besoek?

Die kwaliteit van woonwaens uit daardie fabriek is gemiddeld - nie perfek nie maar ook nie onbruikbaar nie. Ek dink nie lekebesoeke aan die fabriek gaan dit enigsins verder voer nie.

Ek is om die waarheid te sê verbaas oor die geduld wat die eienaars van die fabriek het met Jan Alleman wat daar wil instorm en links en regs vir mense wil kom vertel hoe hulle hul werk moet kom doen.  Ek sou so 'n ou in sy peetjie ingestuur het as hy by my ingestorm het!

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5694
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Baie dankie vir jou moeite en volledige terugvoer. Ek waardeer dit werklik.

Vragie? Is daar met jul besoek aan die onderstel-vervaardigingsaanleg enigsinds melding gemaak van die feit dat baie woonwaeienaars van mening is dat woonwaens te laag is en dat so 'n ekstra 50 tot 100mm grondvryruimte dit beslis vir baie ouens makliker gaan maak?

Ek verneem graag wat Jurgens se mening hieroor is.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Gyfie
Super sleper
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 521
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartebeespoort Dam
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Jeep Cherokee 3.7L 4x4

Hierdie brief is in so 'n positiewe lig geskryf . Dankie vir die breedvoerige terugvoer, en jou tyd wat opgeoffer was om ons almal te baat.

Nonna
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 122
Gebruiker van lyn af.
Plek: krugersdorp
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Ford Ranger

JA , my dag is nou korter met die lange verslag. Dit is werklik interresant gewees om te lees en die terugvoering word op reg waardeer.

Mnr Venter
Super sleper
Aangesluit: 30/11/2010
Inskrywings: 358
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nigel

Ek stem saam met Grootkoos. So what?

Die mense wil weet hoekom is die kwalitiet so swak. hoekom is die kaste skeef, hoekom val die kaste af, hoekom val deure, vensters ens af. Hoekom word produkte uit die fabriek gestuur wat nie op standaard is nie?

Niemand worry oor jou besoek en hoe die produksie proses verloop nie. Hulle wil weet hoekom betaal jy vir iets wat definitief nie as skeef of gebreek geadverteer word nie, maar jy kry ;n skewe of gebreekte produk. Wat is nou die verskil tussen jou verslag oor die produksie proses en dit wat al in wegsleep was?

Die antwoorde kan jy sommer per epos met die eienaars oplos. As dit agv 'n probleem in die produksielyn is, gaan 'n leek se besoek niks daaraan help nie. Hulle sal iemand moet betaal om die produksie proses vir 'n maand of twee daagliks dop te hou, te ontleed en verslag te doen.

Terwyl jou jou besig is. Wil jy nie asb. besoek reel aan SAB nie. Ek wil graag weet wat is die sosio-ekonomiese effek van al die drank wat hulle verkoop op suid-afrikaners, Miskien kan jy gaan vir 'n toer deur hulle produksie proses en kyk hoe word die blikkies gemaak en botteltjies se proppe opgesit en dan vir my antwoorde daar soek vir my vraag. Miskien sal jy 'n antwoord kry as jy diep genoeg in een van die bottels kyk.


JC
Ou hand
Aangesluit: 18/07/2010
Inskrywings: 154
Gebruiker is aanlyn
Plek: Moerlandspan

Eish

Leon V
Super sleper
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 427
Gebruiker van lyn af.
Plek: Adelaide
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Toyota Hilux SRX

Totaal ongevraagd maar wat anders kan mens verwag van mnr venter!

  

 

 

Geniet elke kamp asof dit die laaste kamp is.

Stefan Labuschagne.
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 81
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kuruman
Ek sleep 'n Tour-A-Way met 'n Opel Astra Estate 160i

Dit wat ek hoerbo gelees het sê vir my niks. Om probleme op te los moet daar spesifiek gedui word op die probleem nie net 'n fabriek binnestorm en in die lug te skiet nie.

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

GrootKoos wrote:

En - wat het ons nou gewen deur hierdie besoek? Of moet ek liewer vra wat het ons gedink ons sou wen met die besoek?

Die kwaliteit van woonwaens uit daardie fabriek is gemiddeld - nie perfek nie maar ook nie onbruikbaar nie. Ek dink nie lekebesoeke aan die fabriek gaan dit enigsins verder voer nie.

Ek is om die waarheid te sê verbaas oor die geduld wat die eienaars van die fabriek het met Jan Alleman wat daar wil instorm en links en regs vir mense wil kom vertel hoe hulle hul werk moet kom doen.  Ek sou so 'n ou in sy peetjie ingestuur het as hy by my ingestorm het!

Goeie More Groot Koos,

Eertens baie dankie vir jou terugvoer, ek waardeer dit, Ek ken nie jou naam nie maar skynbaar ken jy my van iewers? Jy is heeltemal reg, ek is 'n leek as dit by karavaan bou kom. Ek besit nie eers 'n karavaan nie en is ook nie maklik van plan om een te koop nie (maar ek het niks teen karavane of die mense wat hulle gebruik nie)

Wat jou aanmerking aanbetref oor die kwaliteit van die karavane kan ek jou nie antwoord nie want weerens ken ek jou nie so ek weet nie of jy 'n spesialis in die bedryf is en of jy 'n leek is op die gebied van die bou van karavane

Jou verbasing oor die geduld van die mense, Ja ek en Susan is baie beindruk met die geduld waarmee ons vrae beantwoord is. Die openlikheid en eerlikheid was opvallend (onthou ek was redelik bevooroordeeld toe ek daar gekom het met al die klagtes wat ek hier op die forum gelees het) Gelukkig het ek nie as Jan Alleman daar ingestorm nie Ons het 'n afspraak gehad om 10 uur onder die name Danie en Susan Pretorius (dis ons regte name) Ek het ook in my aanvanklike e pos aan Keith Laing dit duidelik gestel dat ek die fabriek wil besoek omdat ek hier op die forum lees van die ouens se probleme en die indruk kry dat die fabriek nie juis "worry" oor wat van die verbruiker word as hy klaar gekoop het nie. Ek het het dit ook duidelik gestel dat ek NIE soontoe wil kom om vir hulle te vertel HOE om hulle  karavane te bou nie.

Jou eerste vraag beantwoord ek dan laaste. Wat het ek bereik met die besoek, of wat wou ek bereik? Ek het op van die drade aangebied om te kyk of ek 'n besoek aan die fabriek kan doen en met die mense gesels en dan hulle sy van die saak te te hoor want onthou hulle tree nooit op die forum toe tot die gesprekke nie, wat ek wou bereik is om 'n komunikasie lyn te begin waar ons dalk via die forum vir die mense by die fabriek kan bruikbare insette lewer. Onthou hulle bou die goed, hulle bly nie in die goed nie.

Ek dink ek het deels in my doel geslaag want ek glo hulle het seker ook gewonner wat de hel wil die ou nou vir ons kom vertel hoe om ons karavane te bou en was seker dalk lus om nee te sê (so ek stem saam met jou)

Gelukkig voel hulle dat daar niks is om weg te steek nie en het hulle my die geleentheid gegee om te gaan kyk en my vrae te vrae. Keith Laing het my ook verseker dat hulle geensins wil voorgee dat elke wa wat uitgaan perfek is nie, hy verseker my dat hulle na enige grondige, eerlike opregte klagte sal luister, dit ondersoek en uit hulle pad sal gaan om te help.Hulle sal selfs 'n karavaan vervang as dit nodig is

Laastens wil ek dan afsluit om te sê dat ek nou 'n beter insig het van karvaan bou, die artikel wat in Wegsleep verskyn het oor 'n besoek aan die fabriek en wat ons gister daar ervaar het voel ek darem nie heeltemal meer soos 'n leek nie

Kom ons staan saam en kyk of ons ook vir die fabriek kan positiewe bydraes lewer. Kom ons wys die foute uit maar dan probeer ons ook oplossings kry vir die probleem. Dan kan ons dit vir hulle stuur en hulle kan terug kom en dalk sê "dankie ons gaan dit implimenteer of sorry maar as ons dit doen kan dit weer hierdie of daardie slegte nagevolg hê

Baie dankie en geniet die naweek

 

Danie Pretorius

Benji
Super sleper
Aangesluit: 12/10/2010
Inskrywings: 337
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n 1994 Sprite Sprint met 'n 2009 Nissan X-Trail 2.0 XSE

Ek sou dit nou geniet het om 'n paar foto's van die proses te gesien het...Ek is maar 'n sucker vir "How it's Made".

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Hallo Almal

Stoffel, Albert, Arie, Willie, Gyfie en Nonna, Dankie ook vir julle komentaar. Grootkoos dankie ook ek het jou hierbo probeer antwoord en intussen het ons darem nog reaksie bygekry.

Mnr Venter, J.C., Leon en Stefan, baie dankie vir julle insette

Mnr Venter,

as 'n reel steur ek my nie aan hierdie keffertjies wat voor jou staan en stert waai nie en as jy omdraai dan wil hy jou hakskene byt nie, veral as hulle nog bietjie aansporing het nie. Ek vermoed darem dat jy nie aan hoogtevrees ly nie want jy is gereeld op die appelkas hier op die forum met 'n papiersak om die kop. Ek geniet jou insette al sê jy ook nie veel nie moet iemand dit seker sê of hoe?

Begin jy vir ons 'n nuwe draad oor SAB en die sosio ekonomiese impak wat hulle produkte op jou het dan kyk ons  Jy kan intussen op hierdie skakel gaan kyk http://www.sablimited.co.za/sablimited/content/en/alcohol-responsibility en ja ek het al die voorreg gehad om 'n dag in SAB se Durban werke deur tebring waar el 'n (tegniese) diens aan hulle gelwer het, Eerste plek waar ek vir alkohol gebruik getoets is toe UITGAAN toe ek klaar gewerk het ek wonder hoekom)

Ek het werk vir hulle gedoen in die bottel aanleg en dit was voorwaar 'n belwenis om te sien, jy kan hulle gerus op die web kontak hulle bied gereelde toere aan op vasgestelde tye en ek dink darem hulle gee jou twee lekker koue draughts (Castle) of koeldrank as jy nie alkohol kan hanteer nie na afloop van die besoek Ek het nie gesien waar hulle die blikies maak nie, ek het wel tyd spandeer in die Metal box fabriek hier in VanderBijl en dis 'n ook weer 'n ander proses maar ons dwaal af, as jy meer wil weet kan jy gerus 'n nuwe draad begin, ek kan jou dalk heelwat inligting gee of jy kan my e pos op danie.pretorius@telkomsa.net

Stefan, dankie ook vir jou inset en ek dink jy sal sien aan my antwoord aan Groot Koos dat ek darem niemand geskiet het nie Ek het eerder probeer om 'n fondasie te lê sodat ons met mekaar kan gesels en dan het die ouens by die fabriek darem 'n gesig by die naam, hulle kan beslui wat is die persoon se motiewe (glo my daai vraag is direk aan my gevra) en nou kan ons saam begin werk aan van die probleme. Die antwoorde gaan nie altyd gunstig wees nie maar as ons die agtergrond van 'n probleem verstaan is dit ook soms 'n ander saak

Ja ek is 'n leek en erken dit maar ek werk darem daaraan om my gebreke te oorkom en ie as een deur die hele lewe te gaan nie.

Ek wil graag hier 'n vraag vra:

Uit wat ek op die forum lees form ek ook maar persepsies oor sekere sake en is ek hopelik ook geregtig om 'n opinie te hê? Nou moet die mense wat regtig klagtes het my asseblief nie verkeerd verstaan nie want ek ontken nie dat daar probleme is nie en ek wil graag probeer help maar dit sal ons op 'n ander manier aanpak ( my epos adress is hier bo julle kan my gerus kontak, onthou ek gaan nie julle probleme oplos nie maar dalk kan ek julle tog help om iets uit te werk waar julle gelukkig is. mens spandeer baie geld op iets wat jy wil geniet, dit moet nie 'n frustrasie wees nie)

OK, My vraag waaroor ek nou al baie gewonder het: Hoekom sal ek by Spar eers die brood 'n lekker druk gee om te voel of hy vars is en dan die een langs hom optel en gaan betaal. Nou kom ek by XYZ Caravans en ek koop 'n duur karavaan maar ek sien nie die deure val af nie, ek sien nie die deure staan skeef nie,  na 'n paar weke se gebruik  gebruik begin daar nou foute opduik maar dalk is ek deels verantwoordelik vir die foute? Hoekom het ek dan die ding gekoop as hy so vol foute is?

Ek sê nie dat daai kas nie kan afval nie. ek het iets daar in die aanleg gesien wat maak dat ek kan glo so iets kan dalk gebeur. en sal na julle reaksie vertel hoekom ek so sê. Nog 'n vragie , ek het al baie gelees oor ouens wat kassies afhaal en op 'n ander plek monteerparty mens sê dis reg en ander sê NEE moet dit nie doen nie maar ek kon nog nooit uitvind hoekom nie. Nou weet ek dit en sal vir julle later vertel as julle graag wil weet

Groete en geniet julle naweek

 

Danie Pretorius

Pieter van der Walt
Diknek
Aangesluit: 30/09/2010
Inskrywings: 744
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boskruin - Randburg
Ek sleep 'n Regal Blue Series met 'n Ford Ranger 3.0 TDCi XLE Double Cab

Dankie Danie vir jou terugvoer.

We are not here for a long time, but for a good time

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Benji wrote:

Ek sou dit nou geniet het om 'n paar foto's van die proses te gesien het...Ek is maar 'n sucker vir "How it's Made".

Benji, ek sien ek en jy ly dalk aan die selfde kwaal !My kamera was in die kar maar ek het besluit om nie my "luck" te push nie so ek het hom toe daar gelos, as mens fotos neem is jy ook geneig om so verdiep te raak in wat jy wil afneem dat jy die gesprek mis en dit was voorwaar iets om te beleef en om al jou aandag aan die persoon te gee wat sy tyd aan jou afstaan.

Het jy die artikel gelees wat so paar jaar terug in Wegsleep verskyn het oor hulle besoek aan die fabriek? Ek sal die skakel soek en dit netnou hier plaas.

Daar is goed wat ek gesien het wat die eind verbruiker nie sien nie maar eintlik belangrik is om te weet (my vraag hier bo oor die skuif van kaste hou verband met dit) so ek wil probeer om fotos en sketse in die hande te kry dan kan ek beter verduideik

Nog 'n deel vandie besoek waar ek eers vasgehaak het is die "scrap bins" weet jy hoeveel oplossings wat net op 'n probleem wag. word daar weg gegooi!

Groete

 

Danie Pretorius

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Pieter dis 'n plesier en vir Benji, hier is die skakel waar Zigi so 'n tydjie terug vir ons 'n afskrif van hulle artikel oor 'n besoek aan die fabriek geplaas het

Ek plaas dit vir die wat die artikel dalk misgeloop het

http://www.wegsleep.co.za/se-jou-se/forum/raad_en_wenke/wat_s%C3%AA_die_vervaardigers_en_die_oorde/nuwe_karavane_en_kwaliteit_behee?page=1 

Groete en lekker nawek vir julle

 

Danie Pretorius

Mnr Venter
Super sleper
Aangesluit: 30/11/2010
Inskrywings: 358
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nigel

HEHEHE so ver ek kan sien het jy op elke keffertjie gereageer. Net so vir inligting ek het 'n hele studie oor Metal Box se produksieproses so +- 15 jaar terug gedoen. Was vir meer as 'n week daar.

Ok eerstens. As jy op hierdie forum an ander gaan soek oor klagtes van Jurgens CI gaan 90% daarvan oor kwaliteit. Sal 'n besoek se grootste doelwit dan nie gewees het om die hoof probleem te probeer oplos nie?

Hoekom druk jy die brood by Spar? Wil nou nie jou intelligensie onderskat nie, maar daar is so plastiek dingetjie waarmee die sak toegemaak word, en die datum staan daarop of dit is elders op die sakkie gedruk, so jy kan maar net lees of dit vars is, en hoef nie jou naaste in te doen deur vir hom 'n gedrukte brood te los nie. Druk jy die 2L melk ook om te kyk of dit vars is?  Ek praat nou van die Dairymaid melkhouer nie die girl wat die til slaan nie.

Maar kom ek bly by die voorbeeld. Gee Jurgens CI vir jou 'n karavaan om eers te toets, te gaan ry en te gaan kamp om te kyk of hy foute het, voor jy hom dan koop? As hy foute het, mag jy hom dan terug sit op die rak en die een langsaan vat?  Baie gevalle betaal jy lank voor dat jy jou karavaan sien. Die een wat jy sien is nie die een wat jy kry nie.

As jou Spar brood nou reg voel soos jy hom gedruk het, en jy koop hom. Gaan huis toe en maak oop die brood en daar is dooie muis in die middelste sny brood. Sal jy dit aanvaar is Manny van Spar vir jou se, nee man kom ek sny gou die gedeelte waar die muis is vir jou uit en ek gee jou 'n ekstra sny uit 'n ander sakkie brood? Of gaan jy 'n ander een soek, want jy het immers R9-40 betaal vir 'n nuwe, vars brood en soek dan 'n nuwe/vars brood van goeie kwaliteit soos waarvoor jy betaal het?

Sekerlik gaan 'n koper nie as hy na 'n karavaan gaan soek en koop met 'n waterpas daar opdaag en alles kyk nie, Ook nie elke deurtjie 500 keer ruk en pluk om te kyk of dit ordentlik aanmekaar gesit is nie. Jy verwag mos dit moet so wees as jy so baie daarvoor betaal. Al daai goedjies sien jy mos maar eers as jy jou tyd vat en bietjie tyd spandeer in die karavaan.

EN dan om nog te insinueer dat die mense wat dit koop en na paar weke se gebruik is dit hulle skuld, dan bevraagteken ek regtig jou motiewe met hiedie besoek en terugvoer. Gaan iemand regtig so baie vir iets betaal wat hy vir jare sorgelose vakansies mee wil hou, en dan binne die eerste paar weke alles hardhandig hanteer sodat dit afbreek?

Groete en geniet julle Spar brode

Albany Venter


Stofdonkie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1884
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Mooi gestel Mnr Venter, of sal ek nou sê Albany. Smile

J.B.
Nuweling
Aangesluit: 04/02/2010
Inskrywings: 5
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Julle kan raas en blaas soos julle wil, die Jurgens huisie gaan julle nie omblaas nie. Wat ons nodig het is 'n alternatiewe vervaardiger wat bekostigbare karavane van die nodige gehalte, bou en verkoop. Dan het ons 'n keuse. Die regering gee mos nou 20 biljoen rand vir ons om werk te skep! So wie is lus om karavane te bou?

Benji
Super sleper
Aangesluit: 12/10/2010
Inskrywings: 337
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n 1994 Sprite Sprint met 'n 2009 Nissan X-Trail 2.0 XSE

Ek weet hierdie is al op 'n ander draad genoem maar ek sal dit weer hier se...Zigi hulle moet vir ons wys al die ander inskrywings vir die Karavaan kompetisie...wie weet miskien sien iemand ('n ou met hope geld) iets en van daar begin 'n nuwe vervaardiger. Jurgens Ci het hulle keuses gemaak gebaseer op hulle huidige produksie lyn en ek dink daar moet seker baie inoverende idees op die ander gewees het.

wit plakker
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2010
Inskrywings: 426
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria
Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4

dankie vir jou moeite met die besoek. ek moet egter saamstem dat met aldie klagtes oor die afgelope paar jaar daar geen ooglopende verbetering (vermindering) aan die gehalte by jurgens was nie. ek het nou die aand weer gesien hou toets hulle die winnabago motorhome in die us of a. hoe mis mens skewe deure en aste tydens 'n inspeksie. of die ou wat die inspeksie moet doen is onbevoeg of dit word deur bestuur as aanvaarbaa toegelaat. PUNT

groete

edward

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Mnr Venter wrote:
Oom Albie, dankie vir die gedagtes, gelukkig kan ek darem die hek toemaak en loop as ek moeg is vir die keffertjies

HEHEHE so ver ek kan sien het jy op elke keffertjie gereageer. Net so vir inligting ek het 'n hele studie oor Metal Box se produksieproses so +- 15 jaar terug gedoen. Was vir meer as 'n week daar.

Dit kan nogal baie interesant wees want dit als moet darem ook seepglad loop, wie weet  dalk onmoet ons een dag dan sal ek bly wees as jy meer daarvan vertel

Ok eerstens. As jy op hierdie forum an ander gaan soek oor klagtes van Jurgens CI gaan 90% daarvan oor kwaliteit. Sal 'n besoek se grootste doelwit dan nie gewees het om die hoof probleem te probeer oplos nie?

Soos ek dit aan die begin gestel het was die idee van die besoek om 'n aanknopings punt te kry sodat ons direk met die mense by die fabriek kan begin praat en dan ons klagtes. Ek het soveel moontlik klagtes probeer bymekaarmaak voor ek gegaan het en het darem sewe bymekaar gemaak. Dis mense wat kla van hul eie probleme. Elke probleem ontketen omtrent15 tot 30 inskrywings dan het iemand weer 'n nuwe draad begin Die stories van die ouens wat iemand ken wat 'n probleem het tel ek nie by nie. As ons kyk dan is hier probleme wat al omtrent drie jaar terug begin waar mense genooi is om die probleme met die fabriek te gaan bespreek maar die persoon het nie petrol geld gehad om by die fabriek uit te kom. Daar is toe deur die van die forum lede voorgestel dat iemand nader aan die fabriek moet gaan Die persoon het aangeneem en toe versterkings by die forum bymekaar gemaak, maar die versterking het toe ook naderhand kop uit getrek so van hierdie besoek het ook niks gekom As daar na drie jaar se gepraat hier van die forum af nog niks gebeur het nie, hoekom sal dit vorentoe verander?

Ek het aangebied om op my eie die fabriek te besoek en onderhandlings te begin aanknoop. Ek het vir niemand gevra vir bydraes vir die dag se uitstappie nie en self vir die kwart tenk diesel betaal. Nerens maak ek daarop aanspraak dat ek in een dag die probleme gaan uitsort en alles net so om keer nie.

Hoekom druk jy die brood by Spar? Wil nou nie jou intelligensie onderskat nie, maar daar is so plastiek dingetjie waarmee die sak toegemaak word, en die datum staan daarop of dit is elders op die sakkie gedruk, so jy kan maar net lees of dit vars is, en hoef nie jou naaste in te doen deur vir hom 'n gedrukte brood te los nie. Druk jy die 2L melk ook om te kyk of dit vars is?  Ek praat nou van die Dairymaid melkhouer nie die girl wat die til slaan nie.

Het jy nog nooit 'n rukkie in die supermark gestaan en gekyk by die broodrak en ook die groente en vrugte rak nie, ons brood het ook datums op maar ek kan nie altyd die datum onthou nie

Wat jou vraag oor die melk aanbetref, het my ouers moeite gedoen met my opvoeding so ek molesteer nie meisies nie. Hier by ons het ek nooit gesien dat die meisies die "till" slaan nie?

Maar kom ek bly by die voorbeeld. Gee Jurgens CI vir jou 'n karavaan om eers te toets, te gaan ry en te gaan kamp om te kyk of hy foute het, voor jy hom dan koop? As hy foute het, mag jy hom dan terug sit op die rak en die een langsaan vat?  Baie gevalle betaal jy lank voor dat jy jou karavaan sien. Die een wat jy sien is nie die een wat jy kry nie.

Het jy jou DKW so op "appro" gekoop?

As jou Spar brood nou reg voel soos jy hom gedruk het, en jy koop hom. Gaan huis toe en maak oop die brood en daar is dooie muis in die middelste sny brood. Sal jy dit aanvaar is Manny van Spar vir jou se, nee man kom ek sny gou die gedeelte waar die muis is vir jou uit en ek gee jou 'n ekstra sny uit 'n ander sakkie brood? Of gaan jy 'n ander een soek, want jy het immers R9-40 betaal vir 'n nuwe, vars brood en soek dan 'n nuwe/vars brood van goeie kwaliteit soos waarvoor jy betaal het?

Wat die muis aan betref sal ek hom nie terugvat nie want dan gaan hulle my nog ekstra laat betaal vir die vleis wat ek saam gekry het

Sekerlik gaan 'n koper nie as hy na 'n karavaan gaan soek en koop met 'n waterpas daar opdaag en alles kyk nie, Ook nie elke deurtjie 500 keer ruk en pluk om te kyk of dit ordentlik aanmekaar gesit is nie. Jy verwag mos dit moet so wees as jy so baie daarvoor betaal. Al daai goedjies sien jy mos maar eers as jy jou tyd vat en bietjie tyd spandeer in die karavaan.

My insinuasie het eintlik betrekking op daai ou wat die kas deurtjies 500 keer ruk en pluk (nadat hy by de huis gekom het) in plaas van om die goed beskaafd oop en toe te maak.

Hoekom kan jy nie voor die tyd 'n bietjie tyd vat en dit aan jou toekomstige  karavaan spandeer nie?

EN dan om nog te insinueer dat die mense wat dit koop en na paar weke se gebruik is dit hulle skuld, dan bevraagteken ek regtig jou motiewe met hiedie besoek en terugvoer. Gaan iemand regtig so baie vir iets betaal wat hy vir jare sorgelose vakansies mee wil hou, en dan binne die eerste paar weke alles hardhandig hanteer sodat dit afbreek?

Hier moet jy maar jou eie afleiding maak

Groete en geniet julle Spar brode

Dankie Oom Albie, julle moet ook die naweek geniet (die brode is heel lekker al is hulle soms maar bietjie gekneus!)

Albany Venter

 

Danie Pretorius

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Stofdonkie, dankie vir jou bydrae.

Jannie, Julle kan raas en blaas soos julle wil, die Jurgens huisie gaan julle nie omblaas nie ...  Jy stel dit so oulik dankie. Ja ek voel ook so daarom het ek nou maar mooi beleefd aan Jurgens se deur gaan klop en vir hulle gevra of hulle nie bietjie na die mense op die forum se klagtes wil luister en wil help nie

Benji, ja ek sal ook graag die ander ontwerpe wil sien want die 4 finaliste maak my glad nie opgewonde nie. Kyk gerus op Dehtleffs se web na oulike klein karavane en selfs hulle groot karavane

Die doel van hierdie draad gaan in elkgeval nie vir my oor inovering in ons (eensydige) karavaan bedryf nie maar oor die kwaliteit kwellings en probleme. Maak nie saak hoe inoverend die karavaan is nie, dis nog steeds die kwaliteit wat tel. Wie onthou nog die Fleetwood reeks karavane wat met groot Hoe Ha ingevoer is daar was nou inoverinde idees maar wat het van die ou geword wat hulle ingevoer het (ek glo hy het 'n slegte finansiele knou weg)

Edward, ja ons het toevallig oor toets prosedures ens gesels maar die kostes van die toetse verdeel oor die hoeveelheid karavane verkoop kan 'n negatiewe invloed op die mark hê (miskien moet iemand 'n bekostigbare toets apparaat bou en die diens aan Jurgens verkoop (ek sal graag daai oor die Winnabago's wil sien, was dit op TV of op die Internet?

Groete

 

Danie Pretorius

Albert Ward
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 91
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vereeniging

 Danie, dankie vir jou moeite. Ek wonder hoeveel ander ouens, veral die wat so lekker kritiek lewer, sou uit hulle eie 'n afspraak met die fabriek gemaak het om hulle te gaan sien het. Ek meen jy het nie eens nodig gehad om dit te doen nie want jy is nie 'n karavaan eienaar nie, so dankie vir jou moeite.

 Ek dink dat die karavaan fabriek se mense het nie juis elke nag 'n rustige nagrus nie, veral nie as hulle maar te bewus is dat daar 'n publiek daarbuite is wat op die stadium heel om gesukkel is met die kwaliteit van hulle produkte nie. Ek dink tog hulle lees wat op die forums aangaan en ek dink dat hulle maar te goed besef dat hulle baie binnekort 'n keuse sal moet maak om hulle sokkies op te trek. 

Ek wonder net wat gaan gebeur as die nuwe verbruikers wet in April in werking tree. Ek het nie die hele wet gelees nie maar dit gaan blykbaar daaroor dat ek as Jan Publiek kan weier om vir dienste of produkte te betaal as ek nie tevrede is met die diens of kwaliteit van die produk nie. Daar is baie ander detail in die wet opgevat maar dit gaan basies daaroor dat ouens wat voorheen kanse gevat het met swak produkte en swak gehalte, nou hulle rieme gaan styf loop.  http://sadailynews24.com/verbruikerswet-kan-die-skroef-aandraai-vir-kmo-s-algemene-617449.htm

Hartlike groete

Albert

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Danie, ek het simpatie met jou!!!!!! Dit sou my twee weke gevat het om al die inligting wat jy hierbo weergegee het te tik met my twee vingers!!!! Ek dink ons neem maar elke ou se insette vir wat dit is, en daarmee volstaan ek.

Pretoriusgroete aan jou.

Frans

 

 

 

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Hallo Almal

Albert, baie dankie vir jou inset, Ek wonder nogal ook wat die nuwe wet vir ons gaan oplewer maar ek het dit nie op my agenda gesit vir my eerste besoek aan die fabriek nie. Ons was heel verbaas oor wat ons daar gesien het teenoor die beeld wat ek gevorm het van wat ek hier op die forum gelees het, ek dink die kwaadste ou met ergste klagtes sou dalk ook 'n ander insig gekry het na die besoek (dit sou nie sy aanvanklike probleem weg ge gevat het nie) Met my ondervinding van ISO 9001 2008 kwaliteits sisteme kon ek sonder om te krap sekere waarnemings maak wat my redelik gemaklik laat voel. Die bestuurders op die vloer met wie ons gesels het het ons baie inligting gegee en daar is baie dinge wat kan skeefloop in so 'n proses maar ek was ook baie beindruk met hulle stelsels wat hulle in plek het om daai moontlike probleme te keer voor hulle gebeur>. Ek het ook dinge gesien waar dit moeilik was om vir hulle te vertel van idees wat ek dink kan hulle help deur ander gereedskap te gebruik (simpel goed wat nie derduisende rande sal vat om aan te koop nie en dis maklik om die mense op te lei om die goed te gebruik- Susan sê altyd ek laaik om ander mense se geld uit tegee!)

Ek is nou besig om ook vir hulle 'n lysie van voorstelle op te stel en ek dink ek is darem welkom om weer met hulle te gesels. Ek het ook idees wat ek hier met die forum lede wil toets en dan kan ons dit ook aan hulle aanbied vir moontlike implimentering

Wat die ouens se nagrus aanbetref, ja die bestuur het 'n groot veantwoordelikheid want as die fabriek sou toemaak is daar 'n groot klomp gesinne wat sonder kos sit. Ek wil tog vir Keith hulle vra wat is die persentasie karavane wat herstel word, wat vervang word en die hoeveelheid wat verkoop word. Ek stem saam mens moet nie eers sulke gevalle hê nie maar as jy in diepte na die konstruksie metodes kyk en wat in sommige gevalle met die karavaan gebeur dan is sulke dinge ongelukkig moontlik. (ek blammeer nie die einaar hier nie want as die eienaar nie weet hy mag iets nie doen nie dan is mos nou nie sy skuld nie Ek het nog nooit 'n nuwe karavaan se handleiding gesien nie maar weereens. Die verbruiker is nie die kenner nie en daar moet dalk meer klem gelê word op die moets en moenies en ook ja doen maar wees voorbedag op sulke nagevolge

Hou asseblief die draad dop en lewer julle insette op van my voorstelle (al voel julle dis 'n belaglike idee sê dit dan (die ouens moet net nie in my karakter inklim nie ek het ook maar 'n klein hartjie waarvan tans net 52 % werk, hopelik is dit darem meer as ek die 22 Februarie vr my jaarlikse toetse gaan)

Frans, dankie vir die simpatie (ek het self my kop in die byenes gedruk en was dan ook sommige komentare te wagte) soos jy sê ken ons darem nou al die trant van die mense se deelname en dis lekker om maar vir hulle ook 'n speelding uit tegooi en hulle ook gelukkig te maak dan gaan lê hulle gou weer in die mandjie en lek al die jeuk plekke en pla nie

Ek is van mening dat ons wel as lede van die forum 'n positiewe bydrae kan maak en kry tog die gevoel dat ek heelwat van julle agter my het vir ondersteuning en ek waardeer dit opreg, Dit is vir my baie lekker om my as deel van die groep te beskou en is almal my vriende party met name ander sonder en dis lekker om met almal te gesels en iets konstruktiefs te probeer doen waar daar 'n probleem is

Baie groete aa julle en geniet die naweek

 

 

Danie Pretorius

tworaptors
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 18/11/2010
Inskrywings: 112
Gebruiker van lyn af.
Plek: Empangeni

Hi Danie ....thank you for all your effort , time and all the info you have given us. Let us hope that with your effort and backed by what a possible opposition has shown at the show so far as quality is concerned  some effort will be made by our local supplier.

 

Die Engelse Boertjie.

Die Egelse Boertjie

"Bye for Now"

John & Ed

May  all the Stays of Forum Members  be Blessed

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Hallo John and Ed ,

Thanks for the kind words, it is interesing to read the first two reports about the Fendt, I will also miss the show this year so I can't compare. I wonder what volumes do Fendt build compared to the local market (economies of scale I think) You can implement more expensive manufacturing processes and materials but because the additional costs is shared by a larger volume of units, so it can actualy be cheaper for the "big" guy

I have just compiled a more detailed report of our experience on the shop floor (this must be read with the article that was in Wegsleep - I will attach a copy of the acticle) I am just waiting for Susan to review that one to make sure I don't miss an important point.

I am also starting to "probe" for inputs from the forum members and every bit will be appreciated

Groete van die Afrikaanse Boertjie

 

 

Danie Pretorius

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hi Danie,

Ek het nou so stuk-stuk die draad gevolg en moet eerstens toegee dat ek nou nie deur al die detail is nie.

'n Paar opmerkings van my kant af:

  • Ek stem heeltemal saam dat die fabriek in een gelid saam met sy handelaars moet werk. Hulle is primer verantwoordelik om met die klient te werk. Sy vreugdes en trane. Daarna moet die fabriek kan opvang, waar die handelaar steeds die bal mis. En van die gevalle wat ek al kon raaklees, steek die fabriek nie hier lyf weg nie. As elke klient sy wa daar aanbring met elke klein skroefie wat losdraai, gaan hulle niks gebou kry nie. Baie dingetjies moet 'n handelaar ook kan oplos.
  • Dis vir my nogal hoogs indrukwekkend dat julle so mooi ontvang is daar en nie eers 'n karavaan besit of een wil aankoop nie. Vergewe my hier, maar is dit nie bietjie oor-nuuskierig of 'n oorlas van jouself nie? Byvoorbeeld: Ek lees op 'n ander forum van 'n sekere 4x4 wat lekker probleme gee (nog 'n emosionele onderwerp) - ek het argumentsonthalwe nie 'n 4x4 nie en stel nooit belang om een te koop nie. Ek email die besturende direkteur en hulle dra my op die hande? As ek die ou was het ek gese koebaai, gaan mors iemand anders se tyd? (niks teen julle persoonlik nie, maar ek is baie beindruk met julle ontvangs wat julle van gedeel het).
  • Die gedagte was al voorheen geopper om so 'n besoek te reel. Nie lank gelede nie. As ek reg onthou wou Romeo so iets reel. Zigi het gemaan om dit eerder af te stel, omdat hy ongemaklik was om 'n Forum verteenwoordiger op die fabriek los te laat. Dink nie julle motief was juis as forum verteenwoordigers nie, maar dit kon dalk so oorgekom het daar. Kom ons wees maar eerlik, die aanlyn forums, HelloPeter en verskeie ander plekke op die web is vrot van die klagtes. Ek wonder hoeveel besoekers op die fabriek sal toesak as 1% van die lesers ook daar wil aandoen.
  • 'n Hele produksielyn/fasiliteit fasineer my verskriklik. Het al die voorreg gehad om VWSA se aanleg in Uitenhage te kon sien, Nampak in Meyerton & Pretoria en nog 'n paar ander. Ek sal ook graag die wa bou proses self wil sien.

Moet asb nie die bogenoemde as klippe beskou nie - ek dink maar net aan die gedagtes. 

 

Groete,

Jacques

 


 

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 23 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • dracoza
  • Jakkals 007
  • MarkP
  • HugoWessels
  • Lammie
  • Pieter Rheeder
  • WilSur
  • Andre Beyleveld
  • Damduiker
  • Berno Punt
  • Anton le Roux
  • Arabier
  • Hennievr
  • Hancke
  • Stalkersa
  • JC
  • Big G
  • Harry Du Randt

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.