Karavaan en Motorwoonwae ope dag, Kaapstad

DennisB
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 41
Gebruiker van lyn af.
Plek: Atlantis

Almal,

Daar is 'n ope dag die 4de Junie vir alle gebruikers van Woonwaens en Motorwoonwaes.

Dit sal gehou word op Motorhome-World se perseel in Atlantis. Daar gaan produkte wees van baie meer vervaardigers as net Motorhome-World.

Ons het handelaars uitgenooi soos, Tygerberg karavane, Helderberg camper rentals, Alu-Cab en vele meer, om hulle produkte ook daardie dag daar te hê.

Daar gaan 'n Dethleffs karavaan en Motorwoonwae ook wees. Kom sien wat doen die industrie.

Sien of van julle 'n draai kan maak. dit is van 08:00 tot 14:00 oop.

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Hallo Dennis,

Ek sien jy het reeds hier melding gemaak vanjulle ope dag. EK het ook'n uitnodiging gekry van Claudette maar dis bietjie ver vir my alhoewel ek graag sou wou bywoon.

Ek sien daar is ook geleentheid vir besoek aan die fabriek self. So ek dink die Kaapse lesers kan gerus daar 'n draai gaan maak

Groete en geniet die skou

 

 

 

Danie Pretorius

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7629
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Ek wonder of Wegsleep daar gaan wees? Dit sal 'n goeie geleentheid wees om eerstehandse inligting oor verskeie aspekte van die woonwa en Motorwoonwa bedryf. 

Ek hoop net die weer gaan mooi wees 

DennisB
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 41
Gebruiker van lyn af.
Plek: Atlantis

Ons het vir Zigi laat weet, hulle het gese dat hulle gaan iemand stuur.

DennisB
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 41
Gebruiker van lyn af.
Plek: Atlantis

Dankie aan almal wat hier was op die 4de Junie. Dit was 'n gesellige dag. Ons het op die einde oor 300 mense hier gehad. Ek dink dit was glad nie sleg nie vir al die reen wat ook nog geval het.

Baie dankie ek hoop dat mense dit geniet het. Volgende jaar beter en groter.

Wie's aanlyn

Daar is tans 15 gebruikers en 26 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • MarkP
  • Hancke
  • JC
  • Stalkersa
  • Anton le Roux
  • Pieter Rheeder
  • dracoza
  • Harry Du Randt
  • Hennievr
  • Lammie
  • Big G
  • EGO
  • Gert Venter
  • Marlo vd Berg
  • Benzan

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.