'n Oop brief aan oord-eienaars

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Ons het dit weer hierdie afgelope naweek beleef dat daar ongelukkig nog steeds by oorde oor die algemeen min aandag gegee word aan die behoeftes van persone met gestremdhede. Ons weet tog dat ‘n persoon in ‘n rolstoel unieke en spesifieke behoeftes het met betrekking tot beweging en praktiese toegang na fasiliteite en geriewe. Dit is byvoorbeeld bitter moeilik, indien nie onmoontlik, vir ‘n persoon wat op ‘n rolstoel sit om sonder hulp ‘n deur wat na buite oopmaak, oop te maak.  Dis bo en behalwe dit feit dat die deurhandvatsel in baie gevalle onbereikbaar (te hoog is). Dinge wat vir u en ek dalk vanselfsprekend is, is baie keer vir die rolstoelsittende of die persoon wat met behulp van krukke oor die weg moet kom, ‘n reuseprobleem.

Maar een van die grootste probleme bly die afwesigheid van – of soms baie swak - aangewese badkamergeriewe spesifiek vir rolstoelgebruikers. In baie gevalle het die persoon hulp van iemand nodig om byvoorbeeld te stort of te bad, en waar die helper die persoon se gade is, kan gemeenskaplike geriewe vir mans of vrouens uiteraard baie moeilik gebruik word. In ons eie geval word ons (volwasse) seun hoofsaaklik deur my vrou gehelp, en daar was al vele onnodige en onplesierige insidente wanneer sy hom byvoorbeeld na die damesgeriewe (badkamers of toilette) wil neem, wat hom baie sleg laat voel en ‘n verleentheid vir al die betrokke partye kan wees. Uiteraard is dit ten volle verstaanbaar en gebruikers van die geriewe se reg op privaatheid moet ten alle tye gerespekteer word. Dit plaas egter die gestremde persoon en sy / haar gevolg in baie moeilike situasies. Selfs wanneer ek of ‘n ander manlike persoon hom na die badkamer moet neem, is dit in die meeste gevalle moeilik om die rolstoel in die gebou te kry as gevolg van die manier hoe en waar die deur gepositioneer is met inagneming van trappies of ‘n keermuur voor die ingang. Dan is dit ook soms so dat die toiliette so klein is dat die rolstoel nie deur die deur kan inkom nie, en nie naby genoeg aan die die toilet kan kom nie.

Hierdie pas afgelope naweek het ek ten minste vier persone in rolstoele by die kamp opgemerk. My vrou het met een paartjie gesels en ongelukkig was hulle omstandighede selfs moeiliker as ons situasie. Die dame se man is rolstoelgebonde en sy het geen ander hulp gehad nie. Dit was klaarblyklik nie moontlik vir haar om hom selfs in die badkamers te kry nie aangesien die hulle nie met die rolstoel in die badkamers kon kom nie.

Aandag behoort ook gegee te word aan algemene mobiliteit in en om die kampterrein, byvoorbeeld trappies, relings en kettings, asook toegang na gemeenskaplike geriewe soos TV kamers, swembaddens, die areas waar die gaste soms bymekaarkom vir die groot kuier, kombuise, en ander.

Gewoonlik verkies persone in rolstoele en wat ook ander mobiliteitshulpmiddels gebruik om so onafhanklik as moontlik te wees, gegewe dat daar na hulle behoeftes en omstandighede omgesien en voorsiening gemaak word. En dit hoef nie ‘n klomp geld te kos nie ; gewoonlik met ‘n bietjie goeie vooraf-beplanning en integrasie kan die lewe vir almal baie makliker gemaak word. Voorsiening vir die behoeftes in die verband behoort so ge-integreerd en deel van die standaard as moontlik te wees, en nie as ‘n nagedagte bygelas word nie. In baie gevalle sal hierdie infrastruktuur ‘n dubbeldoel dien vir moeders met stootwaentjies ; hulle sukkel byvoorbeeld ook om die stootwaentjie oor trappe te kry, en ‘n sinvolle oprit langs die trappe maak dit net soveel makliker.

Kan u dink hoe dit sulke persone se menswaardigheid aantas ? En sulke omstandighede maak van wat ‘n rustige, ontspanne kampeer-ervaring behoort te wees, ‘n stresvolle, onaangename en moeilike geleentheid.

Lees gerus ook die dokument hieronder aangeheg. (Ongelukkig kry ek 'n sogenaamde 'Validasie fout' wanneer ek die aanhangsel wil laai. Ek sal vir Nikky kontak ter hulp).

Wat is u eie ervarings in die verband ? As ‘n persoon wat miskien nog geen blootstelling aan persone met gestremdhede gehad het nie ? As iemand wat in naby-verband met ‘n persoon met gestremdhede kontak het of gehad het ? Of as iemand wat self ondervinding as ‘n persoon met gestremdheid het ?

Ek sou baie graag ook die opinies en reaksies van enige oord-eienaars hier wou sien.

Voormalig johannvs

Mnr Venter
Super sleper
Aangesluit: 30/11/2010
Inskrywings: 358
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nigel

Vraag en aanbod. hoekom bel jy nie voor die tyd en vra of die plek rolstoel vriendelik is nie? Dan kan jy julesefl mos baie stres spaar.

Daar is baie mense met verskillende gebrekke en sekerlik is dit nie ekonomies vatbaar vir elke kampterrein om vir al die verskillende behoedtes voorsiening te maak nie.

Ons almal pas maar aan as ons gaan kamp, alles is nie so gemaklik soos by die huis nie. As my vrou nie hou van publieke ablusies nie, dan huur ek maar vir haar 'n staanplek met privaat ablusie. Miskien moet jy eerder na die opsie kyk. Die privaat staanplekke se ablusies is gewoonlik groter spasie en julle sal privaatheid daar binne he.

Ek stem dat daar sekere goedjies gedoen kan word, soos bv gladde oppervlak om in te ry in ablusies, maar waar trek jy die streep? Baie kampplekke het nie die finansies om te gaan afbreek en nuwe storte, baddens, toilette ens te gaan bou wat groter is nie. En meeste het nie plek in ablusies om groter goed in te bou en dan minder storte en toilette te he, vir die algemene kamper wat 99% van sy mark behels nie.


Gyfie
Super sleper
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 521
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartebeespoort Dam
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Jeep Cherokee 3.7L 4x4

Johann

Dankie vir jou skrywe hierbo. Ek stem heeltemaal saam met wat jy se en wat die doel is met jou brief. Ons het mekaar ontmoet so ruk terug (Sprite Super Sport wat jy na kom kyk het) en alhoewel ons nie heeltemaal in dieselfde bootjie is nie, het ons steeds sekere mobiliteits beperkings.

Trappe is natuurlik die grootste probleem vir ons, sowel as skerp skuinstes. Dit gebeur gereeld dat my vrou val a.g.v die bogenoemde, en dit verg ordentlikke beplanning veral by kampeer plekke wat jy nie n spesifieke staanplek kan vooraf bespreek nie. Bv vir ons altyd so na as moontlik aan die ablusie blokke. Ek het ook al oorweeg om vir Vanessa n scooter te koop om mee rond te beweeg, maar jy bly steeds beperk as daar nie goeie voorsiening vir gestremde persone gemaak word nie.  

Dus ondersteun ek jou poging om oorde, en in 'n mindere mate die algemene publiek bewus te maak van mobiliteits beperkings wat oor die algemeen maar "for granted" gevat word.

 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Stem saam Johan!

Ek daag daai Oord eienaar uit om in 'n rolstoel vas te gespe en 'n naweek lank te probeer om die geriewe te gebruik!

 

Groete,

Jacques

 


 

Stofdonkie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1884
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Slim idee Jacques. Smile Moeilik om iemand anders se dilemma te verstaan as jy nie self in daai bootjie is nie.

Apie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2888
Gebruiker van lyn af.
Plek: Melmoth

Ek stem Johann , dit is duidelik n vorm van diskriminasie. Hoe word parke gegradeer wat nie voorsiening maak vir gestremdes nie.

Ek sleep 2001 Sprite Swing met n 2008 Ford 4l S/Cab

Tando

Interessant al die dinge!

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

 Staan 100% agter jou Johann.

 

Groete

Albert van Tonder

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Johann,

Ek voel mens moet dit verder voer dat dit 'n wetlike aspek moet word, dat elke oord die fasiliteite moet he'. Daar hoef nie bestaande ablusies afgebreek word om herbou te word nie maar kan net nuwes bou met die geriewe. Daarmee dan die spesiale staanplekke om / naby die gebou soos by winkel sentrums wat net vir gestremdes toegelaat word. Oorde soos Sondela wat alreeds sulke fasiliteite het kan hul geboue so los en kan dan net sleutels aan die spesiale besoekers oorhandig vir die naweek sodat dit nie beset word deur ander mense nie.

Jy sal sekerlik weet waar om te gaan klop om die regulasie deur te voer.

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Piet
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1162
Gebruiker van lyn af.
Plek: Despatch (Naby Port Elizabeth)
Ek sleep 'n Gypsey 4 met 'n Ford Ranger 2.5 TDi

Johann,

Ek staan 100% agter jou en weet wat jy bedoel.  As jy my wil mal maak, laat ek 'n "able" persoon sien wat op die gestremde parkering staan!

Ek stel voor jy kontak vir Willie Bromehead wat die gradering van karavaanparke doen en gesels met hom.

PM my as jy sy telefoon nommer wil hê.

Groete

Piet

 

'n Hele week se kamp in slegte weer is nog steeds beter as een dag op kantoor!

Armahe
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 73
Gebruiker van lyn af.
Plek: Stellenbosch
Ek sleep 'n Classique met 'n Prado VX

Johann,

Met 'n broer wat permanent in 'n rolstoel is, 'n pa wat moeilik loop en blind is en 'n vrou wat (gelukkig net tydelik) van 'n rolstoel gebruik moet maak, het ek baie simpatie met jou situasie. Ons ervaring is dat, wat baie mense sien as gestremd toeganklik, in werklikheid nie so is nie.  Soos 'n afvoersloot reg voor die oprit vir rolstoelle, 'n oprit wat uitermate steil is, nou gange, skerp draaie, hoë toonbanke, ens. Die lys is eideloos.  Mnr Venter se oplossing van, stel vooraf vas of die plek toeganklik is, werk ook nie altyd nie. So kan ek en my broer heelwat insedente noem waar sogenaamde toeganklike plekke alles behalwe was.  En moet nie eers praat van die "gestremdes" wat op ge-allokeerde parkering staan nie en dan nog die vermetelheid het om jou uit te skel as jy sou waag om beswaar te maak.

Dit is baie maklik om die probleem as iemand anders s'n te sien, of om dit nie raak te sien nie, as jy nie self in die situasie is nie.  Hoekom moet ons persone met gestremdhede die ervaring van kampering ontneem omdat ons bloot onsensitief is.

Groete,

Armahe

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1676
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Julle, die TGCSA is sterk gefokus op alle vorme van gestremdheid. In Engels gebruik ons nie eens die woord "disable" nie maar wel die term "functional impaired". Een van die TGCSA se Awards Committee lede is die argitek mnr Philip Thompson wie self 'n rolstoel gebruik en wie se praktyk op hierdie gebied spesialiseer. Wat die nuwe kriteria vir gedienste akkommodasie betref, handel meer as die helfte van die kriteria oor alle vorme van "functional impaired" persone se behoeftes.

Wie van die deelnemers aan hierdie draad het op Willie Bromehead en WegSleep se versoeke om kommentaar op die voorgestelde nuwe kriteria vir karavaanparke te lewer reageer? Daar is selfs pryse deur WegSleep en Willie Bromehead aangebied om mense aan te moedig om kommentaar te lewer.

Gelukkig is nog nie te laat nie, julle kan nog steeds kommentaar lewer. Kyk gerus by www.tourismgrading.co.za en ook by www.caravanparks.com. Diegene wat voel hulle wil seker maak dat ander mense ook kennis neem van hul voorstelle kan gerus skryf aan Thembi@tourismgrading.co.za Hoof TGCSA), Nivashnee@tourismgrading.co.za (Operasionele Hoof tGCSA) en aan Thekiso@tourismgrading.co.za (Bemarkingshoof TGCSA).

Ongelukkig het ek nie mnr Philip Thompson se epos adres nie, maar ek is seker as julle vir die TGCSA kontak en vir hulle daarom vra en sê waaroor dit gaan sal julle Philip se kontakbesonderhede kry. Mense soos Johann wat baie ernstig oor die saak voel kan gerus moeite doen om direk met Philip te skakel.

Ekself is baie sensitief oor die aangeleentheid. Dit gaan nie net oor mense met mobiliteitsprobleme nie, dit strek veel verder as net mobiliteit. MAAR, is julle bereid om meer te betaal sodat 'n oord al die uitgawes kan aangaan?

Die SANS standaarde vir karavaanparke (SANS 10092:2004) (ISBN 0-626-15759-5) word ook tans hersien onder die leiding van Prof Neels Van Heerden wie alom bekend is. Kontak asseblief vir Prof Neels baie dringend aangesien die proses al 'n tydjie aan die gang is. Die nuwe forumiete moet maar net soek, Prof Neels is 'n bekende forumiet.
 

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1351
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

Hierdie is 'n saak wat my baie na aan die hart lê!

Dis vir my hartseer dat dit enigsins nodig is om daaroor te moet praat ... dit moet eintlik net "standaard" wees! Wat vir my nog meer hartseer maak is die verskonings waarom dit nie "standaard" is nie ... dit kos te veel ... dit gaan oor vraag en aanbod ... mens kan nie vir almal voorsiening maak nie ens. Dis mos nou sommer louter BOLLIE!!!

Ek verstaan dat daar verskillende vorme van gestremdheid is ... maar ek wil graag spesifiek praat oor mense wat rystoel-gebonde is! Ek mag verkeerd wees, maar ek dink die grootste probleem van mense wat rolstoel-gebonde is, is (a) trappies en (b) die grootte van deure (toeganklikheid).

As mens AL die ander goed hou soos dit is en net dié twee probleme aanspreek los dit al baie van die rystoel-afhanklike se probleme op!

 

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1676
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

@Footloose, wat jou tweede paragraaf betref moet ek ongelukkig vir jou sê dis 'n realiteit. Daar is geen verskoning vir iemand wat 'n nuwe gebou oprig nie, maar om 'n bestaande gebou te omskep kos baie geld.
Die sukses van voorsiening maak vir gestremdheid lê in getalle. Daarby is dit nie reg om net op mobiliteit te fokus nie, so asof mobiliteitsprobleme meer belangrik is as visiualiteitsprobleme of gehoorprobleme. Philip Thompson hulle gaan al sovêr om ouderdom en verwagtende moeders ook by die groep in te sluit. Dink bietjie mooi. Hierdie groepe het dieselfde probleme. Sodoende word die getalle meer beduidend en is dit makliker om geboueienaars se aandag op die sakesin van voorsienning te vestig. As jy dan bereken hoeveel mense saam met die groep (die nuwe definisie) reis, begin mense na jou luister as jy daaroor praat.

Gisteraand het ek na die fliek "Rory O'Shea Was Here" op etv gekyk. Diegene wat nog nie die fliek gesien het nie kan gerus daarna soek. Die fliek saam met die kommentaar op hierdie draad het my gemotiveer om tog maar na Philip Thompson se kontakbesonderhede te gaan soek. Hopelik sal almal wat op hierdie draad kommentaar gelewer het meer betrokke wil raak soos om die huidige geleenthede te benut soos in my vorige bydrae vermeld.

Philip se maatskappy is die IDC Group. Tel. 021-674-5193; Sel 083-777-3672, Faks 086-652-8108 en Epos sadi@iafrica.com, craig@idccpt.co.za en cfransol@yahoo.com. Hierdie mense sal vir jou beslis kan help of na iemand verwys wat jou kan help. Philip is deel van die "Awards Committee" van die TGCSA. Dis nou die tyd om seker te maak dat watter kriteria julle ook al wil sien by die nuwe kriteria ingesluit moet word, dat dit onder die aandag van Philip gebring word asook die ander mense hierbo en in my vorige bydrae genoem.

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

DanieG
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 64
Gebruiker van lyn af.
Plek: Stilbaai

Hierdie is 'n baie sensitiewe onderwerp en ek het baie simpatie.  Om bestaande badkamergeriewe te verander om 100% rolstoelvriendelik te wees, is geweldig duur.  Om trappe in opritte te verander, is eenvoudig en nie so duur nie.  Dit is egter die minste van die totale behoeftes.

In die nege jaar wat ek 'n woonwapark bestuur het, het ek een geval gehad waar 'n familielid van een van ons gaste rolstoelgebonde was.  Hoeveel moet 'n mens spandeer om een besoeker in nege jaar 100% te kan akkommodeer?  Ek glo ook die feit dat woonwaens nie rolstoelvriendelik is nie, veroorsaak dat bitter min fisies-gestremde mense kampeer.

By die uitleg van nuwe parke kan die behoeftes makliker aangepas word.

Dit sal maar moeilik wees om met so 'n sensitiewe saak 'n goue balans te kry.

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1676
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Danie, ek dink dat dit goedkoper is om een nuwe geboutjie te bou, soos 'n privaatablusie, maar wat jy dan ook inrig vir 'n familie badkamer.

Ek is seker Willie het vir julle gesê dat dit die afmetings tussen die toebehore is wat die belangrikste is. Die toebehore is dieselfde as in jou normale ablusies. Moet asb nie by die eerste hospitaalwinkel handvatsels gaan koop en 'n saal bou met die wasbak in die een hoek en die toilet in die ander en dink dis rolstoel vriendelik nie. Jy het 'n alarm nodig vir die blindes en 'n lig vir die dowes (woorde wat ons nie mag gebruik nie). Jou oprit se helling moet tussen 1:12 en 1:15 wees, en so kan ons aangaan. Paul by Springbokkaravaanpark, het vir Philip genader vir advies. Willie en alle ander assessors het 'n dokument met al die afmetings.

Die paadjies en ander bewegingsareas kan natuurlik baie duur wees, maar dan word daar in elk geval van goeie oorde vewag dat dit geplavei moet wees.

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1873
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Dat hierdie 'n baie sensitiewe saak is is 'n feit. ons self het 'n gestremde kleinkind wat 10 jaar oud isen vind dit al hoe moeiliker om haar in 'n bad te sit en weer uit te tel, asook die toilet wat soms maar nou is en dan kan die rolstoel nie eens by die deur ingaan nie. Wonder soms wie die persoon is wat die plekke ontwerp want dit is soms so smal dat nie gestremdes daarin sukkel. 'n familie badkamer kan 'n oplossing wees want dan het jy darem so 'n bietjie meer spasie. Dit is soms dat fondse dalk nie geredelik beskikbaar is nie maar so 'n opgradering kan dalk net die karavaan mense soontoe laat gaan en die fondse kom dan in. stel voor dat karavaan parke slegs R5 per karavaan hef vir gestremde fasaliteite. Sodra gesien word dat die park wel die geld gebruik om optegradeer sal die mense met graagte bydra veral as jy 'n "regular"is. weet nooit wanneer ons dit self sal nodig he nie.

Groete

HPJV RENSBURG

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

'n Ander probleem wat ons al ervaar het, is dat sekere oorde hulleself bemark as 'gestremd-vriendelik'. Soos wat duidelik hierbo uitkom - en ons ervarings bevestig dit , is dit nodig dat gestremd-vriendelike fasiliteite nie sommer net kosmeties bo-op bestaande geriewe geplak word nie. Dit werk regtig nie - ek noem dit sommer 'lipstick on the bulldog' ; dit lyk miskien mooi maar is (gewoonlik) nie funksioneel nie. Ek het ook begrip dat dit 'n dilemma is ten opsigte van kostes aangegaan en 'n 'return on investment'.

Ek glo dat oorde wat werklik voorsiening maak vir persone met gestremdhede die nodige ondersteuning kry en sal kry. Daar is ongelukkig ook 'n element van streng beheer nodig om seker te maak dat hierdie fasiliteite nie misbruik word deur mense wat dit regtig nie nodig het nie, en deur sodanige optrede dit nog steeds moeilik maak vir die persone wat dit regtig nodig het. Vriendelike versoeke in die verband werk nie altyd nie ; ons het dit al meer as een maal ondervind, en gewoonlik is die 'misbruikers' so onaangenaam as hulle daarop gewys word dat mens maar eerder verkies om hulle hulle gang te laat gaan.

Voormalig johannvs

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Wanneer ons gaan kamp, is dit darem nie net een persoon nie ; gewoonlik is ons darem so vier of vyf. So as die kamp voorsiening maak vir persone met gestremdhede, is dit darem nie noodwendig heeltemal korrek om voor te stel dat die voorsiening oor die algemeen slegs een persoon na die kamp gebring het nie. Veronderstel ek kamp ses maal per jaar, met vier of vyf mense in my groep, waarvan slegs een spesiale behoeftes het. Die kamp wat nie voorsiening maak vir die behoefte nie, gaan in alle waarskynlikheid nie my besigheid kry nie. En persone met gestremdhede kamp moeiliker / min omdat daar nie voorsiening vir hulle gemaak word nie. Ongelukkig amper 'n saak van wat is eerste - die hoender of die eier. Ek glo daar is 'n groot geleentheid om hierdie mark te ontgin.

En soos DanieG noem, dit is 'n moeilike saak waar die goue balans 'n fyn lyn is. Maar dat iets gedoen moet word, en spoedig, is 'n feit. Gelukkig hoef ons nie die wiel weer te ontwerp nie ; ons kan gaan kyk en leer by ander lander wat ons baie ver voor is in die verband. Deur wyer te kyk as net die behoeftes van persone met gestremdhede en die net wyer te span om in dieselfde konteks voorsiening te maak vir die behoeftes van ouer mense, moeders met babas, verwagtende moeders, en so meer, glo ek dat die koste-uitdagings ook makliker opgelos kan word. 

Dat ek simpatie het met oorde ten opsigte van kostes, is ook 'n feit.

Voormalig johannvs

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7629
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Johann, wil jy nie asb. die minimum vereistes t.o.v. toeganklikheid en geriewe hierdeurgee nie? 

Ek, as leek, sal graag wil weet watter vereistes op gestremde geriewe daar is.

  • Hoe steil mag opritte wees?
  • Grootte van deure? 
  • hoogte van wasbakke
  • Waar en hoe moet handrelings geplaas word?
  • Inry stort?

 

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Ian, ek het nie sodanige inligting op die oomblik by my nie. Ek sal 'n opsomming kry en dit hier kom plaas.

My oorspronklike gedagte met hierdie draad was maar om vanuit 'n persoonlike konteks as soort van 'n gebruiker agv ons omstandighede met Alwyn 'n opinie te lewer, en nie noodwendig as 'n gekwalifiseerde kritikus, kundige of evaluaeerder van fasiliteite 'n uitspraak te maak nie. Daar is instansies en kundiges wat hierdie aspekte baie beter as ek hanteer en uitvoer, waarvoor ons eindgebruikers natuurlik baie dankbaar is.

Sommer hier wil ek ook dankie sê vir die baie konstruktiewe kommentare en ondersteuning van almal in hierdie draad. Soos die bekende storie van die mosterdsaad glo ek dat as 'n belangrike persoon selfs net een klein dingetjie uit hierdie draad kry en iets daaromtrent doen, sou dit positief wees. En selfs net as gewone mense soos ek wat miskien onbekend is met hierdie behoeftes hier lees en bietjie van 'n insig kry oor probleme wat ander mense soms ondervind, is dit ook al 'n groot stap vorentoe.

Voormalig johannvs

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1676
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Dries Botha wrote:

Philip se maatskappy is die IDC Group. Tel. 021-674-5193; Sel 083-777-3672, Faks 086-652-8108 en Epos sadi@iafrica.com, craig@idccpt.co.za en cfransol@yahoo.com. Hierdie mense sal vir jou beslis kan help of na iemand verwys wat jou kan help. Philip is deel van die "Awards Committee" van die TGCSA. Dis nou die tyd om seker te maak dat watter kriteria julle ook al wil sien by die nuwe kriteria ingesluit moet word, dat dit onder die aandag van Philip gebring word asook die ander mense hierbo en in my vorige bydrae genoem.

 

Ian en Johann, het julle die inskrywing gemis?  Ian, die ouens is sommer daar by jou in die Kaap.

Werklikwaar, ek sal baie teleurgesteld wees as julle nie julle kant gaan bring en vir Philip kontak nie.

Kyk ook asseblief op die TGCSA se website om NOU kommentaar te lewer voordat die nuwe kriteria inwerking gestel word. Hier is die links: Draft Caravan & Camping Grading Criteria for Stakeholder Comment  en 
Draft Caravan & Camping Minimum Requirements for Stakeholder Comment  
en vir die dokument: Draft Caravan & Camping Grading Criteria for Stakeholder Comment  en  Draft Caravan & Camping Minimum Requirements for Stakeholder Comment.

 

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7629
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Dankie vir die terugvoer Johann. Ek het bietjie gaan rondloer op die webwerf van DPSA en op die volgende stukkie inligting afgekom. Dit is nou wel nie van toepassing op die onderwerp nie, maar is tog interessant om van kennis te neem. (Terloops, die webwerf het geen inligting rakende die vereistes vir toeganklikheid van ablusiegeriewe vir gestremdes nie)

Road Traffic Act Regulation Amendment (Gazetted on 25/11/2010)

Wednesday 1 December 2010

Previously, the Road Traffic Act allowed only for the driver of a vehicle who is disabled to use the wheelchair parking bays.

(7) No person other than the disabled person shall park a motor vehicle on a parking bay reserved for disabled persons.
[Sub-r. (7) inserted by r.23, GNR 9089 w.e.f. 27 May 2009]

QuadPara Association of South Africa (QASA) lodged a complaint with the Human Rights Commission and also followed a process to have the Regulation amended and this has been done this week to read as follows:
STAATSKOERANT, 25 NOVEMBER 2010
Amendment of regulation 305 of the Regulations
No.33796 21
11. Regulation 305 of the regulations is amended by the substitution for
subregulation (7) of the following subregulation:
"(7) No person other than a disabled person or a driver of a motor vehicle conveying
disabled persons, which motor vehicle was issued with a sticker for conveying disabled
persons shall park on a parking bay reserved for disabled persons."

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Dries,

Ek is wel besig om my gedagtes en die van 'n paar vriende op skrif te stel om deur te gee. Ek het ook deur die dokumente wat Willie vir my gestuur het, gewerk ; baie kompleks en nie altyd maklik verstaanbaar wat presies vir ons leke bedoel word nie, maar ek het waardering vir die diepte en detail. My bekommernis is dat dit so kompleks raak dat dit moeilik implementeerbaar word ; voordat mens kan hardloop moet mens loop en voor dit nog eers kruip ook. Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie ; my bedoeling is suiwer en nie om negatief te wees nie. Al die detail en tegniese spesifikasies kan dalk in vyf of tien punte opgesom word, en gekristaliseer word in een stelling : Maak dit net so maklik en gerieflik om te kamp vir iemand wat 'n mobiliteitsprobleem het om (byna) al die dienste en fasiliteite onafhanklik te gebruik as vir 'n sogenaamd 'normale' persoon.

Wat ek in woorde ter reaksie en voorstelle probeer stel is regtig dit wat ons as gewone mense op die grond nodig het en die probleme en moeilikhede wat ons soms ervaar. Maar dankie vir jou aansporing ; dit help nie om net op die kantlyn te sit en die spelers en kaptein en skeidsregter te kritiseer nie...

Voormalig johannvs

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1676
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Ian, dit lyk my ons het gelyktydig knoppies gedruk hierbo.

Ek het in hierdie week ook vir prof Neels gevra of hy enige reaksie gekry het vir die SANS standaarde, maar daar was geen. Dis net so belangrik om vir prof Neels nou te kontak. Dit mag wees dat SANS se standaard die riglyn gaan vorm vir beide die AA en die TGCSA se toekomstige kriteria.

Ek sien Philip is lid van die Universal Access Consortium, The International Commission on Technology and Accessibility en The Global Alliance on Accessible Technologies and Environments. Miskien kan julle die plekke Google vir nog meer inligting.

 

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Ian Laing wrote:

 (7) No person other than the disabled person shall park a motor vehicle on a parking bay reserved for disabled persons.

Ian, hierdie is 'n goeie voorbeeld van waar regulasies en wetgewing opgestel word deur mense wat nie regtig die spesifieke behoeftes en situasies verstaan nie. Die regulasies en wetgewing word heel waarskynlik met die beste bedoelings en vir die regte redes opgestel, maar soms in groot onkunde. Toe ek nog 'n direkteur van 'Employment Solutions for People with Disabilities' was, het ons gereeld oor sulke sake gesels en probeer om sinvolle insette te lewer ter verandering waar moontlik. Vir hierdie spesifieke rede het ons onder andere verskeie persone met gestremdhede op die direksie verkies. Dit mag vanselfsprekend voorkom, maar dit is so baie kere nie so nie... Interessant, maar weliswaar so waar...

Voormalig johannvs

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7629
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Johann, as jy verder lees sal jy sien dat daardie spesifieke bewoording deur die wet gewysig is:

"(7) No person other than a disabled person or a driver of a motor vehicle conveying
disabled persons
,
which motor vehicle was issued with a sticker for conveying disabled
persons shall park on a parking bay reserved for disabled persons."

Dus sal jy wat 'n gestremde persoon vervoer en die nodige kenteken in jou voertuig het, die Parkering vir Gestremdes kan gebruik indien die gestremde persoon in die voertuig is. 

Dries, ek sal daai dokument later bestudeer en my kommentaar deurgee

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Ian, ek ken daardie wetgewing redelik goed. Ons het vir beide Alwyn en Annatjie die nodige amptelike kenteken in die voertuie, met hulle name daarop gespesifiseer. Selfs dan gebruik ek persoonlik nie sommer gereserveerde parkering nie as dit nie regtig nodig is nie, omdat die behoefte vir parkering by die meeste sentrums die beskikbaarheid daarvan oorskrei. Maar dis 'n andert gesprek, en ek is nou besig om my eie draad te kaap...

Smile

Voormalig johannvs

DanieG
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 64
Gebruiker van lyn af.
Plek: Stilbaai

Ek het 'n geruime tyd gelede (toe ek nog self in die woonwaparkbedryf was), die naam gekry van 'n dame wat my sou kon voorsien van die nodige amptelike riglyne vir rolstoeltoeganklikheid, van die grootte van die toilette tot die helling van die stortvloer.  Ongelukkig het ek dit nie meer nie, maar as iemand sou belang stel, sy is Janice Koekemoer by 083 700 9333.  Soos ek se, dit was al 'n hele tyd terug, of die kontakbesonderhede nog bestaan, weet ek nie.

dracoza
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3149
Gebruiker is aanlyn
Plek: Elarduspark, Pretoria
Ek sleep 'n 1998 Gypsey Rapier met 'n 2006 Dodge Caliber 2.0 CRD SXT

Julle hoef net 'n argitek op te spoor om die nodige regulasies vir hellings en deuropeninge, ens te bekom

WillemJVR

Albert Ward
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 91
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vereeniging

 As ek dit nie mis het nie, en ek praat onder korreksie, is daar onlangs wetgewing deurgevoer wat alle publieke entiteite hetsy parke, of geboue, verplig om hulle fasiliteite op te gradeer en te verander om dit meer gebruikers vriendelik te maak vir mense in rolstoele, blindes of wat afhanklik is van een of ander hulpmiddel. 

Ons is tans in die proses om die veranderinge aan te bring. Een van ons planne wat ons deurgestuur het vir goedkeuring, moes baie duidelik aanwys waar die "ramps", spesiale ingange gaan wees, anders sal dit nie goedgekeur word nie. Dit sluit selfs wandellane, of rystoel paaie in in gebiede waar daar grasperke en gruis opritte is om dit meer toegangklik te maak vir mense wat gebonde is aan hulpmiddels soos rystoele en looprame. 

Dis moelik om 'n bestaande gebou aan te pas, want dit beteken breer kosyne, wyer loopgange ens., maar ek stem saam en ek kan nie verstaan hoekom hierdie tipe wetgewing nie lankal in plek gestel was nie. Ons het met die oprigting van ons saal juis ons twee syingange so aangepas in so 'n mate dat dit net uit 'n "ramp" bestaan sonder enige trappe. Die toilet geriewe het ons in drie gedeel, die normale mans en dames en dan een vir rystoel gebruikers. 

Die volgende wat ons moet/wil doen, is om ons stort geriewe te verander om rystoel gebruikers te akkommodeer. Dit was aanvanklik 'n probleem, maar die besluit is om 'n totaal nuwe ablusie blok te bou wat net vir rolstoel gebruikers beskikbaar gestel gaan word. 

Om af te sluit, die wetgewing sluit natuurlik parkeer geriewe in en ook dat jy as publieke entiteit 'n rolstoel of loopraam moet kan verskaf (op leenbasis) indien een benodig word. 

Groete

Albert

 

ek heg 'n dokument aan met van die spesifikasies vir die wat belangstel. 

 

AanhegselGrootte
General_-_Facilities_For_the_Disabled.pdf 363.11 KB

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 23 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • HugoWessels
  • Lammie
  • Pieter Rheeder
  • WilSur
  • Andre Beyleveld
  • Damduiker
  • dracoza
  • Berno Punt
  • Jakkals 007
  • MarkP
  • Anton le Roux
  • Arabier
  • Hennievr
  • Hancke
  • Stalkersa
  • JC
  • Big G
  • Harry Du Randt

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.