Kersfees by All Outdoors
Ek het toe in Oktober by All Outdoors gaan kuier vir 'n paar dige, en wat 'n belewenis. Jou begroting is die enigste ding wat Romeo se idees kan stop, die man is vol van hulle en as hy eers begin hou hy nie op nie.
Reis kombers, dit waarvoor ek eintlik gegaan het.
Ek het toe die extrusion bo laat sit en dit werk 100%, dankie aan almal wat dit aanbefeel het.


Toe is dit 'n spaarwiel sak

'n Dakie vir die voorkant van die wa. Die foto is my dakie maar nie my wa nie.
.jpg)
Hulle het toe ook vir my silwersyle gemaak uit ripstop materiaal vir die 3 tente en die add a room, dit is volgins die modulere beginsel gemaak en kom bymekaar met velcro en pas pragtig..
Die kwaliteit van hulle produkte is uit die boonste rakke.
Ek wil net vir Romeo en Estelle bedank vir die puik diens wat ek ontvang het, dit was 'n plesier om met julle beesigheid te doen en ons sal mekaar weer sien in die jaar.
Groetnes
Jaques
Ek stem ook saam met die kwaliteit van ALL OUTDOORS.
Jaques,
Op daai dakkie voor moet jy 3 pale insit om dit 'n soortvan "nock" te vorm vir die water en dan kan jy ook deur die voor ruit sien.
Het jy foto's van die silver seil op die tent ?
Hoeveel was die afdakkie wat jy voor aangesit het?
Hoeveel was die extrusion ook?
Hi Ebenheaser,
Die dakkie is R2 400 en is uit ripstop materiaal gemaak, toevallig is die kleur amper presies dieselfde as die wa se tent. Hulle maak hom ook uit ander goedkoper materiaal.
Die extrusion het ek somer by die handelaar laatdoen met sy diens en dit was omtrent R175.
Groetnes
Jaques
Ek kan beaam, Ek het nou al by hulle `n Surround, Rally tent, Sykante, Silwer Lining, en covers laat maak. Kwaliteit van hoogstaande gehalte.
Groete
willie
Jaques,
Dit is ROF baie vir daai klein dakkie voor ???
Dit is wat ek betaal het vir myne en myne is ook van "ripstop" gemaak, dit sou so bietjie meer gewees het as ek die silver een gekies het.
Bly jy is teverede Jaques,
Net so klein regstellingtjie, Daar is omtrent 50 verskillende CANVAS materiale op die mark en omtrent net so veel " RIPSTOP" materiale.
Jou awning is van 'n ripstop tipe materiaal, nie konvensionele "RIPSTOP" met die blokkies nie. Dis 'n waterdigte Polyester / Katoen / acrylic
Ons kon 'n goedkoper "RIPSTOP" weergawe gemaak het vir net so oor die R400.00, maar ek weet jy sou nie so iets wou koop nie.![]()
Hoe het die Add-A-room seil vir jou gewerk ?
Hierdie draad begin nou vir my 'n interressante Kersdraai gooi,
Klink vir my soos die voorval 'n paar jaar gelede toe ek op Volksrust vir my Audi 'n paar voorste briekblokkies wou koop.
Agent vra my daai tyd R850+ vir die stel -- deur BOSCH vervaardig in 'n wit boksie met Audi sirkeltjies op. Ek vra hom wat hy gerook het en makker geniet nie my uitlating nie.
Vra hom waar ek briekblokke sonder goudinsetsel kan kry.
Hy verduidelik toe vir my dat hy ander het maar hy MOET die Audi "original" aan my aanbied. Koop ek toe by man onder invloed van iets -- BOSCH blokkies in 'n geel boksie sonner Audi sirkeltjies vir R145.
Wonner maar net oor die verskil tussen R400 en R2400 vir 2 en-'n-half meter materiaal -- het die een goudinsetsel om die verskil op te maak want die arbeid bly seker maar dieselfde vir die twee soorte.
Groete
André,
Ja myne het ek vir 'n ruk op die Classique gebruik (ook by Hartenbos) en nou op die Exclusive en hy hou ook my neuskas geheel-en-al droog. Ek het al onder hom geskuil ook.
Dankie aan almal vir die trugvoer en kommentaar.
Ek moet net een ding regstel, ek het betaal vir wat ek gevra het en dit toe gekry. Ek is 'n klomp opsies gegee wat gewissel het in kwaliteit, kleur en dan natuurlik prys. Na ek na die verskillinde materiale gekyk het was die natuurlik die beste en die kleur was die ding wat die besluit toe vir my deur gehaak het. As hy opgeslaan is lyk dit kompleet of hy so van die fabriek kom, die kleur is amper identies aan die van die wa se tent en dit was vir my belangrik.
Romeo. Daardie add-a-room silver seil het soos 'n bom gewerk, weereens dankie vir die goeie werk en al die raad.
Groetnis
Jaques
Jaques
Die prys van die Travel blanket?
Self het ek vir my 'n cover vir die karavaan by Romeo laat maak
Die kwaliteit is stukke beter as by Camp world Die zips is beslis beter as die ander maak
Hi Evert
Die travel blanket begin so by R1 300 vir die exclusive, so biekkie duurder as die by Campworld maar die kwaliteit is 100% beter. Die materiaal, tipe ripstop, het spons aan die binne kant wat ek dink goed werk om die neus te beskerm. Hulle bied ook dan 'n klomp opsies aan vir die blanket soos die "smily" zip, zips by die handfatsel, universal extrusion connector bo aan, ens. Kontak gerus Romeo om meer besonderhede te kry. Die totale prys hang dan af van wat jou behoeftes is.
Self het ek vir my 'n cover vir die karavaan by Romeo laat maak
Die kwaliteit is stukke beter as by Camp world Die zips is beslis beter as die ander maak
Sodra my cover nou finaal die gees gee gaan ek ook een by hom kry. Daardie zip van die camp world een gee my grys hare.
Groetnis
Jaques
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Big G
- JC
- Hancke
- dracoza
- Stalkersa
- MarkP
- Anton le Roux
- Pieter Rheeder
- Harry Du Randt
- Hennievr
- Lammie
- EGO
- Gert Venter
- Marlo vd Berg
- Benzan








Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0
Dit lyk spoggerig Jaques!!