Leon Verster se probleme

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Leon Verster wrote:

WilSur, ek verstaan jou frustrasie, want ek is net so g@tvol!!. Ek het vir jou PM gestuur.

Leon Verster wrote:

 Nou ja mense.

Ek het werklik gehoop dat ek nie sou nodig hê om hierdie skrywe te skryf nie. Na 2 1/2 maande by die fabriek, het ek gister 'n oproep van my handelaar af gekry om te sê my wa het teruggekom, en is klaar. Ek het vanmiddag na werk gery om die wa te gaan haal. Wel...na 2 1/2 maande by die fabriek is daar ABSOLUUT NIKS aan my wa gedoen nie, hy het net so teruggekom, met al die foute/probleme waarvoor ek met Deon Harmse op die 7de Februarie 'n vergadering gehad het, en hy plegtig below het, in die teenwoordigheid van die eienaar/bestuurder van die handelaar, om dit alles te herstel. Mense, ek is so kwaad, ek kan nie asem kry nie. Hoe ver moet 'n mens nou nog gaan?

BEER wrote:

Hallo julle,

ek wil ook net 'n bydrae maak. Dit lyk vir my dat dit deesdae aan die orde van die dag is, alle nuwe produkte wat op die mark is, jammer vir die woorde,is net soos hulle gatte aanmekaar gesit is. Ek werk ook met kliente en hulle grille, elke dag. As ons sulke diens lewer aan ons kliente, glo my vry, ons tak al lankal toegemaak sou gewees het en ons almal in die strate karre opgepas het.

Ek se weer, die oumense het meer moeite gedoen en beter gehalte werk gelewer , hulle was nog trots op hulle handewerk. Vandag gaan dit oor niks anders as net geld nie, hoe minder moeite, hoe meer geld in hulle sakke!

Dit kom al hoe meer voor, nie net in die woonwa bedryf nie, jy betaal sakke vol geld, waag dit net om te kla! Jy moet raas en blaas en met die dood dreig voor daar hoegenaamd enige iets gedoen word.

Wilsur, Leon, sterkte, ek sou al lankal die plek afgebreek of afgebrand het, dis mos aan die reel, brand!

Hou ons op hoogte

Beer!

ns. Dit lyk nou net vir my, ek moet maar klou aan my '89 caravette, ek is nog erg tevrede met hom!

Leon Verster wrote:

 Beer

Jy weet, die ironie van die saak is, dat selfs die handelaar nie te veel kan kwytraak oor die produk van die fabriek af nie, want dit is hul lewenslyn, hul brood en botter. Die fabriek kan dood eenvoudig omdraai, en weier om aan hul 'n produk te lewer. Dan kan die handelaar nie na die volgende verskaffer toe gaan nie, WANT DAAR IS NIE 'N NOLGENDE VERSKAFFER NIE!!!!. En dit besef CI maar al te goed....hulle het almal aan die kort hare beet. Glo my Beer, Ek sal raas en blaas en baklei, maar hulle SAL na my luister!!

Leon Verster wrote:

 Hi daar Willem. 

Ek hoor wat jy sê, en ek verstaan jou punt. Ek het 'n paar maal met die handelaar gekontak, wat weer op hulle beurt met die manne by die fabriek gekontak het, en sodoende is daar vir my terugvoer gegee. Ek kan nogsteeds nie glo, dat sekere hooggeplaaste mense van die fabriek, vir my persoonlik, in die teenwoordigheid van persone van die handelaar, beloftes gemaak het, en dit dan doodeenvoudig nie nakom nie. Dit is vir my as individu, net 'n bewys, dat die hooggeplaastes by CI, ons as enkele individiëe, se integriteit nie respekteer nie., en dat hulle woord nie geglo/vertrou kan word nie. 

Leon Verster wrote:

Willem

Ek het juis dit gedoen, en nou wag ek in spanning!!. Ek kan nie wag om van hulle te hoor nie.

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Leon,

Enige terugvoering ???

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7629
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Nou waar en wanneer gaan die frustrasies eindig? Hier is meer as net 'n paar skroewe los of weg in die opset! 

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1873
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Lyk my die gaan 'n hof geding word om hul agterente in rat te kry. Sterkte Leon dit is 'n frustrasie as jy betaal en 'n swak produk kry.

Groete

HPJV RENSBURG

MarkP
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2011
Inskrywings: 442
Gebruiker is aanlyn
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD

Hi Leon, probeer die Motor Industry Ombudsman, epos adres mi.ombudsman@netactive.co.za

Na so drie weke sal jy 'n verwysingsnommer van hulle af kry en hulle sal kontak maak met die handelaar, en of fabriek. Die handelaars spring nogal as die ombudsman betrokke raak.

Sterkte

Groete.

Mark.

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Leon,

Enige terugvoering ???

Leon Verster
Ou hand
Aangesluit: 25/01/2011
Inskrywings: 232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2011 Gypsey Regal met 'n 2007 Isuzu KB300LX DC

Dag almal.

Nou ja, waar sal ek begin??.Ek het wel my wa terug gekry..van die handelaar af(Vrydag 29/07/2011). na ek behoorlik my toys gegooi het, is die wa uiteindelik herstel, maar deur die handelaar, nie deur die fabriek, en 'n sekere Deon Harmse, soos belowe nie. Ek is tevrede met die wa, alles is gedoen. Dit is werklik 'n te lang lys om nou hier te plaas wat als fout was.Lang storie kort, die wa is omtrent heeltemal nuut gebou..alles is nuut...tot my tent, en my roof surround/yskas/dak/deur/panele binne/kaste binne/bed/buit kombuis...ALLES.

Dit is egter net vir my uiters swak, dat ek tot vandag toe nog nie 'n woord van die fabriek af gehoor het na ek 'n skrywe aan hulle gerig het nie. niks nie, nie 'n verskoning, of verduideliking van wat het fout gegaan, en wat die rede is/was nie.Al wat ek gekry het van Deon Harmse...dit nadat ek WEER vir Keith 'n skrywe gerig het, was dat my wa by die handelaar is, en dat hulle hom sou herstel. Ja right...dit het ek geweet jou klont!!!!!

Wat ek wel weet is die volgende. Jurgens CI, en spesifiek Deon Harmse, se woord kan nie vertrou word nie. Dit pla hulle klaarblyklik glad nie, want soos ek vantevore genoem het..Hulle weet hulle het ons aan die kort hare beet, want ek kan nie na die volgende verskaffer toe gaan nie......daar is nie een nie.

Ek gaan myself nie verbind om tot op hulle vlak te daal, en enigsins WEER met hulle kontak te maak nie, want duidelik lag hulle dit af.

Wat ek wel kan sê is dat dit BAIE duidelik is, dat die kwaliteit beheer by die fabriek 'n absolute grap is, en dat die persone in diens daar, wat die karavane aanmekaar sit, baie duidelik nie bevoeg is om die werk te doen nie...want hoekom kon die handelaar dit dan so goed en netjies doen...dit nadat die wa teruggestuur is van die fabriek af. maar dan is daar ook 'n ander sy van die saak. Is dit nie die verantwoordelikheid van die fabriek se bestuur, om toe te sien dat bekwame mense in diens geneem word nie??...ek vra maar net. Wie is nou te blameer--die persoon wat gaan aansoek doen het om 'n betrekking...of die persoon wat daai een in diens geneem het??

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Dankie Leon,

Dit is 'n jamerte.

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1873
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Baie swak van Jurgens om sulke swak diens te gee. Is die tyd nie dalk reg dat die agente die waens terug stuur as dit nie reg is nie.

Groete

HPJV RENSBURG

HappiCamper
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1608
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
met 'n Volvo XC60 D5

Hennie, wat jy sê is waar maar ek dink die fabriek het die handelaars by die kort hare beet.

As ek net kyk wat met die handelaar hier onder gebeur het ....

Groete
Keith
_________________________________________________________
Live today as if it were your last day!

 

Leon Verster
Ou hand
Aangesluit: 25/01/2011
Inskrywings: 232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2011 Gypsey Regal met 'n 2007 Isuzu KB300LX DC

Oom Hennie, soos ek in my skrywe genoem het.,en soos Keith tereg opmerk, Jurgens CI het nie net vir ons nie, maar soveel meer vir die handelaars aan die korthare beet. Die handelaar het in die geval onomwonde erken, dat hulle nie te veel van 'n geraas kan maak nie, want dit is hul lewenslyn. Dit is werklik jammer, dat daar so 'n monopoly hier in Suid Afrika bestaan!!

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Onthou die handelaar kry 'n redelike bedrag vir elke wa wat hulle moet PDI voor jy hom kry.

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1873
Gebruiker is aanlyn
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Nou so deur die draad gelees en dit is duidelik dat die verbruikers raad die enigste oplossing sal wees. Leon het al sy bewyse en kan sy kant van die saak stel. Al het Jurgens die monopolie kan hulle ook tereg gewys word. Groot kanonne kan ook val en Jurgens is een van hulle.

Groete.

HPJV RENSBURG

Vickus Pieters
Nuweling
Aangesluit: 01/04/2012
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Fochville

 Leon ek het ook eerstehands dieselfde pad as jy gestap.My nuwe Sprite swing het meer as 20 foute gehad by aflewering en ek het hom na twee dae in my besit  by die handelaar gaan los.Van skewe panele tot n gebuigde onderstel was maar net van die foute.

Die handelaar het toe van die foute herstel en ek was nie tevrede nie, want hulle ken nie hulle produk nie en het ook die rally tent se ( Brackets ) aan die anderkant van die woonwa baie skeef op gesit en nie eens geseel nie. Toe ek dit afhaal om te seel sien ek dat daar onnodige gate agter die (brackets) is.Perfekte plek vir water om hout vrot te veroorsaak.

Ek het toe maar oe toe geknuip en die wa gaan haal want dit was toe al tyd om te pak vir die Desember vakansie.Na die eerste week het die vloer middel deur gekraak van die deur tot by die yskas.( en as jy dalk wonder die swaarste lid van my famielie is ek en ek weeg 97 KG ) en ek ry net op teer paaie.

Die wa is toe in Januarie terug fabriek toe en is baie swak herstel rondom die vloer. Van die ander foute is toe ook nie herstel nie.

Ek het die wa toe vir n AA inspeksie geneem en nou bevraagteken die fabriek die AA se kwalifikasies.Kan jy die arrogansie glo. Behalwe vir nog meer foute wat hulle uitgewys het is die wa se remme nie volgens standaard nie. Ek het die wa 2011/10 gekoop en het ook nog  nie die registrasie dokumente nie en ek het hom maar net 20 dae in my besit gehad.

Die ergste van die hele saak is egter dat al sou hulle vir my n nuwe wa gee hulle lyk almal so swak gebou, en glo my ek het na meer as 40 nuwe woonwaens gekyk. Geen wonder dat hulle net 12 maande waarborg gee want die wa sal net een jaar hou. Dit is egter waar dat n produk se kwaliteit aan sy waarborg gemeet kan word

Vickus Pieters

Wie's aanlyn

Daar is tans 15 gebruikers en 24 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Hancke
  • Stalkersa
  • JC
  • dracoza
  • MarkP
  • Big G
  • Anton le Roux
  • Pieter Rheeder
  • Harry Du Randt
  • Hennievr
  • Lammie
  • EGO
  • Gert Venter
  • Marlo vd Berg
  • Benzan

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.