Jurgens knakke
Ek het onlangs 'n '98 Penta aangeskaf en deur my soeke opgemenk dat baie van die Penta's en Palma's 'n knak het by die voorste venster aan die deur se kant. Die knak is aan die voorkant van die venster en aan die onderkant. Ek het na verskeie privaat en handelaars se karavane van die genoemde modelle gekyk en meestal van hulle het die simptoom getoon. Ek sal graag wou hoor wat die forum meen die probleem blyk te kan wees? Die wa wat ek aangeskaf het, het ook 'n baie geringe teken van die knak en ek wil nie dat dit vererger as gevolg van enige onkundigheid nie.
Hi Hennie,
Die agente reken dit is maar 'n Jurgens probleem en dat is a.g.v. die verkeerde gewigverspreiding binne-in die karavaan as daar gesleep word. Maak nie vir my sin nie - hoekom dan net aan die een kant? Is dit omrede die karavaan se struktuur swakker is aan die deur se kant a.g.v. die deur of is dit dalk 'n onderstel probleem? Ek weet nie en daarom my vrae - miskien weet iemand wat die werkilike rede is? Het ek rede om bekommerd te wees? - behalwe natuurlik vir die ooglopende 'skade'!
Welkom Hasie. Ek sleep ook 'n Palma met dieselfde probleem. Die Palma/Pentas is lang karavane en my eerste tekens van die knak het gekom nadat ek die deurkant van die wa met die hoekstabiliseerders opgetel het op 'n baie skuinsstaanplek.. Toe ek die vloer met 'n waterpas bekyk het, het dit van voor en agter na die as toe geneig - duidelik knak die onderstel.
Ek gebruik nou 'n domkrag onder die as om die kant van die wa te lig en laat sak dan net die hoekstaanders. Die knak het na dit nog nie weer vererger nie.
Flip
My '95 Fleetline L het presies dieselfde probleem. Die knak was skielik daar nadat ek 'n baie stamperige pad (nogal stadig) gery het. Dit het niks met die laai van die wa te doen nie (myne is altyd lig gelaai), ek dink dis plein swak ontwerp/vakmanskap. Ek sal seker een of ander tyd daarna moet laat kyk, verstaan dis nogal 'n ding want die struktuur onder die aluminium moet versterk word wat beteken die hele kant moet oopgemaak word. Jy sal opmerk dat die nuwer waens almal hulle klein onderste deksel vir tentpale nou aan die ander kant het, dws weg van die deur af het wat beteken die struktuur is nou sterker by die deur se kant. In die motorwe^reld sal dit 'n fabrieks "recall" wees wat gratis reggemaak word maar in die Jurgens CI geval kan jy vergeet dink ek.
Ek wil dit noem dat dit een van die "normale" problme van baie Jurgens modelle is. Ek het '92 Esprit, hoë profiel, en daar is ook klein "knakkie" by venster. Dir raamwerk is baie verswak aan die deur e kant, met die deur, vesnter en die klapdeur aan onderkant, en dit is die hoofrede. Die "knak" sal jy vind vind plaas omtent regoor die as. As jy opslaan en die yskas, wat voor is, is gelyk, loop die wa afdraande na agter van die as af. Die hoofrede daarvoor is maar soos met groot en lang vragmotorbakke.
Om die probleem te verhoed of te verminder is om wa "nie op wiele te laat staan vir lang tye nie. en dit was wat gebeur het met myne. Vorige eienaars was kranige klublede, wat wa net geparkeer het as hulle terugkom van byeenkoms, en dan twee/drie weke later weer gery het. As jy hom sou lig van die grond af met domkragte op die vier hoeke sodat wiel van die grond af is, gaan jy oor lang tydperk weer alles in lyn kry. Moet net nie die wa net met hoekstutte so hoog oplig nie.
Die klein "voue' by die voorvenster is nie so ernstig nie, moet net nie baie meer stres op die hoek sit as wat nodig is om die wa "gelyk" te kry op staanplek nie. Ek het al van hulle gesien wat boaknt die deur "oopskeur" sowel as by die venster. Jy sal ook merk dat wanner jy die wa lig, jy sukkel om daai klein klap oop en toe te maak.
My 2c
Altyd egte kampgroete.
Frans
Hasie,
Baie welkom hier op die WegSleep Forum, hoop jy gaan dit ook hier tussen ons geniet soos baie van ons.
As ek mag, in kort, Jurgens het later besef hulle het 'n struktuur probleem en dit toe met her ontwerp reg gestel.
Vir meer vra vra asb. jou agent en/of Jurgens self.
Ek het tot onlangs 'n 1995 PALMA besit en hy het so 'n "bubble" in die aluminium gehad net onder die vensterraam langs die deur (weet nie of dit is wat jy bedoel met "knak" nie , maar ek is deur verskeie handelaars en onder anderde deur Hans Koekemoer vertel dat diet niks is om oor te kommer nie want die hoekstruktuur van die venste bestaan uit 'n plastiek(of soms hout) driehoek wat die vorm van die vensterraam se hoek maak en dit word aan die aluminium sykant geplak met gom. Die gom trek los van die plastiek en vorm dan 'n "bubble" wat met temperatuur wisseling meer of minder prominent raak- dit kan glo reggemaak word as die aluminiumplaat nog nie te veel gerek het nie,maar die koste maak dit nie die moeite werd nie aangesien dit net "kosmeties" is. Deur dit netso te los gaan nie sake vererger nie-aldus die"experts"- daar was so 'n paar jaar gelede 'n uitgebreide artikel hieroor in CARAVAN & OUTDOOR LIFE -jy kan gerus by hulle navraag doen daaroor
Hi julle - baie dankie vir die terudvoer tot nou. Dit bevestig my aanvanklike vermoede - die wa se lengte is te lank en te min ondersteuning veroorsaak dat die 'chassis' sak na die as se kant toe (soos Flip noem) en dan knak (of bubble) dit op die swakste plek - die raam langs die deur. Toe ek die wa deur die toets gesit het, het die toetsbeampte my versoek om die wa oor die put te trek. Volgens die beampte is die Penta's en Palma's se 'chassis' geneig om te kraak reeds a.g.v. die lengte en blykbaar onvoldoende ondersteuning. Toe ek saam met hom die onderstel inspekteur het, het ek opgemerk dat die sweiswerk by die lasplekke soos die spreukwoordelike voelpoef gelyk het. Ek is nie 'n sweiser nie maar sou defnitief 'n beter werk daarvan gemaak het veral met inagneming van die 'stresses' wat die onderstel moet verduur tydens sleeptye - veral met ons huidige pad toestande. Ek oorweeg dit om daardie areas te laat versterk.
Hasie,
Gesels met Jaco van den Berg van Pretoria Oos woonwakliniek. Hy weet van "bubbles" op Pentas en Palmas.
Anton
Anton, toe my Fleetline se "bubble" verskyn het het Jaco een of ander gom ingespuit. Dit het vir 'n rukkie gewerk en toe weer begin "bubble". Hy het daai tyd genoem dat as die gom nie werk nie sal hy die kant moet oopmaak en die houtraamwerk moet versterk, dis blyk baar redelik groot werk. Ek moet seker een of ander tyd die groot stap neem en dit maar laat doen deur hom.
Indien jy 'n nuwe wa koop en hy knak moet jy dit met die agente opneem en ook die fabriek, dit is goed en wel om te se dit is maar 'n fout wat oorgesien word en sodra jy jou wa wil inruil dan kap hulle die waarde af en jy verloor, ek is seker die fabriek moet pa staan vir swak ontwerp soos ander vervaardigers in die moter bedryf. Of is die karavaan bouers bo die wet verhewe.
Groete
Hennie, probleem is dat dat die goed gewoonlik na die waarborg verskyn. In die geval van die motor industrie maak dit gewoonlik nie saak nie en hulle doen 'n "recall" van alle modelle wat MOONTLIK die probleem mag wys, solank jy kan bewys dat die voertuig gereeld soos per handleiding gediens was. In ons geval sit ons ongelukkig met 'n monopolie wat beteken dat so iets NOOIT sal gebeur nie. Wat 'n wrang smaak in die mond los is die feit dat my wa groot plakkers op het wat na "Jurgens Vakmanskap" verwys. Behalwe die "bubble" lyk die binnekant ook op plekke soos "crinkle cut" soos die muur bedekking op sekere lasse so 'n frommel wys, het dit ook op baie ander Jurgens modelle gesien so dit lyk soos nog iets wat seker as "normaal" beskou word. Dis een van die redes hoekom ek nooit ooit 'n nuwe wa sal koop nie.
JLC,
Dit is in die meeste gevalle die eienaar wat nie die wa in die begin terug gevat het na. Ek het met my Classique ook probleme gehad met die tent wat water sakke op die tent gemaak het as dit gereen het en almal het gesê, ja dit is 'n ontwerpers vout en ek sal niks daaraan kan doen nie.
Wel el het terug gegaan na die fabriek en hulle het my tent verander en al die tente wat na daai modifikasie gamaak is het uitgekom met die modifikasie.
Die probleem is ons wil in die meeste gevalle net kla maar is nie bereid om iets aan die saak te doen nie, daarom sal die probleem voort leef.
My "six pens"
JLC,
Dit is in die meeste gevalle die eienaar wat nie die wa in die begin terug gevat het na. Ek het met my Classique ook probleme gehad met die tent wat water sakke op die tent gemaak het as dit gereen het en almal het gesê, ja dit is 'n ontwerpers vout en ek sal niks daaraan kan doen nie.
Wel el het terug gegaan na die fabriek en hulle het my tent verander en al die tente wat na daai modifikasie gamaak is het uitgekom met die modifikasie.
Die probleem is ons wil in die meeste gevalle net kla maar is nie bereid om iets aan die saak te doen nie, daarom sal die probleem voort leef.
My "six pens"
Willem, wat hakkel jy weer so vandag!!!
Groete.
Frans
Frans,
Dit is die dam konneksie van gister af al. Moet heeltyd "refresh" en ek dink dit is waar dit deur glip. Dit is nog nie Vrydag nie, want dan kan ek dit verstaan soos Hennie dit stel.
Hello alle Penta en Palma maats
Ek het ook 'n 2000 Palma met die kenmerkende swelling by die linker voor venster. Myne is links onder as jy na die venster kyk, aan voorkant van venster.
Ek het my wa so 2de hands gekoop in 2001 en die swelling is nog onveranderd na baie kilometers. Volgens my woonwahandelaar is dit meer 'n kwessie van delaminasie, as werklik kraak, sodanig dat mens dit letterlik kan uitstryk.
Ek glo dat dit bloot gebeur waar daar skraal(min materiaal) spasies is, en skeef optel kan dit seker vererger. Ek dink mens sal verstom wees hoeveel 'n woonwa wring tydens 'n "gelykmaak" oefening.
Die ergste wat ek nog aanskou het was 'n geknakte Penta op pad Oos Londen toe. Die wa het letterlik sy A-raam geknak sodat dit op grond gelê het, terwyl dit aan die bakkie gehak was. Blykbaar was daar 'n paar modelle wat geneig was om dit te doen. Dit kan ook veroorsaak gewees het deur die slaggate op ons paaie deesdae.
Groete
Wessel
Willem, dit het niks met "terugvat" te doen nie. Die "bubble" probleem van (veral die ouer) Jurgens waens is welbekend. JurgensCI weet ook daarvan, die punt is dat enige vervaardiger wat regtig omgee daarop sal reageer en 'n "recall" sal doen. In hierdie geval het ons ongelukkig met 'n monopolie te doen en dus is daar geen drywer om dit te doen nie. Kyk ook gerus na hoe die A-raam beweeg onder las (weereens die ouer waens), die raam is bloot twee stukke "lip channel" wat maar op twee plekke aan die onderstel gesweis is, dit is metaal-versaking wat net wag om te gebeur. Direk vergelyk met bv my Crisbox perde treiler waar die A-raam 'n behoorlike "box section" met versterkings ingesweis is die Jurgens ontwerp maar aan die swakkerige kant. Terloops ek het onlangs my Crisbox terug geneem na die vervaardiger in Babelegi vir die herstel van 'n klein krakie op die bak. Nie net is dit behoorlik reggemaak nie maar hulle het ook gekyk hoekom dit gebeur het en onmiddelik addisionele versterkings ingesweis waar daar 'n moontlike probleem is (terloops die treiler is 'n '99 model...). Om terug te kom na Jurgens, hulle hoef niks te doen nie want hulle weet daar is geen werklike kompetisie nie. Dit sal slegs verander as iemand bv. die oorsese waens onder lisensie hier vervaardig (dan sal die prys ook kompeterend wees). Op dieselfde trant, jou Territory het 'n "ball joint" probleem. Aanvanklik het Ford die goed vervang (gratis) selfs na die waarborg verval het tot so 150 000km, maar in tussentyd het hulle die onderste suspensie arm met "ball joint" her-ontwerp, en onlangs is daar 'n algemene "recall" uitgestuur waar hulle die hele arm met alles gratis vervang het. Hoekom? Hulle het geweet dat die ou ontwerp wel langer as die waarborg sou hou maar dat duur vervangings daarna bloot Territory eienaars na hulle kompetisie toe sou jaag, Basiese besigheids beginsels...(maar Ford het nie 'n monopolie nie, dus het ek 'n keuse om my besigheid elders toe te neem)
Wessel, jy is reg, dis delaminasie tussen die buitenste aluminium vel en die houtraamwerk daaronder. Probleem is dat dit beteken die struktuur in daardie omgewing beweeg. Een of ander stadium sal daar 'n fyn haarkrakie in die aluminium verskyn waar water sal inkom en houtvrot veroorsaak. Die enigste permanente oplossing bly om die ding daar oop te maak en 'n versterking in die struktuur in te sit en die spul weer te lamineer.
.......... Op dieselfde trant, jou Territory het 'n "ball joint" probleem. Aanvanklik het Ford die goed vervang (gratis) selfs na die waarborg verval het tot so 150 000km, maar in tussentyd het hulle die onderste suspensie arm met "ball joint" her-ontwerp, en onlangs is daar 'n algemene "recall" uitgestuur waar hulle die hele arm met alles gratis vervang het. Hoekom? ......
Kom kamp volgende keer saam dan kan ons die gesprek weer aanhaal en tot baie laat kuier. Of ek wys hulle "reply" en ons gaan bed toe. My 2009 model het nie so "recall" gekry nie en volgens Ford SA is dit nie nodig nie.
Ek het nog altyd by Jurgens reg gekom.
Beste Willem
Ongelukkig het ALLE Territory's die "ball joint" probleem, tot met die laaste 2009 modelle. Ek was op Ford Australie se blad waar kategories gestel word dat dit die geval is, en dat hulle dit gratis vervang. Volgens daardie inskrywings was dit 'n groot probleem in Australie.
Ek het die aangeleentheid met Ford-SA opgeneem, die info aan hulle ge-epos, fancy saaknommer gekry, en 5 maande later nog geen verdere kontak van Ford se kant. Moet sê, ek het geen reaksie eintlik verwag.
Ek het maar intussen hand baie diep in sak gesteek en een stel laat vervang. Ek waag dit nie om te ry met voertuig wat se "ball joints" enige oomblik kan ingee nie. Nodeloos om te sê, het ek dit met egte Ford-onderdele vervang, MAAR nie by 'n Ford agent nie. Wel by my werktuigkundige (Duitser) wat die fout opgetel het met die 1ste diens by hom. Dit nadat die kar by 2 geleenthede by 'n Ford agentskap was.
Moet sê, ek is redelik de m...r in, want ek het net my Territory begin geniet. Herstelwerk laat doen op ongeveer 100 000km.
Jammer ou vriend, ek wou ook eers die internet berigte ontken, maar die waarheid het my ook getref.
Groete
Wessel Strydom
Die recall is R11011(Ford praat van 'n "campaign" plaaslik), het self 'n brief van Ford gekry. Die Oz recall was laat Julie uitgereik en so 'n maand terug in SA. Onthou asb net dat dit nie bloot 'n vervanging is met nuwe onderdele nie, die nuwes moet die verbeterde ontwerp wees, die "dust boot" lyk ook anders as wat ek die oorspronklikes onthou. Die mense by Lazarus Ford in Centurion het nog genoem dat selfs voertuie waarvan die oues met nuwes (ou ontwerp) onlangs vervang is ook met die nuwe ontwerp weer vervang word. Terloops dit wys weer hoe globaal die motor industrie geword het, die Territory suspensie word in die algemeen gesien as baie goed maar dis deur 'n suspensie spesialis (nie Ford self) ontwerp onder kontrak tot Ford. Dit geld vir meeste motor fabreike, hulle monteer bloot net 'n mandjie onderdele wat meesatl deur ander mense ontwerp en verevaardig word (moenie verbaas wees as jou Toyota onderdele deel met bv. Nissan of Ford of GM nie...)
Willem, ek het dit ook dat dit alle territory's raak (myne is 'n laat 2007 model), nou die dag toe sy in was vir 'n gewone diens het dit by Lazarus gelyk soos "Territory dag" soos hulle in die werkswinkel gestaan het vir nuwe ball joints. As jou agent beweer dat jou 2009 ST nie geraak word nie laat hulle dit op skrif sit (met die regte VIN nommer van joune by). Die enigste Terri's na my wete wat nie geraak word nie is die nuwe modelle wat nie by ons beskibaar is nie en reeds die ander ontwerp in het
Oops, ek het die geplaas voor ek die Territory draad gesien het, ek skuif die inligting.
Hierdie draag se inhoud was werklik vir my half skokkend. Ek dink as mens jou huiswerk goed doen kan mens Jurgens hof toe sleep.
Ek het gister my Jurgens mooi gaan bekyk en gelukkig geen knakke of bubbles gesien nie. Ek dink die rede is dat dit 'n baie ou wa is(1983) en die onderstel waarskynlik nog van die stewige soort is. Ek oorweeg nou al geruime tys om op te gradeer maar na hierdie draad gaan ek sterk heroorwweg
@ Obie ek en jy sleep diselfde wa en myne het ook nie die bogenoemde probleem nie. Dankie tog, ek hoop die ander manne kry die probleem uit gestryk.
Nico, hou wat jy het!!! Ek het 'n '84 Eksklusief B gehad, baie mooi gewees, en ek het gedink hy is te swaar vir my sleepvoertuig, verkoop hom toe vir baie goeie prys kontant, en koop toe my huidige wa, '92 model, want ek is ook skepties omtrent die nuwe modelle, maar as jy sien op my kommentaaar # 5, is daar ook maar probleempies. Ek is in my binneste erg oortuig dat die modelle tot so 1986/7 die "beter" modelle was, maak nie saak watter maak of model. Nee, vriend, hou vas aan daai een van jou!!!!
Altyd egte kampgroete.
Frans
Dankie Frans
Ek gaan jou raad volg want jy is seker al die 4de of 5de persoon wat ook se: HOU DIE WA!!!!
Japie
Ek en jy moet eendag bietjie gesels oor wat ons gedoen het om ons veterane karavane te verbeter!!!
Hierdie naweek installeer ek 'n multiplug aan die voorkant
JLC
As jou karavaan een of twee jaar oud is kan jy kla dat Jurgens die ding moet 'recall'. As jou wa egter al 10 jaar of ouer is het jy mos nie 'n been om op te staan nie. Moet Jurgens dan nou pa staan vir al hulle ontwerpte tot terug in die jaar toet al is die probleem nie gevaarlik nie?
Ek nog nie gehoor van 'n wa wat afgeskryf moes word weens die knakkie nie of van enige iemand wat dood is as gevolg daarvan nie. Karre wat teruggeroep word deur die vervaardiger word gewoonlik net teruggeroep as die probleem 'n gevaar inhou.
'n Mens moet seker darem ook realisties wees in jou benadering teenoor 'n vervaardiger!!
Ek lees, en lees en sukkel nog steeds om te verstaan of die "bubbles" te doen het met strukturele probleme van die sypaneel in daardie spesifieke area, of bloot met gom wat lostrek oor tyd en waar die bedekking dan begin 'n bubble vorm?
Dit blyk ook net op die poptop weans voor te kom?
Wat van dieselfde soorte waens wat nou so 3 jaar oud is?
"knakke", "voue", "bubbles", "swelling" ens...kan julle foto's wys sodat die wp supporters ook kan verstaan?
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Anton le Roux
- Pieter Rheeder
- Hancke
- dracoza
- Harry Du Randt
- Hennievr
- Lammie
- JC
- Big G
- EGO
- Gert Venter
- Marlo vd Berg
- Benzan










.jpg)

Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan
Welkom hier, het jy dit al met die agente uitgeklaar, want ek sal daar begin en as hulle nie 'n antwoord het nie die fabriek.
Groete
HPJV RENSBURG